


















Martie Preller .co.za (Preller, Martie)

Onder Water / (eBook) . 2013
ISBN: 9780799362190
ISBN: 9780799361100
Verandering is goed vir 'n mens.Of so sê almal. Maar vir Christien Visagie voel dit of haar lewe op die dorpie Bitterwater die afgelope tyd té veel verander het. Dis nie net haar lang hare wat sy laat afsny het nie ...
Haar hond, Brutus, is dood. En die vorige jaar was dit haar oupa en ouma en die motorongeluk. By die huis is daar vir seker iets fout. Haar pa en ma tree die afgelope paar weke baie vreemd op, maar hulle weier om te sê wat aangaan.Boonop kan sy nie meer met haar beste vriendin, Emily, oor alles gesels nie, want Emily het skielik net oë vir haar nuwe kêrel.
Change is good for you. At least, that's what everyone says. But Christien is fed up with all the changes taking place in her life. It's not only the fact that she cut her hair ... Her dog, Brutus, died. And last year there was her granny and grandpa and the car accident. At home something is definitely wrong. The past few weeks her mom and dad have been acting very strangely, but they refuse to say what's going on.
And she can't even talk to her best friend about everything, because Emily's too preoccupied with her new boyfriend.

Die land van stories (eBook) . e-BOEKE VIR AFRIKA
- 'n Praktiese Skryfkursus
- Vir almal met 'n liefde vir stories
ISBN: 9780987044570
Martie Preller het geen bekendstelling nodig nie. Wie ken nie vir Loebi, Babalela en al die ander karakters wat haar kinderboeke so gewild maak nie? Hierdie boek is bedoel vir mense wat graag wil skryf en probeer publiseer. Dit is ook bedoel vir mense wat hul lewens, gedagtes, keuses, dade, gevoelens, besluite, ensovoorts, op 'n storiemanier wil verken. Met hierdie boek agter die blad sal jy nou in staat wees om daardie storie te skryf wat jy nog altyd wou vertel.

Loebi in die lugskip (eBook) . KINDERWERF
Illustrasie: Karen Bareuther
ISBN: 9780992178918
'n Wonderlike voorlees storieboek vir kleuters en selfleesboek vir die beginnerleser geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller. Kom reis saam na Drakeland en beleef 'n opwindende avontuur saam met Loebi die drakie. Loebi en Oupa maak 'n wonderlike ontdekking, maar dan is daar weer moeilikheid. Groot moeilikheid...gaan Loebi en Oupa veilig kan terugkom na Drakedorp?

"Martie Preller is een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir Babalela. Die animasiekunstenaars, Andries en Erica Maritz, is verantwoordelik vir die betowerende illustrasies." - LAPA UITGEWERS

Babalela ....................... 2010 LAPA UITGEWERS
Illustrasie: Erica Maritz; Andries Maritz
ISBN: 9780799346657
Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, en dis dan ook waar die Babalela sy naam vandaan kry. Die Babalela is 'n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos. Dan kom 'n man eendag verby, en kom op die ongewone diertjie af. Getrou aan die mens se aard, vang hy die Babalela en neem hom saam sodat die eienaardige verskynseltjie ondersoek kan word. Die verhaal vertel van die Babalela se avontuur en die gelukkige afloop daarvan.

Los Ons Uit! ..................... 2009 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799345063
Los ons uit! is die derde boek in die immer gewilde Babalela-reeks, waarvan daar reeds meer as 40 000 boeke verkoop is!
Diep, diep in 'n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, woon die Babalela en al sy maats.
Op 'n dag kom 'n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het 'n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie...

Jamie En Sebastiaan En Die Storiemol . 2008 LAPA UITGEWERS
met Martie Kruger, illustrasies, Vlan Oelefsen
ISBN: 9780799341348
"In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, 'n baie belangrike opdrag - hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn, en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog.'n Wêreld sonder stories sal 'n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur - met die hulp van 'n slim sprinkaan en 'n pratende hysbak!" - LAPA UITGEWERS
2006 - Balkie en die son se slaapplek (BEST BOOKS)
2006 - Balkie woeste virus (BEST BOOKS)
2006 - Balkie vicious virus (BEST BOOKS)

Balkie en die lugrowers (#6) . 2005 BEST BOOKS
- 'n Lees-, leer- en taalreis saam met Balkie
2005 - Balkie and the sun's resting place (BEST BOOKS)
2005 - Balkie pirates sky (BEST BOOKS)
2004 - Balkie and the Vicious Virus: Reading, Learning and Enjoying Language (BEST BOOKS)

Afrika Vertel ..................... 2004 NASOU/VIA AFRICA
ISBN: 9780625032655
Vier antieke stories van Afrika wat gelaai is met die drama, betowering en lewenswyshede van ons vasteland.

Balkie en die kleurdief ....... 2004 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasies Elizabeth Pulles, storie al vir jare in Rooi Rose

Balkie en die woeste virus: 'n Lees-, leer- en taalreis . 2004 BEST BOOKS
2004 - Afrika Vertel (NASOU/VIA AFRIKA)


Diep, diep in 'n donker bos . 2004 LAPA UITGEWERS
Martie Preller, illustrasies Andries en Erica Maritz, met Wrrrumpie, Knortand, Potifant, Meermoskat, Fripperwakkies en die Babalela
"Diep, diep in 'n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. "Wie woon nog in die diep en donker bos?" wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir 'n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit 'n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie... Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?" - LAPA UITGEWERS

Die hart van Zeebak ... 2004 TAFELBERG


Jamie en Sebastiaan .... 2003 LAPA UITGEWERS (Vrouekeur)
illustrasies Vian Oelofsen
"Jamie en Sebastiaan, Alie en Simonei is BAIE besig in Vrouekeur elke week - sedert April 2000"
"In hierdie storie-omnibus deur geliefde kinderboekskrywer Martie Preller, beleef Jamie en sy beterweterige kat, Sebastiaan, drie asemrowende avonture. Hulle moet 'n smerige ontvoerder aankeer, kragte met met 'n wrede seerower en die geheim van die glibberige woestyntunas ontrafel - alles onder begeleiding van 'n kameel met die naam Dit-klink-beter!
Die boek is gekies vir Exclusive Books se Publisher's Choice-promosie.
Martie Preller en Vian Oelofsen het reeds verskeie pryse vir hul werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje en die Vivian Wilkers Award." - LAPA UITGEWERS
2003 - (Babalela en Lisa het 'n plan) Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur
2003 - Story Street: (Gr 1: Learner's Book) (NASOU/VIA AFRICA)
2003 - Skilpad sonder 'n dop (NASOU/VIA AFRIKA)

Ek Is Simon ................. 2003 TAFELBERG
I Am Simon .................. 2003 TAFELBERG
illustrasies, Vian Oelofsen

Eendag was daar 'n Storie . 2003 TAFELBERG
- 'n Praktiese storiemaakkursus
met pensketse deur Vian Oelofsen ...'n samevatting van "skryf", volledige Internetskryfkursus, opgedateer... die kursusse was "00 en "04, volledige informasie by website onder
2002 - A tortoise without a shell (NASOU/VIA AFRICA)
2002 - Skilpad sonder 'n dop (NASOU/VIA AFRICA)
2002 - The lonely dragon (NASOU/VIA AFRICA)
2002 - Die eensame draak (NASOU/VIA AFRICA)
2002 - My cupboard's haunted (NASOU/VIA AFRICA)
2002 - Daar's 'n spook in my kas (NASOU/VIA AFRICA)
2002 - Babalela Sepedi vertaling (LAPA UITGEWERS)

Lisa het 'n Plan (Volkleurprenteboek). 2001/2002 LAPA UITGEWERS
illustrasies, Karin Lilje
ISBN: 9780799329148
2001 - In die tyd van die Esob - 'n Gids



Babalela (Martie Preller) . 2000 LAPA UITGEWERS
prenteboek, illustrasies Andries en Erica Maritz, dit beteken "Kleintjie" in Sesotho
"Nog nie van Babalela gehoor nie? Hierdie pers karaktertjie het sedert sy verskyning sommer diep in kinders (en grootmense!) se harte ingekruip. Ma's en pa's kla steen en been omdat die storie oor en oor vir die kinders voorgelees moet word en boekwinkels kan skaars voorbly om in die oorweldigende aanvraag na die boek te voorsien. Die boek het binne ses maande uitverkoop, maar is gelukkig pas weer herdruk. 'n Moet vir elke gesin se boekrak!" - LAPA UITGEWERS

Die Balkieboek ................ 2000 HUMAN & ROUSSEAU
die boek wat samevattend is van die maandelikse kinder storie in Rooi Rose, illustrasies Elizabeth Pulles

Maar my magtig, Moesoek! . 1998 TAFELBERG
Maar my magtig, Moesoek! is 'n uiters boeiende verhaal oor vriendskap, uit die pen van die gewilde Martie Preller.
Vandat Moesoek in Aron se lewe gekom het, is niks ooit weer dieselfde nie. Moesoek is buierig en in homself gekeer. Sy koppige stiltes is vir Aron onverstaanbaar, maar hy begin geleidelik agterkom dat Moesoek 'n geheim wegsteek van wat vier jaar gelede in die Ahmed-gesin gebeur het. - graffitibooks.co.za
1998 - Tersia Thom 4: Bloed is die kleur van ivoor (TAFELBERG)

Droomvangers ........... 1997 HUMAN & ROUSSEAU
1997 - Op die spoor van die Lesea-vanger (Kies-jou-eie-avontuur) (JUTA)
1996 - (Daar's 'n spook in my kas) ATKV-kinderboektoekenning
1996 - In Die Tyd Van Die Esob (TAFELBERG)
1996 - My Naam Is Alexander En Wat Daarvan? (KAGISO)
1996 - Tersia Thom 3: Skerwe in drome (TAFELBERG)
1996 - Tersia Thom 2: Die Donkerhoek-driehoek (TAFELBERG)
1996 - Tersia Thom 1: Vriend of vyand (TAFELBERG)
1995 - 'n Haas Moet Doen Wat 'n Haas Moet Doen (HUMAN & ROUSSEAU)

Anderkantland ...... 1994/1996 TAFELBERG
1994 - Van die banke op die planke (dramabundel) (KAGISO)
1994 - Nicola B: Streng Privaat (TAFELBERG)
1994 - Daar's 'n spook in my kas (HUMAN & ROUSSEAU)


Jy en Toetenkat (Kies-jou-eie-avontuur) . 1994 LAPA UITGEWERS
"Die held van hierdie storie is ... JY! Ja, jy het reg gelees - JY!
Jy beland onverwags in antieke Egipte. Voor jy jou oë kan uitvee, het jy te doen met grillerige mummies, reuse piramides en 'n pratende kat. Wie is die verwaande Toetenkat? Kan jy die hiërogliewe ontsyfer en die stokou raaisels oplos? Sal jy Egipte van ondergang kan red?
Wat gaan gebeur? Besluit self..." - LAPA UITGEWERS


Jy en Hercules (Kies-jou-eie-avontuur) . 1993 JL VAN SCHAIK/LAPA UITGEWERS
"Die held van hierdie Storie is JY! Ja jy het reg gelees - JY!
Jy beland onverwags in antieke Griekeland, meer as 3000 jaar gelede. Wie is die reusagtige Hercules? Sal hy jou saamneem op sy opwindende avonture? En kan jy hom help om sy moeilike en vreemde take te voltooi?
Wat gaan gebeur? Besluit self..." - LAPA UITGEWERS
1992 - Jy en die draakakkedis (Kies-jou-eie-avontuur) (JL VAN SCHAIK)


Jy en die Dinosaurus (Kies-jou-eie-avontuur) . 1992 LAPA UITGEWERS
"Die held van hierdie storie is ... JY! Ja, jy het reg gelees - JY!
Jy beland onverwags in 'n vreemde oerwêreld vol primitiewe mense en dinosourusse. Wat gaan die oermense doen as hulle jou in die hande kry? Sal jy ooit weer na jou huis kan terugkeer? En kan jy ontsnap van die bloeddorstige tirannosourus wat op jou spoor is?
Wat gaan gebeur? Besluit self..."


Babalela poppie .............
skakels : martiepreller.co.za : TAFELBERG (Martie Preller) : childlit.org.za (Alba Bouwer Prys) : childlit.org.za/babalela : BALKIEEEEEEEEEE : : storiewerf.co.za (Balkie se Blad) : rooirose.co.za
