Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
M.M. Walters (1929-) (Walters, M.M.)
vetseun
Braille-briewe / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194208
ISBN: 9781869195694

M.M. Walters het bekendheid verwerf as satiriese digter. In hierdie bundel lewer hy in die styl van die Romeinse digter Juvenalis skerp kritiek in die vorm van briewe. Benewens die briewe aan "die Groot Onbekende", aan Lucifer en aan die ou gode, is daar ook briewe aan historiese figure soos Arnoldus Pannevis, die Heilige Augustinus en Johannes Calvyn en tipiese figure van ons tyd, soos die emigrante, die nuwe "geleerdes" en die opkomende maghebbers: Die mistastinge van die kerk en kerkleiers in die verlede, goeie bedoelings wat nie gerealiseer het nie, en magshonger in ons tyd word op genadelose wyse blootgele. Tog moet die leser in die kritiek ook die versugtinge na 'n beter wereld raaksien, die wanhoop oor die verval as gevolg van politieke wanbestuur in die brief aan"Bartholomeus, die Seevaarder" en die besef van die onafwendbaarheid van verandering in die brief aan die "Ou Gode": Die suidelike horing van sy land wat ver / uitsteek, omspoel word deur warm strome, / waar berge, vangnet van klam winde, / blink watervalle maak wat perel, / stort in groen valleie diep en vrugbaar, sy land / sou ys word, ongenaakbaar hard en dood.

vetseun
Aki No Kure - Herfsskemering (Digbundel) (eBook) . 2006 PROTEA BOEKHUIS
- 'n Bloemlesing Japannese gedigte
ISBN: 9781869190521
ISBN: 9781869195823

Die digter M.M. Walters ontgin met hierdie bundel die sober eenvoud van die Japannese poesie. Hierdie gedigte verwoord die eeue oue letterkundige tradisie van hierdie beskawing. Die inleiding bied 'n oorsig tot die geskiedenis van die Japannese digkuns en verduidelik die verskillende tydperke waarin die digkuns opgedeel word. Die bloemlesing probeer gedigte uit die hele spektrum aanbied. Die brugtaal was deurgaans noodsaaklikerwys Engels. Vanwee die lang tydperk waarin Japan vir dele van die Weste geslote was, is vertalings in Germaanse tale minder bekend en bekombaar. Die versameling is ook noodwendig onvolledig vanwee die beperkte ruimte. Maar dit bied 'n fassinerende blik op 'n redelik onbekende sfeer van die wereldliteratuur.

vetseun
Satan ter sprake (Digbundel) . 2004 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190514

vetseun
Shih-Ching: Liedereboek (Digbundel) . 2003 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190415

1996 - Sprekende van God (TAFELBERG)

vetseun
Drakenstein, my Drakenstein . 1981 PERSKOR

vetseun
Saturae ......................... 1979 TAFELBERG
ISBN: 9780624013204

M.M. Walters kom alles en almal by met die pen in hierdie kaalvuisbundel satiriese verse - dominees en Deviljees, pedagoge en professore en politici, die Afrikaners met die swart pakke en die bokbaardjies en toeriste op daardie ek-was-ook-oorsee sien-Europa

1968 - (Cabala) Eugène Maraisprys


skakels :









2005 03 10 - 'Vlugskrif' poetry & musiek program, woordfees, Hidden Cellar, Dorpstraat, Stellenbosch: M.M. Walters (Chinees Afrikaans), Johann Kotze (Konsep, Samestelling), Almuir Botha, Riaan Nieuwenhuis (Snare), voorlesing deur Jean Jordaan, Danie Marais, musiek deur Johann - Erns Grundling, Kiwidore Fillis, Charlton-Lee George, Jasper van Zyl, Ronel Scheffer, Ronelda Kamfer, Bacchus Nel, Thérèsa Bartman, Zwai Mosei, Kabous Verwoerd, Trike en Die Naaimasjiene, Hidden Cellar, Stellenbosch - www.towerlig.za.net
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )