Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Louis Esterhuizen (Esterhuizen, Louis)
vetseun
Amper Elders / (eBook) . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869196905
ISBN: 9781869198671

Hierdie bundel het nie verniet die subtitel "'n Reisjoernaal" nie, want hier word poeties verslag gedoen van 'n reis na Europa. Byna soos in 'n dagboek word die voorbereidings, die heen- en terugvlugte, die besoek aan vier lande en die afloop van die reis aan die leser voorgehou. Die verslag bestaan egter nie net oor beskrywings van toeriste-aantreklikhede nie, maar sluit ook boeiende interaksies met die inwoners van die ooste van Engeland, Vlaandere, Nederland en Tsjeggie in. Die verteller is deurentyd bewus van die lae van die geskiedenis oor hierdie plekke en die neerslag wat dit in verskillende kunsvorme gevind het. Nuus uit Suid-Afrika staan dikwels ook in ironiese kontras met wat die reisigers in die vreemde ervaar. Duiwe vorm 'n deurlopende motief: Die enigmatiese figuur van die duiwedanser stuur die verteller en sy reisgenoot weg, maar hulle weet dat hulle soos die duif wat Noag uitgestuur het, weer sal terugkeer. Aan die einde van die bundel neem die duiwedanser 'n onheilspellende gedaante aan, en die verteller besin oor die ligtheid en kortstondige vreugde van die reis, soos 'n donsveer wat in die wolke weggeblaas word.

vetseun
Wat Die Water Onthou / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193539
ISBN: 9781869197841

In hierdie bundel word verskillende vorms van water en die verband wat water met die mens het, verken: die see, riviere, mis, wolke, ys, wasem. Water is nie alleen die voorwaarde vir die bestaan van lewe nie, dit is die oerbron waaruit lewe ontwikkel het. Soos vloeiende water loop 'n verskeidenheid temas deureen in die bundel en word water juis 'n beeld van die veranderlikheid en onvastheid van dinge, gevoelens en idees. 'n Aantal reekse help die leser egter om afbakenings te kry: "die heiligheid van water" het sterk religieuse ondertone; in "die geduld van water" word ondersoek hoe waterverfskilderye iets van die vloeiing van kleure en beelde kan vasle; in "Tema met veertien variasies" word vaste grond en vloeibaarheid gekontrasteer en in "Posisies op 'n bord" word die mens se terughunkering na die water waaruit hy gekom het, vergelyk met 'n skaakspel wat onverbiddelik voltrek word. Die bundel vra konsentrasie, maar talle pragtige reels in die bundel maak die lees die moeite werd: Louis Esterhuizen het agt al digbundels gepubliseer.

vetseun
Sloper (Digbundel) / (eBook) . 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191863
ISBN: 9781869198282

Die digter ondersoek die slopingsproses wat op sowel fisiese as emosionele vlak voltrek word. Dit affekteer onder andere huise en tuine maar ook menslike verhoudings en die kort bestek van die mens se lewe. Die tou is hier 'n betekenisvolle simbool wat hede en verlede verbind. Teenoor aftakeling en afslyting staan die herstel van die gees in menslike verhoudings, groei, die behoud van herinnering en beweging deur ruimtes en ervaring om nuwe moontlikhede oop te maak.

vetseun
Versindaba 2005 (Digbundel) . 2005 PROTEA BOEKHUIS
saamgestel
ISBN: 9781869191252

Hierdie uitsonderlike bloemlesing bestaan uit enkele verse van twintig gevestigde en gepubliseerde digters wat aan die eerste Versindaba gaan deelneem.

vetseun
Liefland (Digbundel) . 2004 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190729

Liefland is in vyf afdelings verdeel. Reeds heel in die begin lees ons "Onthou die aarde nog die krag/ wat dit gevorm het/ die berge, onthou die berge/ die lawa/" en die vers sluit later af met die woorde "Onthou die liefde die niks". Die digter skroom nie om verskillende fasette van ons land en die tyd waarin ons woon te ontgin nie, of dit gaan oor die vrou wat sterf langs die pad, 'n moord op Bitterfontein, 'n kind wat deur bendes geskiet word in Waterbergstraat, bergies of straatkinders, 'n bom wat ontplof.

vetseun
Opslagsomer ............. 2001 HUMAN & ROUSSEAU

1997 - Patzers (HUMAN & ROUSSEAU)
1996 - Die onderwaterweg: 'n versroman (HUMAN & ROUSSEAU)
1988 - Op die oog af (HUMAN & ROUSSEAU)
1986 - Stilstuipe (HUMAN & ROUSSEAU)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )