Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Klaas Steytler (Steytler, Klaas)
vetseun
Ons Oorlog: Ontmoetings Met Vrystaatse Voorsate (Roman) . 2001 TAFELBERG
versorg, Nico Steytler, Elsa Joubert

1995 - Die goue kalf: 'n sepie in 13 spele (QUEILLERIE)
1993 - Toe die wêreld nog anders en ek nog jonk was (QUEILLERIE)
1986 - Die walvisman (HUMAN & ROUSSEAU)
Die Leeukuil

vetseun
In die somer van '36 . 1991 TAFELBERG

"KYK WAT MAAK HULLE WANNEER SY DIE VRYSTAAT TREF..."
Die soel jong vrou uit die Boland steek argeloos 'n vuur aan wanneer sy in die somer van 1936 as't ware soos 'n godin uit die lae wolke opt die afgeleë dorp in die Vrystaat neerdaal. Sy is anders; sterk blas, intelligent, heldersiende. en haas geen man kan sy hande van haar af hou nie.
Op K- heers 'n selfvoldane orde van Kerk en Gereg, man en vrouens, bodorp en onderdorp en swart buurt. Elkeen ken sy plek, want die reëls is duidelik. Maar dié smeulende vrou laat mense reels oortree, en wanneer één skiet gee, sidder diegeheel.
En hoe verontwaardig raak die waardiges nie wanneer hulle in die vere - of in die blakende lig - betrap word! Van seks word nie op K- gepraat nie, maar die geskarrel tussen swyg en doen raak ál hewiger, soos 'n tergspel, tot die masker afgeruk word.
In die somer van '36 is die Anglo-Boereoorlog nog in eie heugenis, terwyl die volgende oorlog reeds dreig. Magte van onder as voer op K- 'n stryd teen die orde van bo. En met sy aweregse kyk bring die skrywer skokkend herkenning, en deernis, en 'n vereenselwigende lag.
Klaas Steytler ken sy mense deur en deur, hy klee hul mites in vlees en bloed en laat hulle kaalvoet in die Vrystaat dans vir iedereen om te eien. Sy fyn insig en waarneming en sy kenmerkend sardoniese humor maak van In die somer ban '36 een van die onthullendste, genietbaarste romans in Afrikaans.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )