Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Marlise Joubert (Joubert, Marlise)
vetseun
Splintervlerk / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194727
ISBN: 9781869197162

Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde.

vetseun
Versindaba 2008 (Digbundel) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
saamgestel
ISBN: 9781869192679

Die bundel Versindaba 2008 verskyn by geleentheid van Versindaba 2008 (5-7 September 2008) in Stellenbosch en bestaan uit 'n keuse van gedigte van die digters wat aan hierdie geleentheid deelneem.
Versindaba, wat vanjaar vir die vierde keer aangebied word, is 'n feestelike geleentheid en die bloemlesing wat daarmee saam verskyn, bied graag iets van die plesier van die Afrikaanse poësie.
Vanjaar val die soeklig op digters wat ook beeldende kunstenaars is. Onder hulle is Andries Bezuidenhout, Trienke Laurie, Ilse van Staden, Rosa Smit en Carina Stander. Ander bydraers is digters van wie daar onlangs 'n bundel verskyn het, of van wie binnekort 'n bundel gaan verskyn, soos Hennie Aucamp, Bonaventure Hinwoord, Daniel Hugo en Lucas Malan, onder die opkomende digters is Ronelda S. Kamfer, Loftus Marais en Melt Myburgh. - graffitibooks.co.za

vetseun
Versindaba 2007 (Digbundel) . 2007
saamgestel

Die bundel Versindaba 2007 verskyn by geleentheid van Versindaba 2007 (6-8 September 2007) in Stellenbosch en bestaan uit 'n keuse van gedigte van die digters wat aan hierdie geleentheid deelneem.Versindaba, wat vanjaar vir die derde keer aangebied word, is 'n feestelike geleentheid en die bloemlesing wat daarmee saam verskyn, bied graag iets van die plesier van die Afrikaanse poësie.
Gehalte het 'n oorheersende rol gespeel in die keuse van bydraes, maar daar is terselfdertyd gepoog om 'n verskeidenheid temas en style aan te bied. Die meeste bydraers is digters van wie daar onlangs 'n bundel verskyn het, of binnekort 'n bundel gaan verskyn, maar soos in 2006 is ander bekende en belowende Afrikaanse digters ook genooi.Die bloemlesing is saamgestel uit enkele verse van gevestigde digters soos onder andere T.T. Cloete, Hans du Plessis, Jeanne Goosen, Cas Vos, Dolf van Niekerk, Louis Esterhuizen, Marlise Joubert en George Weideman. Onder die opkomende digters is Willem Fransman, Charlton Lee George en Bernard Odendaal. Dis 'n uitsonderlike publikasie wat ook as 'n gedenkbundel dien, bo en behalwe dat dit 'n waardevolle toevoeging tot jou boekrak sal wees omdat dit spesiaal gepubliseer vir hierdie geleentheid wat in die HB Thom teater op Stellenbosch plaasgevind het. Daar is 'n voorwoord in deur die uitgewer, Nicol Stassen, en 'n inleiding deur Marlise Joubert. Merkwaardig is dat daar reeds meer as 70 Afrikaanse digters deur middel van hierdie bloemlesings en poësiefees blootstelling gekry het! En dit het uitmuntend daarin geslaag het om die huidige stand van ons poësie te reflekteer. Indien u dus 'n volledige stel van dié besonderse publikasie wil opbou en al drie bloemlesings wil aanskaf, kan dit teen 'n groot afslagprys bekom word by alle Protea boekwinkels. Spring in voordat hierdie beperkte oplaag verdwyn!

vetseun
Passies en passasies (Digbundel) . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191665

Hierdie stewige en komplekse bundel van Marlise Joubert is verdeel in vier afdelings en handel in hooofsaak oor verskillende aspekte van die vrou. Dit bevat onder meer gedigte oor die lot van vroue, bekendes soos Frida Kahlo sowel as naamloses, gewone vroue wat brood breek, kinders voed, hulle mans na "bebloede paaie" stuur.
Deur haar identifikasie met die lyding en miskenning van die vroue teken sy protes aan teen die posisie van vroue wêreldwyd, maar voel terselfdertyd bedreig deur die aansprake wat hulle op haar maak. Sy skryf ook oor die verhouding tussen mans en vroue, talle jeugliefdes word opgeroep en die lewe saam met die geliefde besing, maar daar is ook droefheid oor die verbygaan van die tyd. Een afdeling handel grootliks oor die verlange na 'n kind in die buiteland, maar besin ook oor die stilte en verinnerliking van die wintertyd. Die laaste afdeling bevat inkantasies waarin 'n oerwêreld opgeroep word, vrese en bedreiginge besweer word, waarskuwingspreuke en prysliedere vir perde, die reën en 'n bruidegom. Merkwaardig van hierdie bundel is die omdigtings en verwerkings wat aansluit by die primitiewe en die minder bekende wêreld van die inheemse volke van die Amerikas, Asië, Afrika en Oseanië in die Afrikaanse poëtiese korpus intrek.

vetseun
Versindaba 2006 (Digbundel) . 2006 PROTEA BOEKHUIS
saamgestel
ISBN: 9781869191375

vetseunKOOP/BUY
Ateljee van glas ............ 2004 PROTEA BOEKHUIS/SUN E-SHOP

'"In die nag was die rotse toe onder water en ek het gedink dat iets verskrikliks hier gebeur het. ... Ek het mense in die verte en bokant die water se gedruis hoor roep." Camille word op die rotse by die see beseer en verloor haar geheue. Terwyl haar mense aanvaar dat sy verdrink het, vind 'n beeldhouer haar en neem haar na sy huis toe. Benewens die liefdesverhouding wat tussen hulle ontstaan, gebruik hy haar as model. Camille se vroegste geheue is egter nie verlore nie en dit is waar sy met haar moeisame soektog na identiteit begin. "Kyk na my," sê sy vir die beeldhouer, "vandag is ek tog heel. Wanneer ek jou sien, word my hart wit soos die melk van koeie as hulle soggens gemelk word. Ek het jou lief. En daarom moet jy uit die blok marmer een groot kraal maak." Ateljee van glas is Marlise Joubert se derde roman en haar mees poëtiese prosawerk tot op datum. In wese handel hierdie roman oor die verwantskap tussen geheue en identiteit, en hoe uitgelewer ons staan teenoor eksploitasie wanneer ons sin vir identiteit ondermyn word. Afgesien van Camille / Milla se soeke na identiteit binne haar verhouding met die beeldhouer, Ruben, is dit ook haar speurtog om Mignon, die dogter met wie sy kontak verloor het, op te spoor wat die leser aangryp.

Vele teenpole word deur Marlise Joubert in hierdie roman aangedurf: die van kunstenaar teenoor model, moeder teenoor dogter, geheue teenoor werklikheid, fantasie teenoor realiteit, Afrika teenoor Europa en ten slotte, ook poësie teenoor prosa. Dit is juis die liriese taalgebruik met die sterk visuele ingesteldheid wat die leser sal bybly nog lank nadat die roman klaar gelees is. Met skerp waarnemings, introspeksie en teoretiese beskouinge rondom kunstenaarskap, lewer Marlise Joubert 'n beduidende verruiming tot haar oeuvre.' - SUN E-SHOP

2003 - Die nag kom in RSG/Sanlam prys (3) Gevestigde skrywers (Radiodrama)
2002 - Die vierde wedren RSG/Sanlam prys (2) Gevestigde skrywers 35 min (Radiodrama)
2001 - Nosferatu, die doodlose RSG/Sanlam prys (1) Beginnerskrywers 40 min (Radiodrama)

vetseun
Lyfsange (Digbundel) . 2000/2001 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825304 (2001, PROTEA BOEKHUIS)

1996 - Oranje Meraai (Roman) (TAFELBERG)
1990 - Verhale uit die skatkis van Shakespeare (vertaal, Charles en Mary Lamb), illustrasies Friedel Eloff (DAAN RETIEF UITGEWERS)
1989 - vertaal, Hongerspieël
1988 - vertaal, Die reënvoëls
1988 - vertaal, Afrika-stories
1987 - vertaal, My eerste woordeboek, 'n1000 woorde
1986 - Ontruiming (Digbundel) (HAUM)
1976 - So ver en verder (Digbundel) (PERSKOR)
1973/1978 - Klipkus (Roman) (TAFELBERG), 1981 NED "Rode granaat", Vertaling: Ena Jansen (ANTHOS)
1973 - Domus (Digbundel) (TAFELBERG)
1971 - 'n Boot in die woestyn (Digbundel) (PERSKOR)


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )