Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Pieter Strauss (Strauss, Pieter)
vetseunKOOP/BUY
Tussen kokerboom en kaiingklip . 2006 LAPA UITGEWERS

"Pieter Strauss volg die gewilde Fluitwiel! Ware lag- en liegstories uit my dóúriewêreld op met hierdie nuwe verhale uit die Boesmanland, vertel in die outentieke Boemanlandse taal wat so plesierig in mens se ore kom lê, en wat die leser daardie wêreld byna kan laat ruik en proe.
Dis heerlike verhale oor gewone mense se pogings om 'n bestaan te maak in hierdie ongenaakbare deel van die wêreld, met humor en deernis. "Mense met drome. Mense met ideale. Mense wat, soos die binnedorpers, vorentoe wil mik in die lewe ... Al ry die ongeluk die bultbewoners maar meestal bloots," soos Fires van Vuuren se ouma gesê het.
Daar is tant Meraai, "'n mollige ou dame met haar hare stewig in 'n grys bolla agter haar kop vasgebind, die uitwaartse golwinge van haar gesette lyf daglank ingeperk tot die lapgrense van die blommetuin op haar voorskoot, ewigdeur mompelend, die kappie laag oor haar oë getrek ..." Dan is daar oom Kieriekop Kotzé met bietjie hare op sy té klein koppie, en Hermias Volgraaff, die afgetrede boorman in sy huisie langs die eensame hoofstraat van Vanwyksvlei, wat elke Boesmanlander, lewendig en veral die dooies, by die naam ken. Om maar net 'n paar te noem.
Tussen kokerboom en kaiingklip is 'n waardige opvolg en toevoeging tot die Afrikaanse kontreiverhaalskat." - LAPA UITGEWERS


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )