Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Linda Rode (Rode, Linda)
vetseun
In Die Nimmer-Immer-Bos . 2009 TAFELBERG
Illustrasie: Fiona Moodie
ISBN: 9780624047674

Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos waar 'n durende wêreld van stories op lesers, jonk en oud, wag.
Hier is sestig verhale, byeengesoek en oorvertel deur sprokiesliefhebber en samesteller van kinderboeke Linda Rode.
Die verhale is só beplan dat die kleintjies vir wie daar voorgelees word, sowel as ouer kinders wat self lees, ewe veel plesier aan die boek sal hê. Dis 'n omvattende bundel wat die kind se belewing van die wye wêreld van sprokies en ander folklore sal verruim. Kort brokkies kommentaar aan die einde van elke storie dui die lande van oorsprong aan en plaas die verhale uit Afrika, Europa, die Ooste en ander wêrelddele in konteks met mekaar.
Fiona Moodie is internasionaal bekend as illustreerder. Haar evokatiewe illustrasies is droënaaldetse wat met die hand gedruk en daarna geverf is - 'n moeisame proses wat meer as twee jaar geverg het. Die resultaat is betowerend en maak van die boek 'n kunsskat vir elke kind wat bevoorreg genoeg is om dit te ontvang.
Ook verkrygbaar in Engels: In the Never-Ever Wood.

vetseun
Dans met armmansdogter (vertaal Pamela Jooste) . 2008 UMUZI

Met sy publikasie tien jaar gelede in die oorspronklike Engels was hierdie boek uit die staanspoor 'n blitsverkoper, en die ontvanger van vele bekronings. Nou in sy Afrikaanse vertaling deur die bekroonde Linda Rode kom die boek tuis in eie taal en is die belewenis so intens soos altyd - en is dit beskikbaar vir 'n hele nuwe geslag en leserspubliek.
Deur die skerp dog liefdevolle oë van die elfjarige Lily beleef ons die lief en leed van 'n bruin gemeenskap waarvan die bestaan deur die owerheid van die tyd bedreig word.
"Onse hele huis," vertel sy, "is vol vroumense: my ouma, my antie Stella en ek. Sis wat ek skryf en dan dink ek eers weer 'n bietjie voor ek die volgende stukkie skryf oor ons familie se mans, wat maar taamlik nikswerd is."
Haar ma is glo met met die trein vort Kimberley toe om te gaan probeer wit wees. En dis toe die beeldskone, woedende moeder van Lily van terugkeer om geregtigheid vir haar familie te soek dat die storie van haar verlede - en haar toekoms - tot uitbarsting kom.
Hy laat hom egter nie so maklik van stryk bring nie - 'n vark maak 'n plan - en op die ou einde is die boewe in die tronk waar hulle hoort en Grobbelaartjie die held van Velskoendorp.
Prozesky skep 'n fantasiewêreld waar dier en mens saam kan boer en waar 'n bosvarkie 'n reuseverskil kan maak. Die volwasse leser sal die tong-in-die-kies sosiale kommentaar waardeer, terwyl jonger lesers hulle sal inleef in die asemrowende avonture van dapper Grobbelaartjie. - graffitibooks.co.za

2001 - Stroomversnelling - Linda Rode & Jakes Gerwel

vetseun
Goue Lint, My Storie Begint: Voorleesverhale En Verse Vir Kleintjies . 2000 TAFELBERG
illustrasie, Alida Bothma

vetseun
Ek, 'n Lewende Pyl ...... 1998 KWELA
- Jong Suid-Afrikaanse Skrywers 2
Saamgestel, Hans Bodenstein; Linda Rode
ISBN: 9780795700774

Dié bundel met kortprosa en poësie deur hoërskoolleerlinge in Graad 11 en 12 bied 'n onbevange blik op die wêreld van jong Suid-Afrikaners. Netelige kwessies - onder meer dwelms, rassisme en geweld - word by die naam genoem. Hoewel die bundel as geheel spreek van nugterheid, soms selfs ontnugtering, is daar ook bydraes waarin liefde, hoop en die warmbloedighied van jonk-wees die leser oorrompel.
Ek, 'n lewende pyl is die tweede bundel in die reeks Jong Suid-Afrikaanse Skrywers van Kwela Boeke. Dit bied 'n keur van skryfwerk deur senior leerlinge van oor die hele land, uit plattelandse sowel as uit stedelike omgewings. So word die stemme van jongmense met uiteenlopende agtergronde en ervaringsvelde byeengebring. Sommige bydraes is uit Engels en Xhosa vertaal, sodat dié bundel werklik verteenwoordigend is.
Wat ander sê:
"Direk, intiem, soms uiters persoonlik, maar bowenal eerlik." Beeld"Vars bundel met lewensbeskouings en ideologieë uit verskillende krale." Rapport Ook beskikbaar in Engels as I, a living arrow.

vetseun
Keerpunt (Kortverhale) . 1995/1998 KWELA
- Stories vir 'n nuwe Suid-Afrika
saamgestel, Linda Rode; Jakes Gerwel

'n Boeiende tydsdokument wat die merkwaardige oorgang in SA verwoord: "This is fiction as immediate as a smoking gun and autobiography as urgent as the confessional. It has the documetary veracity of country undergoing rapid change. It evokes a certain time, a special place, a specific memory," sê Sunday Independent.
Keerpunt bring ses-en-twintig nuwe stories deur bekende sowel as nuwe skrywers byeen, met 'n voorwoord deur mede-samesteller Jakes Gerwel, voormalige rektor van UWK en Direkteur in die Kantoor van die President. Linda Rode, die ander samesteller, is reeds verskeie male bekroon vir haar versamelings, o.a. Stories Suid van die Son.
Keerpunt fokus op jong mense se ervarings te midde van die verreikende veranderinge in SA vandag; daar is ernstiger en ligter verhale; politieke sowel as suiwer menslike verhale. Die spektrum van skrywers is so verteenwoordigend moontlik; aspekte van die ervarings van haas elke sosiale sektor is verwoord en Keerpunt slaag daarin om die tradisionele skeiding tussen taal- en kleurgroepe in die land oorbrug. Gesamentlik gee die verhale 'n beeld van die uiteenlopende ervarings van jong mense voor, tydens en na die ingrypende verkiesings van April 1994. 'n Belangrike boek, wat mooi afgerond is en aangevul word deur foto's en CV's van elkeen van die skrywers.
Keerpunt is ook in Engels beskikbaar as Crossing Over.

1987 - My Groot-Groot Storieboek (Vertaling: Alba Bouwer, Linda Rode) - Richard Bamberger


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )