


















Kuifie (Tintin) (Hergé, Georges Remi)

oorspronklik in Frans, 1929-1986, begin as strokiesprent in Brusselse koerant
"Kuifie is in 1929 geskep deur Georges Remi of Hergé, soos hy bekend staan wêreldwyd. Hierdie Belgiese skrywer en illustreerder het 24 volues geproduseer - die laaste, Tintin and the Alpha-Art is onvoltooid in 1986 gepubliseer. Hy staan bekend as die vader van die moderne Europese strokiesprent en sy styl en gebruik van kleur is internasionaal deur kenners geprys. Die boeke is oorspronklik in Frans gepubliseer, maar is sedertdien in meer as 40 tale vertaal." - storiewerf.co.za
Die Avonture van Kuifie:

Kuifie En Die Juwele Van Castafiore . 2008 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798148061

Kuifie En Die Pikaro's ...... 2008 HUMAN & ROUSSEAU
Vertaling: Sonya van Schalkwyk
ISBN: 9780798148085
Weer eens bevind Kuifie homself in San Theodoros (sien Die Stukkende Oor), maar hierdie keer is dit om sy reputasie te red en sy naam in ere te herstel. Saam met Bianca Castafiore, haar reisgenote, en Uys en Buys word hulle in hegtenis geneem op aanklagte dat hulle die militere diktatuur van Generaal Tapioca omver probeer gooi het. Ongelukkig lyk dit net of hulle daarin slaag om in hulle ou vyand, Kolonel Sponsz, (sien Die Geheime Wapen) se strik te trap. Gelukkig slaag hulle daarin om te ontsnap en hulle sluit aan by hulle goeie vriend. Generaal Alcazar en sy soldate, die Pikaro's, in 'n woud naby 'n Indiaanse dorpie waar die avontuur dan behoorlik op dreef kom.

Kuifie In Amerika ............... 2008 HUMAN & ROUSSEAU
Vertaling: Sonya van Schalkwyk
ISBN: 9780798149105
Kuifie word na Chicago, Illinois gestuur om die stad se bendes te stuit. Hy kom 'n paar keer met sy lewe daarvan af en ontmoet Al Capone se teenstander, die slinkse Bobby Smiles. Kuifie probeer alles moontlik om Smiles vas te keer en volg hom selfs na Redskincity, 'n Indianereservaat waar hy verkeerdelik deur die Indiane as hulle vyand aangesien word. Boonop ontdek hy per ongeluk olie op die reservaat wat niks goeds vir die arme Indiane beteken nie. Uiteindelik slaag Kuifie daarin om Smiles te vang, maar 'n nuwe spul bendelede ontvoer vir Spokie en Kuifie se probleme begin weer van voor af.

Vlug 714 ............................. 2008 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798148078
Kuifie en sy vriende is op pad na Australie op die private jet van Laszlo Carreidas om 'n konferensie oor ruimtevaart te gaan bywoon. Die avontuur lei hulle egter na 'n eiland in die Pasifiese See waar hulle ou vyand Rastapopoulos vir hulle wag. Hy probeer Carreidas dwing d.m.v. 'n dwelm om die nommer van sy Switserse bankrekening te onthul, maar snaakse magte stuit hom in sy spore. Vlug 714 is een van die mees aksiebelaaide Kuifie-volumes wat 'n kaping, dwelms, verraad, ontploffings, gevegte en selfs wesens uit die buitenste ruimte vir die leser opdis.
Tintin and Alph-Art (#24) . 1986
Tintin et l'Alph-Art
Tintin and the Picaros (#23) . 1976
Tintin et les Picaros . 1975

Flight 714 (#22)/VHS 50min . 1968/1994 LUMIERE/SONY MUSIC
Vol. 714 pour Sydney . 1966
"On the way to the International Astronautics Congress in Sydney, Tintin captain Haddock and Professor Calculus meet the multimillionaire Laszlo Carreidas duringa stop-over. Laszlo Carreidas suggests they continue their trip on his private jet. Little do they realise that the flight plan has been slightly modified..."
The Castafiore Emerald (#21) . 1963
Les Bijoux de la Castafiore . 1961

Kuifie In Tibet (#20) .......... 2007 HUMAN & ROUSSEAU
Vertaling: Sonja Van Schalkwyk-Bairos
ISBN: 9780798148054
Chang, 'n jong Chinese seun op pad na Europa, is die slagoffer van 'n vliegramp in die Himalajas en Kuifie onderneem om hom te gaan soek.
Tintin in Tibet (# 20) . 1960
Tintin au Tibet

Die Haaie na die Rooi See (#19) . 1976/2007 HUMAN & ROUSSEAU
Coke en stock : The Red Sea Sharks . 1958/1960/1999
Vertaling: E.P. du Plessis
ISBN: 9780798148047
Die bose Rastapopoulos is weer aan die knoei. Die keer is hy betrokke by slawehandel. Natuurlik is die hoop op Kuifie om Rastapopoulos te keer en hy sal 'n vaart op die Arabiese See moet aanpak as hy in sy doel wil slaag.

Die geheime wapen (#18) . 1973/1996 HUMAN & ROUSSEAU
L'Affaire Tournesol : The Calculus Affair .1954-56
Vertaling: Nerina Ferreira
ISBN: 9780798148030
Die geheime wapen is die eerste maal in Frans in 1956 gepubliseer in die gespanne klimaat van die Koue Oorlog. Die verhaal neem die leser op 'n wilde jaagtog, bied 'n paar verrassings en woeste gevegte alles ter wille van 'n gewone sambreel.

Verkenners op die maan (#17) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
(Frans, On a marché sur la Lune)
(Engels, Explorers on the Moon 1950-54)
ISBN: 9780798146913
"Die eerste bemande vuurpyl ooit is besig om onder leiding van Professor Phosfatus deur die ruimte te vlieg. Die bemanning bestaan uit Kuifie, Spokie, Kaptein Sardijn en hul makkers. Asof die vlug nie reeds gevaarlik genoeg is nie, wag daar nóg groter gevaar..." - storiewerf.co.za

Bestemming maan (#16) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
Objectif Lune : Destination Moon . 1950-53
ISBN: 9780798146890
"Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn word skielik deur Professor Phosfatus ontbied om hom te gaan help by die Sprodji Atomiese Navorsingsentrum in Sildawie. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat Professor Phosfatus van plan is om 'n vuurpyl te lanseer. Hulle besef egter nie watter gevare op hulle wag nie. Ten spyte van al die probleme vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is." - storiewerf.co.za

In die land van swart goud (#15) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
Tintin au pays de l'or noir : Land of Black Gold .1948-50
"Wie probeer die Europese verskaffers van petrol saboteer en hoekom? 'n Internasionale krisis dreig om in 'n oorlog te ontaard as die saboteurs nie gevang kan word nie. Kuifie se hulp word ingeroep en saam met Spokie bevind hy homself in dorpies en woestyne in die Midde-Ooste. Hulle is op die spoor van die bose saboteurs, maar hul pogings om die boosaards vas te trek word bemoeilik deur gevare wat buitengewoon erg is, selfs vir Kuifie." - storiewerf.co.za

Die tempel van die son (#14) . 1974/2006 HUMAN & ROUSSEAU
Le Temple du Soleil : Prisoners of the Sun . 1946-49
ISBN: 9780798146975
Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn moet 'n ontvoering ontrafel, want Professor Phosfatus het spoorloos verdwyn. Dit het te doen met die ou vloek van die Inka's en die leidrade neem hulle na Peru. Almal is egter bang vir die Prins van die Son en slegs Zorrino, die jong lemoen-verkopertjie, is bereid om hulle te help. Hulle onderneem 'n lewensgevaarlike reis deur die Andes-gebergtes en beland op die ou end in 'n kerker waar hulle gevange gehou word en 'n afgryslike einde in die gesig staar.

Die 7 Kristalballe (#13) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU
Les 7 Boules de cristal : The Seven Crystal Balls .1943-48
ISBN: 9780798146654
Sewe ontdekkers bring 'n mummie van Rascar Capac, wat uit 'n Inka graf gesteel is, as buit saam na afloop van 'n reis na Peru. Die ontdekkers word egter een vir een getref deur misterieuse siektes en die fragmente van 'n kristalbal word langs elke ontdekker gevind. Kort voor lank word Kuifie en Kaptein Sardijn se hulp ingeroep. Hulle vind uit dat daar 'n oer-oue vloek rus op diegene wat Inka se graf ontheilig. Dan verdwyn die mummie, en 'n rukkie later word Prof. Phosfatus ontvoer. Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn bevind hulle in die eerste helfte van 'n merkwaardige Suid-Amerikaanse avontuur.


Die Skat van Rackham die Rooie (#12) (vertaal, E.P. du Plessis) . 1977/96 HUMAN & ROUSSEAU
Le Trésor de Rackham le Rouge : Red Rackham's Treasure .1943-44
ISBN: 9780798146364
Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn vertrek op 'n reis om die skat van Rackham die Rooie te vind. Gelukkig het hulle in Die geheim van De Eenhoorn 'n belangrike leidraad ontdek oor die plek waar die skat weggesteek is. Dis is egter nie 'n maklike soektog nie, veral toe speurders Buys en Uys en Professor Phosfatus betrokke raak. Na 'n reeks vreemde ontdekkinge op 'n verlate eiland en gevaarlike onderwater-aktiwiteite, eindig die skattejag op 'n onverwagte manier.


Die Geheim van De Eenhoorn (#11) . 1977/2006 HUMAN & ROUSSEAU
Le Secret de la Licorne : The Secret of the Unicorn .1942-43
ISBN: 9780798145831
Kuifie loop 'n klein modelskippie raak by 'n straatmark en gee dit aan Kaptein Sardijn as 'n geskenk. Hulle ontdek 'n ou dagboek en vind uit dat die skip, De Eenhoorn, 'n sentrale rol gespeel het in a ware seeroweravontuur. 'n Seeroweravontuur is nie eg, tensy daar 'n skat by betrokke is nie, en Kuifie en sy vriende begin die soektog na die skat van Rackham die Rooie.


Die Geheimsinnige Ster (#10)/VHS . 2006 HUMAN & ROUSSEAU/1994 LUMIERE/SONY MUSIC
L'Étoile mystérieuse : The Shooting Star .1941-42
ISBN: 9780798145824
"Surviving the crash of a meteorite which has fallen to earth, Tintin sails to the Arctic, parachutes from a seaplane, and fights off gigantic spiders and exploding mushrooms to retrieve the meteorite's precious metal before it falls into the handsof the diabolical Bohlwinkel!"

Die Krap met die Goue Knypers (#9) (Vertaling: Jaco Jacobs, Sonya van Schalkwyk) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
(Frans, Le Crabe aux pinces d'or)
(Engels, The Crab with the Golden Claws 1940-41)
"Geheimsinne leidrade sit Kuifie en Spokie op die spoor van 'n gevaarlike bende opiumsmokkelaars. Kuifie word ontvoer, maar hy ontsnap en sy paaie kruis vir die eerste maal met Kaptein Sardijn. Saam pak hulle die smokkelaars in 'n avontuur wat hulle van die Saharawoestyn na 'n Marokkaanse hawe neem." - storiewerf.co.za

Koning Ottokar se Septer (#8) (Vertaling: Jaco Jacobs, Sonya van Schalkwyk) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, King Ottokar's Sceptre 1938-39)
"Kuifie en Spokie reis na Sildawie, saam met Professor Alembick en raak onwetend verstrengel in 'n komplot om die Sildawiese koning uit die kussings te lig. Die plan is om die septer van Koning Ottokar te steel - daar'sonder kan die heerser van Sildawie geen aanspraak op die troon maak nie. Die hulp van die nimlike Uys en Buys word ingeroep en 'n jaagtog - deur die nag, oor berge en 'n naelbytvlug in 'n vliegtuig - is Kuifie se voorland." - storiewerf.co.za

Die swart eiland (#7) (Vertaling: Johann Roussouw) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU
L' île noire : The Black Island .1937-38
ISBN: 9780798144544
"In Die swart eiland (1938) is Kuifie vir die eerste maal warm op die spoor van Dokter Müller. Laasgenoemde bestuur 'n gestig van 'n vreemde aard: diegene wat toegelaat word, is nie noodwendig geestelik versteurd nie. Die spoor van Dokter Müller lei Kuifie na die Swart Eiland in Skotland waar hy verdagte aktiwiteite teëkom. Aanvanklik moet hy 'n gorilla trotseer wat 'n herehuis op die eiland bewaak, maar gou sien Kuifie dat die gorialla slegs die begin van al sy probleme is!" - storiewerf.co.za

Die stukkende oor (#6) .. 2005 HUMAN & ROUSSEAU
L'Oreille cassée : The Broken Ear .1935-37
"'n Indiaanse fetisj word gesteel uit die Etnologie-museum, maar word dan teruggebring. Fyn detail verraai dat 'n namaaksel, in plaas van die oorspronklike, teruggebring is. Dit is duidelik dat die fetisj toegewikkel is in 'n raaisel, aangesien die diefstal so noukeurig verbloem is. Tot Spokie se ergernis is Kuifie so verdiep in die raaisel dat hy die spoor volg tot in Suid-Amerika waar Kuifie die gesteelde fetisj moet gaan haal. Kuifie raak egter betrokke in meer avonture as net die gesteelde fetisj." - storiewerf.co.za

Die Blou Lotus (#5) (Vertaling: Johann Roussouw) . 2004/2006 HUMAN & ROUSSEAU
Le lotus bleu : Blue Lotus .1934-35 / VHS 1998
ISBN: 9780798144537
"In Die blou lotus (gepubliseer in 1936), jaag Kuifie dwelmsmokkelaars al die pad na China. Kuifie gaan dryfkrag, waagmoed en intelligensie nodig hê om die hindernisse te oorkom, maar hy ontmoet 'n jong Chinese seun, Tsjang, wat hom om elke hoek en draai bystaan. (Tsjang was, inderwaarheid, regtig Hergé se vriend.) Rastapopoulos - 'n bekende boef wat Kuifie gereeld teëkom - bewys homself as 'n gedugte teenstander. Die avontuur neem Kuifie van die opiumhoekies in Shanghai na die indrukwekkende Yangtze Kiang!" - storiewerf.co.za

Die Sigare van die Farao (#4) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
(Frans, Les Cigares du pharaon 1932)
(Engels, Cigars of the Pharaoh 1932-34)
ISBN: 9780798145251
"Tientalle Egiptoloë het al probeer om die grafkelder van Farao Kih-Oskh te vind en elkeen het in die proses verdwyn. Kuifie en Spokie ontmoet die misterieuse en eksentrieke Egiptoloog, Doktor Sarkofaag en gou beland hulle self in die soektog. Dit word duidelik dat die grafkelder veel meer as sand en mummies bevat. Hulle volg 'n leidraad - 'n simbool op 'n sigaarbandjie - en Kuifie en Spokie bots met 'n bende smokkelaars. Die avontuur neem hulle van Arabië na Indië en Kuifie moet alles uithaal om nie in die smokkelaars se web te beland nie." - storiewerf.co.za
Kuifie in Amerika (#3) .......
Tintin en Amérique . 1931 : Tintin in America . 1931-32

Kuifie in die Kongo (#2) ...
Tintin au Congo . 1930 : Tintin in the Congo . 1930-31 / VHS
Tintin au pays des Soviets (#1) . 1929
Tintin in the Land of the Soviets . 1929-30/1989
nie Hergé.
1. Tintin and the Lake of Sharks
2. Tintin and the Golden Fleece (filmboek)
3. Tintin and the Blue Oranges (filmboek)
skakels : tintin.com .be : tintinologist.org : universe of.. : free-tintin.net : puk.ac.za/kuifielogie.. : Tintin Languages : tintinring : wiki : wiki-afr