Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Marthie Momberg (Momberg, Marthie)
vetseun
Kleure van liefde (Outobiografie) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
- In lewe en sterwe en daarna
ISBN: 9781869191719

Toe leukemie in hul twintigste huweliksjaar by Marthie se man Derik gediagnoseer word, word die Mombergs se lewe onherroeplik verander. Die "vonnis" kom totaal onverwags en die prognose lyk donker.
Waar Derik voorheen vir geen uitdaging nee gesê het nie (die Twee Oseane en die Comrades gehardloop het, entoesiasties was om sy vlieglisensie te bekom en die paartjie op die kruin gestaan het van 'n skynbaar sorgelose en geleentheidbelaaide bestaan, moet hulle nou die realiteit van hospitale, chemoterapie, en later die onafwendbaarheid van Derik se dood, leer verwerk - en ervaar hulle onder die moeilikste van omstandighede dat die kleure van liefde nie net die sonskyngeel en pastelpienk van die lewe se ligkant insluit nie - maar ook die swart van vrees, die grys van onsekerheid en die rooi van pyn help inkleur.
In Kleure van liefde word met nugterheid en humor, maar ook op filosofiese en vraende trant, besin oor die lewe voor, tydens en ná 'n geliefde se dood. Deur werklike dagboekinskrywings en e-posse die skrywer en haar man by die vertelling in te sluit, word die leser betrek by 'n baie persoonlike ontdekkingstog: dié na aanvaarding, berusting - en hoop. - graffitibooks.co.za

vetseun
Nou is altyd hier (Outobiografie) . 2004 TAFELBERG
ISBN: 9780624042013

Nou is altyd hier, die selfonthullende verhaal van die skrywer se soeke na self en sin, sal lesers ook inspireer tot eerlike selfondersoek en persoonlike groei.


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )