Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Louis Krüger (Krüger, Louis)
vetseun
Wederkoms ........... 2001/2009 HUMAN & ROUSSEAU/TAFELBERG
- Die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop
(M-Net Literêre Toekennings, 2010 Nominasie)

'n Swaargewonde Jannes word bewus van die teenwoordigheid van engele om hom. Hy onthou die nag van sy geboorte, die begin van sy lewensverhaal. Jannes Hoop word armoedig op die Eiland groot. Hy ervaar alles met verwondering: die natuur, die tye saam met sy geliefde Myrte langs die rivier, sy verhouding met sy seuntjie Bas en met God. Dit is asof hy in sy eenvoud veel meer as die gewone mens sien.

1995 - Herinnering aan Agnes (TAFELBERG)
1990 - Gevaarlike land (TAFELBERG)

vetseun
Son op die water (Roman) . 1989 TAFELBERG

1985 - Donkerboskind
1984 - 'n Basis oorkant die grens
1984 - Murasie in die stad
1982 - (Die skerpskutter) Eugène Maraisprys

vetseun
Die Skerpskutter ....... 1981 TAFELBERG

'Dis reeds die sesde, sewende keer dat hyskiet. Hy ken alles tot in die fynste besonderhede: die uitgerekte wag, die telkense aanlê met die geweer, Hugh wat grappies maak terwyl hy deur die venster kyk vir die teiken, die effense koosagtigheid wanneer die buiteman beduie dat hulle moet gereed maak. En dan die stilte en kalmte ná die finale teken. 'Die oomblik staan stil. Sy ligaam word leweloos, sy vinger lê vas teen die sneller. Daarom is hý die een wat skiet: omdat hy nie bewe op die finale oomblik nie.'
Malcolm Owens is 'n professionele skerpskutter, 'n geweldenaar in gewelddadige Belfast. Voortgedryf deur sy verlede en 'n gevoel van onvervuldheid, veg hy vir die bevryding van Noord-Ierland. Hy maak meedoënloos jag op sy aangewese teikens - totdat hy agterkom hy is nie net jagter nie, maar ook prooi.
Die skerpskutter is 'n buitengewone debuutroman, gesitueer in 'n tragies verdeelde stad waar mense voortdurend in onsekerheid en vrees moet leef.
Dit is 'n aksieboek vir die fynproewer, 'n meesleurende en verontrustende roman van ons tyd.' - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)