


















Dr. Linda Friedland (Friedland, Linda)

Ag, Ma, Whatever! ...... 2013 TAFELBERG
- Selfone, Neusringe En Ander Tienerkwessies
ISBN: 9780624057222
Moet dit altyd 'n nagmerrie wees om tieners groot te maak? Is daar 'n regte manier om dit te doen? Hoe kom ons deur hierdie moeilike tydperk sodat ons kan verseker dat ons kinders op die regte pad na volwassenheid kom?
Hierdie boek is 'n praktiese en insiggewende gids oor hoe ouers die uitdagings kan hanteer van hierdie komplekse fase in hulle en hul kinders se
lewens. Ouers moet leer hoe om goeie rolmodelle te wees vir hul tienerkinders. Vind uit hoe om 100 belangrike kwessies te hanteer.
Onder andere:
Kommunikasie probleme
Drank en dwelm misbruik
Seks en verhoudings
Slegte maniere en ongeskikte gedrag
Pornografie
Slegte prestasie op skool
Bederfde kinders
Eetversteurings
Internet en selfone
Gerusstellende raad van 'n mediese dokter en ma van vyf kinders.

Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid . 2011 TAFELBERG
ISBN: 9780798151115
Omvattende familie gesondheidgids is 'n volledige en toeganklike gids wat die hele gesin se gesondheid bespreek. Dit bevat: strategiee om siekte te voorkom, algemene siektes, kindergesondheid en kindersiektes, mans se gesondheidsprobleme, vroue se gesondheidsprobleme, noodhulp en trauma. Dr. Friedland gee voorkomende wenke, beskryf simptome en bespreek behandelingsopsies vir verskillende siektes.

Omvattende Vroue Gesondheids Gids . 2008
ISBN: 9780624046028
Hierdie boek bemagtig jou met omvattende mediese kennis in verstaanbare taal. Die Omvattende Vrouegesondheidsgids dek elke aspek en fase van 'n vrou se lewe:
Die veranderinge wat jou liggaam deur die jare ondergaan en die beste gesondheidsopsies vir elke lewensfase, van puberteit dwarsdeur jou vrugbare jare tot die menopouse en daarna.
- Hormonale gesondheid, met inbegrip van voorbehoedkeuses, swangerskap, menopouse en HVT.
- Die belangrikste gesondheidsgevare vir vroue, onder meer kanker, depressie en diabetes.
- Algemene mediese toestande by vroue soos allergieë, nierprobleme, rugpyn, oorgewig, spatare, en - skildklierprobleme.
- Teenveroudering - is liggaamlike agteruitgang onvermydelik?
- Verduidelikings van alle ondersoeke en prosedures.
- Vrae aan jou dokter vir ingeligte besluitneming.
- Plastiese chirurgie.
Bowenal is dit 'n boek oor hoe om siekte te voorkom en ingeligte lewenstylkeuses te maak wat jou blakend gesond en vol lewenskrag sal hou.
skakels :