Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
P.J. Schoeman (Schoeman, P.J.)
vetseun
Inspring, Kerels! / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192228
ISBN: 9781869195717

Oom Fanie se plaas het te klein geword vir al sy seuns en vir Martiens en Piet, die twee oudstes, was dit tyd om uit te spring en hulle eie potjie te gaan krap. Nou moet hulle hul eie plaas van die grond af opbou, paaie en kampe aanle, opstalle bou en heelwat uitdagings trotseer. Gelukkig is hulle nie alleen nie: 'n Vriendelike sersant genaamd oom Lafras en sy regterhand Phefeni gaan kom aftree op die plaas. Maar sal die leeu wat elke nag sy teenwoordigheid bekend maak, vir hulle een uitdaging te veel wees?

vetseun
Op Die Klein Spoortjies / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192259
ISBN: 9781869195731

'n Wereld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie - waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwer rugjakkals Peppitan - hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari.
Wanneer Sakkibiaan, 'n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met die van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe broertjie wil help, wil Gagaboemboem met graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en -insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende. 'n Wereld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie - waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan - hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek. Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op 'n toweragtige pelgrimstog wat bewys: "Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, le daar nog 'n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop."

vetseun
Uitspring, Kêrels! .............. 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192235

Wanneer oom Fanie, 'n pa van nege lewenslustige seuns, se plaas te klein word, gee hy die opdrag: "Uitspring, kerels!". Vir die ouer broers wat moet"uitspring" en hul eie potjie moet gaan krap, is hierdie woorde die begin van 'n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie. Waar gaan die seuns plase kry? Wat moet hulle op hulle waens laai? En sal hulle alles onthou wat oom Fanie hulle geleer het?

vetseun
Die Swerwerjagter ..... 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192266

Afrika is 'n plek vol swerwersiele. In die versameling stories van P.J. Schoeman word hierdie swerwerfigure se stories vertel. Die bekroonde skrywer P.J. Schoeman, wat op sy dag ook veldwagter was, het in sy leeftyd 'n rits jeugboeke die lig laat sien wat steeds tot nuwe generasies Afrikaanse lesers bly spreek. Sy verhale beeld nie net die wonder van die buitelewe uit nie, maar ook die broosheid van verhoudings: tussen mens en mens, maar ook tussen die mens en sy omgewing.

vetseun
Jagters Van Die Woestynland / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192242
ISBN: 9781869195946

Twihi,"kind van die winde", is oud genoeg om 'n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans "sien jy 'n vrou mooiste aan haar spore". Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie?
In Jagters van die woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland. Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat 'n Boesmanseun eendag 'n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van'n vrou nie. Is daar 'n man wat kan se watter winde daar saans deur die hart van 'n vrou waai?

vetseun
Fanie Word Grootwildjagter / (eBook) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192204
ISBN: 9781869195939

Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur. Met 'n splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfoloz. In die ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 'n Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 'n Boerenooientjie. Soos die weke in die Bosveld verbygaan, ontluik die wispelturige seun in 'n verantwoordelike jong man.

vetseun
Fanie Se Vuurdoop / (eBook) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192198
ISBN: 9781869195861

In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog 'n boeiende avontuur. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?
Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog 'n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer 'n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is 'n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?

vetseun
Op die groot spore / (eBook) . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191351
ISBN: 9781869195960

'n Ervare jagter word toegelaat om 'n geheime jagekspedisie van die Zoeloekoning te vergesel op 'n groot soektog na die kragtige bestanddele vir die inkatha yezwe (koninklike medisyne).
Die ekspedisie beweeg deur 'n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook 'n insiggewende blik op 'n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, 'n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by "die groot spore" lei - daar waar die lewe sin kry.

vetseun
Fanie Se Veldskooldae / (eBook) . 2006 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191344
ISBN: 9781869195854

Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan leer. En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas - hy moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef. Naas die fisiese uitdagings moet hy ook respek vir ander kulture leer - die Engelse wereld van sy vriendinnetjie Jekkie en haar pa en die Zoeloewereld van sy jagmaats. Hy leer ook hoe delikaat die verhoudings tussen mense en tussen die verskillende natuurdinge is wanneer hy bewus raak van die gevolge van sy optrede teenoor koggelmanders, skerpioene en muishonde.

1984 - Swerwersprokies
1980 - Jabulies, my eerste hond
1979 - Spore wat nie toewaai nie
1978 - Pampata die beminde van koning Tsjaka
1975/1976 - Geliefde ou Afrika-vriende
1972 - Jabula, die Zoeloe
1970 - Op die klein Spoortjies (TAFELBERG)

vetseunvetseun
Van jagter tot wildliefhebber . 1969/2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825816

Jag is 'n avontuur wat jou wegvoer van vier mure na die oop ruimtes van groot Afrika en jou laat kennis maak met ontbering en volharding, met lekker spog en lekker eet. En die oog, die kamera en die sakboekie vervang nie in een dag die jagroer nie. P.J. Schoeman se naam was vir geslagte Afrikaanslesers sinoniem met verhale waarin natuurkennis en natuurgevoeligheid saampraat. Vir diegene wat as jong lesers met Schoeman kennis gemaak het, sal die lees van hierdie hersiene heruitgawe'n nostalgiese ervaring wees - 'n erfenis om aan vandag se jong lesers oor te dra.

vetseun
Uit die dagboek van 'n wildbewaarder / (eBook) . 1968 VOORTREKKERPERS/2005 PROTEA BOEKHUIS
vetseun
ISBN: 9781919825809
ISBN: 9781869197193

Voordat die veldseun Piet Schoeman wildbewaarder geword het, het hy gedink dat die lewe van 'n wildbewaarder die ene aksie sal wees. Toe hy aangestel word as hoofwildbewaarder van die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika, was dit net die plek waar hy sy onbedwingbare avontuurlus kon uitleef. Die gelyk wêreld van gras en lae bossies, met orals troppies naderende wild, het vir hom 'n oneindige bekoring ingehou. Wanneer die oop ruimtes roep, kon hy nooit teruggehou word nie.
Dit het dit aan hom baie tyd gelaat vir die rustige bestudering van die wild en die natuur. Hy het nooit besef dat die blote waarneming van wild ooit so interessant kan wees as die jagmaak op hulle nie.In hierdie boek openbaar hy die stiller en dieper mens binne om, die dieper mens wat so dikwels alleen in die aand by sy kampvuur sit. Hy kom tot die besef dat die mens in sy diepste wese eensaam is, en bly tot die einde toe. En vir die eerste keer maak hy vrede met homself en kan in die aand rustig gaan slaap. - graffitibooks.co.za

1968 - Vader van die Afrikaanse Taal (NASIONALE BOEKHANDEL)
1968 - Die Swerwerjagter (NASIONALE BOEKHANDEL)
1967 - (nege jeugverhale sedert 1957) Scheepersprys vir Jeugliteratuur
1966 - Kampvure wat nie uitbrand nie (VOORTREKKERPERS)
1966 - Beeld van 'n Digter (NASIONALE BOEKHANDEL)
1966 - Dronkie maak kinders groot
1965/1966 - Dronkie (Kindersprokiereeks)
1965 - Jetwa, die buffelbul

vetseun
Dronkie by die kabouters en feëtjies . 1965

vetseun
Terug op die ver Paaie . 1965

vetseun
Katteland .............. 1965/1984 PERSKOR

1965 - Rapier en Knuppel (NASIONALE BOEKHANDEL)
1964 - Op die Groot Spore (NASIONALE BOEKHANDEL)
1964 - Vulindaba (NASIONALE BOEKHANDEL)
1964 - Op die klein Spoortjies (TAFELBERG)
1963/1967/1969 - Trados, die swerwen-boesman (VOORTREKKERPERS)

vetseunvetseun
Waar ver winde waai .. 1962/1980/2007 PERSKOR/VOORTREKKERPERS
- Tweede Uitgawe, Eerste Druk

"Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te draai." Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse vriende aangedurf het.
Vandat Jack, 'n fotograaf, en sy geselskap op Kowares aankom, tref die een ongeluk na die ander die groep.Gelukkig is Johan en Bulman ervare jagters en natuurkenners en kan hulle op die spoorsnyer, Kalimbo, se fyn gehoor en kennis van die veld en diere staatmaak. Maar is dit genoeg om hulle teen die ongenaakbare Afrika te beskerm? Boonop is die pragtige Penny, Jack se dogter, in 'n baie moeilike situasie. Want hoe verduidelik sy aan Bulman dat haar hart aan Johan behoort? En sal Johan ooit sy swerwershart ten volle vir haar oopmaak?Waar ver winde waai vertel die verhaal van 'n klein groepie mense wat deur hul ontmoeting met mekaar vir 'n kort rukkie van die groot eensaamheid kan ontsnap, maar uiteindelik leer dat Afrika altyd die laaste sê het. - graffitibooks.co.za

1962 - Terug op die ver paaie
1960/1961/1970 - "Inspring, kêrels!" (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Fanie se vuurdoop .... 1961/ VOORTREKKERPERS

1961 - Drie Jong Jagters (NASIONALE BOEKHANDEL)
1957 - Waar ver Winde Waai (VOORTREKKERSPERS)
1957/1964 - Op die Klein Spoortjies (NASIONALE BOEKHANDEL)
1956 - Die Swerwerjagter (NASIONALE BOEKHANDEL)
1956 - (Drie jong jagters, Fanie se veldskooldae, Fanie word grootwildjagter en Uitspring, kêrels) Scheepersprys vir Jeugliteratuur
1956/1963 - Nobiyane, Die Zoeloe Minnaar (NASIONALE BOEKHANDEL)
1956/1959 - Waar Motors nie kan Kom Nie (NASIONALE BOEKHANDEL)
1951 - Jagters van die woestynland

vetseun
"Uitspring, kêrels!" . 1951/1956/1959 NASIONALE BOEKHANDEL

1949 - Rook op die horison
1949 - Op ver paaie

vetseunvetseun
Fanie word Grootwildjagter . 1948/1953/2008 VOORTREKKERPERS

"HIER is die verhaal van die gewilde veldseun (Fanie) se eerste selfstandige jagtog aan die Swart Mfolozi in die Laeveld - Fanie, eers die seun met die onvergeetlike veldskoldae, nou nog die reinhartige karakter, beminlik, teerhertig teenoor die wild, die skepping van 'n skrywer met 'n heerlike verbeeldindskrag waarop veral ook die hoërskool-leerlinge, ouer jong mense en volwase lesers en leseresse met genot meegevoer sal word. Die essensie van hierdie pragtige verhaal is die veld, die diere, die natuurkinders - volop avonture, volop spanning en die skoon atmosfeer van 'n omgewing waar mens nog vry kan asemhaal en aan 'n God kan glo.'" - stofomslag

"DIE Fanie-boeke van die gewilde skrywer P.J. Schoeman, istans onder die populerste romans wat voorgeskryf of vir klas- aanvullende en skoolbiblioteekboeke gebruik word. Die eerste verhaal was 'Fanie se Veldskooldae.' Dit het in 1948 verskyn, dus slegs vyf jaar gelede, maar die boek het reeds ses drukke deurgemaak en die onderskeiding behaal om in al vier provinsies voorgeskryf te word. Meer as 20,000 eksemplare van dié Fanie-roman is al versprei. Op sy spore is nou besig om te volg 'Fanie Word Grootwildjagter', reeds voorgeskryf, reeds in sy vierde druk.
P.J. Schoeman naam met dié boeke, oor die veldseun Fanie, 'n nuwe plek in die Afrikaanse letterkunde in."

Hierdie boek is die tweede in die gewilde Fanie-trilogie en volg op Fanie se veldskooldae. Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur.
Met 'n splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfolozi. In hierdie ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 'n Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 'n Boerenooientjie.
Soos die weke in die Bosveld verbygaan ontluik die wispelturige seun in 'n verantwoordelike jong man wat leer om na sy wyse Zoeloevaders te luister, Hlabisa en Lewies. - graffitibooks.co.za

1948/1961 - Fanie (VOORTREKKERPERS)
1948 - Waar motors nie kan kom nie
1944 - Op die klein spoortjies

vetseun
Op die groot spore (+ Nobiyane, die Zoeloe-minnaar) . 1942/2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191351

'n Ervare jagter word toegelaat om 'n geheime jagekspedisie van die Zoeloekoning te vergesel op 'n groot soektog na die kragtige bestanddele vir die inkatha yezwe (koninklike medisyne).
Die ekspedisie beweeg deur 'n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook 'n insiggewende blik op 'n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, 'n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by "die groot spore" lei - daar waar die lewe sin kry.

1939 - Mboza, die Swazie, en ander verhale
1938 - Sonogies, die Swazie-prinsessie
1937 - Vulindaba (NASIONALE BOEKHANDEL)

vetseun
Drie Jong Jagters . 1935/1937/2008 NASIONALE BOEKHANDEL

Vir Fanie, Japie en Piet "is daar twee groot ideale in die lewe: om saam met hul pa Bosveld toe te gaan en om eendag saam met hom oorlog toe te gaan". Uit die bloute daag oom Gert by hulle huis op en vra Fanie se pa om saam te gaan jag in die Bosveld.
Die seuns kan beswaarlik hulle geluk glo toe oom Fanie aankondig dat hulle mag saamgaan.
Die Bosveldervaring beteken groot avontuur! Die seuns kry geleentheid om jag te maak op rietbokke, waterbokke, sebras, vlakvarke en buffels. Fanie laat selfs 'n krokodil sneuwel. Dis voorwaar meer opwindend as die voëljagtogte van vroeër. En wanneer die leeu snags brul, wéét hulle: 'n ontmoeting met die koning van die Bosveld is onvermydelik. - graffitibooks.co.za

1935 - Die jagterprins en ander jagverhale

vetseunvetseun
Fanie se veldskooldae . 1935/1948/2006 VOORTREKKERPERS
vetseun
Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan vetseunleer. En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas: Hy moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef.
Naas die fisiese uitdagings moet hy ook respek vir ander kulture leer - die Engelse wêreld van sy vriendinnetjie Jekkie en haar pa en vetseundie Zoeloewêreld van sy jagmaats. Hy leer ook hoe delikaat die verhoudings tussen mense én tussen die verskillende natuurdinge is wanneer hy bewus raak van die gevolge van sy optrede teenoor koggelmanders, skerpioene en muishonde. - graffitibooks.co.za

1933 - Die swerwerjagter
Katteland


skakels : geocities.com/pj_schoeman












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )