Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kobus Maree (Maree, Kobus)
vetseun
Jakkalsvoël .................. 2007 HUMAN & ROUSSEAU

'n Verhaal vir jong tieners oor grepe uit 'n matriekseun, Jacques, se lewe wat stadigaan ontvou soos wat hy met sy sielkundige praat. Van kleins af al het hy een of ander vorm van verwerping ervaar, hetsy sy pa, by die skool, sy meisie en op die sportveld.
Die enigste werklike anker in sy lewe is sy ma - en sy is besig om aan kanker te sterf. Maar dan gebeur iets verskrikliks wat hom finaal laat ontspoor en in die tronk beland. Gelukkig is hy 'n A-student en het hy die vooruitsig om ná die uitdiening van sy vonnis vir 'n dokter te gaan studeer. 'n Positiewe verhaal waarmee jongmense sal kan identifiseer, maar dit is darem nie net ernstig nie - daar is humoristiese en ligte oomblikke ook. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Proefwedstryd vir Wikus . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Wikus Lombaard is 'n nice ou. Hy is kaptein van die eerste rugbyspan en met sy dodelike skopskoen het hy sy span al meermale uit die verknorsing gered. En sy meisie, Marissa, is die mooiste in die skool.
En al sukkel Wikus nou so 'n bietjie met die wiskunde, is dit ook nie die ergste nie. Met Marissa by hom en die rugby wat voorlê, is dinge doodreg. Hy weet mos immers waaroor dit gaan in die lewe, veral noudat hy in die vakansie met sy suster se vriendin gevry het. Behoorlik gevry. All-the-way. Maar in hierdie laaste skooljaar van hom, kort voor sy deelname aan die Cravenweek, loop dinge skeef. Lelik skeef. Vir die eerste keer ontdek Wikus dat die lewe ook reëls het. En dat dit nie net in rugby is dat 'n ou van die veld afgejaag kan word nie. Ten volle hersiene uitgawe met 'n splinternuwe omslag. - graffitibooks.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )