Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Lien Roux-de Jager (Roux-de Jager, Lien)
vetseun
Gekoopte Leuens / (eBooek) . 2013 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799361407
ISBN: 9780799361711

Kalli Krynauw, die forensiese psigofisioloog wat lesers in Donker leuens leer ken het, is terug. Die teisterende drome ook, maar hierdie keer droom sy van bloed. Want daar is bloed, te veel daarvan. En lyke. En liefde.
Sy bevind haar in die skilderagtige boslandskap rondom Pelgrimsrus in 'n luukse vakansieoord, aanvanklik net as geselskap vir haar modelsuster, Madelein, wat die nuwe gesig van 'n bekende skoonheidsreeks is. Maar die oggend ná 'n spoggerige funksie by die oord het Madelein soos 'n groot speld verdwyn en Kalli word verdink dat sy iets daarmee te doen gehad het.
Is daar weer dwelms betrokke? En is dit steeds die kartelbaas Bololo se werk? Werk die polisie en die hof saam met die misdadigers of die slagoffers? Dit is wat Kalli met haar leuenverklikker in hierdie vasbytervaring moet vasstel. Maar soms is 'n leuenverklikker nie genoeg nie.
En hoe is Brink, die man wat steeds Kalli se hart in sy hande hou, by hierdie saak betrokke - hy met die staalblou oë, die kierie en die deursettingsvermoë wat vir niks stuit nie?

vetseunvetseun
Die doemprofeet ........ 2006 LAPA UITGEWERS

"Len en die groepie mense wat van die aarde af gevlug het, verken 'n planeet wat deur 'n eksentrieke ou man regeer word. Is die ysplaneet met sy vreemde bewoners 'n moontlike tuiste vir die aardlinge - of gaan dit hulle almal se einde beteken?" - LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Monsterduiwe ............. 2006 LAPA UITGEWERS
vetseun
"'n Gesuis laat hom opkyk. Dit fladder en fluit in die lug bokant geboue. Voëls! Die son blink op die grys vlerke toe die swerm 'n wye draai oor die fabrieke maak. Dis mooi! Len wil nie die voëls skrikmaak nie, maar steek onwillekeurig sy hand na hulle uit.
Dis asof die swerm 'n oomblik huiwer, dan duik hulle op hom af. Hul gesamentlike gewig is genoeg om hom teen die grond te slinger. Hulle krap en pik na sy kop. Hy probeer met sy hande keer, maar skree van die pyn toe hulle sy hande toetakel. Met 'n gesukkel kom hy orent, klap wild na die sagte, warm lywe om hom, ruik die stowwerige, vetterige voëlreuk.
So skielik as wat hulle gekom het, is hulle weg.
Len soek benoud in die lug rond. Hoog bokant die geboue maak die swerm 'n draai. Te laat besef hy hulle is op pad terug. Hy hardloop soos nog nooit tevore in sy lewe nie..." - LAPA UITGEWERS
"Die sestienjarige Len bly alleen agter op die ruimtestasie waar hy gebôre is, nadat 'n geheimsinnige siekte die res van die geselskap uitgewis het. Daar bly vir Len geen ander keuse oor as om na die Aarde terug te keer nie. Tot sy teleurstelling is die Aarde verlate en is daar geen teken van lewe nie. Of so dink Len... Wat volg, is 'n "op-die-punt-van-jou-stoel" avontuur waarin Len en die enkele oorlewendes op Aarde 'n oorlewingstryd moet voer teen monsteragtige kransduiwe en 'n gevaarlike motorfietsbende wat in een van die stede skuil. Wetenskapfiksie en gruwelboek in een!" - storiewerf.co.za

vetseunvetseun
Woestynvuur ................ 2006 LAPA UITGEWERS

"Len en die groepie mense wat van die aarde af gevlug het, beland op 'n vreemde woestynplaneetwaar twee stamme teen mekaar oorlog voer. Watter verrassings wag alles op die aardlinge - en sal hulle hierdie keer uiteindelik 'n tuiste vind?" - LAPA UITGEWERS


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )