Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kristel Loots (Loots, Kristel)
vetseunvetseun
Eendagmooi / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799355376
ISBN: 9780799355727

"Janeke loop die gevaar om haar man te verloor. Wanneer sy uiteindelik agter die kap van die byl kom, is sy nie meer so seker dat sy regtig wou weet nie.
Op die lange duur, vrees sy, gaan sy veel meer as haar man verloor. Maar uit hierdie verbryseling staan Janeke op - in 'n helder oranje rok en blou skoene.'n Genadige sin vir humor sleep haar deur van die moeilikste oomblikke. Kristel Loots se vermoë om 'n ma en 'n vrou se diepste pyn en blydskap oop te skryf, maak hierdie roman onvergeetlik en aangrypend."

vetseun
Troukoek Maak Nie Vet Nie / (eBook) . 2011 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624053545
ISBN: 9780624058700

Dixie speel wedding planner, maar eintlik dink sy die huwelik is 'n siek grap. Mans is flippen useless. Selfs haar pa blowdry sy hare en verbeel hom hy speel in The Bold and the Beautiful. Dixie het gedink Kurt sal met haar trou as sy lank genoeg sy sokkies onder die bed uit grawe, maar vir "tot die dood ons skei" was hy toe so bang soos die duiwel vir 'n skoot yswater in die gesig. Nou is sy single en selibaat, en so sal dit bly. Swinging from the chandeliers is nie vir haar nie. Dis bedoel vir supermodelle soos Vicky Vermaak - so vol botox en silikoon dat sy nie oornag sal vergaan nie. Sý gaan met 'n watertand-hunk trou, soos die een wat Dixie soveel jare gelede net daardie één keer vuurwarm gesoen het. Vir haar organise Dixie 'n wondermooie trourok en 'n toringhoë troukoek, die ene dekadensie met hope room en sjokolade en ander sondige bestanddele. Want troukoek maak mos gelukkig nie vet nie . . . Maar Dixie loop rond met 'n geheim en kan juis maklik 'n boggheroppie van 'n ding maak. Is daar enige kans dat die regte man met die regte vrou getroud gaan raak?

vetseun
'n Lipstiek-lewe ......... 2010 TAFELBERG
ISBN: 9780624049012

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy 'n lipstiek-lewe he, 'n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand. So 'n lewe behoort nie 'n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is 'flirty' en uitgesproke - grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so sensueel dat sy 'n nat lap aan die brand kan steek. Maar Roxy voel allesbehalwe sensueel. En sy het 'n geraamte of twee in haar kas wat haar flankeerdery en verhoudings elke keer beduiwel.

vetseun
Die ander vrou / (eBook) .
ISBN: 9780799359374
ISBN: 9780799359725

"Vroue vrees haar, mans begeer haar - die 'ander' vrou. Die skelmpie wat mans van hul vroue en kinders steel en huise opbreek. Linda weet wat van haar gesê word, dat sy 'n blonde feeks van 'n vrou is, 'n tert in die bed. Sy weet sy sou gestenig word as dit nog wettig was.
Women dread her, men desire her - the 'other' women. The mistress who steals men from their wives and children and ultimately becomes a home wrecker. Linda knows what is said about her, that she is a blond vixen and a slut in bed. She knows she would be stoned to death if it was still legal.

vetseun
Dokter van harte (eBook) ...... MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624051824

Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. "My hart," sou sy vir hom kon sê as hy haar sou vra, "is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou." Luca de Wet duik orals op, maar sy vertrou hom nie. Sy wéét wat gebeur wanneer 'n hartchirurg gou is om die mes in te lê - en al die pad bank toe te lag - sonder om sy pasiënt se welstand in ag te neem. Dis net dat die vervlakste dokter met sy mooi mond allerhande fantasieë in haar wakker maak wat maar eerder kon gebly het. Want van mans en hul gewoontes weet sy genoeg om nooit weer toe te laat dat een wydsbeen oor haar hart kom sit nie . . .

vetseun
Ek en jy ............................. LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799345568

Ek en jy" is 'n heruitgawe van twee van Kristel Loots se gewildste romanses,'n Perfekte paartjie en Losbol se moses.

vetseun
Emma Is G'n Engel (eBook) .
ISBN: 9781432200664
ISBN: 9781770313248

Emma wil net jonk en blond en funky wees. Nie mollig en vaal soos 'n vadoek nie. Sy ís nie 'n engel nie en is moeg daarvoor om so lovable te probeer wees. Sy is eintlik veel meer duiwel as engel, dit weet sy.'n Engel ...{ vang nie die dinge aan wat sý aanvang nie{ dra nie 'n verterende geheim rond nie{ sou nie dit aan haar eie suster gedoen het nie. Dis 'n eensame pad wat sy loop. Sy verlang na liefde en om iewers te behoort, en sy smag na die troostende lyfwarmte van Burger Botha.Sy wens net die Bybelversies uit haar kindertyd wil ophou om gedurig beskuldigend in haar kop te weergalm. Sy wil nie hê mense om haar moet daarvan weet nie, maar eintlik ís sy 'n closet Christen. Dit vat Emma lank om te leer om lief te wees vir haar lyf en te besef dat sy nie sélf haar skuld kan dra nie. Sy moet leer om dit aan Jesus se voete neer te lê. Dis net daar wat jy vergifnis vir jou sonde en jou skuld kan kry.Emma is g'n Engel vertel die verhaal van 'n gesin wat gebuk gaan onder die aanslae van die lewe, steeds soekend na liefde en aanvaarding by die mense naaste aan hulle. Ook Emma moet leer dat vroue hulself en mekaar moet vergewe voordat die bevryding kom wat vir jou vlerke gee. Sodat jy aan die wolke kan raak ...

vetseun
Hap van die appel, 'n (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056348

Maxie van der Merwe is van die lipstiek-en-stiletto-generasie. Sy was 'n Facebook-flerrie van formaat, en 'n groot feminis, maar toe ontmoet sy vir vervelige Gustav. En al is sy nie 'n domestic goddess se watsenaam nie, wil sy vreeslik graag trou, al vandat sy ontdek het daar is kinders wat 'n ma én 'n pa het. Want na 'n pa verlang sy met haar hele hart.
Wanneer Maxie se politikus-ma haar New York toe pos saam met 'n spin doctor omdat Gustav, 'n rugbyskeidsregter, die hele land in die skande gesteek het, voel sy hoe die Facebook-flerrie in haar weer wakker word en haar Jimmy Choo's aantrek. Maar New York is snikheet warm, daar's 'n stalker oorkant haar woonstel en sy voel soos 'n valerige muffin tussen al die blinkversierde New Yorkse cupcakes.Haar ma kom op besoek en Maxie leer skokkende dinge oor die pa wat sy nooit geken het nie. Hy is dalk nader as wat sy kon droom . . . En wat van die man met die groot hande en die sagtheid in sy oë - gaan hy Gustav se plek langs haar kom vol staan? En gaan sy ooit tyd hê om genoeg happe van hierdie groot appel te neem?

vetseun
Huisgenoot kortverhaal: Die sagte hart en die skinny jeans (eBook) . FAMILY MAGAZINES
ISBN: 9780986992162

Die plaaslewe was nooit weer dieselfde nadat Rudy daar opgedaag het nie

vetseun
Kammaliefde (eBook) .
ISBN: 9780799348880

Sy hoort nie by Krisjan van der Merwe met sy soentjies en drukkies nie, sy lag en terg nie.
Dis net kamma-kamma, weet Nanzi. Net tot hy genoeg gehad het. Soos alle mans. Sy kén die vernedering.

vetseun
Muurblom (eBook) .
ISBN: 9781770313057

Muurblom deur Kristel Loots is die verhaal van 'n vrou wat deur die kronkelkrag van haar lewe by 'n plek kom waar sy leer dat die waarheid vrymaak en die liefde menigte sondes kan bedek. Ek is nou 'n bevryde vrou, besluit Karli waar sy op die sypaadjie voor die Gerber Hotel staan. Hier in die stad waar sy soek na avontuur, na opwinding, na iemand wat haar van haar voete af sal vry. Vry, ja. Vry!
Sy gebruik nou self die woord. Skaamteloos! Wat Karli wil hê, is 'n man, een wat haar volronde lyf styf kan vashou. Sy wyk uit na die stad om van die versmorende beskerming van Ma en Pa weg te kom. En sy ontmoet mans, talle van hulle. Daar is Pieterjan, die bedagsame man met die fyn smaak en dan is daar Johannes met sy leerbaadjie en motorfiets - die ruwe diamant uit Kimberley. En wie is die geheimsinnige man wat pal op haar spoor bly en op onverwagte plekke opduik? 'n Gesinskrisis stuur haar lewe in 'n rigting wat sy nie beplan het nie. Toe gebeur die ondenkbare en al die geraamtes tuimel uit die kas en Karli kom uiteindelik te staan voor die waarheid omtrent haar gesin en haarself. MUURblom deur KRISTEL LOOTS is die verhaal van 'n vrou wat deur die kronkelgang van haar lewe by 'n plek kom waar sy leer dat die waarheid vrymaak en die liefde 'n menigte sondes kan bedek.

vetseun
Soekend Na Liefde / (eBook) .
ISBN: 9781432200480
ISBN: 9781432200497

Soekend na liefde, bestaan uit twee van Kristel Loots se beste romans. Die verhale van Karli en Emma wat jou lewe sal verander en wys dat liefde wel bestaan. Karli wil graag 'n man he wat haar volronde lyf styf kan vashou. Sy ontwyk van die stad en van haar ouers en ontmoet baie mans. Pieterjan wat bedags daar is, Johannes met sy leerbaadjie en motorfiets en die geheimsinnige man wat haar agtervolg. Die lewe stuur haar 'n rigting in, waar sy leer dat die waarheid vrymaak en die liefde meninge sondes kan bedek. Emma aan die anderkant, smag daarna om iewers te behoort as ook na die troostende lyfwarmte van Burger Botha. Dit vat haar lank om life te word vir haar lyf en om te besef dat sy nie self die skuld kan dra nie, maar dat sy dit aan Jesus se voete moet neerle. Dis net daar waar jy vergifnis vir jou sondes kan kry. Twee aparte stories van twee vroue, waarmee enige vrou kan identifiseer.

vetseun
Voorskrif vir die hart (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624050353

Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk geval nie dádelik nie. <br/>Maar dis moeilik om'n lae profiel te handhaaf as jy saam met die arrogante en dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo moet werk - en boonop 'n huis met hom moet deel. Dokter Vito Vincenzo soek juis die kollig op, hy streef na beroemdheid en hy sleep 'n baie onwillige Zoely agter hom aan. Dokter Vito Vincenzo met al sy aardse skatte is presies die tipe man wat Zoely nooit weer naby haar wil toelaat nie. . .

vetseun
Kanniedood-liefde / (eBook) . 2006 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799336184
ISBN: 9780799348507

Op Kurt se gasteplaas vir ou hippies wil Jackie nie wees nie. Sy moet 'n artikel oor hulle skryf toe stap Kurt reg in haar hart in. En sy weet van die albatros om sy nek.

vetseun
Liefde het vlerke ......... 2003 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799331684

Die laaste plek op aarde wat Zoe Fouché haarself ooit sou voorstel, is in die Loerbroer huis. As dit nie was dat haar vriendin haar kuise voorkoms in die van 'n vlinder verander het nie, sou sy ook nooit daar beland het nie. Dis egter presies in die huis waar sy nie net die vermiste legkaartstukke van haar lewe kry nie, maar ook haar Adam.

vetseun
www.liefde.com ............ 2003 LAPA UITGEWERS


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )