Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Piet van Rooyen (Van Rooyen, Piet)
vetseun
Kwansuis ..................... 2008 HUMAN & ROUSSEAU

Kwansuis beteken "voorgewend", "kastig", "kamma". Die rol van die natuur word voortreflik gehanteer. Saam daarmee gaan die onderliggende primordialiteit wat telkens inspeel in 'n gedig.

Hierdie aspek van die bundel is na alle waarskynlikheid die belangrikste kenmerk van hierdie gedigte.
• Temas sluit in die (naderende) dood, bedreiginge, verhoudings, die natuur, die sprokiesagtige, die mitologiese, die filosofiese.
• Dikwels word daar noukeurig in woord en gegewe 'n klein denkwêreld opgeroep wat dan oorgaan tot 'n spesifieke of breër geldende dimensie.
• Die ek- (ego-sentriese) spreker word dikwels deel van die metaforiese laag van 'n gedig.
• ... die meeste metafore is 'n wins, selfs 'n weelde...
• Wat my veral opgeval en genot verskaf het, is die speelsheid waarmee sommige verse aangebied word, o.a. deur soms slim en effektief binne die konteks van die gedig gebruik te maak van "geykte uitdrukkings" soos "saam met 'n knippie sout", "die wolf van die deur te hou" ... Die leser mag hom egter nie met hierdie spelery om die bos laat lei nie - jy glimlag nog, dan snak jy na jou asem. - graffitibooks.co.za

vetseun
Akwarius ...................... 2005 TAFELBERG

Sentraal in hierdie spanningsroman is 'n klomp dolfyne wat gedurende die Koue Oorlog deur Rusland gebruik is om sabotasiewerk te doen.
'n Suid-Afrikaanse dieresielkundige, ene Anton Dreyer, word, in die huidige klimaat van demokrasie en diereregte, gehuur om hierdie dolfyne te deporogrammeer - hulle mag nie van kant gemaak word nie, hulle moet hul nare streke afleer. Hy werk saam met 'n pragtige Russiese dolfynafrigter, Sasja. Daar is uit die staanspoor 'n erotiese spanning tussen hulle en dit word weldra 'n vuurwarm verhouding.
Die paar kom egter te staan teen 'n misterieuse booswig, ene Edelweiss, wat van die dolfyne steel om aan vermaaksentra wêreldwyd te verkoop. Edelweiss se boot is die Jan Wandelaar, 'n moderne variant op die Vliegende Hollander, die vervloekte spookskip wat glo storms om die Kaap veroorsaak. Hy lei Anton en Sasja onder meer deur allerhande letterkundige leidrade in 'n doolhof van gevaar, waansin en uiteindelike ondergang. - graffitibooks.co.za

vetseun
Die Brandende Man .... 2002 PROTEA BOEKHUIS

Met Die Brandende Man beweeg Van Rooyen buite sy selfgevestigde tradisie van die Afrika-milieu. Twee Suid-Afrikaners begewe hulle na die Nevada-woestyn waar duisende mense elke jaar byeenkom vir 'n fees waartydens 'n sewe verdieping hoë man van rottang en neon ritueel verbrand word. Die mens se stryd bly egter teen homself; 'n tema wat al Van Rooyen se werk kenmerk.
By die fees van die Brandende Man, blyk die mens se grootste vyand die mens self te wees. - graffitibooks.co.za

vetseun
Goedsmoeds (Digbundel) . 2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825762

vetseun
Gif (Spoorsny-trilogie) . 2001 PROTEA BOEKHUIS

Van Rooyen se werk is onder andere bekend vir intieme verkenning van die natuur, veral dié van Namibië. Gif is meer as 'n voortsetting daarvan want hierin vind die geheime patrone van die natuur neerslag in die mens se persoonlike stryd om oorlewing en begrip.
Die hoofkarakter het 'n weddenskap aangegaan: 'n honderdduisend rand vir 'n wedren te perd oor 'n honderd myl; sonder reëls, sonder beperkinge. Sy tyd word min want binne-in hom vreet die siekte. 'n Moordende tog deur die woestyn saam met twee eksentrieke broers en 'n oervrou wat die geheime ken. En 'n berader en 'n opponent kan baie gedaantes aanneem. Want daar is maar een reis, een oorwinning, een manier tot daar waar die sterre tsk-tsk roep.
Gif sal met gif besweer word. Van Rooyen is bekroon met die De Kat/Sanlam-prys en die CNA-debuutprys vir sy roman, Die spoorsnyer en met die M-NET-prys vir sy roman, Die olifantjagters. - graffitibooks.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )