Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Marita van der Vyver (Van der Vyver, Marita)
vetseun
Die Blou Van Onthou / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624055181
ISBN: 9780624055204

In die skemer van haar lewe kry Colette Cronje 'n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het.
Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook die van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek.
Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en moet onthou.
Saudade, leer Colette in Portugal, is die liefde wat bly nadat die voorwerp van die liefde verdwyn het. Die blou van onthou is 'n wydstromende rivier van 'n roman, 'n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.

vetseun
Die Mooiste Sprokies Van Grimm . 2010 HUMAN & ROUSSEAU
Illustrasie: Piet Grobler
ISBN: 9780798151504

Veelsydige skrywer, Marita van der Vyver, maak hierin 'n keur van haar mooiste Grimm sprokies - self uit Duits vertaal. Bekende sprokies is Rooikappie, Die wolf en sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, die Paddaprins, Hansie en Grietjie, Raponsie, Sneeuwitjie, en vele bekende en minder bekende sprokies. Daar is 40 sprokies in die bundel opgeneem. Uitsonderlike illustrasies deur internasionaal-bekroonde kunstenaar, Piet Grobler, vul die teks uitstekend aan.

vetseun
Somerkos In Provence .... 2010 TAFELBERG
ISBN: 9780624047223

Marita deel in hierdie titel vir die eerse keer die resepte wat haar gesin en haar baie vriende kuier-kuier onder die plataanboom in hul tuin geniet. Dis lentekos, somerkos, Mediterreense en Provensaalse kos wat net so lekker sal smaak onder 'n jakaranda of kiepersol. Somerkos in Provence is 'n heerlike reis-, eet- en leesboek, met stories, vertel soos net Marita kan, resepte en foto's . Dis 'n mengsel van verbeelding en gesonde verstand, lekkerbekkigheid en praktiese oorwegings, en sal die minder en meer ervare kok begeester en besiel.

vetseun
Dis koue kos, skat (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624058229

Dis koue kos, skat is 'n vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit skitter én ontplof, skok én verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan.
Clara Brand skreeu om wraak. Haar man het haar en hul drie kinders vir een van haar vriendinne gelos. En boonop vir iemand wat nie eens 'n eier kan kook nie! Clara stort haar woede, haar wraakgevoelens, haar behoefte aan begrip en ondersteuning uit in briewe. Sy skryf aan haar ontroue man, aan haar suster en aan vriendinne. So ontstaan 'n aangrypende dog ook humoristiese beeld van 'n groeiproses, van die aanvanklike woede tot by aanvaarding, van die koestering van wraak tot die uiteindelike gewaarwording dat sy van haar eks-man verlos is. In korrespondensie wat oor 'n dekade geskryf is, ontvou die verhaal van 'n vrou wat dit regkry om met haar lewe aan te gaan, terwyl daar 'n wond in die siel is wat net besweer kan word deur tyd en die insig wat jy in jouself kry. Dis koue kos, skat is 'n vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit skitter én ontplof, skok én verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan.

vetseun
Franse briewe: pos uit Provence . 2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624046677

Dis somer in Provence - en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het.
Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help!
Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provençaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar "interessante", aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vlieë in die salf soos skoolgaan in Frankryk.
Haar boek met kort sketse gaan eintlik oor die vrese en vreugdes van bestaan: oor Franse mans se waardering vir ouer vroue en vroue se vrees vir muise. Oor 'n Afrikaanse vriendin in Frankryk en skuldgevoelens oor die skade aan die omgewing. En oor hoe sy in te midde van tipies Europese Kersvieringe meteens oorweldig word deur 'n verskriklike verlange na die sweterige"kamma-Kersfeeste" van haar kinderdae. - graffitibooks.co.za

2008 - Entertaining angels (TAFELBERG)
2008 - Chihldish Things (TAFELBERG)

vetseun
The hidden life of Hanna Why . 2007 TAFELBERG

Hanna is fourteen (nearly fifteen). Her mum, a seriously off-beat artist who uses paint brushes as hair accessories, has just remarried.

2007 - There is a season (DOUBLE STOREY)
2006 - Where the heart is: A writer in provence (DOUBLE STOREY)
2006 - Die volledige sprokies van Grimm, vertaal

vetseun
Stiltetyd ......................... 2006 TAFELBERG

Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. 'n Dump, verwyt sy André, haar argitekman. Dit was sý idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence.
Die droom het in 'n nagmerrie ontaard toe haar jongste kind enkele weke voor hulle vertrek na Frankryk sterf.
In die vreemde sukkel elkeen met sy eie swaarkry: Emile - hulle dertienjarige seun - smelt weg in die dik klipmure van die huis om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. André stort al sy energie in die restourasieprojek en verdwyn tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype.En Hester? Sy word ál stiller en meer afwesig, voer denkbeeldige gesprekke met 'n onwettige immigrant uit die Demokratiese Republiek van die Kongo, en vind op 'n vreemde wyse aanklank by 'n weeskind uit Rwanda - onvoldoende plaasvervangers vir die dogter wat sy verloor het. Deur hulle ontdek sy opnuut haar liefde vir Afrika.
Stiltetyd is die meesleurende verhaal van 'n vrou se stryd teen ongeneeslike smart, van haar soeke na haarself, en van die skugter, moedige treë - terug - na die hart van haar man. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Wegkomkans ..............2006 TAFELBERG
ISBN: 9780624044611

Tien vriende wat oor 'n tydperk van tien jaar byeenkom - en onder andere emigrasie, spermtellings, oudword en seksuele frustrasie bespreek - is die spil van hierdie roman. Wegkomkans bied prikkelende insigte in mense se versugtings en ontnugteringe; in die verraderlikheid van die hart.
Wegkomkans is 'n roman oor die verhouding tussen tien vriende oor 'n tydperk van tien jaar, wat strek van die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding. Soos in 'n stadige dans beweeg hulle om mekaar, nader en verder, en weer nader, en deel in mekaar se ekstase en smart, vrese en fantasiee. Hulle ontmoet mekaar tydens "wegkomkanse" by die see, gewoonlik in 'n strandhuis, en praat oor politieke geweld en emigrasie, seksuele frustrasies, spermtellings en plooie. Soms met spot en selfspot, soms hartstogtelik. Die huwelik loop vir byna almal in die groep op 'n fiasko uit, nuwe verleidings en verhoudings volg, en die vreugde en risiko van ouerskap word 'n nuwe gesprekstema. Tegelyk begin die jeugdige glans verdof, en pynlike werklikhede keer die blik na binne. Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat 'n skans teen verlies vorm. Wegkomkans bied prikkelende insigte in mense se versugtinge en ontnugteringe; in die verraderlikheid van die hart.

vetseun
Time Out ...................... 2006 TAFELBERG

vetseun
Bestemmings (Kortverhale) / (eBook) . 2005 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624043270
ISBN: 9780624058243

Bestemmings bekoor met sprankelende, sexy stories. Ontmoet dié minsame karakters en swerf saam op hulle avontuurlike reise.Die smulpaapvakansie van 'n leeftyd verander in 'n nagmerrie toe Louise Tredoux snap dat sy nou waaragtig aan die verkeerde kant van veertig beland het. Want vir dié reis sou sy tog 'n mansvriend verkies. Nie noodwendig 'n bedmaat nie, sy sou tevrede wees met bloot 'n tafelmaat. Maar op vyf en veertig lê sy stoksielalleen in 'n hotelkamer in Avignon wat soos 'n foto in 'n glanstydskrif lyk. Sy stry teen 'n verterende verlatenheid terwyl sy soos 'n rolprentster op beroemde promenades wandel. Haar trane steek sy weg agter 'n byderwetse sonbril.Elke mens het 'n droomlandskap. Marlene s'n was nog altyd die hoë Toskaanse lug, blouer en wyer as haar man se oë wat haar nie meer kan troos nie. Hulle bestemming is 'n kothuis in Siëna waarheen hulle vir 'n broodnodige gesinsvakansie vlug wanneer hul uitgekalwerde verhouding ernstige tekens van verval begin toon . . . Op haar sterfbed hunker Kathleen terug na haar jeug, na drie nagte van sensuele oorgawe vóórdat sy geskrik en voet in die wind geslaan het - terug na die veiligheid, verveligheid en voorspelbaarheid van haar huwelik met 'n man van min woorde.As Michelle se bagasie nie op pad na Frankryk weggeraak het nie, sou haar romantiese vakansie in Parys dalk anders verloop het. Nee, dink sy terwyl sy Johan se oë oor haar rug, haar boude en bene voel streel. Gretig versnel sy haar pas om onder sy waarderende blik uit te kom. Sy kan nie haar bagasie blameer nie. Dis net een van daai dinge.

vetseun
Mia se Ma ............................... 2005 HUMAN & ROUSSEAU
Mia's Mom ............................. 2005 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasie, Piet Grobler

Dis Mia se verjaardag, maar hoekom is al haar maatjies bang vir haar ma? Is sy 'n heks, of 'n towenaar, of 'n goeie fee, en kan sy met diere praat en in die lug vlieg? Nou hoekom sal Mia se maatjies al die goed van haar ma dink? Wat het Mia vir hulle gesê? Wel, Mia was moeg daarvan om te hoor hoe wonderlik haar maatjies se ma's is - toe bedink sy 'n goeie plan om hulle te troef.

vetseun
Short Circuits .............. 2005 TAFELBERG

This collection of short stories has travel as the central theme. Most of the stories involve a woman travelling to an exotic destination.

vetseun
Boomklim ....................... 2004 KAGISO
- Reader / Storybook (Grade 6)
ISBN: 9780798665841

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

2004 - Die simpel dinge wat 'n mens mis: Reader / Storybook (Grade 6) (KAGISO)

vetseun
Die hart van ons huis . 2004 TAFELBERG
ISBN: 9780624049333

30 08 04, Exclusive Books, Tygervallei, Bellville BOEK LAUNCH Marita van der Vyver se nuwe een Die Hart van Ons Huis, in die middel van die universe... met x

Die hart van ons huis, waarin skrywer vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag - en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken - en tog bly dit so glamorous!

vetseun
Vergenoeg .................. 2003 TAFELBERG
ISBN: 9780624041269

Hierdie verhaal speel af op 'n fiktiewe dorp: Vergenoeg. Dit kan dalk "verweg genoeg" beteken, of miskiek ook "tevrede genoeg". Maar dit maak nie te veel saak nie. Want dit gaan oor dogters, susters en moeders - 'n titel wat uitnemend gerig is op vroue. Bella is die jonger, 'sondige' dogter. Sy is 'n chanteuse in Parys. Sy het 'n groot naam in Suid-Afrika. In Parys, egter, is sy net maar nog 'n "performer". Haar ouer, verantwoordelike suster, is San. San is die een wat die huishouding en die gemeenskap aan die gang hou - die goeie een. Hul moeder sterf aan kander. Nou gaan die twee susters die moeder, op haar versoek, tot die einde versorg in die ou huis op die dorpie Vergenoeg. Op 'n vars manier word die keersy van die twee vroue se uiterlike blootgele: die eksotiese Bella lei eintlik 'n armoedige lewe in Parys as sangeres in 'n nagklub, terwyl de perfek-versorgde en beheersde San 'n drankprobleem het. Dit is veral die onvermydelike konfrontasie tussen die twee susters dat hierdie ontluistering 'n belangrike rol speel om hulle met mekaar, en ook met die dood van hulle ma te versoen. Deur hulle konfrontasie met siekte en dood word hulle in direkte kontak gebring met hulleself en mekaar sodat hulle gestroop word van alle illusies. Dit is dan veral 'n roman oor die lyflike ervaring (ook van siekte en dood). Daar is aangrypende tonele waarin die bruin vrou Dollie Plaatjies vir die siek Adele sleep-dra na die badkamer, of San wat die liggaam van haar gestorwe ma omarm soos wat sy dit in haar lewe nie kon doen nie. Tog verstaan Marita van der Vyver hoe om met 'n ligte hand selfs die swaarste dinge aan te raak. die sekstonele met Karel Kat - 'n vroeere skoolkys wat Bella weer in die dorp raakloop - het steeds die lyf as fokus, maar verlig die intensiteit.

vetseun
Die Ongelooflike Avonture Van Hanna Hoekom . 2002 TAFELBERG

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met 'n akteur met twee seuns gaan staan en trou, en nou is Hanna en haar halfboetie Tibo se reeds gekompliseerde gesinslewe nog tien maal meer gekompliseer. En asof dit nie genoeg is nie, kry haar ma nog die simpel idee dat hierdie hele groot, gelukkige gesin saam op wittebrood moet gaan - om mekaar beter te leer ken. Voeg by al die komplikasies hierbo 'n ou huis met 'n lekkende dak op 'n verlate berg, en al die bestanddele vir 'n eersteklas ramp is daar.

vetseunvetseun
Griet kom weer ........... 2001 TAFELBERG vetseun

"Tien jaar na die sensasionele Griet skryf 'n sprokie word die storie hervat: Griet is nou veertig, maar nog net so warmbloedig soos voorheen, en steeds ongeneeslik romanties. Hierdie roman het ook in Duitse vertaling verskyn onder die titel Ich wart auf dich in Afrika." - suid-afrika.de

vetseun
Tien Vir 'n Vriend ....... 2000 TAFELBERG

Om 'n seevakansie by 'n eksentrieke, buierige ou alleen-man deur te bring, is geen opwindende vooruitsig vir 'n meisiekind soos Anita nie. Selfs al reken Rudi, haar jonger broer, die saak het meriete. Maar toe hulle op die lughawe afgehaal word deur 'n ...

vetseun
Die Dinge Van 'n Kind . 2000 TAFELBERG
ISBN: 9780624039112

Van die gewilde skrywer van Griet skryf 'n sprokie kom 'n grootwordstorie uit die 1970's waarin elke nuwe lewensles die onskuld verdryf.
Vir Mart en haar vriendin Dalena is dit 'n tyd van seksuele ontdekking, huil oor ouens wat aan die grens sterf, en kennis maak met dwelms en aborsie. - graffitibooks.co.za

1999 - Wegkomkans (TAFELBERG)

vetseun
Olinosters op die dak ........ 1997 HUMAN & ROUSSEAU
Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur, illustrasies, Piet Grobler
(Rhinocephants on the Roof)

vetseun
Griet skryf 'n sprokie . 1996/2003 TAFELBERG

Die hoofkarakter in Griet skryf 'n sprokie is 'n heteroseksuele vrou wat haarself binne 'n bepaalde kulturele omgewing (Westers, tradisioneelpatriargaal, onverdraagsaam teenoor anderskleuriges) bevind.
In Griet skryf 'n sprokie beleef die hoofkarakter Griet Swart 'n morsige egskeiding na 'n huwelik van sewe jaar, waarin sy vier kinders aan die dood afstaan. Waar sy haar man George eers geinspireer het, het sy hom nou as't ware impotent gemaak.
Griet se metode van ontvlugting is deur middel van sprokies - haar beroep, as stories wat sy opteken en dan, op aanbeveling van haar sielkundige Rhonda, haar eie storie wat sy begin skryf.
Griet skryf 'n sprokie deur Marita van der Vyver is onteenseglik een van die bekendste én mees opspraakwekkende boeke in Afrikaans! Met sy skerpsinnige puntigheid, humor en gloeiende sensualiteit is dit 'n boek wat met sy verskyning in 1992 die erotiek in Afrikaans óópgeskryf het. Dis bekroon met die M-NET Boekprys, die ATKV-prys vir gewilde prosa en die Eugène Marais-prys, en is al in Nederlands en Engels vertaal. - graffitibooks.co.za

1994 - Die dinge van 'n kind (TAFELBERG)
1993 - (Griet skryf 'n sprokie) Eugène Maraisprys
1992 - Griet skryf 'n sprokie

vetseun
Eenkantkind ........... 1991/1997 TAFELBERG

Eenkantkind is 'n sensitiewe grootwordstorie en een van Marita van der Vyver, bekende skrywer van Griet skryf 'n sprokie, se heel eerste boeke. Vir Jana voel alles net verkeerd - haar gesig, haar neus, haar nuwe lang, maer meisielyf. Boonop het haar ma ...


skakels :









2016 04 08-10 - A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam: Films: Dis Ek, Anna, Sink, 'n Man Soos My Pa, Faan Se Trein, Ballade Vir 'n Enkeling, Abraham - ATKV - Fopspeen Filmverse, A.K.A Awards: Beste film - Sink, Beste dokumenter - Between The Devil And The Deep, TV-produksies: 'n Ander Wêreld met Coenie, Ruk En Riel, 'n Song Vir Emily, Afrikaaps, Literatuur: Antjie Krog, Ingrid Winterbach, Bettina Wyngaard, Ena Jansen, Emma Huismans, Marita van der Vyver, Fanie Olivier, Nicol Stassen, Joost Nijsen (Podium Uitgevers), Tom Lanoye, Christine Otten, Charles den Tex, Anneloes Timmerije, Poetry Circle Nowhere; vertalers, Robert Dorsman, Karina van Santen, Martine Vosmaer, Rob van der Veer, Titia Palthe, Ingrid Glorie, ook Michael le Cordeur, Tertius Kapp, Anne-Marie Beukes, Joris Cornelissen, Jaap Goedegebuure, Eep Francken, Harry Wels, Bart Bouwman, Bart Luirink, Pieter Muysken, André P. Brink-herdenking, Poetry Circle International, Compagnietheater, Amsterdam
vetseun
2016 04 08-10 - A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam: "Die Kaap Kom Amsterdam Toe" A.O Jack Parow, De Likt, Leslie Javan, Theatergroep Flint, Trippie, Abraham, Dis Ek, Anna, Antjie Krog, Trantaal Broers, Poetry Circle Nowhere, Afrikaaps, Tribal Echo, Francois van Coke, Majozi, Laurinda Hofmeyr, Die Heuwels Fantasties, Emo Adams, Kaap-Maleis Koor, HemelBesem, YOMA, Tom Lanoye, Marita van der Vyver, Ingrid Winterbach, Ronelda Kamfer, Christine Otten, Deon Maas, Bettina Wyngaard, Charles den Tex, Tertius Kapp, Sandile Magbu, Bart Luirink, Ena Jansen, Sonneblom, Stille Water, 'n Song Vir Emily, Faan Se Trein, Sink, 'n Man Soos My Pa, Ballade Vir 'n Enkeling, Compagnietheater, Zuid-Africahuis, Melkweg, Rialto - www.aka.festivalvoorhetafrikaans.nl
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )