Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Petra Müller (Müller, Petra)
vetseunvetseun
Om Die Gedagte Van Geel . 2012 TAFELBERG
ISBN: 9780624054467

Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met 'n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou.
Aan die een kant skakeer die geel uit na wit - hoofsaaklik van die maan - en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami's. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe. Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke - in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta - maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê "in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê".
Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin 'n oombliklike insig in 'n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters - die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Müller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en 'n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die"woeste" Pa.
'n Mens sou kon sê dat Müller se digwerk 'n voortganende proses is, 'n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel 'n mylpaal is.

vetseun
Desembers ................. 2007 TAFELBERG
ISBN: 9780624045519

Petra Müller vertel met 'n helder vaart. Eerlik en verstaanbaar. Sy hou jou in die holte van haar skrywershand en los jou nie vir 'n oomblik nie. Elke lig laat sy vir jou brand dat jy nie oor een sin in 'n storie struikel nie.

vetseun
Night Crossing ........... 2006 TAFELBERG
ISBN: 9780624044642

The author deals with dawn and dusk, day and night, land and sea. Many poems in this volume concern the death of her husband, but the volume itself celebrates life by work of vibrant transformation. It is a close weave of love-lyric, confession, lament, myth and counter-myth. Many voices, male and female, are heard. It is conceived as a tumultuous whole, and ends on a tender, almost inaudible note, as if on a ripple going out to sea.

2005 - (Die aandag van jou oë) Hertzogprys Poësie

vetseun
Die Aandag Van Jou Oë (Digbundel) . 2002 TAFELBERG
- Gedigte Vir Die Liefde
ISBN: 9780624041047

"DIE AANDAG VAN JOU Oë is een van die grootste digbundels in Afrikaans: 'n volgehoue, deurleefde, oorwoë, byna onverduurbare elegie (musikaal gekonsipieer, soms vir orreltone, soms vir 'n orkes, soms vir 'n fluit of enkele viool) rondom die dood van 'n geliefde wat in sy afwesigheid juis in en deur die woord gehuldig, gevier en verduursaam word. Net een van die vele verbluffende deugde van die bundel is die gesprekke wat dit aanknoop met Van Wyk Louw, met Cussons, met Opperman, soms met Breyten ..."
In aansluiting hierby oordeel Daniël Hugo:
"Dit is 'n ryk bundel ten opsigte van verwoording, verbeelding en stemming. Heelwat gedigte het die magiese krag van suggestie en beswering. Dit is die boeiendste elegiese bundel in Afrikaans en een van die beste bundels liefdespoësie. Daarby is die bundel stewig gekonstrueer met die deurlopende en vervlegte teenstellings: see/woestyn, vuur/ys, lig/donker. Ek het groot bewondering vir die oënskynlike gemak waarmee hierdie verse geskryf is. Hulle is die aandag van baie lesers se oë werd."

1997 - Swerfgesange vir Susan en ander
1995 - In die omtes van die hart en ander verbeeldings
1993 - Die dwerg van die infanta: en ander verhale
1988 - Bid (Petra Müller) (vokaal, kavier) - Stefans Grové
1988 - Halfpad (Petra Müller) (vokaal, kavier) - Stefans Grové
1988 - Daar waar jy woon (Petra Müller) (vokaal, kavier) - Stefans Grové


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )