Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Margaret Bakkes (Bakkes, Margaret)
vetseun
Fado Vir 'n Vreemdeling . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799352146

Fado vir 'n vreemdeling is die histories-gefundeerde verhaal van die lewe en lotgevalle van Cornelis Homan. Sy lewe word egter ook in 'n groter familiekonteks geplaas, sodat die leser ook die geskiedenis van sy ouers, sy kinders tot by sy kleindogter, die Portugese Maria Josefina de Araujo Homan, leer ken.

vetseun
Klein Land Van Die Liefde . 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798155434

Karolien de Villiers is 'n arbeidsterapeut wat na een jaar in haar beroep terugkeer na haar jeugdorp, Heuningpoort, om te trou. Haar verloofde, Wouter, saam met wie sy daar grootgeword het, is die dominee van die tipies kleindorpse gemeente en sy voel benoud as sy dink aan die eng lewe wat voorle. Dan kry sy die kans om te reis en gryp dit aan. Vriende van haar - Dirk en Karen - is in Nederland, waar Dirk verder studeer, en hulle vra haar om hulle twee jong kinders te kom oppas terwyl Dirk vir Karen Spanje toe neem sodat sy kan herstel na siekte. In Nederland ontmoet Karen die aantreklike Nederlander, Paul van Gelderen. Kort voor lank sorg die noodlot dat sy moet kies tussen hom en Wouter.

vetseun
'n Ver Plek Vir Zilla / (eBook) . 2010 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798151887
ISBN: 9780798154345

Zilla Fourie, 'n plaasmeisie, gaan studeer skilderkuns op universiteit. Sy ontmoet die vurige Piero Basson, 'n senior student in beeldhou, en hulle is gou smoorverlief. Toe Piero se pa sterf, besluit hy en sy Italiaanse ma om na Florence te verhuis. Piero dring daarop aan dat Zilla by hulle aansluit en in Italie verder studeer. Sy besluit om die somervakansie aan die einde van haar eerste jaar in Florence deur te bring, maar daarna terug te keer na Suid-Afrika. In Italie ontdek sy dat Piero se ma 'n ander meisie, die beeldskone Giulia, genooi het om terselfdertyd by hulle te kuier.

vetseun
Klara kom tuis / (eBook) . LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799344462
ISBN: 9780799354461

Klara het nie presies geweet waarvoor sy haarself inlaat toe sy as baie jong vrou met Stefan trou nie. Sy was skaars terug van haar wittebrood toe sy gefrustreerd begin voel met haar persoonlike ambisie in die lewe, en besef dat haar huwelik en hierdie drome nie maklik versoenbaar is nie. Stefan het self groot ideale en dit moet klaarblyklik eerste kom. Sy besluit om tog die gedienstige eggenoot te wees omdat dit haar belofte was aan hom en omdat sy hom liefhet, maar haar begeerte om kreatief te lewe, laat haar nie los nie. So begin haar lewensreis na selfvervulling en aanvaarding.

vetseun
My Ouma In Kaneel / (eBook) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798151009
ISBN: 9780798153782

Toe Magriet-hulle die eerste keer van die plaas in die Stormberge af weggetrek het, was dit vir haar bitter swaar om haar geliefde ouma agter te laat. Soos sy ouer word, kry sy egter begrip vir die moeilike besluite wat haar ouers moes maak. Gedurende hul gesin se omswerwinge maak Magriet nuwe vriende en ervaar eerste liefde. Maar sy maak ook kennis met die dood en besef dat selfs haar ouma nie so sag en perfek is as wat sy haar onthou het nie. 'n Pragtige grootwordverhaal wat afspeel in die Depressiejare.

vetseunvetseun
Omnibus: Verhale van die Stormberge . 2007 HUMAN & ROUSSEAU

"Brood en klip (1973) en Altyd kom die somer weer het vroeer as aparte romans verskyn en speel albei in die Stormberge af, waar die outeur gebôre en getoe is. In omnibusvorm is dit 'n heerlike leeswins." - loot.co.za

vetseunvetseun
Omnibus: Verhale van die Weskus . 2007 HUMAN & ROUSSEAU

"Waar jou skat is (1975) en Die hart van Meeubaai (1980) het as aparte romans verskyn en is nou in omnibusvorm beskikbaar as Verhale van die Weskus; onvergeetlike liefdesverhale wat in 'n pragtige deel van die land afspeel." - loot.co.za

vetseunvetseun
Omnibus: Bitterwater en Soetdoring . 2007 HUMAN & ROUSSEAU

"Hierdie gewilde twee romans het vroeer apart verskyn, hoewel Soetdoring 'n opvolg van Bitterwater was. In omnibusvorm is dit 'n diep menslike liefdesverhaal wat oor twee generasies strek. - loot.co.za

vetseun
Elegie Vir 'n Onbekende . 2006 TAFELBERG

"Toe Helena Dreyer gebôre is, het haar vader vreugdeloos die nag ingery. Hy wou nog 'n kind gehad het, maar nie 'n dogter nie. Mara was reeds daar - mooi Mara wat goed kan klere maak, hom in alles gehoorsaam, hom om haar pinkie kan draai. Helena, sy dogter met die ingebôre wysheid, verstoot hy eenvoudig. En oor jare heen wag hierdie dogter op die dag wat die swart vrou Lesya Booi voorspel het: die dag wanneer "'n Man begeerte na haar lyf sal hê, maar ook van haar hart sal wil weet". Maar toe die dag uiteindelik vir Helena aanbreek, word haar tragiese lot meedoënloser as ooit bepaal. Margaret Bakkes het haar vertrekpunt vir Elegie vir 'n onbekende gevind in laat-neentiende-eeuse dokumente by die Weesheer in Bloemfontein. Wat die stukke laat vermoed - liefdeloosheid, verwerping, menslike kortsigtigheid - daaruit skep sy 'n moontlike lewensverhaal vir die onbekende vrou - onmiddellik en ontroerend." - loot.co.za

vetseun
Littekens: stories en memoirs . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798145299

"In 21 "stories en memories" neem Bakkes bestek op van 'n lewe se wonde wat genees het. Soos feite en fiksie op mekaar inspeel, word dit die "outobiografie" van 'n kreatiewe gees, 'n vrou, 'n Suid-Afrikaner. 'n Enigste dogter verlaat met man en kinders die Nuwe Suid-Afrika. 'n Slepende siekte eis sy tol. 'n Sagte man neem wraak. Geboortegrond word afgele. Oorlewering uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog dra 'n eeu later steeds 'n lewensles oor. Dit is 'n bundel waarvan elke deel saam met die geheel gelees wil word want elke verhaal vind weerklank in 'n ander verhaal en belig so 'n ander faset daarvan. Wat wraak nie kon genees nie, genees weerwraak elders. Een vrou verloor haar kind, 'n ander vind 'n verlore dogter terug. Op die drumpel van die dood word liefdesdrif hernieu. 'n Afgetakelde huisie word gerestoureer, soos 'n lewe." - loot.co.za

1995 - Die reise van Olga Dolsjikowa en ander omswerwinge (HUMAN & ROUSSEAU)
1994 - Brood en klip (MAKRO BOEKE)
1991 - Vreemde tuiste (Grootdruk) (DAAN RETIEF UITGEWERS)
1990 - The road back, vertaal, Madeleine van Biljon (DAAN RETIEF UITGEWERS)
1990 - The heart of Gull Rock, vertaal, Madeleine van Biljon (DAAN RETIEF UITGEWERS)
1990 - Soetdoring (DAAN RETIEF UITGEWERS)
1989 - Kroniek van die sewe blou waens: Die kort lewe van Gert Maritz (TAFELBERG)

vetseun
Susanna die geliefde . 1988/2003 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825618

Bakkes het haar deeglike navorsing oor 'n merkwaardige vrou uit die negentiende eeu verwerk in 'n historiese roman wat boei en ontroer.
Susanna Smit, suster van die Voortrekkerleier Gert Maritz, het op vroeë leeftyd 'n gedwonge huwelik met die veel ouer eerwaarde Erasmus Smit aangegaan. Altyd daarna bly die gemis na haar jeugvriend Willem van Staden die verpersoonliking van wat kon gewees het. Oor die troebele verhouding met haar moeder skryf sy met skreiende gelatenheid: Ik was de meest verdrukte ... de minst geliefde on die kinderen mijn moeder ... mijne kindsheid was bitter. Maar "in die wyngaard des Heeren" word 'n krag in haar gebore wat tot ver buite die grense van haar onvervulde persoonlike lewe sou uitkring.

1988 - By Omdraai verby (DAAN RETIEF UITGEWERS)
1987 - My broer se hoender (DAAN RETIEF UITGEWERS)
1986 - My ouma in kaneel (HUMAN & ROUSSEAU)
1985/1995 - Ontheemdes: vertellings van ander mense, ander plekke en ander tye (TAFELBERG)
1985 - ATKV-Prosaskryf, Departement Sentrale Publikasies (PU vir CHO)
1984 - Die Langste nag en ander verhale (HUMAN & ROUSSEAU)
1982 - Die Margaret Bakkes-tweeluik (HUMAN & ROUSSEAU)
1980 - Terug van weggewees (HUMAN & ROUSSEAU)
1980 - Die Hart van Meeubaai (HUMAN & ROUSSEAU)
1979 - Sing vir ons Matilda : verhale oor die begin en die einde (HUMAN & ROUSSEAU)
1977/1980 - Wat op die middag verwoes (HUMAN & ROUSSEAU)
1977 - 'n Ver plek vir Zilla (HUMAN & ROUSSEAU)
1976 - Klein land van die liefde (HUMAN & ROUSSEAU)
1975 - Waar jou skat is (HUMAN & ROUSSEAU)
1975 - Hou terug die winter (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
'n Baksel in Die Môre . 1973/1976 TAFELBERG
Hennie Aucamp; Margaret Bakkes

"Die subtitel van 'n Baksel in die môre is "boerestories uit die Stormberge" - en hierdie bundel bied inderdaad "boerestories" uit die boonste rakke deur twee bekende kortverhaalskrywers..."

1970 - Die kring voltooid (HUMAN & ROUSSEAU)
1967 - Die Margaret Bakkes-omnibus (HUMAN & ROUSSEAU)
1966 - Gebonde jare (HUMAN & ROUSSEAU)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )