Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Pat Stamatélos (Stamatélos, Pat)
vetseun
Pastoor ........................ 2013 TAFELBERG
- Wanneer jou verstroosting jou ergste verskrikking word
ISBN: 9780624063261

Dit is sy vrou se gesprek met die sielkundige, dit weet hy. Party van die goed herken hy. Maar. As hy sy oë toemaak, sien hy die siedende waters van 'n donker rivier. Sy vrou in die onverbiddelike werwelings van 'n duistere geweld.
Nou weet hy daardie donkerte het 'n naam. Die naam is Pastoor. Pat Stamatélos vertel op 'n skreiend aangrypende wyse die ware verhaal van 'n vrou wat as jong kind in die hande van 'n pedofiel beland het, 'n vrou wie se siel die onuitwisbare vatmerke dra van 'n kerkleier se jeugberading en pastorale sorg. Pastoor is 'n doodsekure studie van 'n verwonde psige, en 'n onverskrokke oopvlekking van 'n kanker aan die hart van ons samelewing.

vetseun
Madeliefies Van Staal / (eBook) . 2012 KWELA/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780795704246
ISBN: 9780795704253

Lucy Jordan- Douglas moet ten alle koste emosionele ontsteltenis vermy,dit ter wille van haar ongebore baba. Maar wanneer haar swaer in 'n rooftog sterf en sy lyk by die lykshuis waar sy werk opeindig, word dit bitter moeilik.
In hierdie vervolg op Vier begrafnisse en 'n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan- Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer. Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper - dief en skollie en ongelukkig haar swaer. Toe Lucy se broer onverwags opdaag by die staatslykhuis waar sy werk, wéét sy iets klop nie.

vetseun
Vier Begrafnisse En 'n Troue / (eBook) . 2010 KWELA/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780795703072
ISBN: 9780795703393

'n Tong-in-die-kies roman deur die skrywer van KROES en DIE VAL VAN DIE DICE. Stamatelos skeer die gek met wit, met bruin, met swart. 'n Eg satiriese roman wat 'n mens uit jou maag laat skater, grinnik en kop skud oor die aardigheid van menseverhoudings in ons geliefde land. Jy sal die boek eenvoudig nie kan neersit nie . . .
Dulcie-Anne Douglas is 'n miljoenêr - op skrif. Twee jaar gelede toe haar man oorlede is in 'n treinongeluk, het sy in 'n japtrap vir haar en die kinders 'n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke. Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. 'n Tong-in-die-kies roman deur die skrywer van KROES en DIE VAL VAN DIE DICE. Stamatélos skeer die gek met wit, met bruin, met swart. 'n Eg satiriese roman wat 'n mens uit jou maag laat skater, grinnik en kop skud oor die aardigheid van menseverhoudings in ons geliefde land.

vetseun
Die Portier / (eBook) ... 2009 KWELA/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780795702815
ISBN: 9780795703386

Max is portier by Strubenhof Hospitaal. Hy is onlangs gediagsoneer met obsessief-kompulsiewe gedrag, waaroor hy baie selfbewus is. Die enigste manier om beter te word, sê sy terapeut, is om portier te word, by 'n hospitaal . . . En so begin 'n heel nuwe lewe vir Max - tussen eksentrieke pasiënte en nog meer eksentrieke personeel . . . 'n Splinternuwe roman deur die skrywer van die blitsverkopers Kroes en Die val van die dice.

vetseun
Die Val Van Die Dice / (eBook) . 2007 KWELA/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780795702570
ISBN: 9780795703379

"Dié opvolg van Kroes handel oor 'n bruin meisie, Pattie, wat haar in die apartheidsjare as wit laat herklassifiseer het. Pattie is die teiken van erge emosionele mishandeling deur haar Griekse man en die roman lig die sluier op so 'n donker, tragiese lewe - dat dit die leser sprakeloos laat. En die onderdrukking waaronder bruin en swart tydens die apartheidsjare 'n bestaan moes maak, word amper nog skreiender as in Kroes uitgebeeld. Dit is 'n meevoerende roman, wat Stamatélos vestig as een van dié vertellers in Afrikaans."

vetseun
Kroes / (eBook) ....... 2005 KWELA/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780795702037
ISBN: 9780795703263

"Toe Pattie Peters agt jaar oud is, sterf haar ma. En 'n paar dae later gee haar pa haar weg. Om by haar anties in die Strand te gaan bly. "Dis bieter so," hoor sy hom sê. "'n Kind het 'n ma nodig en sy is nog klein. Kitty en Maggie sal sorre virrie kind, daaroor hoef ek my nie te worrie nie." So begin Pattie se afskeid aan haar pa, en aan die Kaap. Uiteindelik beland sy in die Goudstad - by haar sus Dorie in mevrou Soes se losieshuis. Maar dan ontmoet sy Laki Pappasani, 'n Griek van Sparta, ambagsman van beroep. Net jammer dis die sestigerjare, en sy, Pattie Peters, klerk van beroep, is 'n kleurlingmeisie van die Strand ... Aangrypend eerlik - 'n debuut roman met 'n hart."


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )