Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Pieter de Villiers (De Villiers, Pieter)
vetseun
Boerneef sing (Digbundel) . 2004 LITERA
- komposisies van uitgesoekte verse: 10 siklusse

In hierdie bundel word die komposisies van tien siklusse gepubliseer - in die eie handskrif van die komponis. Daarby bied die lynsketse van Piet Grobler 'n eie vertolking van Boerneef se aardse poësie. Die publikasie van hierdie bundel val saam met die tagtigste verjaardag van die komponis en word in 'n beperkte oplaag uitgegee. - graffitibooks.co.za

Gesamentlike Koor Van Die Transvaalse Koorraad met Mimi Coertse en Pieter de Villiers
vetseun
Aanvangsfees Van Die Taalmonument 1975 LP . KAVAA 125 1975 KAVALIERS
- Inauguration Of The Taal Monument Amfiteater, Voortrekkermonument, Thursday 14 August 1975
Kant Een:
1. Psalm 23 - Mimi en Koor
2. Uit Die Chaos Van Die Eeue - Koor
3. Oranje Blanje Blou - Koor
4. Dierbaar Suid Afrika - Koor
5. Ken Jy Die Land - Koor
6. Ek Is 'n Arme Boerenooi - Mimi
Kant Twee:
1. O Boereplaas - Mimi
2. Die Son Verrys - Koor
3. Afrikaanse Volkslied - Koor
4. Lamtietie Damtietie - Mimi & Dameskoor
5. Segelied - Koor
6. Die Hemelse Roem - Koor

Mimi Coertse
vetseun
Sluimer, Beminde LP . LSS 28/BRS(C) 396 1975 BRIGADIERS MUSIEK/EMI/FAK PLATEKLUB
Kant Een: (Liedere van S. Le Roux Marais)
1. Wit Duiwe
2. Nuwe Somer
3. Mali, Die Slaaf, Se Lied
4. Offerande
5. Rooidag
6. Eenmaal
7. As Ek Moet Sterwe
8. Bosveldhuisie
9. Amor Se Konfettie
10. Sluimer, Beminde
Kant Twee:
1. Sewe Boerneef-Liedjies
2. Ek Hou Van Die Môre
3. Ou Aia Se Wiegeliedjie
4. Staan, Poppie, Staan
5. Xosa Slaapliedjie

"Die Afrikaanse lied het nog altyd 'n groot rol in Mimi Coertse se roemryke loopbaan gespeel. Toe sy gedurende die vroeë vyftigerjare as onbekende tienderjarige haar eerste uitsending vir die S.A.U.K. gemaak het, het haar program uit Afrikaanse liedere bestaan. Gedurende die goue jare van haar skitterende loopbaan in Europa het sy gereeld 'n groep Afrikaanse liedere by haar Liedereuitvoerings ingesluit. En noudat Suid-Afrika se voorste prima donna haar weer in haar vaderland gevestig het, vind ons steeds dat hulle 'n ereplek in haar repertorium vul.
Daar word van 'n dramatiese koloratuursopraan verwag dat sy die musiek van Mozart, Donizetti, Bellini, Verdi en Richard Strauss perfek kan sing. Mimi Coertse kan dit doen, soos sy dikwels as die Koningin van die Nag, Lucia di Lammermoor, Gilda of Zerbinetta getoon het. Maar daar bestaan min kolorature wat 'n eenvoudige, onopgesmukte lied met oortuiging kan aanbied. Dit is op hierdie gebied wat Mimi min gelykes het. Sy besit die gawe om 'n Afrikaanse lied met soveel oorgawe te sing dat dit aan die kunsliedere van Schumann, Brahms of Schubert herinner.
"Sluimer, Beminde" is gedurende die Europese somer van 1968 in Wene opgeneem, en bestaan uit die musiek van drie van Suid-Afrika se voorste komponiste: S. Le Roux Marais, Pieter de Villiers en Johannes Joubert. Al drie hierdie komponiste se liedere verskyn gereeld op Mimi se konsertprogramme. Om die waarheid te sê: elke keer wanneer sy "Rooidag" sing, is daar sò 'n stormagtige applous, dat die sopraan die liede dadelik moet herhaal! Ook die pragtige "Sewe Boerneef-Liedjies" en "Staan, Poppie, Staan" word by elke aanhoor met 'n ovasie begroet.
Mimi is 'n groot en veelsydige kunstenares. Wanneer mense eendag uitgepraat raak oor haar wonderlike operasuksesse, gaan hulle nogtans steeds met trots verwys na wat sy vir die Afrikaanse lied gedoen het. Hulle staan hulle plek in haar kroon van sukses vol. " - omslag

Gé Korsten
vetseunvetseun
Sing Uit Die Hart LP/CD . BR. 174/CDGSP 103 1965/1988 TEAL/BRIGADIERS MUSIEK/GALLO
Kant 1:
1. Mag Die Heer U Seën
2. Onse Vader
3. Heilige Vader
4. Gebed
5. U Dood Gedenk
6. Nader, My God, By U
Kant 2:
1. Kom Herwaarts Getroues
2. O, Heiland Neem My Hande
3. O, Hoof Vol Bloed En Wonde
4. Bly By My Heer
5. Psalm 23
6. Psalm 150

Begeleiding deur Pieter de Villiers en Die Cantarekoor ten bate van die Abraham Krielkinderhuis
Produksie, Albie Venter, Henk Oosthuysen, Koorleier, Pieter de Villiers

DIE SUKSESVERHAAL VAN GÉ KORSTEN
Nege jaar gelede het Gé Korsten sy debut op die operaverhoog, as Canio in 'll Pagliacci', saam met die Pretoriase Operagroep gemaak. Hy was een van die stigters van hierdie groep, wat sang bloot as 'n stokperdjie beskou het.
Van daardie tyd af het sy sangloopbaan met rasse skrede vooruitgegaan, sodat hy vandag Suid-Afrika se bekendste operatenoor is. Gedurende 1964-65 sal Gé die tenoorhoofrolle van twaalf operas sing en kan ook tereg die sanger van die "eerstes" genoem word. Hy het die eerste tenoorhoofrol in die Aula, Pretoria gesing en ook die eerste in die Stadskouburg in Johannesburg. Hy was die eerste permanente sanger deur TRUK aangestel en die eerste sanger om met die pasgestigde orkes van TRUK op te tree.
Gé Korsten is in alle opsigte ryklik bedeeld. Nie alleen het hy 'n besonder goeie voorkoms en sterk persoonlikheid nie, maar is boonop 'n baie goeie toneelspeler. 'n Goeie voorbeeld van sy talente is 'n insident wat tydens 1964 in Johannesburg gebeur het. Terwyl hy Faust teenoor Hanlie van Niekerk vertolk het, is hy skielik een oggend deur TRUK gevra om op een dag se kennisgewing ook die tenoorrol in "Lucia di Lammermoor" teenoor Mimi Coertse te sing. Gé het ingewillig, is na Johannesburg gejaag, waar hy die hele dag saam met die Oostenrykse dirigent in sy hotelkamer gewerk het. Sonder dat hy die voorstelling of die decor een keer gesien het, het hy daardie aand op die verhoog gestap. Die atmosfeer van afwagting kon aangevoel word in die stampvol Stadskouburg. Toe hy in sy pikswart mondering op die verhoog verskyn, is hy toegejuig. Almal het gespanne op sy eerste note gewag. Met sy skitterende vertolking het hy sy medespelers en koor meegesleur en almal het beter gespeel en gesing as ooit tevore. Na die laaste toneel waarin hy homself in droefenis doodsteek, het menige toeskouer (waaronder ek getel het) trane weggepik en is hy lank toegejuig.
Dit dan kortliks, is die kunstenaar Gé Korsten. En getrou aan sy aard, het hy besluit om sy talente vir sy heel eerste langspeelplaat te skenk aan die 750 minderbevoorregte kinders van die Abraham Krielkinderhuis in Johannesburg. Met die samewerking van bekende Pretoriase orrelis Pieter de Villiers en die Cantarekoor, is Gé Korsten SING VIR DIE HART gemaak om broodnodige fondse in te samel vir genoemde kinderinrigting. Hierdie onselfsugtige gebaar is moontlik een van die redes vir die skouspelagtige sukses van 'n eie Suid-Afrikaanse kunstenaar van wêreldformaat: Gé Korsten! - Albie Venter - omslag


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)