Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Louise Prinsloo (Prinsloo, Louise)
vetseun
Gedaantes en Geraamtes: Omnibus . 2007 HUMAN & ROUSSEAU

"Die eerste van twee omnibusse van Louise Prinsloo se gewilde spookstories in die gedaantes en geraamtes-reeks. Teks is ten volle hersien en lesers behoort van nuuts af aan die drie vriende, Wikus, Karel en Giepie se spookavonture te geniet." - kalahari.net

vetseun
Oupa Daan laat sy kierie staan . 2007 LUX VERBI
redakteur, Annake Muller

"Oupa Daan is 'n kleurryke figuur wat sy kleinkinders Albert, Karin, Coert en Wanda se lewe verryk. Hy speel speletjies, maak rympies, inspireer en motiveer. Maar dan word Oupa Daan siek, gaan hospitaal toe en sterf. Die kinders is hartseer, want hoe nou gemaak? Maar gelukkig tog vir Oupa se geliefkoosde versies!" - kalahari.net

2004 - Gekruisde lyne, radiodrama - Louise Prinsloo (Radio Sonder Grense)
2003 - Oupa Jaans; Ek sien jy eet nog met 'n outydse houtlepel

vetseun
Gedaantes en Geraamtes #8 - Spookhuis by die See . 2003 HUMAN & ROUSSEAU

"Spookhuis by die see speel af in die skilderagtige omgewing van Mosselbaai. Wikus, Karel en Giepie kuier vir Paasnaweek saam met Giepie-hulle se familie. Maar omdat die groot huis tot oorlopens toe vol mense is, moet die seuns in die ou houthuis aan die rant van die dorp gaan slaap. Dis hier waar snaakse dinge begin gebeur. Wikus hoor en sien eienaardige goed wat die ander twee nie kan nie. Is hy besig om hom alles te verbeel, of is hulle rêrig met vakansie in 'n spookhuis by die see. Hierdie lekker spookstorie is propvol raaisels, geheimsinnige legendes en selfs interessante feite oor die omgewing waar dit afspeel. Dit is die agste boek in Louise Prinsloo se Gedaantes en Geraamtes-reeks." - storiewerf.co.za

2002 - Annerlike Goeters (LAERSKOOL LYNNWOOD JONG SKRYWERS VERENIGING)
2001 - Frimmels en Frommels (LAERSKOOL LYNNWOOD JONG SKRYWERS VERENIGING)
2001 - Ta' Koba hoorspel (Radio Sonder Grense)

vetseun
Gedaantes en Geraamtes #7 - Dwaalgees van Duiwelskantoor . 1999 HUMAN & ROUSSEAU/TAFELBERG

"Die sewende boekie in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Wikus en sy maats is hierdie keer op 'n graad nege-geskiedenistoer in Mpumalanga. Hulle word ingedeel in die groep wat Kaapschehoop toe gaan. Dit is 'n afgeleë plekkie wat eens op 'n tyd Duiwelskantoor geheet het. Sommer al op pad soontoe kom Wikus agter iets is nie pluis in die omgewing nie. By die ou NAZM-tonnel by Watervalboven sien hy 'n man op 'n perd wat vir hom verdag lyk en dit laat sy hare rys. Op Kaapschehoop aangekom, lyk alles aanvanklik normaal, maar dit is eers toe hulle die aand in die ou Royal Hotel gaan slaap, dat die poppe begin dans . . .
Soos met al haar vorige boeke in die reeks, skryf Louise Prinsloo weer 'n lekker spookstorie vir jong lesers, en toon sy haar besonderse vernuf in hierdie genre." - storiewerf.co.za

1999 - Nag van Afrekening (LAERSKOOL LYNNWOOD JONG SKRYWERS VERENIGING)
1998 - Gedaantes en Geraamtes-reeks #6 - Skimme van Gister (TAFELBERG)
1998 - L Kaptein Patrana en die Spookskip (LAERSKOOL LYNNWOOD JONG SKRYWERS VERENIGING)
1997 - Moord in die lang gras (LAERSKOOL LYNNWOOD JONG SKRYWERS VERENIGING)

vetseun
By die Lêplek van die Leeus . 1997/2003 VAN SCHAIK

'"Duduzile steek haar voete in die nuwe skoene en stap oor die drumpel. Sy haal diep asem toe sy die oranje-wit-en-blou vlag in die ingangsportaal sien hang met 'n geraamde foto van FW de Klerk daarby. Sy voel die bang om haar hart vou. Nou het sy by die lêplek van die leeus aangekom ... "

Met haar toelating tot die arbeidsterapiekursus by die universiteit, leer Dudu 'n nuwe wêreld ken - ver weg van Sebokeng en ouma Thandi, ver van die mank Alfred wat deur die heks getoor is en nie naby ander mense mag kom nie, ver van haar Pule wat met sy eie hande vir haar 'n karos gebrei het, dié karos wat die dooies een aand in Atteridgeville se parkie by haar gesteel het.

Haar nuwe wêreld is in talle opsigte tegelyk aantreklik en verwarrend ..."' - kalahari.net

1997 - Skaduwee op Siwet
1997 - Die osiris-raaisel (Gedaantes en geraamtes) (HUMAN & ROUSSEAU) (TAFELBERG)
1996 - Droomkamer op Donkerhoek (Gedaantes en geraamtes) (HUMAN & ROUSSEAU) (TAFELBERG)
1996 - Skaduwee op Siwet (Gedaantes en geraamtes) (HUMAN & ROUSSEAU) (TAFELBERG)
1996 - Moord in Murasielaan (LAERSKOOL LYNNWOOD JONG SKRYWERS VERENIGING)

Gedaantes en Geraamtes #2
vetseun
Die Stem in die Trommel . 1995 HUMAN & ROUSSEAU/TAFELBERG

"Die tweede boek in die reeks: Gedaantes & Geraamtes - lekkerlees spookavontuurverhale.
Wikus, Karel en Giepie gaan na Jongensfontein naby Stilbaai saam met Wikus se oom. Een aand tydens springgety gaan haal hulle mossels op die verste rotse omdat die water so ver teruggetrek het. Daar ontdek hulle 'n ou seemanstrommel wat tussen die rotse vassit. Met groot gesukkel kry hulle dit los en neem dit saam. Maar toe begin die vreemdste dinge gebeur!
Jong lesers tussen 10 en 12 sal kwalik kan wag op die volgende boek in die reeks!" - kalahari.net

Gedaantes en Geraamtes #1
vetseun
Die Geheim van Groukatlaagte . 1995 HUMAN & ROUSSEAU/TAFELBERG

ATKV-toekenning vir jeuglektuur
"Die eerste boek in die reeks: Gedaantes & Geraamtes - lekkerlees spookavontuurverhale met dieselfde drie karakters - Wikus, Karel en Giepie. In die verhaal gaan hulle kuier op 'n Karooplaas waar Wikus, 'n "spookkenner", vreeslik nuuskierig raak oor die gerugte dat daar 'n gees ronddwaal in 'n verlate huis op 'n naburige plaas. Wikus wil die geheim van die spook oplos, maar die speurtog lei tot 'n paar onheilspellende en grillerige oomblikke ... " - kalahari.net

Jong lesers tussen 10 en 12 sal kwalik kan wag op die volgende boek in die reeks!"

1994 - Spooknag by Kimberley (LAERSKOOL LYNNWOOD JONG SKRYWERS VERENIGING)
1991 - 1994: Gedaantes en Geraamtes
1990 - Miempie/Mimi (DAAN RETIEF UITGEWERS UITGEWERS) (TAFELBERG)
1985 - Die Lizettereeks: Lizette en die Tandmuis (TAFELBERG) (WATERKANT UITGEWERS)
1984 - Wanneer dit Moeilik gaan - bemoediging in krisistye (NG KERK UITGEWERS) (TAFELBERG)
1984 - Die Lizettereeks: Lizette en die Kapokkies (TAFELBERG) (WATERKANT UITGEWERS)
1983 - Die Lizettereeks: Lizette en die Silwerbeker (TAFELBERG) (WATERKANT UITGEWERS)
1982-1983: Dertien Apostels van Jesus met Paulus as die dertiende apostel, Louise Smit-produksies, TV
1981 - Kinders uit die Bybel (TV1)
1981-1983: Ligstraaltjies, TV, vertaal, Boeke-ateljee
1978-83 - Saulus van Tarsus (Transwêreld Radio)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )