Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Lina Spies (1939-) (Spies, Lina)
vetseun
Die Skyn Van Tuiskoms / (eBook) . 2010 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798151443
ISBN: 9780798153751

Lina Spies se debuutbundel, Digby Vergenoeg (1971), is destyds bekroon met sowel die Ingrid Jonker- as die Eugène Marais-pryse. Hierdie keur is 'n erkenning en bevestiging van 'n belangrike en beleë digterskap wat oor byna 40 jaar strek. Lina Spies skryf 'n gedig wat onmiddellik as haar eie geëien kan word. Sy skryf 'n persoonlike liriek met sterk biografiese inslag waarin onder meer familiefigure en jeugherinneringe sterk figureer. Die agttal bundels bevat benewens verse oor die liefde, reis, godsdiens, en 'n verknogtheid aan die aarde en aardse, ook verse oor kuns en figure (dikwels kunstenaars) met wie sy 'n sterk verwantskap voel en in wie se nood sy haar eie kan verreken. Sy skryf ook (naas Ingrid Jonker) van die mooiste liefdesverse in Afrikaans: van die stralende ontdekking van nuwe liefde tot die ontgogeling en ontnugtering van afskeid.
Die keuse van gedigte uit haar agt digbundels is gemaak deur die digter Johann de Lange.

vetseun
Tydelose Gety / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193836
ISBN: 9781869196493

In Tydelose gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg "bo alles wat vals is en stereotiep". Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog 'n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan 'n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom. Vir Spies is daar geen twyfel nie dat die Afrikaanssprekende nog 'n plek in Suid-Afrika het en hier sinvol en gelukkig kan lewe. Die beheerste lewensvreugde van die laaste verse spreek van 'n oorwoenheid en soberheid wat aan Elisabeth Eybers se laaste gedigte herinner. Vir die eerste keer neem Spies ook enkele vertaalde gedigte in 'n bundel op waardeur sy 'n bydrae lewer tot die bekendstelling van wereldpoesie in Afrikaans. Lina Spies is 'n bekende en geliefde Afrikaanse digter en haar gedigte word gereeld vir skole en universiteite voorgeskryf. Sy skryf ook gereeld bydraes oor die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde vir By, die Saterdagbylaag van Die Burger, Volksblad en Beeld.

vetseun
Die Agterhuis (vertaal, Anne Frank) . 2007 PROTEA BOEKHUIS
Vertaling: Lina Spies
ISBN: 9781869191887

Die tragiese lewensverhaal van die Joodse meisie Anne Frank en die dagboek wat sy tussen Junie 1942 en Augustus 1944 bygehou het, is wereldwyd bekend.
Op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, kry Anne 'n geruite dagboek met 'n slotjie present - 'n geskenk wat sy self uitgesoek het en wat met verloop van tyd 'n sentrale rol as klankbord en vertroueling in haar lewe begin vervul. Wanneer die vervolging van Jode ook in Nederland te erg raak, soek die Frank-gesin saam met ander 'n Joodse gesin skuiling in kamers agter die kantore van die onderneming waar Otto Frank gewerk het. In haar dagboek skryf Anne wat die gesin ervaar, lewer sy kommentaar oor die dikwels gespanne verhoudings tussen die lede van die twee gesinne in die beknopte omstandighede en doen sy ook verslag oor die gewaarwordinge en gevoelens van 'n jong meisie in uiters moeilike omstandighede. Die dagboekinskrywings word in Augustus 1944 gestaak toe die "onderduikers" aan die Nazi's verraai is en almal na Duitse konsentrasiekampe gestuur is. Otto Frank het die konsentrasiekamp oorleef, Anne se dagboek weer opgespoor en dit laat publiseer. Sedertdien is dit uit Nederlands in vele tale vertaal. Lina Spies is met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir vertaalde werk bekroon vir haar uitmuntende omskakeling van die Nederlandse bronteks na suiwer, sprankelende Afrikaans.

vetseun
Duskant die einders (Digbundel) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798144063

Liefhebbers van Lina Spies se poësie sal in haar nuwe bundel van die bekendste temas in haar werk terugvind: reis, herinnerings, skilderkuns, liefde, die "spanning" tussen Nederland en Suid-Afrika.
Die visuele element in haar werk is nog sterker en daar is ook 'n nuwe, ironiese kyk op institusionele godsdiens. Die "blik op dinge" is nou "verder" en meer beleë, soos die titel suggereer - van die kleinste tot in die oneindige, die ewige in.
Aangrypende, leesbare gedigte.Duskant die einders is Lina Spies se eerste bundel sedert Die skaduwees van die son, wat in 1998 verskyn het. - graffitibooks.co.za

2002 - Die skaduwee van die son

vetseun
Sy sien webbe roer (Digbundel) . 1999 HUMAN & ROUSSEAU
saamgestel
ISBN: 9780798139052

'n Keuse uit die mooiste gedigte van ons Afrikaanse vrouedigters, saamgestel deur die bekende digter Lina Spies. Die klem val hoofsaaklik op die vroue se verhouding tot die natuur.

vetseun
Majesteit, die kat (Digbundel) . 1998 QUEILLERIE
ISBN: 9781874901723

Lina Spies, bekroonde digteres en beroemde katliefhebber, het haar gunsteling-gedigte en -verhale oor katte versamel, en 'n aantal kunstenaars gevra vir illustrasies. Die resultaat is hierdie volkleurboek met bydraes deur veertig skrywers en digters en elf kunstenaars. Altesaam 74 lofliedere op die katgeslag.
Spies sluit verskeie van haar eie mooiste katgedigte in. Soos ook in die ander juwele van o.m. Chris Barnard, Hennie Aucamp, Sheila Cussons, en Elisabeth Eybers ryklik toon, word die koninklikheid, komieklikheid, skoonheid en misterie van katte besing. Die boek is pragtig geïllustreer met tekeninge van bekende kunstenaars soos Cora Coetzee, Pieter van der Westhuizen, Jan Vermeiren en Piet Grobler.

1995 - Die enkel taak: die merkwaardige verwantskap tussen Elisabeth Eybers en Emily Dickinson (QUEILLERIE)
1992 - Hiermaals (HUMAN & ROUSSEAU)
1978 - Digby Vergenoeg (HUMAN & ROUSSEAU)
1972 - (Digby Vergenoeg) Eugène Maraisprys

vetseun KOOP/BUYKOOP/BUY
'n Skrywer by sonsopkoms (Hennie Aucamp 70)/CD-ROM . SUN E-SHOP
saamgestel, Lina Spies, Lucas Malan

"'n Skrywer by sonsopkoms. Op sewentig is Hennie Aucamp dit steeds in werk en lewe: 'n vroegopstaner met "'n kyk wat soos by sonsopkoms dinge uit die donker van die nie-bestaande wek tot 'n lewe-in-woorde".
Om hom te huldig op 'n leeftyd wat aldus nog altyd in die teken van die oggend staan, bring Lina Spies en Lucas Malan hier 'n sestiental essays, gedigte en geleentheidstukke oor die man en sy werk byeen. Die bydraers is vriende en kollegas wat Aucamp ken en vereer as die skepper van 'n veelkantige en immer vernuwende oeuvre, maar ook as 'n gewer by uitnemendheid." - SUN E-SHOP

ook op :
Die Lewensweg van Lao-Tse - Vesting


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )