Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Marzanne Leroux van der Boon (Leroux van der Boon, Marzanne)
vetseun
Kavod Adonai / (eBook) . 2013 LUX VERBI
ISBN: 9780796316233
ISBN: 9780796316240

Dit is Augustus 2011 in Jerusalem. Marc verlaat die Ou Stad vir sy verpligte jaarlikse reserwediens van een maand in die Negev, terwyl die kinders somerskoolvakansie hou in Bat Yam, naby Tel Aviv by die see. Dis dan wanneer Rikvah die nuus van die skietaanval hoor. Geweld en terreur is steeds deel van die normale gang van lewe in Israel. Tog probeer Marc dit by die seuns tuisbring dat geweld nie 'n oplossing is nie, terwyl hy self worstel om die grusame ervarings van oorlog te verwerk. Dan kontak Gadi Marc en nooi hom uit om hom in Parys te besoek.

vetseun
Lewensblik .................. 2013 LUX VERBI
ISBN: 9780796316066

Hierdie bundel is 'n versameling uit die keur van Marzanne Leroux-Van der Boon se essays wat die afgelope agt jaar in Leef met hart en siel verskyn het. Haar vertellings is kort sketse oor die lewe wat handel oor al die dinge wat ons lewens inkleur, soms met sagte pastelle, en soms met harder hale. Dit vertel van die weerloosheid van die mens, maar ook van hoop en vertroue. Dit beskryf die uitdagings wat die lewe ons bied, maar ook die vertroosting van die Here se liefde en genade wanneer ons dit die nodigste het. Dit teken die afwagting en onsekerheid van reis en verhuis, die kommer en chaos van siekte en dood, maar ook die teenwoordigheid en die voorsiening van die Een wat ons hartseer laat bedaar en ons soms 'n dubbelporsie van sy goedheid gee, sodat ons blymoedig van blydskap kan dans.

vetseun
Skadu's Van Gister (2de Uitgawe) . 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624058816

Klaprose teen die wind is a novel about sexual ambivalence and the terror of Aids. The author's development of the theme is incisive, but not without balance. Moreover, the reader learns about the lifestyle of the Dutch, and becomes enthralled by foreign cultures.
This is a novel that touches both the heart and the mind. Soos honde van die hemel is a daring and inquiring novel about the recent past. In it the searchlight falls on a community in transition and on the individual. A poignant exploration of relationships - between individuals, and between the individual and God.

vetseun
Go'el Yisra'el / (eBook) . 2012 LUX VERBI
- Verlosser van Israel
ISBN: 9780796312624
ISBN: 9780796315595

Dis Januarie 2010 en Marc en Henok is in Pole vir Bevrydingsdag. Rivkah het enkele dae vantevore teruggekeer uit Haïti waar sy as paramedikus deel was van MADA, Israel se Rooikruis, se noodreddingsoperasie ná die aardbewing. Marc kan nie van die gevoel ontslae raak dat daar groot fout is met Rivkah nie - sy het vreemd opgetree toe hy en die seuntjies haar op die lughawe gaan haal het. Wat steek sy weg?
Go'el Yisra'el, Verlosser van Israel, is die vyfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks. Geliefde karakters soos Marc en Rivkah keer terug en lesers sal hulself opnuut verdiep in hul lief en leed.

vetseun
Tiferet Yisra'el .................... 2011 LUX VERBI
ISBN: 9780796311955

This is the fourth title in the popular Israel series. It is 2008 and Israel is under threat, not only from outside but also inside its borders. Marc, Rivkah and their family are unavoidably affected by these events.
Echoes of the Holocaust continue to reverberate in the psyche of the characters, and shadows of South Africa's violent society take its toll on Marc. This ingenious interweaving of fact and fiction provides an engrossing reading experience.

vetseun
Teferet Yisra'el ........... 2010 LUX VERBI
- Die Roem Van ISrael
ISBN: 9780796310736

Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks word weer in hulle geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Aan die drama van onderlinge menseverhoudinge ontbreek dit ook nie wanneer Marc weer opgeroep word, hierdie keer vir militere diens in Gasa, sy ma 'n slagoffer word van Suid-Afrika se eie geweld - die misdaadprobleem, en Marc sy jeugliefde Nicola weer ontmoet. Boonop maak Henok Kabungu 'n verrassende ontdekking wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, en ou Zvi, 'n Holocaust-oorlewende, se skokkende herinneringe aan die Shoah laat die leser algaande besef waarom die Israeli's so verbete vasklou aan hulle
beloofde land.

vetseun
Shomer Yisra'el: Beskermer van Israel . 2008 LUX VERBI
Shomer Yisra'el: Protector of Israel . 2008 LUX VERBI
ISBN: 9780796306364

Dis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit. Marc, Rivkah en hulle babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. As die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar wat hy is, beslis opgeroep sal word. Hulle persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat weer Rivkah swanger is, terwyl sy brand om as paramedikus haar deel tot die land se verdediging by te dra. Iets wat Marc ten sterkste afkeur. Terselfdertyd maak hulle kennis met Henok en Sarah Kambungu, twee Suid-Afrikaners wat hulle op hulle eerste besoek aan Israel midde-in 'n oorlog bevind. Henok dra na byna dertig jaar nog swaar aan sy donker herinnerings van die Kassinga-slagting gedurende die grensoorlog in Namibië. En terwyl die oorlog rondom hom woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan. Hoe gaan hy bekend maak dat Yeshua wel die Joodse Messias is, en wat gaan die gevolge van die belydenis wees?

vetseun
Hatikvah: Land Van Hoop . 2006 LUX VERBI
Hatikvah: Land of hope . 2006 LUX VERBI
ISBN: 9780796305206
ISBN: 9780796305213

Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebôre kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoe na kinders rondom hom. Kort daarna verloor sy die ongebôre baba in 'n miskraam.
Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebôre kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoe na kinders rondom hom. Kort daarna verloor sy die ongebôre baba in 'n miskraam. Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word en in die Land van Hoop saam met Marc hoop vir die toekoms vind?

vetseun
Granate Bloei In Jerusalem . 2003 LUX VERBI
ISBN: 9780796301215

vetseun
Luc en Libertine ......... 1998 TAFELBERG

Luc en Libertine is 'n boeiende verhaal uit die pen van die gewilde Marzanne Leroux. Luc is 'n matriekleerling aan die Waldorf-skool in Kaapstad. Met sy lang hare, oorring en rebelse houding is hy presies die teenoorgestelde van Libertine, die nuwe leerling uit Guguletu. Maar op 'n vreemde manier raak hulle lewens aan mekaar, en kry hulle mekaar lief oor grense heen. - graffitibooks.co.za

vetseun
Soos Honde Van Die Hemel . 1995 TAFELBERG
ISBN: 9780624033981

1992 - Klaprose teen die wind (TAFELBERG)
1987 - Dosyn dae dosyn maande (TAFELBERG)
1986 - Langebaan/Parys-retoer (TAFELBERG)
1985 - Die blywendste seisoen (WATERKANT UITGEWERS)
1984 - Tyd van herkenning (WATERKANT UITGEWERS)
1983 - Aandmis oor Paternoster (TAFELBERG)
1983 - Die wag vir die somer (TAFELBERG)

vetseun
Somernagdroom .. 1981/1997 TAFELBERG

Wanneer 'n mens 17 is, leef jy intens deur liefde, verlange en hartseer... 'n Aangrypende beskrywing van 'n matriekmeisie se stryd om tussen twee kêrels te kies. Elke tienermeisie ken die verwarrende emosies van 'n eerste groot liefde en sal sterk met Gabi en haar onstuimige emosies kan identifiseer. 'n Storie wat tieners weer en weer sal wil lees. - graffitibooks.co.za

1977 - Ver land van vrede (TAFELBERG)
1976 - Lente van die rooi papawers (NG KERK UITGEWERS)
1975 - Kennis van die lig (TAFELBERG)
1974 - Die Weerloses (HUMAN & ROUSSEAU)
1974 - Seisoen op 'n verlate strand (HUMAN & ROUSSEAU)
1973 - Elizabeth se kind (NG KERK UITGEWERS)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )