


















Liesl Louw (Louw, Liesl)

Anderkant Timboektoe (Reis) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191634
Dink mens aan Wes-Afrika, dink jy aan woestyn en kamele, Bedoeïene en swaar tekstielweefstof, silwer juweliersware en stomende speserye. Tog is daar naas dié bykans mistieke idille-beeld mediaflitse van honger en armoede, politieke onstabiliteit en diktatorskap, vrees en verskrikking.
As vryskutjoernalis in Dakar kry Louw die geleentheid om lande soos Senegal, Togo, Ghana, die Ivoorkus en Burkina Faso nie net as "toubab" (Westerling) en toeris te besoek nie, maar kry sy ook glimpse van dié streek se hartklop: onreg, ongelykheid en onmag wat dekades ná die val van kolonialisme nog die vinger wys na Europese hebsug ... maar ook die kuns, die kleur en die ritme van 'n leefstyl so diep verweef met die waai van die wind, die skakerings van sandduine en die val van die Afrika-son dat dit byna anderkant Westerse woordeskat lê. Anderkant 'n eerste kyk. Anderkant Timboektoe. - graffitibooks.co.za
skakels :