


















Petrovna Metelerkamp (Metelerkamp, Petrovna)

Gesprekke oor Ingrid Jonker (L.M. van der Merwe) . 2006 HEMEL EN SEE BOEKE
Lees wat die mense wat Ingrid werklik geken het, sê.
'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. GESPREKKE OOR Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en André P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur Dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker. - graffitibooks.co.za

Ingrid Jonker - Beeld van 'n digterslewe . 2003 HEMEL EN SEE BOEKE
INGRID JONKER - BEELD VAN 'n DIGTERSLEWE is die eerste volledige biografiese publikasie oor die lewe van die legende, die ikoon wat hierdie aantreklike, jong digter geword het. Sedert haar dramatiese dood in Julie 1965 leef Ingrid Jonker agter 'n sluier van geheimhouding voort. Haar armoedige kinderdae, haar moeilike verhouding met haar pa, haar huwelik, haar stormagtige liefdesverhoudings met die skrywers Jack Cope en André Brink word hier vir die eerste keer in ware perspektief gestel. Luukse uitgawe met 140 foto's en 60 briewe - graffitibooks.co.za
skakels :