


















Mari Grobler (Grobler, Mari)

Meermindans / (eBook) . 2013 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799359183
ISBN: 9780799359541
Anja se groot toets as ballerina lê voor. Sy dans die hoofrol in The Little Mermaid en talentsoekers uit Londen sal ook haar vertoning beoordeel. Juis op hierdie belangrike stadium van haar loopbaan vlam daar iets veel meer as vriendskap op tussen haar en die eertydse konsertpianis wat hulle begelei. Sy vind dit moeilik om op haar dansbewegings as die mitiese meermin te konsentreer terwyl sy so intens bewus is van hierdie man van vlees en bloed, sy krullerige kuif, sy mosgroen oë en sy sensitiewe hande.Maar sy het nie rekening gehou met 'n jaloerse ballerina in die dansgeselskap nie. En die man van haar hart het nog êrens 'n eksverloofde ...

Thandiwe Besluit ............. 2010 TAFELBERG
ISBN: 9780624046080
Thandiwe se kat het 10 kleintjies. Sy mag een hou maar moet die res weggee. Die leser kyk saam met Thandiwe na elke katjie om te besluit watter een die beste pas by haar ouma en oupa, haar vriend Siyolo, haar onderwyser, die buurman met die groot tuin, ensovoorts. Lesers leer meer oor kleure en tel van 1 tot 10.

Thandiwe's Choice .......... 2010 TAFELBERG
Illustrasie: Elizabeth Pulles
ISBN: 9780624046073
Thandiwe's cat has 10 kittens. She may keep only one and has to give away the rest. The reader together with Thandiwe looks at each kitten to decide which one will suit her grandmother and grandfather, her friend Siyolo, her teacher, the neighbour with the large garden, and so on. Readers learn more about colours and counting from 1 to 10.

Toe Dit Nog Vroeg Was / (eBook) . 2010 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049425
ISBN: 9780624051190
Hoe het hulle geleef, en wat het hulle gevoel - daardie oermense wat langs ons Suidkus geleef het, wie se nasate ons die San en die Khoi noem? Wie kan saampraat met hulle, die "eerste mense" van wie ons net oorblyfsels van groot mites, tergende rotsprente en enigmatiese artefakte het? Eintlik is dit net die digkuns wat dit kan waag om in hulle stiltes in te beweeg.

Legkaartpasmaats ........... 2008 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799341997

Siyolo Se Trui .................... 2008 TAFELBERG
Illustrasie: Elizabeth Pulles
ISBN: 9780624046059
Siyolo trek sy geel en rooi trui aan, maar toe iets sy hand kielie, besef hy dat sy gunstelingtrui besig is om uit te rafel by die mou. Hy besluit om verskeie mense met wol van sy trui te help: elkeen op 'n unieke manier.

Geliefde Goggavanger . 2005 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799333909
Toe Carlisle soos Icarus uit die lug val, krap hy Petra se lewe deurmekaar. Anders as Grant wat net wil he sy moet kinders grootmaak, kan Carlisle saam met haar filosofeer. Gaan Petra tevergeefs wag op sy terugkoms?

Eggo's In Bewolkte Water (Digbundel) . 2004 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190712
In beeldryke verse word die "liefdesgeskiedenis" van die liriese subjek gekoppel aan San- en Khoi-mitologie. Die meeste verse in Grobler se bundel vorm tematies 'n geheel omdat dit die eie bodem en kultuur ontgin en aanspreek. Daar is twee afsonderlike afdelings - te wete Evasgesange waarin die Khoikhoi en die Xhosa hoofsaaklik in gedigte gestalte vind en Boekreis waarin die geskiedenis van Vasco da Gama, die strafekspedisie teen Kalikoet, Catharina de Ataide en kolonialisering 'verdig' word. Catharina was natuurlik die vrou "wat Vasco se swerflus later/ met sewe kinders laat bedaar/" het!

Wegholvrou (eBook) ........
ISBN: 9780799352894
'n Dodelik aantreklike prokureur is een ding, sy baba is 'n ander ding. En dis 'n probleem dat hy en die baba in Nadia se skilderye begin opduik. Genoeg om van weg te hol!
1997 - Isinye, die Grootmaak-kind (TAFELBERG)
1997 - Lulama's Magic Blanket (TAFELBERG)
1997 - Musa's Journey (TAFELBERG)
1995 - Stipppe Stappe Stories (VAN SCHAIK)
1994 - Verjaarsdag-taxi (TAFELBERG)
1991 - Die Huis met Groen Oë (TAFELBERG)
1990 - Jan Blom Pluk Paddavere (TAFELBERG)
1990 - Wat Sigbaar is in Amber (TAFELBERG)
1988 - Die Sonroepertjies (TAFELBERG)
skakels :