Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Maretta Bellingan (Bellingan, Maretta)
vetseunKOOP/BUY
Klitsgras .......................... 2004 PROTEA BOEKHUIS/SUN E-SHOP

"Bellingan het nie ontsag vir heilige koeie nie. In haar brief aan president Mbeki vermeld sy: "Ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het."

Kunstefeeste? Op plekke soos Afganistan, Irak en Aardklop sien jy dinge wat geen sielkundige kan regpraat nie. Dalk is dit hoekom sy 'n play wil skryf: Jakkals is ook die bliksem in.

Sy onderskat ook nie die Engelse nie. Hulle het "'n reuserol gespeel in die ontwikkeling van die spoeltoilet". Scotland Yard soek steeds na haar nadat sy die land agterop 'n Nederlandse vrugtelorrie onwettig verlaat het. Advokaat Dubbel D lyk soos Saartjie Baartman wat op haar hande loop. En al dra die meeste mans in Kaapstad maskara en noem mekaar "darling" is dit ten minste een plek in die land waar mans dink Patricia Lewis is 'n meubelwinkel op Drie Susters.

Maretta Bellingan is redakteur van Tydskrif Rapport (al het sy uitgereken 'n joernalis verdien minder as 'n sendeling in Bora-Bora). Klitsgras is 'n keur uit haar rubrieke wat in Rapport verskyn het." - SUN E-SHOP


skakels :















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )