Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Loftus Marais (Marais, Loftus)
vetseunvetseun
Kry My by Die Gewone Plek Aguur . 2012 TAFELBERG
ISBN: 9780624056461

Loftus Marais se tweede bundel is meer as 'n waardige opvolger vir sy buitengewone debuut. In 2008 het hy met Staan in die algemeen nader aan vensters nie minder nie as vyf letterkundepryse gewen, en die rede vir hierdie fenomenale erkenning is straks te bespeur in die selfversekerdheid van die digterstem in die nuwe bundel - die gevoel van trefsekerheid wat gewek word deur die beheer van struktuur, ritme en formulering. Soos die titel aandui, is dit gedigte oor Kaapstad, of wat deur hierdie spesifieke stadsruimte geïnspireer is. Dit is dan ook poësie wat die vele fasette van die stad verbeeld, van 'n argitektoniese finesse tot 'n onderwêreldse rommeligheid. Die leser kan hier 'n digtersoog volg wat ingestel is op die fynste kanteling van lig en stemming - 'n begerende oog waarvan die sensitiwiteit gevoed word deur 'n ewige hunkering. En wat jou keer op keer beïndruk van Loftus Marais se poësie is hoe sy oog jou lei van indruk tot iets wat die allure het van 'n fundamentele insig.

vetseun
Staan in die algemeen nader aan vensters (Digbundel) . 2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624047254

In hierdie debuutbundel word die vier aparte leefruimtes van 'n sprekerstem poeties ontgin. Die studentedorp, die voorstad, die stad en ook die platteland word op soms speelse, soms intieme wyses ondersoek, en die verweefdheid van ruimte en identiteit word stadig aan die leser uitgele. In al hierdie ruimtes is die grootste bindende faktor die alomteenwoordigheid van kuns, en dan spesifiek die blik van die digter. Maar dit is nie 'n eenheidsbundel in die tradisionele sin van die woord nie. Hier word juis teen die poetiese tradisie gerebelleer, terwyl daar tegelykertyd 'n waardering van klassieke invloede is. Staan in die algemeen nader aan vensters is 'n bundel vol komplekse energie. Marais speel met stemme by tye liriese en wrang, somber en snaaks, nostalgies en hiperkontemporer: van 'n herbeskrywing van die poeties-geykte Karoo-landskap tot die skyn-tragiese mymerings van 'n tuindwerg. Hierdie is jong, oorspronklike verse wat die alledaagse op sterk beeldende maniere met betekenis en betowering laai.


skakels :








2012 08 16 - Zapiro En Die Digters, Klein Libertas Teater, Jonathan Shapiro in gesprek met Marlene van Niekerk. Met die vitrioel van Loftus Marais, HemelBesem, Rimestein, Krog, Odendaal, Slippers, Different, Schaffer En De Kock, 19:00 - Aangebied deur die Departement Afrikaans En Nederlands
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)