


















Nancy Gardiner (Gardiner, Nancy)

Bekostigbare Tuinmaak (Tuinmaak) . 2005 METZ PRESS
ISBN: 9781919992105
Hierdie titel bevat 'n magdom tyd- en kostebesparingsidees om 'n pragtige en funksionele tuin te skep sonder dat dit 'n fortuin kos. Daar is 'n uitgebreide lys waterbesparende plante en waterbesparingswenke, 'n menigte voorstelle vir herwinning, en volledige inligting oor die natuur se eie verdedigingsmeganismes en hoe jy geld kan spaar deur snyblomme in jou tuin te kweek.

Wenke Vir Die Klein Tuin (Tuinmaak/TC) . 2004 METZ PRESS
ISBN: 9781875001934
'n Klein tuin bied sy eie uitdagings, of dit nou 'n lang, smal strook, 'n klam skaduryke binnehof, 'n klein stukkie ground of 'n windverwaaide balkon is. Of jy nou 'n oorvloed blomme wil he, 'n tuin wat min onderhoud verg, 'n speelplek vir kinders of 'n veelsydige ontspanningasarea - noukeurige beplanning is noodsaaklik om die plek wat jy tot jou beskikking het ten beste te benut. Klein tuine is deesdae die reel liewer as die uitsondering en daar is 'n oorvloed plante beskikbaar vir elke denkbare behoefte. Kruistelers en tuinboukundiges het bykans elke groot struik, boom en plant gekutiveer om kleiner, meer kompakte en dwergvariasies van klassieke gunstelinge daar te stel. Hierdie titel vertel jou meer daarvan, asook hoe om 'n pragtuin in jou klein ruimte te skep.

Tuinmaak Maklik Gemaak (Tuinmaak) . 2002 METZ PRESS
- 'n Inspirende En Praktiese Gids
ISBN: 9781875001682
Tuinmaak moet 'n plesier wees, nie 'n las nie. Hierdie boek bevat: van basiese tuinuitleg, klimaat en grond tot die hantering van tuinstrukture, die beste plante vir jou tuin, hoe om watertuine, houerplante en dies meer in die tuin aan te wend; spesiale raad vir mense met kustuine of ander spesifieke omgewingstoestande en hoe om alles in stand te hou met die minimum inspanning en die meeste respek vir die ekologie.
• 'n Goeie basis
• Plante vir jou tuin
• Spesifike oplossings
• Hou jou tuin in stand

Kleur in Jou Tuin Regdeur Die Jaar . 2001 METZ PRESS
- Regdeur die jaar (Tuinmaak) - Nancy Gardiner
ISBN: 9781875001224
Die betowering van kleur is tot almal se beskikking - hoe meer jy dit gebruik, hoe meer sal jy jou tuin geniet. Hierdie boek sal jou help om die belangrikheid van keure, tinte en skakerings te besef en om tussen kleure soos bloupienk en salmpienk, of rooibruin en karmosynrooi, te onderskei. Dit wys jou hoe om kleurskemas sorgvuldig te beplan eerder as om rond en bont te plant; hoe om gebruik te maak van goed geplaaste kleurgroepe wat harmonies saamsmelt, of van doelbewuste kontraste vir 'n dramatiese effek. Kleur in jou tuin is vol praktiese wenke en raad; dit wys jou hoe om kleur ten beste te benut deur jou bewus te maak van die enorme verskeideheid plante wat byeengebring kan word om 'n asembrowende geheelbeeld te skep.
• Die kleurwiel
• ontwerp met keur
• wit
• geel
• oranje
• rooi
• pienk
• pers
• blou
• groen
• grys en silwer
• randakkers
• die skadutuin
• strukture en meubels
• plantlys
skakels :