Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Louisa du Toit (Du Toit, Louisa)
vetseun
Omnibus 7 .................. 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624057864

In Talmende tuiskoms verlaat Irma die huis om van haar onhoudbare stiefma, Matilda, weg te kom. Dan ontvang sy een oggend op kantoor 'n oproep wat so ernstig is dat sy geen ander keuse het as om na haar ouerhuis terug te keer nie . . . in veel moeiliker omstandighede as toe sy daar weg is.
In Liefie besluit Liefie Hugo, ná die dood van haar moeder, om haar lewe te wy aan die grootmaak van haar suster en broers. Deur die jare moet sy ook sorg dat hul kleinhoewe nie ten gronde gaan nie. Dan breek die dag egter aan dat die ou bestel begin wankel . . .
En in Waar is die kleure heen? stel Meyer Bronkhorst ná Laura se verraad, boonop met sy eie broer Piet, nie meer in vroue belang nie. Hy wy sy lewe aan sy eksentrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar dan daag 'n vreemdeling onverwags op Sederburg op en gooi sy vreedsame bestaan omver.

vetseun
Omnibus 6 / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054818
ISBN: 9780624054825

Dryfhout is die aangrypende verhaal van 'n jong onderwyseres wat in 'n maalstroom van emosies beland. Petro en Danie het reeds op laerskool gekys geraak. Aan haar gevoel vir hom twyfel sy nie, en hulle brand om te trou. Daar ontstaan egter 'n sterk, wedersydse aanvoeling tussen haar en haar nuwe skoolhoof, Louis Paulter In Gesig van die lewe word liefde, eensaamheid en wanaanpassing op eienaardige maniere openbaar in die losieshuis van Sarah Bird. Want waar kom sulke dinge beter aan die lig as wanneer 'n groep mense onder een dak saamgegooi word?
En in Uur van die pêrel keer Brenda en Nico terug na Suid-Afrika nadat hulle op 'n oorsese toer ontmoet en verlief geraak het. Haar nuwe tuiste is Nico se mielieplaas, Mooifontein. Maar nou begin hulle mekaar eers wérklik ken . . . en probleme begin toenemend in die verhouding opduik.

vetseun
Omnibus 5 / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052821
ISBN: 9780624053705

In 'n poging om te ontsnap uit die knellende bestaan van armoede en sosiale isolasie wat haar ouerhuis kenmerk, kom Elna Osman in Skepe in die nag voor brandende kwessies te staan. In Die huis langsaan verhuis Luther Luyten na Beukendal om veral die beeldskone Rhoda Baird vanuit Kaapstad agterna te lok sodat sy onder haar skatryk ouers se invloed kan uitkom. Dan ontmoet hy die ewe mooi Trix wat bedags verpleeguniform dra en in die nag kitaar speel. In Soetendal se mense beskou Duif hom as immuun teen vroue - sy voete word egter onder sy lyf uit geslaan deur 'n nuwe hoewel verbode liefde. Juis in hierdie tyd word hy opgespoor deur iemand uit sy verlede. En in Die goue vuur aanvaar Bien Rademan 'n onderwyspos op Kloofdal. Maar wat vir haar 'n toevlug moes wees, word 'n situasie van misverstand en verstrengelde verhoudinge. Het sy 'n fout gemaak om hierheen te kom? En hoe lank sal sy nog haar hart se diepste hunkering kan verloen?

vetseun
Omnibus 4 / (eBook) . 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624048701
ISBN: 9780624049494

In Agter toe vensters word Erika se verhouding met Nico gekompliseer deur haar skandalige familie. En boonop verskyn haar vorige geliefde op die toneel...In Die wakende droom verloor Nelia haar moeder in dieselfde ongeluk waarin haar tant Bettie en nig Kotie ernstig beseer word. Omdat sy die motor bestuur het, voel Nelia aanspreeklik. En dan is daar boonop drie mans wat om haar liefde wedywer.In Die gras sal weer groei ontmoet Wilma die aantreklike dokter Bertho Rode, en skielik begin sy wonder oor haar en Chris se huweliksplanne...En in Dwaallig vir sterre moet Frans kies tussen twee vroue: rykmansdogter Vicky is 'n vlam wat hom kan vernietig, terwyl Marietjie, ondanks haar geheime verlede, vir hom 'n bron van rus is. Wat is dwaallig, en wat is sterre?

vetseun
Omnibus 3 (eBook) ........ MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624050285
ISBN: 9780624049777

Die juigende oes, Omdat die wind alleen is, By die fontein van Soblou en Ver lok die ligte In Die juigende oes loop Ryno, nuwe proponent op Kempville, hom vas in die aweregse pastoriekind Naomi. Sy wek by hom 'n vreemde deernis, so anders as dít wat hy vir sy huidige lewensmaat voel . . .Omdat die wind alleen is vertel die verhaal van Hermien wat haar eie brood wil verdien, self wil besluit oor haar voorkeure en afkeure. En vir dié enigste dogter van die ryk Jacques Malan voel dit of sy oopoë inloop in 'n huwelik waaroor sy bedenkinge het.In By die fontein van Soblou gaan Anja Maasveld terug skool toe ná 'n afwesigheid van 'n jaar. En sy voel verspot in die skoolrok; haar bene is te wit, haar gesig te ryp. Maar sy is nie die enigste nuweling nie - daar is ook mnr. Rudolf Brummer, Afrikaans-onderwyser, vars uit die universiteit. En baie, baie aantreklik . . .In Ver lok die ligte woon Marien Tromer by haar ma en stiefpa in 'n verwaarloosde huis. Die nuwe buurman, dokter Deneys Bergen, is iemand wat sy beter sal wil leer ken, maar sy verloofde, Morag, beskou uit die staanspoor vir Marien as 'n bedreiging.

vetseun
Omnibus 2 (eBook) ............... MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051985

Die verhale in hierdie omnibus is Anderkant die winter, Hoog brand die oesvuur, Dans van die seekat en Onrus op Rus-en-Vree.
Ná die dood van sy vrou vlug Max na die klein dorpie Oskop. Spoedig bevind hy hom in 'n liefdesdriehoek. Anderkant die winter is 'n warm, menslike verhaal. Hoog brand die oesvuur: Een aand klop 'n vrou aan Vicky se deur en vertel haar dat sy eintlik die eggenoot is van Frank Jorissen, Vicky se kêrel. Om weg te kom, gaan Vicky Kalahari toe waar sy sorg vir Mienta Vermolen, 'n halfinvalide. Maar dan vind Frank Jorrisen uit waar sy haar bevind. . . In Dans van die seekat aanvaar Leonie 'n pos as musiekonderwyseres om sekerheid te kry oor haar belofte om met Nols Blommeart te trou. Alles is egter nie maanskyn en rose by die hoërskool nie. Sy voel vreemd aangetrokke tot Eddie Faber, wat so anders is as Nols. Nols kom onverwags kuier en sy nuus stuur haar lewe in 'n nuwe rigting. Christa het alles: 'n fantastiese pos en die liefde van haar baas se seun. Maar sy bly soekend. Haar vriendin raai haar aan om Rus-en-Vree toe te gaan en daar kry Christa alles behalwe rustigheid. Onrus op Rus-en-Vree is 'n liefdesverhaal vol intrige en spanning.

vetseun
Omnibus ..................... 2007 TAFELBERG
ISBN: 9780624045236


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)