


















Malan Steyn (Steyn, Malan)

Johny Is Nie Dood Nie / (eBook) . 2011 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869194475
ISBN: 9781869198732
Vier vriende hou 'n partytjie kort na Johannes Kerkorrel se selfmoord in 2002. So kan hulle weer hulle studentedae op Stellenbosch in die tyd van die Voelvry-toer herleef. Hulle was deurdrenk van die protesmusiek van Kerkorrel, André Letoit en Bernoldus Niemand.
Toe was hulle jonk, dronk en rebels. Nou is hulle voorstedelik en ontnugter. Die dood van hulle universiteitsvriend Johnny bly egter nog 'n raaisel - iets wat al vier steeds na al die jare teister. Dit is 'n vernuftig opgeboude stuk waarin die onstuimige laat-tagtigerjare in Suid-Afrika oortuigend uitgebeeld word. Dit was die tyd toe die Afrikaanse jeug polities bewus geraak en toe die grensoorlog 'n verwoestende uitwerking op duisende jong dienspligtiges gehad het. Met sprankelende dialoog en treffende tonele konfronteer Malan Steyn ons in hierdie drama met 'n nog steeds lewende verlede.
skakels :