


















Philip Liebenberg (Liebenberg, Philip)

Daar's 'n gay pastoor in my kop (Outobiografie) . 2008 PENGUIN
ISBN: 9780143025771
"Die kontroversÏele saak van homoseksualiteit in die kerk word aangespreek in Daar's 'n Gay Pastoor in My Kop. Die outeur, Philip Liebenberg, het langer as 20 jaar geweier om sy homoseksualiteit te aanvaar. As jongman betree hy die huwelik met 'n wonderlike vrou. Hul het saam 'n dogtertjie en hy word 'n suksesvolle AGS pastoor in Johannesburg.
Maar as mens bly hy ontevrede en onvervuld. Die hart van die storie dui hoe hy uitendelik sy homoseksualiteit aanvaar, van sy vrou skei en vrede en geluk vind in sy verhouding met Johan. Philip is huidiglik die pastoor van Die Kapel in Melville, Johannesburg. Die boek is 'n duidelike maar ook pynlike uitbeelding van die wroeging wat 'n gay man ervaar. Philip dring aan op totale
eerlikheid; slegs deur eerlik te wees is hy instaat om die waarheid omtrent sy lewe te aanvaar. Sy oplettendheid sorg vir wonderlike insigte, nie net oor homoseksualiteit nie, maar ook verhoudings, die kerk en geloof. Philip se eerlike en intense soeke na waarheid word oorgedra deur die deurlopende insig wat op elke bladsy te voorskyn kom." - graffitibooks.co.za
skakels :