


















Philip de Vos (De Vos, Philip)

Kop Op 'n Blok ........... 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195465
De Vos ken die kunste, en die mense agter die kunste, so hy kan heerlik spot met die hogere dinge in die lewe. Die bundel bevat 'n hele vertellings oor bekende figure uit die kunstewereld, soos die Karel Schoeman. Kop op 'n blok is vlymskerp geskryf en die humor (wat dikwels selfspot insluit) is werklik snaaks. Inderwaarheid vorm die teks 'n soort outobiografie van een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans.

Wolfgang Amadeus Muis . 2010 TAFELBERG
Illustrasie: Cora Coetzee
ISBN: 9780624024071
In Philip de Vos se aweregse humoristiese styl word die verhaal vertel van die haarlose klein babamuisie wat een aand heel toevallig die naam Wolfgang Amadeus gekry het. Maar dit was dieselfde aand dat die Wonderwerk (Oupa se stel valstande, maar dit weet die muise natuurlik nie!) tussen die muise opgedaag het, en Wolfgang Amadeus sy talent in die lewe ontdek het.

Belladonna, Prima Donna ... TAFELBERG
ISBN: 9780624025474

Totsiens Tommasino . 2007 HUMAN & ROUSSEAU

Milieu ............................. 2006 PROTEA BOEKHUIS

Vincent Van Gogga ...... 2006 KAGISO
met illustrasies Cora Coetzee

My Saamsleep - Dieretrein . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
deur Fiona Hayes, vertaal Philip de Vos, Wanda Muller

Die Teepot ......................... 2005 HUMAN & ROUSSEAU
Gustavo Mazali; H.C. Andersen; Philip de Vos

Die Tonteldoos .................. 2005 HUMAN & ROUSSEAU
Gustavo Mazali; H.C. Andersen; Philip de Vos

Die Herderin En Die Skoorsteenveer . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
Gustavo Mazali; H.C. Andersen; Philip de Vos

Die Prinses En Die Ertjie . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
Gustavo Mazali; H.C. Andersen; Philip de Vos


Die Lelike Eendjie/The Ugly Duckling . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
Gustavo Mazali; H.C. Andersen; Philip de Vos

Die Keiser Se Nuwe Klere . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
Gustavo Mazali; H.C. Andersen; Philip de Vos

Tyd Is Om! .......................... 2004 BEST BOOKS
Keith Faulkner, vertaal Philip de Vos, illustrasie Rory Tyger

Hik! Hik! Hik! ....................... 2004 BEST BOOKS
Keith Faulkner, Jonathan Lambert, vertaal Philip de Vos, illustrasie Jonathan Lambert

Die wolf wat outjie geskree het .. 2004 HUMAN & ROUSSEAU
Bob Hartman, vertaal Philip de Vos, illustrasie Tim Rankin

Rimpelstories: Limericke vir die lekkerte . 2003 MASKEW MILLER/2004 PERSKOR/KAGISO
- Reader / Storybook (Grade 5)
Illustrasie: Piet Grobler
ISBN: 9780798666305
Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

Mallemeuleman ............... 2004 HUMAN & ROUSSEAU
keur uit versbundels: O togga! 'n Gogga, Brommer in die sop, Daar's bitterals in die heuningwals, Moenie 'n mielie kielie nie, Karnaval van die diere, 99 1/2 ordentlike limericke uit Die Worcester aspoester en die Dêng van Gauteng, Kat se blad en nuwe verse uit Gister se koeksister, met illustrasies Piet Grobler.

Muisie, My meisie ..... 2003 HUMAN & ROUSSEAU
Lida Dijkstra, vertaal Philip de Vos, illustrasie Piet Grobler

Die Spree met Foete ............. 2002 HUMAN & ROUSSEAU
versameling Afrikaans-verwerkte verse uit Nederlandse bundel Ziezo, Annie MG Schmidt met illustrasies Piet Grobler

Is Daar Plek Op Jou Besem? . 2002 HUMAN & ROUSSEAU
Julia Donaldson, vertaal Philip de Vos, illustrasie, Axel Scheffler

Beware of the canary . 2000 HUMAN & ROUSSEAU
met illustrasies Piet Grobler, editeer Aldrë Lategan

Kat se blad: Stuitige strokie . 1999 HUMAN & ROUSSEAU
met illustrasies Piet Grobler
Philip de Vos & Albie Louw

Brommer in die Sop ......... JNSD61 1998 JNS MUSIEK TAFELBERG
- en ander lieflike en laflikeliedjies
Philip de Vos & Albie Louw: Brommer in die Sop en ander lieflike en loflike liedjies. Dié prettighede hoort seker nie onder klassieke musiek nie, maar nes De Vos se versies en rymalery bedrieglik meer om die lyf het, so bied Louw se toonsettings 'n kunstige aanvoeling vir wat die woorde benodig. Om die twee dit self te hoor uitvoer, plaas dit al klaar op die Africana-rak. Dit is 'n plesierigheid wat jy moet hoor om te kan waardeer. De Vos se diksie is eksie-perfeksie jy het g'n gedrukte lirieke nodig nie. Louw se klavierspel is musikaal veerlig, dog bied ook goeie ondersteuning. Hy kry ook kans vir 'n solo of wat en sing selfs ook saam: luister maar hoe oulik klink Tortelduifie. Wat egter meer be�ndruk as die ''gore'' stuitighede is die liriese melodieë soos in Ek sal vir jou 'n reënboog vang. In die CD se 50 snitte lê luisterplesier opgesluit waaraan jy jou ure lank kan verkneukel. (JNSD61). - Volksblad argief (1998)


Karnaval van die diere .................. 1996
Carnival of the Animals ................. 1998
met illustrasies Piet Grobler

Moenie 'n Mielie Kielie Nie! .... 1996 HUMAN & ROUSSEAU
met illustrasies Piet Grobler

Die Hoephoeptak: Rhyme and Riddle: Rympies en Raaisels (Pak van 3 Boeke) . 1994 OXFORD UNIVERSITY PRESS
met Antoinette Stimie, illustrasie, Marjorie van Heerden
1994 - Oxford Storieboom-reeks: Warrelwind se kind (OXFORD UNIVERSITY PRESS)
1994 - Oxford Storieboom-reeks: Sproete en Snoete (OXFORD UNIVERSITY PRESS)
1994 - Oxford Storieboom-reeks: Giere en grille (OXFORD UNIVERSITY PRESS)

TRAZOM: 'n Mozart verhaal . 1992 QUEILLERIE

Vrydag is my dag - Anushka Ravishankar .
illustrasies deur Piet Grobler

Die Worcester Asporcester en ander lustige limerieke . 1989 TAFELBERG
1989 - Sarie en die Spinnekop (OXFORD UNIVERSITY PRESS)
1989 - Vang die Hoed (OXFORD UNIVERSITY PRESS)
skakels : dekat.co.za : insig.co.za
2016 03 02 - Die Wasgoedlyn - Wasgoedlyn Woensdag - Die Omstrede-Hoofstad Stryd - Pretoria & Kaapstad - Bacchus Nel en sy vrolike-vriende, Die Hap Huis, Capital Park, Pretoria - Churchil Naudé, HA!Man World & Joke Debaere, Jackie & Riku Lätti, Hermien & Philip de Vos, Blah Blah Bar, Kloofstraat, CT
