Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Pirow Bekker (1935-) (Bekker, Pirow)

"Pirow Bekker se eerste digbundel, Die klip sing, verskyn in 1965. Dit word gevolg deur Toekomstige betrekkinge, Definisies deur die bloed, Eskarp, Rasuur en Stillerlewe, asook 'n bundeltjie kinderverse, Hadihie-hadida. Die kortverhaalbundels uit sy pen is Die peerboom en ander verhale, Vangs, Trap sag terwyl jy hardloop, Voordat berge gebôre word, Lag byvoorbeeld, en 'n boekie oor 'n kat, Die liefdeskronieke van Basilika.
Tans woon hy en sy vrou, Annatjie, langs die see by Boggomsbaai." - SUN E-SHOP

vetseun
Van roes en amarant (Digbundel) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192587
ISBN: 9781869198831

Pirow Bekker se sewende digbundel, Van roes en amarant, is stewig veranker in die werklikheid en daar word byna sonder uitsondering verwys na 'n herkenbare Suid-Afrikaanse wêreld: plekke met name soos Doornhoek, Kuruman en Bad-se-loop; plante soos die kameeldoring, kiepersol en geelhout, diere soos die gemsbok, ratel en namakwaduif. Dikwels is daar in die gedigte ook sprake van dinge wat baie gewoon is, soos septiese tenks en roltrappe.
Die alledaagse word soms op vernuftige wyse egter in 'n ander lig gestel, net soos Bekker ook daarin slaag om bekende Afrikaanse idiome en Bybelse frases só te verander dat dit 'n nuwe betekenis kry. Die oer-Afrikaanse sfeer word verder versterk deur die gebruik van woorde soos jantwakpaalkraal, dooitjiedooi, janrap en kwintevry.
Die bundel wentel om temas wat reeds in Bekker se vorige bundels aanwesig was, soos die aftakeling van die ouderdom, verknogtheid aan die aardse bestaan en die bewustheid van die dood as die groot onbekende. Daar is egter nooit sprake van selfbejammering in die gedigte nie, danksy Bekker se satiriese en ironiese kyk na die werklikheid. Daarby word ouderdom en dood versag deur enkele baie mooi godsdienstige verse en deur die vreugde waarmee die teenswoordige omarm word, soos in die gedig "Tans": - graffitibooks.co.za

vetseunKOOP/BUYvetseun
Toorop-stories ............ 2005 LAPA UITGEWERS/SUN E-SHOP

'Willem Toorop is die bewaarder en kenner van die Molopo-kontrei se verhale; stories wat veral glad vloei oor 'n koue Dawidbier, of 'n Langdawid, soos die manne daar sê. Die stories word bevolk deur 'n verskeidenheid interessante karakters - hulle is eksentriek, aards, beduiweld en beneuk - kortom, méns.

Dis 'n versameling verhale vol humor, maar wat ook iets oordra van menslike lotgevalle oral en te alle tye. Tussen al die snaaksighede word daar dus soms "'n bietjie grom losgeskud", soos ou Sterkarm wat 'n vol wynvat tot oor sy skouer kon stoot. "Dis nie dooigewig nie ... Jy moet net die slag hê."

Willem Toorop is 'n Molopoër "gebôre en getower", en sy kontrei bly aan hom kleef, waar hy ook al gaan. En daarom bly hy sy stories optower.' - SUN E-SHOP

vetseun
Stillerlewe (Digbundel) . 2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825960

1993 - Rasuur (TAFELBERG)

vetseun
Lag Byvoorbeeld ....... 1992 TAFELBERG
ISBN: 9780624030379

Lag byvoorbeeld bevat treffende kortverhale waarin veral die belewenisse van mans in hulle verskillende lewenstadiums uitgebeeld word. Hoe seuns uitdagings aanpak, hoe jong mans die stryd met die vroulike geslag begin, en wraaksug in die middeljare.

1991 - Vangs (TAFELBERG)
1986 - Om laaste te kan lag: verhaalbundel
1985 - Voordat berge gebôre word (TAFELBERG)

vetseun
Trap sag terwyl jy hardloop . 1981 TAFELBERG

1978 - Definisies deur die bloed (TAFELBERG)
1976 - Digters op die Toring: 'n Keuse uit die werk van die Twintigers - Pirow Bekker, HJ Schutte plus ander (JL VAN SCHAIK)
1975 - Die Liefdeskronieke van Basilika
1974 - Die Kwatryn (Blokboeke, 17) (ACADEMICA)
1965 - Die Klip Sing (NASIONALE BOEKHANDEL)
Manna Kommering
Milkstuur Van Mooies (TAFELBERG)
Eskarp (TAFELBERG)
Toekomstige Betrekkinge (TAFELBERG)

vetseun
Witsalpeter .................

vetseun
Die Tenoor Kom ............. TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )