Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kleinboer
vetseun
Midnight Missionary ... 2006 ZEBRA PRESS

vetseun
Kontrei ............................. 2004 PRAAG

Kontrei bied 'n ryk en onthutsende kennismaking met die werklikheid. Dit neem ons op ongekarteerde paaie in Afrikaans, na die nihilistiese wêreld van 'n seksmal hoereloper wat as blanke die geselskap van swart prostitute uit Mosambiek, Swaziland, Zambië en elders verkies.
"Die skuilnaam-skrywer Kleinboer se roman, Kontrei, is 'n bef*kte boek. Een van die genoeglikste lese in 'n lang ruk, maar bowenal 'n boek van paradokse: op die oog af 'n geil n**ikatalogus, maar daarágter 'n verbasend behoudende relaas. Die titel gee al so iets te kenne: enersyds 'n tong-in-die-kies voortsetting - in 'n nuwe sleutel - van die genre van kontreikuns; andersyds die afbakening van 'n nuwe gebied waarin k*nt koning is, met die hoerhuise en sjebiens van Johannesdurg, veral Yeoville en Hillbrow, in die sentrum... Die merkwaardige is dat die hoofindruk nie soseer "losbandigheid" as beheersing is nie.
Beheersing allereers van taal en vertelling; maar ook, en selfs, en dalk juis, in 'n morele dimensie. Dit kom van 'n grondige besef van sterflikheid (die hele vertelling begin al met 'n begrafnis), en van menslike beperktheid" - graffitibooks.co.za

5 Junie 04, Steak'n'Ale, Pretoria Kontrei Musiek Brixton Barnard, Esmé Evakwaad en Kleinboer vanaf saklank.com
Kleinboer, selferkende Afrikaner Sex Pistol en skrywer van die vetseunkontroversiële boek "Kontrei", gun die publiek 'n kans om uittreksels van die verhaal uit die perd se bek te hoor. Uiteenlopende kunstenaars sluit by hom aan om agtergrondmusiek te gooi en ook van hulle eie kuns te pleeg. Trike, (Brixton Barnard, Esmé Evakwaad) die duo van JHB en skeppers van die onverwagte treffer "Skaamkoekie", rond kaalkneukels en meedoënloos die aand se program af met hul eie weergawe van die lewe en sy lot. vanaf saklank.com
5 Mei 04, Back2Basix, JHB Kontrei Musiek met Albert de Vos, Trike en Piet Planter saklank.com Kleinboer, selferkende Afrikaner Sex Pistol en skrywer van die kontroversiële boek "Kontrei", gun die publiek 'n kans om uittreksels van die verhaal uit die perd se bek te hoor. Uiteenlopende kunstenaars sluit by hom aan om agtergrondmusiek te gooi en ook van hulle eie kuns te pleeg. Albert de Vos, alias AD, het vanjaar sy goed ontvangde CD "Wolfman" uitgereik. Sy droë dog humoristiese observasies sit gemaklik op 'n oorwegend blues-georiënteerde kitaar. Andries Bezuidenhout, sanger van BMRO en solokunstenaar in eie reg na die uitreiking van "Imsomniak se Droomalmanak", is ook daar om notas uit te ruil. Trike, die duo van JHB en skeppers van die onverwagte treffer "Skaamkoekie", rond kaalkneukels en meedoënloos die aand se program af met hul eie weergawe van die lewe en sy lot.*** NUUSFLITS*NUUSFLITS*NUUSFLITS ***Jetsetter wat Roof Anneries Bezuidenhout is, moet hy ongelukkig afwesig pleit vir die Kleinboer konsert Woensdagaand by Back2Basix. Ons maat van Sannieshof, Piet Planter, sal nou sy plek volstaan. Dié van julle wat hom by Oppikoppi gesien het, sal weet dat dié geselligheid net lekker kan word. Kyk gerus noukeurig na die foto van Kleinboer op die SA Klank webwerf. Nugter weet waar dié man oral uithang.


skakels :

.













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )