


















Margaret Roberts (Roberts, Margaret)

Alles Oor Kruie (Plante) . 2003 STRUIK
ISBN: 9781868725007
Hierdie verwysingsgids sluit die algemene kruie soos pietersielie en tiemie in en bevat ook inligting oor Margaret Roberts se gunstelingplante soos katstert en rose.

Plantmaats (Plante) ......... 2007 BRIZA
ISBN: 9781875093762
Die kuns om spesifieke plante naby mekaar te plant sodat hulle mekaar op een of ander manier bevoordeel, word al honderde jare beoefen. Plantpasmaats is plante wat mekar help deurdat hulle 'n reuk of chemikaleë afskei wat peste en plae afweer, of deurdat hulle voordelige insekte aanlok wat die omliggende plante bestuif of jag maak op skadelike insekte. Sommige plante stel weer voedingstowwe in die grond vry wat deur ander plante gebruik kan word. Het jy geweet .............................. • Kappertjies wat saam met pampoene, skorsies en komkommers geplant word, versryf kewers, plantluise en ander insekte wat die groente beskadig. En boonop is kappertjies eetbaar! • Wortels en preie is uitstekende plantmaats. Preie verjaag die wortelvlieg en die wortels jaag weer die vlieë en motte wat uie en preie beskadig. Die verskillende reuke verwar die insekte en ontmoedig hulle so. • Aspersies keer dat aalwurms tamatieplante se wortels aanval. • Koljaner verjaag inskete en word in 'n natuurlike spuitstof teen die rooispinnekopmyt gebruik. • Knoffel verjaag plantluise en is veral 'n goeie plantpasmaat vir rose. Hierdie boek beskryf meer as 100 kruie, voedsel- en medisinale plante en hulle plantpasmaats, met raad oor hoe, wanneer en waar om hulle te plant, te oes en te gebruik. Verweef in die teks is resepte vir natuurlike bemestingstowwe en spuitmiddels en inligting oor die medisinale en huishoudelike gebruike van plante. Afsonderlike afdelings dek nuttige onkruid, natuurlike spuitstowwe, deklae, bemestingstowwe en ander metodes om die grond te versterk.
skakels :