Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Mariël le Roux (Le Roux, Mariël)
vetseun
Klara ............................ 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624058885

Dis waar dit geeindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle na haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die witlokasie gaan woon, toe was alles verby. En dit was nog lank voordat al agt die kinders gebore is wat die agt knope in Klara se naelstring voorspel het.
Maar verby was die tyd dat Klara die dae onder die wilgerboom op die damwal langs die lusernland kon omdroom, of met rooi koeldrank en koekies voor die stoof kon sit en luister na Polla se stories oor waar die bul vir oom Slap Soois geskop het. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom - Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met 'n halwe Duitser te trou en landuit te vlug - maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede.
Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat sy agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. Klara is 'n verhaal met 'n onweerstaanbare aardsheid. Snaaks en hartverskeurend. Dis nie aldag dat 'n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.

vetseun
Wilhelmina: Kampkind op Java . 2007

Wilhelmina: Kampkind op Java, is die merkwaardige ware verhaal van Will van Halewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net na die Tweede Wêreldoorlog.
Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenië te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesië. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans
ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is.Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die
oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. En Mariël le Roux het daarvan 'n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat 'n mens jou daarin kan inleef. - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)