Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Leopold Scholtz (Scholtz, Leopold)
vetseun
Die SAW In Die Grensoorlog 1966-1989 / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054085
ISBN: 9780624054092

Die SAW in die Grensoorlog bevat belangrike nuwe inligting uit dokumente wat sedert die einde van die oorlog in 1989 gedeklassifiseer is. Hieronder tel dokumente van die Staatsveiligheidsraad, die departement van buitelandse sake, die SAW en die Kubaanse en Sowjetse regerings. Dit werp lig op die Suid-Afrikaanse regering se oogmerke in sowel Angola as die destydse Suidwes, die SAW se strategie in die konflik en die oorgrensoperasies in Angola.
Scholtz het ook onderhoude gevoer met verskeie prominente oudoffisiere van die SAW en geput uit inligting uit die Kubaanse argiewe om so 'n volledig moontlike prentjie van individuele operasies te skets. Al die belangrikste operasies en veldslae van die oorlog word bespreek, waaronder Savannah, Reindeer, Sceptic, Protea en Moduler, asook die veldslae by Cassinga en Cuito Cuanavale.
Hierdie besprekings word aangevul deur aangrypende vertellings deur oudsoldate van die SAW wie se ervarings die afgelope dekade op webwerwe gepubliseer is. Scholtz kyk ook krities na die rol wat die Swapo en SAW- leierskap gespeel het.
Die skrywer vergelyk in die laaste hoofstukke die onderskeie partye, waaronder Swapo, die Angolese regering, die Kubane en die SAW se onderskeie doelwitte met die oorlog en in watter mate dit bereik is al dan nie. In die proses beantwoord Scholtz die vraag: Wie het die Grensoorlog gewen?

vetseun
Why the Boers Lost the War / (eBook) . 2005 PAL GRAE MACMILLAN
ISBN: 9781403948809
ISBN: 9780230513310

Why did the British win the Anglo-Boer War? Although there is truth in the simple statement that they were much stronger than the Boers, it does not explain everything. Therefore, the main focus of this book is to analyse the most important strategic and operational decisions made on both sides, and to measure them according to accepted modern military theory. It is shown that both the British and Boer war efforts were very haphazard at the beginning, but that both learnt as the war went on. In the end, the British got the Boers in a vice from which they could not escape.

vetseun
Generaal Christiaan de Wet as veldheer . 2003 PROTEA BOEKHUIS

Stil, broersdaar gaan 'n man verbyhy groet,en dis verlaas. Daar's nog maar één soos hy; Bekyk hom goed." As u nie weet nie, hierdie strofe kom uit 'n gedig van J.F.E. Celliers oor Christiaan de Wet wat hom in die volksherinnering laat voortleef het, as 'n byna mitiese held in die egte Germaanse tradisie. Want meer as enige ander Boeregeneraal was hy die verpersoonliking van Die Heldedom van die Afrikaner in die Tweede Vryheidsoorlog.
Hierdie merkwaardige verhaal oor hom [wat sy prestasies sowel as sy mislukkings beskryf] word uiters boeiend en toeganklik aangebied deur die geskiedskrywer Dr. Leopold Scholtz, wat ook adjunkredakteur van die Die Burger is. Vanaf Julie tot Augustus 1900 het Christiaan de Wet en sy 2000 tot 2500 man telkens die Britte se vangnet só vindingryk ontglip dat De Wet 'n legende geword het en besondere respek by sy vyande afgedwing het. Sy grootste stryd was uiteindelik teen homself toe hy by Vereeniging moes berus in die oorlog se bittere einde. Hoofstukke in die boek sluit o.a. in: Die vorming van 'n generaal; Veg en vlug; Die eerste dryfjag; Winter 1901; Vrede, ens. Daar is ook 'n volledige Bronnelys en Register. Die boek is lieflik uitgegee in hardeband met 'n pragtige tekening van die generaal in houtskool en sepia kleure, deur Tienie du Plessis. - graffitibooks.co.za

vetseun
Waarom die Boere die oorlog verloor het . 1999 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9780620241618

Die geykte antwoord, dat die Britte baie sterker as die Boere was, het die historikus nie tevrede gestel nie. Aan Britse kant is die strategiese en operasionele denke van die opperbevel al volledig beskryf. Die teorie van die krygswetenskap het intussen soveel ontwikkel dat die gebeure van 1899-1902 vandag in baie beter perspektief geplaas kan word. Aan Boerekant is die strategiese, taktiese en operasionele denke van die Boeregeneraals nog nooit volledig ondersoek nie. In hierdie werk van Scholtz word die strategiese en operasionele hoofmomente van die oorlog in die lig van die moderne krygswetenskap ontleed en 'n antwoord verstrek op die eenvoudige vraag waarom die Boere die oorlog verloor het.

1996 - Suid-Afrika en die nuwe wêreldorde (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne . 1984 RUBICON PERS/PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9780947006068

'n Boeiende beeld van krygsverrigtinge binne en buite Suid-Afrikaanse grense in die loop van byna 500 jaar. Hier is besielende verhale van moed en heldedom - maar ook verhale van broedertwis en verraad, met figure en gebeure so uiteenlopend soos die Boereoorlog en generaal Christiaan de Wet; Dan Pienaar in die westelike Sahara; Bob Rogers en kolonel Koos van Heerden en Taakmag Zulu.

vetseun
Vir Vryheid en vir Reg: Anglo-Boereoorlog gedenkboek .


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )