Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Maretha Maartens (Maartens, Maretha)
vetseunvetseun
Om Elke Dag Te Cope / (eBook) . 2012 STRUIK
ISBN: 9781415321034
ISBN: 9781415322475

Elkeen van ons ken dae wanneer ons beangs soos Dawid, opstandig-onbegrypend soos Job of radeloos soos die profeet Jeremia roep: 'O, Here, het U dan van my vergeet?' Ook Christene kan paniekerig raak wanneer die liggaamlike of emosionele pyn te veel en probleme waarvan selfs ons beste vriende nie weet nie, te swaar raak. Maar, se Maretha Maartens, hierdie gevoel is tydelik. Ons verdrink nie. Inteendeel: ons lyk al hoe meer soos beelddraers van God. Wat ook al gebeur, ons cope, want: C: Ons het vir Christus. Hy is getrou, Hy hoor en reageer op ons noodkrete. O: Die O weerspieel die nulpunt, die O! van ons hulpgeroep. Dit herinner ons aan die tye wat ons in die put was, maar dat God ons weer teruggebring het na die lig. P: Hoewel ons tye van Paniek, Probleme en Pyn ervaar, het ons 'n Paaslam, 'n Persoon na wie ons met ons probleme kan gaan. E: Ons het God se Ewige beloftes, ons is in 'n Ewige verbond met Hom. Maretha wys ons telkens op die genade en ondenkbare groot krag van die lewende Christus. Ons kan weet die krag waarin ons cope, nie uit onsself is nie. En omdat ons self cope, word dit makliker om diensbaar aan ons medemens te wees. Hierdie oordenkings is beskikbaar in 'n handige saamdra-formaat, en is die ideale geskenk vir 'n vriendin, familielid, of vir jouself!

vetseun
Ryker As Dawid ................. 2012 LUX VERBI
Maretha Maartens, Hennie Maartens
ISBN: 9780796315922

vetseun
Elke Dag Is Vol Genade / (eBook) . 2011 STRUIK
ISBN: 9781415312544
ISBN: 9781415315132

Inspirerende oordenkings vir elke seisoen van jou lewe, met pragtige binne-ontwerp en bemoedigende inhoud - Maretha Maartens bemoedig en inspireer jou om 'n dieper verhouding met God te he en sy genade in jou lewe beter te verstaan. Elke dag is vol genade is beskikbaar in 'n handige saamdra-formaat, en is die ideale geskenk vir 'n vriendin, familielid, of vir jouself!

vetseun
Hoe God Ons Dra / Hoe God Ons Heelmaak / (eBook) . 2011 STRUIK
ISBN: 9781415312988
ISBN: 9781415314777
ISBN: 9781415314784

Maretha Maartens se gewilde boeke Hoe God ons dra en Hoe God ons heelmaak is nou in een boek beskikbaar. Albei boeke vertel verhale van gewone gelowiges wat met buitengewone verlies, trauma, siekte en swaarkry gekonfronteer is. Hulle is weggeruk uit 'n bekende, hanteerbare wereld na 'n doolhof van onsekerheid, angs en wanhoop. Aanvanklik het geeneen van hulle 'n benul gehad waarom God hulle die soort pad laat loop en toelaat dat hulle aan sulke ontstellende, vernederende en dikwels skokkende ervarings blootgestel word nie. Elke verhaal getuig egter van hoe God ons dra, hoe Hy mense help oorleef, opstaan en nuut begin, en hoe hy ons uiteindelik ook heelmaak. Dit getuig van 'n Vader wat in elke situasie teenwoordig is en sy troos en hulp 'n werklikheid maak - ook wanneer ons swaarkry. Bowenal getuig dit van verwondering oor die feit dat dit waarteen ons ons verset, en waarvoor ons nie kans sien nie, deel uitmaak van 'n verrassende, altyd verreikende plan wat God met ons lewens het - selfs in die onwaarskynlikste situasies. Skep moed uit die verhale van gewone mense wat genesing gevind het in gebrokenheid, wat gewaag het om te hoop na wanhoop, en die toekoms betree in die geloof dat God hulle dra.

vetseun
Witklippiejaar / (eBoek) ... 2011 CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
ISBN: 9781431603763
ISBN: 9781770009424

'n Dagboek spesiaal vir meisies! Met WITKLIPPIEJAAR langs jou Bybel gaan jy 'n wonderlike tyd saam met die Here hê. Jesus Christus gaan jou grootste Vriend ooit wees. Gewilde outeur Maretha Maartens wys in 366 dagstukke vir jou dat Jesus in elke situasie by jou is. Sy wil jou met hierdie dagboek help om onder andere seksueel rein te bly, om te gee vir ander en te groei in 'n dieper geestelike verhouding met Jesus.
In Openbaring 2:17 (DIE MULTIVERTALING BYBEL) staan: "Aan elkeen wat die oorwinning behaal sal Ek 'n wit klippie gee met 'n nuwe naam op die klippie gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry." En elke meisie wil haar naam op so klippie hê. Met WITKLIPPIEJAAR langs haar Bybel gaan elke jong meisie 'n wonderlike tyd saam met die Here hê. Jesus Christus gaan haar grootste Vriend ooit wees. Gewilde outeur Maretha Maartens wys in 366 dagstukke vir meisies dat Jesus in elke situasie by haar is. Sy wil meisies met hierdie dagboek help om onder andere seksueel rein te bly, om te gee vir ander en te groei in 'n dieper geestelike verhouding met Jesus. WITKLIPPIEJAAR is 'n opwindende dagboek wat meisies nader aan die Here sal bring en sal verseker van God se onvoorwaardelike liefde.

vetseun
Bybelse Dagboek ............. 2010 LUX VERBI
- Blou papawers
ISBN: 9780796311313

Maretha Maartens kies 'n blom vir elke dag van die jaar en kyk hoe daardie blom se eienskappe by ons emosies en daaglikse realiteit aansluit. 365 dagstukkies met Skrifgedeeltes.

vetseun
Ek droom van 'n droom (eBoek) . CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
ISBN: 9781431605798

'n Gewone tiener droom van kêrels, mode en 'n suksesvolle loopbaan. As jy Elsje is, suster van Olimpiese gouemedalje-wenner Ryk Neethling en swem-kampioen en ontwerper Jean-Marié Neethling, droom jy van swem vir die S.A.'s en Olimpiese medaljes. Jy droom nié van 'n kanker-groeisel wat sy tentakels so diep in jou brein ingeslaan het dat die neuroloog kopskuddend sê daar is nie hoop nie ...Elsje Neethling Blair is op 13 gediagnoseer met 'n doodmaak-kanker. In EK DROOM VAN 'N DROOM vertel Elsje saam met Maretha Maartens van haar 20 jaar lange saamleef hiermee en haar weiering om toe te laat dat kanker haar ontneem van haar jongmeisiedrome. Dit vertel van opdraandes, maar ook hoop, van terugslae ... en nuwe drome.Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Marié en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd ook húlle stryd geword het. Daar is ook agt bladsye met volkleurfoto's uit Elsje se persoonlike album. EK DROOM VAN 'N DROOM is 'n eg-menslike verhaal, want Elsje ken die seer en die onsekerheid, maar ook die geloof en die blyke van God se genade wat 'n lewe saam met kanker kenmerk. Sy glo onwrikbaar: Vir God is niks onmoontlik nie.

vetseun
Gunsteling Bybelstories vir kinders (eBook) . STRUIK
Illustrasie: S van Riet
ISBN: 9781415311554
ISBN: 9781415311547

Gunsteling Bybelstories vir Kinders bevat 15 bekende Bybelverhale, oorvertel deur Maretha Maartens. Dit verteenwoordig 'n verskeidenheid stories uit die Ou en Nuwe Testament. Elke verhaal bevat ook 'n kort samevatting en gebed.

vetseun
Koning Van Kleivoetmense .. STRUIK
ISBN: 9781868232765

vetseun
Laduma vir die liefde (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624058595

Die liefde tussen Paula en die buurseun is deur verraad en leuens vernietig, en drie jaar later sukkel sy nog om te berus. Maar dis Wereldbekersokker en pastoriedogter wat sy is, spring Paula in by die kerk-uitreikaksie. Dat liefde en vergiffenis die laaste goed op haar agenda is, verswyg sy . . . tot Hans weer sy opwagting maak.
Ver van jou goed is naby jou skade, het Paula Rall se vriendin Erika gewaarsku, en Paula het die waarheid van daardie woorde waaragtig leer ken. Want dis einste Erika wat tussen haar en Hans de Lange gekom het. Die liefde tussen haar en die buurseun wat Paula gedink het vir ewig is, is deur verraad en leuens vernietig, en drie jaar later sukkel Paula nog om die impak daarvan te verwerk. Maar dis Wêreldbeker-sokker en goeie pastoriedogter wat sy is, spring Paula in om haar ma te help met die kerk se maand lange uitreikaksie na haweloses. Dat liefde en vergiffenis die lááste ding op haar agenda is, verswyg sy . . . totdat Hans onverwags weer op die toneel verskyn.

vetseun
Liglopers (eBoek) ............. CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
Maretha Maartens, Andries Hendrik Potgieter
ISBN: 9781431604531

Hy het van kleins af gewéét dat hy anders is. Sy ma het geglo hy is maar net 'n alleenkind, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Andries Hendrik het al hoe meer gevoel dat niemand hom verstaan nie. En só het hy sy rug gedraai op sy ouers én op God. Hy het vasgevang geraak in 'n dwelmhel. Met LIGLOPERS vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende ware verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná 'n lewe van dwelms, rehabilitasie en verkeerde keuses sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het en God opnuut ontdek het. Vandag leef Andries Hendrik sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam.

vetseun
Marike, 'n Reis ........................ CARPE DIEM
ISBN: 9781919719337

vetseun
Monument ....................
ISBN: 9780624063148

In 2012 kom Margo Diedericks terug in Suid-Afrika, om op die sterwende Vrystaatse dorp Winburg vrede te maak met haar vervreemde ma. Vier jaar lank het Margo gaan heel word in Israel, maar nou moet sy die kompleksiteit van haar herkoms en identiteit kom uittorring. Haar tyd op Winburg raak 'n ontdekkingstog deur die dorp se verlede en haar eie verbintenisse daarmee. Sy verken bywonerstentedorpe ná die Anglo-Boereoorlog, kyk saam met die vroue van 1901 in die naghemel op na die Groot Komeet, hoor van die vloek wat Christiaan de Wet oor Winburg uitgespreek het. Daar is die monument wat haar ma se buurvrou en dié se seuns ná 'n plaasmoord begin bou het - die mees onwaarskynlike monument ooit. En haar ma se oppasster, wie se grootjie in die swart konsentrasiekamp was, praat ook saam. Wanneer Yachin, Margo se Israeliese geliefde, op besoek kom om haar terug te vat na hul tuiste in Israel, is die besluit - waar hoort ek? - nie meer so eenvoudig nie. Monument is die verhaal van die Vrouemonument in Bloemfontein, en van ander monumente: dié van klip en marmer, maar ook die monumente wat Suid-Afrikaners - die vroue in die eerste plek - in mekaar se menswees gebou het.

vetseun
Sondag van die silwer see (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050049

Farah Olivier aanvaar 'n pos as kuns- en dansonderwyseres by 'n privaatskool in Somerset-Wes, maar wanneer sy aanmeld, is daar nie 'n mens in sig nie. Want die skool was net 'n verneukspul. Vyf dae later weet die 22-jarige Farah hoe dit voel om die ma van twee tieners en 'n laatlam te wees. Sy moes noodgedwonge die pos as au pair vat. Maar Farah voel self nog kind. Padgee is egter nie 'n opsie nie. As dit nie vir haar buurman se seun, Alexander Meiring was nie, sou sy verlore wees. Sy is heel tevrede met die stand van sake - tot die Sondag saam met Alexander en die kinders teen 'n silwer see . . .

vetseun
Ruitevrou (eBook) ..... 2009 CARPE DIEM
- 'n Ware verhaal
ISBN: 9781770311589
ISBN: 9781432201050

Ruitevrou is 'n ware verhaal wat die soeklig laat val op die emosionele en liggaamlike mishandeling van vroue in die samelewing.
Sy moet die eerste een wees om te praat ... Want vroue praat nie hieroor nie ... die skande is te groot.Toe die hadidas oor die huis vlieg en sy hulle soos vroue hoor roep, toe sy na die landskap van swye om haar kyk, weet sy dat sy die ondenkbare, die ongehoorde moet doen. Sy wil nie, maar die hadidas roep en roep. Miskien is dit God wat hulle oor die dak laat vlieg. Op 'n dag loop sy telefoon toe, bid 'n skietgebed en skakel 'n skrywer.En sy praat, praat oor ... • vereensaming • vloeke • verwyte • vuishoue • vernederings • verbreekte beloftes• vrees wat nooit weggaan nie.Ruitevrou is 'n ware verhaal wat die soeklig laat val op die emosionele en liggaamlike mishandeling van vroue uit elke laag van die samelewing en elke kultuurgroep in die land. Met die eerste verskyning van die boek in die laat negentigs is meer as 30 000 eksemplare verkoop. Oral in Suid-Afrika het die boek opslae gemaak en koerantopskrifte gehaal. Meer as 12 jaar later het niks verander nie. Die verhaal van Ruitevrou is steeds 'n bloedstollende verhaal wat op 'n duisend maniere deur tienduisende vroue beleef word. Die verhaal van Ruitevrou wil die waarheid uitroep, want in waarheid skuil vryspraak - dalk selfs vergifnis.
Ruitevrou .

vetseun
Seën Vir 'n Kleinkind / (eBook) . 2008 STRUIK
ISBN: 9781415303788
ISBN: 9781415315392

Klein Agnes Botha het die some van God se kleed by haar hoor verbydruis. As driejarige het sy 'n Verbondskind geword. Maar later het daar 'n Egiptiese skarabee-kewer aan 'n hangertjie om haar nek rondgeswaai. 'Noem dit maar my lucky charm,' het sy gese. Die sandsteenhangertjie word die simbool van die doodsbestaan waarin Agnes lank voortploeter. Agnes se storie is anders. Dit word die verhaal van 'n soekende vrou wat in die Good guys' club dans, maar 'n Persoon opmerk wat haar agtervolg, asof Hy die verbond tussen Hom en haar steeds onthou. Agnes gaan die huwelik binne met hope onuitgesorteerde bagasie uit die verlede. Sy weet dat sy haar greep op die waarheid verloor en haar jong eggenoot by haar innerlike chaos betrek het. Sy beleef skrikwekkende laagtepunte en dramatise ingrypings van God in haar lewe. Die nag na haar mastektomie dink sy: ons is die ouers van 'n kind wat anders is. Ons is deur rusies, skuldverplasing, geloofverlies, wanhoop en verdriet. Ek kan skaars onthou dat ek ooit 'n kind was. Dat die ergste nog voorle, weet sy nie toe sy een lenteoggend peinsend na die kat wat 'n veldmuis bekruip, staan en kyk. Die oggend dink sy juis: daar is altyd iets wat
van iewers af aankom, altyd die groot onverwagte. Toe die ergste gebeur, weet Klaus ook nie verder nie. 'God het nie juis sy beste vir ons gegee nie,' verwoord hy haar verwarde gedagtes. Seen vir 'n kleikind is 'n meesleurende verhaal waarin jy die raaisels van jou eie bestaan sal herken. Agnes het haar op een feit beroep: 'Daar is vir my gebid toe ek nog 'n onskuldige kind was. God noem Homself die Hoorder van gebed. Voordat ek sterf, moet ek weet of Hy vandag nog die Betroubare genoem kan word.'

vetseun
Die Stiltetyd Bybel vir Vroue . 2007 CUM BOEKE
ISBN: 9781770004504

Stiltetyd is heilige tyd, daardie gedeelde oomblikke met God. Daarom is dit belangrik dat ons nie net die Woord van ons Meester sal bestudeer nie, maar al hoe meer begryp en verstaan wat dit vandag vir ons wil kom se. Die Stiltetydbybel vir vroue bevat 365 dagstukke wat bestaan uit 'n gedeelte uit die Nuwe Testament, gevolg deur 'n geestelike oordenking. Die teks-gedeeltes is geneem uit die Nuwe lewende Vertaling. Hierdie dagboek gesels nie oor koeitjies en kalfies nie, maar laat die lig val op die betrokke teksgedeelte en hoe dit vir die vrou van vandag meer kan beteken as net Bybellees - Dit is 'n ontmoeting met die ware God van Israel, die Heilige. Met die stiltetydbybel vir vroue is stiltetyd 'n plesier. Nie net sal vroue die hele Nuwe Testament in 365 dae deurlees nie, maar meer leer verstaan van wat God vandág vir hulle wil kom se.

vetseun
Maak My Anders, Here! . 2006 CUM BOEKE
ISBN: 9781868290673

'n Dagboek met 'n realistiese benadering vir die besige vrou van vandag. Elke dag se Skrifgedeelte is gemiddeld slegs vyf teksverse wat dan verklaar en verder toegelig word. Die geselstrant waarin die dagstukkies aangebied word, maak dit maklik om te gebruik by geleenthede soos kantoorgodsdiens en persoonlike stiltetye. Available in English as Change me, Lord!

vetseun
Katryn van die klipdassies (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051978

Op haar ouers se plaas ontmoet Katryn vir Dawid Pretorius, die maatskaplike werker met die groot hande wat so sag aan mense raak. Wanneer haar pa 'n dodelike siekte plaas toe bring en kwarantyn afgedwing word, ontdek sy Dawid is nie 'n engel wat op aarde diens doen nie . . .
In Katryn Müller se ouerhuis was swaarkry of die aanvaarding van verantwoordelikheid nie hoog op die agenda nie en godsdiens het geen rol gespeel nie. Maar kort voor Katryn as vennoot in haar ouers se verslankingsmiddel-sakeryk opgeneem kan word, verander die lewe en die atmosfeer in Müllerhof onherroeplik. Eggert en Frieda Müller roep die landskap van die maer lywe vaarwel toe en gooi die deure van 'n ou plaashuis oop vir mense wat 'n tweede kans in die lewe nodig het. Teen haar sin begin Katryn betrokke raak by haar ouers se nuwe lewe en ontmoet vir Dawid Pretorius, die maatskaplike werker met die groot hande wat so sag aan mense raak. Wanneer haar pa 'n dodelike siekte plaas toe bring en kwarantyn afgedwing word, ontdek sy Dawid Pretorius is nie 'n engel wat op aarde diens doen nie . . .

2006 - Deur Trauma (LAPA UITGEWERS)
2006 - Die baba luister (LAPA UITGEWERS)

vetseun
Die beste ding since popcorn / (eBoek) . 2006 CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
ISBN: 9781770002661
ISBN: 9781431600816

Die mees verbasende roman wat jy vanjaar gaan lees. 'n Storie wat niemand verwag het nie. Sinies, eerlik, snaaks, eietyds, onkonvensioneel, meesleurend.
'n Donker wêreld van dwelms, 'n lewe in die strate, dwelmsindikate en die tronk ... Dit is 'n lewe wat maar alte bekend is aan Rocher. Die lewe het hom mishandel. Hy moes staande bly deur sy ouers se egskeiding, vyf stiefpa's en seksuele molestering. Rocher het homself oortuig dwelms is sy enigste troos, sy enigste liefde. Tog is DIE BESTE DING SINCE POPCORN 'n verhaal van hoop, oorwinning en verlossing. Deur Jesus se bloed en God se onbeperkte genade en liefde word Rocher bevry van sy verslawing, maar eers nadat hy die diepste duisternis oorleef het: Pollsmoor-gevangenis. Maretha Maartens verseker dat DIE BESTE DING SINCE POPCORN geen leser onaangeraak sal laat nie.
Dit raak jou hart, jou siel, jou hele wese. Dit maak ons opnuut bewus daarvan dat menslike pogings - hoe goed ook al bedoel - niks beteken sonder God se krag nie.

vetseun
Engel Van Ethiopië . 2006 TAFELBERG
ISBN: 9780624043706

Ciska Meintjies se Diensjaar vir Christus neem haar na Ethiopie waar sy plaaslike mense oplei om gemeenskapsradiostasies selfstandig te kan bestuur, programme op die lug te kry en toerusting te hanteer. Desta, haar brandarm Ethiopiese tolk, word haar grootste vriendin en hul verpligtinge neem hulle na die mistieke stad Aksum, waar Ciska "'n engel" ontmoet. Maar hy verdwyn so onverwags as wat hy verskyn het. Ciska ontdek dat die engel Talbot Peeters heet en dat die armstes van die armes hom as hul eie geannekseer het. Ciska was nog altyd doodseker dat sy ongetroud wil bly; hiervoor het sy redes. Maar wanneer sy en die lang, skraal engel van Ethiopie saam teen 'n oormag te staan kom, word haar hele agenda onherroepelik verander.

vetseun
Elke Dag Naby God ......... 2006 STRUIK
ISBN: 9781415300060

2006 - A daily walk with God (STRUIK)

vetseun
Hoe God Ons Heelmaak . 2005 STRUIK
ISBN: 9781868238293

vetseun
Seën Wag Op Sinai . 2005 TAFELBERG
ISBN: 9780624043355

Silvia dra haar ma se gene, maar is in verset teen haar ma se lewensverloop. Dit is vir haar van die grootste belang om haar eie mens te word, om haar eie stem en styl te vind. En veral om nie so onvervuld soos haar ma te raak nie. Pas nadat sy haar graad behaal het, vertrek sy - tot groot ontsteltenis van haar vaste vriend, Stefan - Spanje toe, waar sy haar as au pair in die huishouding van 'n skatryk ekononoom en sy Suid-Afrikaans gebore vrou, in 'n groter chaos as haar ma vasloop. Maar dan jaag Cameron, haar werkgewer se seun, op sy ongewone vervoermiddel in Silvia se tydelike leefwereld in. Cameron verteenwoordig alles waarvan Silvia se ma nie sal hou nie - verkeerde beroep, vrye gees, verkeerde ouerpaar, verkeerde agtergrond. Maar 'n interessanter man het Silvia het nog nooit ontmoet nie, en sy raak verlief op hom. Wanneer sy en Cameron tydens 'n gesinsvakansie saam 'n groot krisis teen die hange van die berg Sinai moet trotseer, breek die uur van waarheid aan. Is die verhouding wat tussen haar en Cameron aan die ontwikkel is, binne die wil van God? Sal twee sulke rebelle, elkeen met 'n eie gebrokenheid, die lewenspad saam kan aandurf?

vetseun
Gawe van die liefde .. 2004 TAFELBERG
ISBN: 9780624042501

Josie se hart is gebreek. Chris, haar jare lange liefde, met wie sy al van skooltyd af soveel sakke sout opgeeet het, het haar verkul. En hoewel hy belowe dit was 'n eenmalige onbesonnenheid, is sy nie so seker nie. Hoe gaan sy hom ooit weer vertrou? Sy besluit impulsief om op Zanzibar te gaan vakansie hou - alleen. Hier sal sy hopelik rus en vrede vir haar siel vind, en helderheid kry oor wat haar te doen staan wanneer sy terugkeer na Suid-Afrika. Haar toergids is die eksentrieke Salim, en gou-gou word sy met ope arms ontvang in die gasvrye tuiste van sy gesin. Met haar aankoms by die lughawe maak sy ook kennis met vier mede-Suid-Afrikaners, o.m. Joubert, wat alte gou met haar wil geselsies aanknoop.

vetseun
Met hazel oor die hobbles . 2004 KAGISO
- Reader / Storybook (Grade 5)
ISBN: 9780798666015

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediere Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geillustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwereld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

vetseun
'n Trollie vol tjips ............ 2004 KAGISO
- Reader / Storybook (Grade 4)
ISBN: 9780798666022

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

2003 - Die Bybel en my gemoed (Geloof) (LAPA UITGEWERS)
2003 - Die groot huweliksboek (LAPA UITGEWERS)

vetseun
Ekstasies en frustrasies . 2003 CUM BOEKE
ISBN: 9781868290611

vetseun
En daar het stilte gekom . 2003 CUM BOEKE
ISBN: 9781868292233

2003 - En die beste was die krisis (LAPA UITGEWERS)

vetseun
God se mense ................. 2003 CUM BOEKE
M. Maartens, H. De Kock, H. Maartens
ISBN: 9781868299492

In God se mense word bybelkarakters soos Jona, Dawid, Jeremia, Maleagi, die Spreuke 31-vrou en baie ander om vir die hedendaagse Christen te wys dat ook hierdie helde van die Bybel foute gemaak het. En tog het God hulle genade bewys en hulle steeds as sy kinders beskou.

vetseun
Om elke dag te cope ........ 2003 STRUIK
ISBN: 9781868233809

Waarom die woord cope? Hoekom nie: Ons kóm die mas op. Ons máák dit. Ons gaan nie onder nie, sit nie in sak en as nie, kom weer orent, begin weer groei, kom weer in beheer van ons lewens. Ons was in die put, maar ons is terug in die lig. Ons is mans genoeg vir wat ons moet hanteer. Ons oorwin in Christus. Kom ons omskryf COPE só: Die C is vir Christus.'n Ronde nul (0) vir nulpunt, en die O! van 'n hulpgeroep. Die P vertel van tye van paniek, van probleme, van die pyn wat ons so herberg en van situasies wat ons pateties hanteer. Dit wys heen na die Paaslam van Wie ons soms vergeet. Die E staan vir ewig, vir ewige beloftes, 'n ewige verbond en vir die eindelose dimensies van die Evangelie. Daar kom dae wanneer ons beangs soos Dawid, opstandig en onbegrypend soos Job of radeloos soos die profeet Jeremia roep: O, Here, het U dan van my vergeet? Ook Christene kan paniekerig raak wanneer die liggaamlike of emosionele pyn te fel en probleme waarvan selfs ons beste vriende nie weet nie, te veel raak. Maar hierdie gevoel is tydelik. Ons verdrink nie. Inteendeel: ons lyk al hoe meer soos beelddraers van God. Wat ook al gebeur, ons cope, want die vloedwaters waarin ons beland, is nooit die vloedwaters van Godverlatenheid nie. Ons noodkrete word altyd gehoor. Daar is 'n Persoon na Wie ons met ons probleme kan gaan. Ons het vir Christus. Ons het 'n Paaslam. Ons word gesterk en opgebou deur die Evangelie. En omdat ons self cope, word dit makliker om diensbaar aan ons medemens te wees.

vetseun
Suurtjies en stralers .. 2003 CUM BOEKE
ISBN: 9781868291083

2003 - Vicky bou 'n dam (NASOU/VIA AFRIKA)
2002 - Vicky builds a dam (NASOU/VIA AFRIKA)

vetseun
Vir 'n vriendin ..................... 2003 CUM BOEKE
ISBN: 9781868292134

vetseun
Gesins-omnibus .............. 2001 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799326413

vetseun
Jacoba Afrikaner ....... 2001 TAFELBERG
ISBN: 9780624040309

Jacoba Afrikaner is die verhaal van 'n vrou van Afrika, een van die komplekse verhale van 'n swyende kontinent. Maar dis ook die verhaal van Bas Pretorius, oud-predikant, Sasja, sy lewensmaat, en hulle drie kinders wat mekaar in moeilike omstandighede opnuut moet vind. Op haar meesterlike manier vervleg Maretha Maartens twee-en-'n halwe liefdesverhale om die krag van liefde, maar ook die mag van onkunde te ontbloot. Jacoba Afrikaner vertel van die ontwaking van mense wat eeue lank dood was, van Afrika wat onkeerbaar begin asemhaal. Van oë wat oopgaan. Dit is 'n verhaal van ongenade en genade. 'n Aangrypende roman wat verlossing op baie vlakke bring.

vetseun
Die sakmense ............ 1997 TAFELBERG

vetseun
Plek van dolfyne ......... 1997 TAFELBERG

Moses, 'n 12-jarige swart seun, is gekies om saam met 'n toergroep witmense by die see te gaan vakansie hou sodat hy die bedorwe seuntjie van die predikantspaar kan oppas. - graffitibooks.co.za

vetseun
My Kind Op Die Stormsee . 1994 KAGISO
ISBN: 9780798635042

Wat doen 'n ouer as sy kind vir hom 'n vreemdeling geword het? Sommer net moeilik is? Of selfs die spoor byster geraak het? Soek hy die fout by homself? By die samelewing? By sy kind? Maretha Maartens neem ons terug na die kraaminrigting - waar alles begin het ... En ons loop weer die paadjie saam met ons kleuter - tot waar ons vandag met ons vervreemde kind staan... Tye hèt verander, dis waar. Maar sekere dinge bly steeds dieselfde...

vetseun
Poegaailyf Of Vonkeloog? . 1994 CUM BOEKE
ISBN: 9781868291434

1993 - Smaartie is skeel (HAUM)
1992 - Geagte Mej. Snob / Dear miss Snob (DAAN RETIEF UITGEWERS UITGEWERS)

vetseun
Motte En Magrietjies ......... 1992 LUX VERBI
ISBN: 9780869974131

1992 - Spinnekopsomer (Sanlamprys vir Jeugliteratuur, Brons) (TAFELBERG)
1991 - Keerpunt (CUM BOEKE)
1991 - Verste grens (MASKEW MILLER LONGMAN)
1991 - In die hemel eet mens mieliepap (PERSKOR)
1990 - Plek van dolfyne (TAFELBERG)
1989 - Zek en die skoenlappers van die nag (PRO BIBLIA)
1989 - Op Filippa se planeet (Volkskasbankprys vir Jeugliteratuur) (JP van der WALT & SEUN)
1989 - Mooi loop, Meisiekind (BYBELKOR)

vetseun
'n Pot Vol Winter ......... 1989 KAGISO LITIRÊR/HAUM
Andrew Murray toekenning

As Elizabeth dié aand toe die fliek vol bespreek was, maar daarop aangedring het om huis toe te gaan, sou sy nie alles op die berg weggegooi het nie. Sou sy nou wou leef.
Maar sy het nie.
Dit is is die ryptyd dat Elizabeth agterkom haar pa en ma het mekaar nie meer lief nie. Dit is ook in dié tyd dat Kurt vir 'n paar dae huis toe kom van die grens af - Kurt wat al meer begin praat oor "liefde maak". Elizabeth wens hy wil uit haar lewe padgee - al het sy juis nou iemand nodig om mee te praat. Want sy weet wat hy sal sê: "Jiss, dis bad. Jiss, dis bad." dis al wat hy sal sê. En om die Here aan te roep, help nie. Vir haar en Talla het Hy vergeet.
'n Pot Vol Winter is geskryf vir jong volwassenes - die eerste in 'n nuwe reeks van HAUM-LITERêR Sonder skroom, maar met insig en verantwoordelikheid verwoord Maretha Maartens die ontsetting van 'n jong meisie se nood en bring só noodsaaklike vernuwing in die genre van die Afrikaanse jeugliteratuur. - omslag

1988 - Is Gideon dan 'n swartskaap? (DAAN RETIEF UITGEWERS UITGEWERS)
1988 - Oor die nek van die draak (Sanlamprys vir Jeugliteratuur, Silwer) (TAFELBERG)
1988 - Goue fluit, my storie is uit (TAFELBERG)

vetseun
Die Inkvoël ............. 1987/1997 TAFELBERG

1987 - Oud genoeg vir nagbriewe (LUX VERBI)
1986 - Groot genoeg om te weet (LUX VERBI)
1985 - Rowe val af (TAFELBERG)
1985 - Die sakmense (Sanlamprys vir Jeugliteratuur, Goud. Credo Toekenning) (TAFELBERG)

vetseun
Gezina en die bruin wind . 1985/2002 HAUM/PERSKOR
(Ring around the moon)
ISBN: 9780798631006

"Dis Gina, Ouma, nie Gezina nie - Gina," dring Bokkie aan toe Ouma grootjie kom kuier.
Gina wou glad nie Gezina Hephziba genoem word nie, maar dit was voordat sy geweet het hoeveel moed en pyn daar in elke letter van haar naam ingeweef is - voordat sy geweet het van die bruin wind... Dit was die broosheid van haar ontluikende gevoel vir Oliver wat gemaak het dat Gina die aand een kon word met Oumagrootjie se ontroerende verhaal van Gezina du Toit en Philip le Roux, Mattie en die Engelsman, en Mamma en Lena, ja, Lenatjie - en die bruin wind... Toe eers kon Gina die lyding en ontbering in die konsentrasiekampe verstaan en bewys raak van die versoenbaarhied van tye en volkere, lewe en dood en weet dat sy deel is daarvan - en dat sy omgee. Dit is in haar bloed en weefsels - vir altyd.

1984 - Moedhou, Maria, dis donkermaan (Wenner literêre kompetisie) (JP van der WALT & SEUN)
1984 - Swart Griet is vas (TAFELBERG)
1984 - Die boemelaars (TAFELBERG)
1984 - 'n Pakkie mieliepitte, ENG, Sidwell's seeds, GER, Sidwell und der Müllhaldenmann (TAFELBERG)
1984 - Grys kat, grys kat, jy laat vir Anja hoes (WATERKANT UITGEWERS)
1983 - Ons mooiste Kersfees (CUM BOEKE)
1982 - My dik boek (TAFELBERG)
1981 - Aljander-Aljander (LUX VERBI)
1978 - Koms van die Wolf (TAFELBERG)

vetseun
Help, Ek Word Weer Vet .
- HOE OM 'n NORMALE EN GESONDE LIGGAAM TE BEKOM

Hierdie boek is geskryf vir elkeen wat 'n normale en gesonde liggaam wil bekom. En op treffende wyse dui Maretha Maartens die pad aan wat jou sal help om uiteindelik hierdie begeerte van jou wáár te maak.
Wat in hierdie boek vervat is, is egternie 'n nuwe dieet nie. En jy sal ook geen moeilike reëls hierin vind nie: net logika, gesonde verstand.
Hierdie is 'n boek van bevryding en van gesond word, van verstaan en loskom. Jy kan loskom. Jy kan weer lag en geniet en ontspan...en 'n normale liggaan herwin. Jy sal terugvind wat jy verloor het: jou selfrespek, jou normale gewig, jou lewensvreugde, jou bekoorlikheid vir jou lewensmaat. En jy kan die belangrikste terugvind: jou prioriteite.

vetseun
Stormvoël ......................


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )