Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Koos Human (Human, Koos)
vetseun
Die A Tot Z Van Klassieke Musiek . 2005 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798145138

"'n Gids tot die wêreld se klassieke musiekrepertoire in Afrikaans is nou bygewerk en uitgebrei om ook 'n lys van aanbevole musiekwerke wat in enige basiese versameling tuishoort, en wat almal in die teks bespreek word, te verskaf. Met toeganklike, helder besprekings van meer as 700 musiekwerke en die verhale van die bekendste operas en balette word die wêreld van klassiek musiek op besondere wyse aan die musiekliefhebber bekend gestel. Die Latynse tekste vir die belangrikste liturgiese musiekwerke, soos die Mis en die Requiem, word volledig verskaf, tesame met 'n reel-vir-reel vertaling in Afrikaans." - loot.co.za

vetseunvetseun
'n Lewe met Boeke . 2004/2007 HUMAN & ROUSSEAU

"Koos Human word tereg die prins van Afrikaanse uitgewers genoem. Binne die bestek van 26 kort hoofstukke belig hy die hoogtepunte uit sy roemryke uitgewersloopbaan. Hy teken sy ervarings van gebeurtenisse rondom die titel, veral die Afrikaanse titel, opgedoen oor 'n periode van 40 jaar, teen die agtergrond van die literere, politieke, kulturele en sosiale wêreld van die tyd. Die benieuende sensuurwetgewing en beperkings van die heersende bestel kom onder die loep - dit was in 'n "klimaat van grootheidswaan, banaliteit, onderdrukking en leuens" dat skrywers en uitgewers in veral die sestiger- en sewentigjare moes werk." - loot.co.za

vetseun
Raar Maar Waar ........... 2000 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798140867

Fassinerende feite wat elkeen se algemene kennis sal verbreed. Humoristiese vertellings met heelwat stof vir toespraakmakers en seremoniemeesters.'n Lekkerlees geskenkboek vir oud en jonk.
Die hoeveelheid goud in die wêreld vul aansienlik minder ruimte as die Voortrekkermonument Die reënval in Londen is minder as dié in Rome'n Man het gemiddeld 150 hale met sy skeermes nodig om sy ken te skeer Mozart se naam was nie Amadeus nie Dis maar enkele voorbeelde uit hierdie versameling van ongeveer 250 vreemde feite uit allerlei sfere van die lewe, geskiedenis, en wetenskap, met Humoristiese lyntekeninge deur Fred Mouton. Die inskrywings verskyn willekeurig en in geen bepaalde volgorde nie, maar'n gedetailleerde bladwyser sal jou help om enigiets op te spoor.

vetseun
Hulle Het Ons Eeu Gevorm . 1999 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798140072

Wie het watter verskil gemaak?
Hoe sou Suid-Afrika sonder hul invloed daar uitsien?
In November 1999 - betyds vir die eeuwending - verskyn hierdie belangrike boek oor die 100 invloedrykste mense wat Suid-Afrika in die twintigste eeu gevorm het. Joernaliste, akademici en vakkenners skryf onderhoudend oor die verskillende pesone.
'n Voorlopige lys van meer as 120 name, saamgestel deur Koos Human en Trewhella Cameron, is deur middel van die Internet getoets.
Uiteraard sal niemand sal ooit die finale antwoord hê oor wie werklik die 100 invloedrykste persone was nie, maar dit is interessant om te sien hoe die Suid-Afrikaanse publiek - en spesifiek diegene met toegang tot die Internet - daaroor dink.

vetseun
Willekeur : 'n willekeurige keur . 1994 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798133272


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )