Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Reg Botha (Botha, Reg)
vetseun
Tien Uit Tien: Skadelike Insekte En Siektes in Jou Tuin: Boek 6 (Tuinmaak) . 2009 BRIZA
ISBN: 9781920217259

Die tien uit tien tuinmaakreeks dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak -- dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droe somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke titel word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat. Onderwerpe in die reeks sluit in:beplanning van die tuin; die keuse van plante vir die tuin; voorbereiding van die tuin; besproeiing in die tuin; dammetjies in die tuin; fokuspunte in die tuin; kompos in die tuin; beligting in die tuin.

vetseun
Tien Uit Tien: Voeding Vir Jou Tuin: Boek 5 (Tuinmaak) . 2009 BRIZA
ISBN: 9781920217235

vetseun
Tien Uit Tien: Kies Plante Vir Jou Tuin: Boek 4 (Tuinmaak) . 2008 BRIZA
ISBN: 9781920217105

Die TIEN UIT TIEN TUINMAAKREEKS dek 'n verskeidenheid tuinonderwerpe in 'n gerieflike klein formaat wat sommer byderhand gehou kan word terwyl jy tuinmaak. Die reeks is 'n uitvloeisel van die skrywer se besoeke en lesings aan tuinbouklubs op dorpe wat strek van Pongola in die ooste tot Lambertsbaai in die weste, en vanaf Vryburg in die noorde tot by Caledon in die suide. In elke dorp is daar unieke uitdagings wat werklik van tuinmaak 'n spesialisstokperdjie maak - dink aan die kalkgrond in die Vryburg / Mafikeng area, die brakwater by Olifantshoek en Kimberley, en die ysige winters en warm, droë somers van Middelburg in die Karoo om maar net 'n paar voorbeelde te noem. Maar ten spyte van die magdom probleme is daar in elke dorp asemrowende tuine, en wonderlike tuiniers wat 'n passie vir tuinmaak het. Hierdie reeks wil alle tuiniers, reg oor die land, inspireer en toerus met die kennis om self 'n pragtuin te skep. In elke boek word die geheime van suksesvolle tuinmaak in tien sleutelbeginsels saamgevat.
Onderwerpe in die reeks sluit in:
• Beplanning van die tuin
• Die keuse van plante vir die tuin
• Voorbereiding van die tuin
• Besproeiing in die tuin
• Dammetjies in die tuin
• Fokuspunte in die tuin
• Kompos in die tuin
• Beligting in die tuin

vetseun
Tien Uit Tien: My Tuin Soek Water: Boek 3 (Tuinmaak) . 2008 BRIZA
ISBN: 9781920217143

vetseun
Tien Uit Tien: Kom Ons Maak Tuin: Boek 2 (Tuinmaak) . 2008 BRIZA
ISBN: 9781920217129

vetseun
Tien Uit Tien: Beplan Jou Tuin: Boek 1 (Tuinmaak) . 2008 BRIZA
ISBN: 9781920217082

vetseun
Só Maak Ons Tuin (Tuinmaak) . BRIZA
- Maand in en maand uit
ISBN: 9781920217228

Tuinmaak is deur die eeue 'n baie besondere stokperdjie wat werklik alle aanslae oorleef het en deel geword het van tuiniers se leefwyse. In Suid-Afrika stel tuinmaak in al die streke van ons land unieke uitdagings aan ywerige tuiniers. So maak ons tuin -- maand in en maand uit verdeel Suid-Afrika in vyf tuinstreke wat ooreenstem met die erkende klimaatstreke. Die maandelikse tuinaktiwiteite in elke streek word behandel in die Take vir die maand, wenke word gegee, die Mier het besondere boodskappies, 'n Plant van die maand word behandel, verskeie tuinmaakaspekte word bespreek, soos komposmaak, snoeiwerk, voeding vir jou plante, peste- en plaebestryding, en ruimte word voorsien vir die tuinier se notas, waarnemings en beplanning. Tuiniers raak toenemend bewus van die maanstand se invloed op grondvog, planttyd en groeiwyse van plante en dit word elke maand kortliks bespreek. Die aarde-elemente se verband met sterretekens en die invloed daarvan op die tuin word toegelig en tuiniers kan hulleself spieel in die maandelikse tong-in-die-kies sterretekenverklarings.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)