Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Leon van Nierop (Van Nierop, Leon)
vetseun
Plesierengel / (eBoek) . 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624064718
ISBN: 9780624064725

Tristan Hansen is 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie - die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?

vetseun
Ratels .......................... 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798159944

Ratels is 'n somerskool op 'n wildsplaas waar 'n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaarkom om oor hulself, die lewe en die natuur te leer. Dit raak aan alledaagse dinge soos korrupsie, dwelms, dobbelary, verhoudings, stropery en die algemene agteruitgang van die natuur.
Lekker lewendige relevante jongmens-denke en -taal. Dit is gebaseer op die super-gewilde reeks op RSG met die dieselfde naam, met baie humor, drama en interessante verwikkelinge.
Ratels is a summer school on a game park. This is where a few young people meet to learn more about themselves, life and nature. It touches on things like corruption, drugs, relationships, poaching and the general decline of nature.
The novel is based on the very popular Afrikaans series on RSG (SABC) - with lots of quirky humour, drama and complications.

vetseun
Snydokter / (eBook) ......... 2013
ISBN: 9780799359275
ISBN: 9780799359626

'n Bekende chirurg verdwyn soos 'n groot speld nadat 'n operasie op 'n bekende aktrise skeefgeloop het ... Van Nierop se vier en twintigste roman is die produk van Lapa en Etiket se Hoofkarakterwedstryd.
Renzo Hattingh is 'n snydokter, bekend vir sy operasies om mense weer mooi en jonk te laat lyk. En hy is so aantreklik dat hy vroue laat swymel. Nou het hy net verdwyn ... nadat 'n bekende aktrise met regstappe begin dreig het na 'n mislukte operasie. George,'n privaat speurder, en Monique wat by 'n reklameagentskap werk, is warm op sy spoor. Hulle kry naamlose elektroniese boodskappe wat na 'n blog verwys waarin kosmetiese operasies beskryf word. Maar hoe betroubaar is hierdie "leidrade"? Lei dit hulle nie juis op 'n dwaalspoor nie?

Snydokter revolves around the secretive plastic surgeon doctor Renzo Hattingh, who left his practice and took the high road after a cosmetic surgery went horribly wrong.

vetseun
Bladsak (Onderwysersgids/Leerderboek) . 2012 BEST BOOKS
Fanie Viljoen; Belinda Prinsloo; Heleen Stevens; Riens Vosloo; Willem van der Merwe; Leon van Nierop
ISBN: 9781770028739
ISBN: 9781770028722

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk - ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

vetseun
Insomnia / (eBook) .... 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799355321
ISBN: 9780799355673

Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy soek ook na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnige en feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring, en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop - sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar omdat sy hallusineer weens slaaploosheid? Leon van Nierop is 'n meesterskepper van spanningverhale en Insomnia sal die leser enduit boei.

vetseun
Wolwedans In Die Skemer / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056126
ISBN: 9780624056133
Wanneer

Hierdie verhaal van Leon van Nierop is 'n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe 'n roman geword het (1983), daarna 'n televisiereeks (1985) - en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste "Boere-noir". Leon het self die draaiboek geskryf, en dit het hom geinspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus 'n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika. Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in 'n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van 'n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan die onheilspellende hotel. Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir 'n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.
Sonja Daneel ná 'n motorongeluk bykom, ly sy aan geheueverlies. Sy onthou net die wolf voor haar in die pad. Sonder 'n idee van wie sy is of waar sy vandaan kom, ontmoet sy die mense van Hotel Njala op die plaas Wolwedans in die Hazyview-distrik en besef dat sy 'n ruk gelede aansoek gedoen het vir werk hier. Maar hoekom spesifiek by dié hotel waar die tyd gaan stilstaan het? Gou kom sy agter dat sy tevore, op die een of ander duister manier, by die hotel en sy mense betrokke was. Dan volg daar aanslae op haar lewe deur 'n geheimsinnige Rooikappie-figuur wat die hotel met 'n byl terroriseer. Sy raak terselfdertyd verlief op die loslit-toergids Ryno Lategan. Maar gou besef sy dat niemand in die hotel is wat hy of sy voorgee om te wees nie. Hazyview word boonop geteister deur buitengewoon hoë misdaad. Dit is hoe luitenant Conrad Nolte by Wolwedans betrokke raak. Hy besef dat, indien hy hierdie saak nie vinnig oplos nie, meer mense as net Sonja kan sterf. Wolwedans in die skemer het in die vroeë jare tagtig 'n miljoen luisteraars op Springbok Radio betower. En nou is dit terug, gegrond op Leon van Nierop se rolprentdraaiboek en herskrewe radioverhaal op RSG wat die storie in'n moderne gedaante klee - met dieselfde skokkende geheime wat opnuut vra om ontrafel te word, dié slag met 'n nuwe, makabere kinkel . . .

vetseun
film DVD/Blu-Ray ....... 2012

met Rolanda Marais, David Louw, Lelia Etsebeth, Desiré Gardner, Gérard Rudolf, Jacques Bessenger, Illse Roos, André Roothman, Riana Wilkens, Karen Wessels, musiek, Benjamin Willem, regisseur, Jozua Malherbe

vetseun
Verklikker ..................... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349573

Treine het nog altyd vir Marco Lange 'n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie.
Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid, en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge peil waarvan hy self nie bewus is nie. Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë, en die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat in die nag by die verlate trein waghou. 'n Kondukteur wat net Marco kan sien.

vetseun
Movies Made Easy ........ 2007 VAN SCHAIK
- A practical guide to film analysis
ISBN: 9780627027451

The introduction of film study or analysis into the school curriculum along with the presentation of courses on the art of cinema at several universities and universities of technology, has led to more and more students becoming cinema literate. Movies made easy is a guideline for students who want to discover or rediscover the joys of cinema, while focusing on important elements such as editing, subtext, directing and irony in a film. This is an update of Seeing sense -- on film analysis, but provides greater balance between classic and contemporary films, and South African films and Hollywood blockbusters.

vetseun
Paradys ....................... 2005 TAFELBERG

"'n Meesleurende sage. Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan. En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie. Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop. Maar daar is Herman om aan te dink. Hy met sy bos blonde hare en sy vierkantige skouers en sy sterk lyf en sy blou-blou oë. Herman wat besluit het om op die plaas agter te bly terwyl sy stad toe getrek het. Wanneer 'n vreemde man egter een aand tydens 'n storm op haar drempel beland, neem Larissa se lewe 'n onverwagse wending. Want met sy eksotiese voorkoms en gespierde lyf maak die Justin emosies in haar wakker wat sy sukkel om te onderdruk."

vetseun
Goëlfabriek .................... 2001 TAFELBERG

vetseun
Skrikkelkind: Girly se storie . 2000 TAFELBERG

met Norman Galloway, Tascoe Luc de Reuck
vetseunVANSCHAIKNET
Seeing sense: on film analysis . 1998 JL VAN SCHAIK

1998 - Laksman (PERSKOR)
1996 - Die sielsmokkelaar (PERSKOR)

vetseun
Adrenalien .................. 1995 PERSKOR

1981 - Die Huis in Hertestraat (TAFELBERG)
1980 - Hotel Shwalane (TAFELBERG)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )