Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2007

31 MAART TOT 8 APRIL 2007vetseun

TONEEL: DRAMA
DIE STORM
Gesin • Afr. • Professioneel • Teks: William Shakespeare • Regie en ontwerp: Marthinus Basson • Vertaling: Tjaart Potgieter • Produksie: Vleis, Rys & Aartappels, Universiteit van Stellenbosch drama-departement en Absa KKNK • Verhoogbestuur: Jansie Potgieter • Rekwisiete: Elana Snyman Klankbaan: Gertjie Besselson • Beligtingsontwerp: Albert Snyman • Uitvoerende vervaardiging: Saartjie Botha • Met Antoinette Kellermann, Jana Cilliers, Neels Coetzee, Gerben Kamper, Stian Bam, Petrus du Preez, Hugo Theart, Rian Visman, Nelmarie Brand, Hannes Spangenberg, Ilana Cilliers, Freidrich Smit, Mart-Maré Viviers, Clinton Brown, Wynand Olivier en Herman Gerber
The Tempest, in Afrikaans vertaal as Die Storm, word beskou as een van die hoogtepunte in die Shakespeare-oeuvre. Dié stuk was sy laaste volledige teks en is vir die eerste keer in 1611 opgevoer. Dit is steeds 'n gewilde keuse op verhoë wêreldwyd vanweë 'n sjarmante kombinasie van komedie, romanse, tragedie en 'n magiese kwaliteit wat tot 'n groot gehoor spreek.
Van al Shakespeare se werk is Die storm waarskynlik die mees teatrale: Eksotiese, bomenslike en soms selfs onsigbare karakters vertel die verhaal van Prospero, 'n wyse ou towenaar, sy pragtige en onderwêreldse dogter, 'n dapper jong prins en 'n wrede, geslepe broer. Prospero, die regmatige hertog van Milaan, en sy dogter, Miranda, word afgeset deur sy broer, Antonio, met hulp van die koning van Napels, Alonso. Prospero en Miranda kom te lande op 'n eksotiese eiland en deur sy towerkragte, beheer Prospero die bomenslike bewoners van die eiland vir twaalf jaar. Prospero gebruik sy towermagte om 'n storm ter see te laat ontstaan waarin onder andere sy broer, die koning en sy seun, Ferdinand, op sy eiland uitspoel ná hul skip in die storm vergaan het. Met behulp van die luggees Ariel bewerk Prospero inkeer by Alonso en orkestreer hy die huwelik van Miranda en Ferdinand.
Die Storm is 'n poëtiese en allegoriese sprokie waarin ou onregte uitgewis word en waarna die minnaars lank en gelukkig lewe. Hoewel die verhaalgegewe skraps voorkom, is Die storm 'n teatrale meesterstuk wat krities na die verhouding tussen natuur en beskawing, en by implikasie ook die kuns, kyk. Prospero toon sterk outobiografiese ooreenkomste met Shakespeare self. Dié stuk is 'n waardige slot tot die werk van die grootste dramaturg van alle tye.
Die storm spog met 'n gedugte rolverdeling en 'n onkonvensionele aanslag. Antoinette Kellermann speel die rol van Prospero en Jana Cilliers is Ariel. Die regie word behartig deur Marthinus Basson - die mees bekroonde regisseur in die geskiedenis van die Absa KKNK. Hy het reeds vier Kanna-toekennings vir sy werk verower.
140 min. • R70 R80 R90 • SANW-ouditorium
31 Mrt. 14:00 31 Mrt. 20:00 1 Apr. 11:00 2 Apr. 20:00 3 Apr. 10:00 3 Apr. 14:00

VICTORY
Volwasse • Geen o. 16 (GT) • Eng. • Professioneel • Teks: Athol Fugard • Regie: Lara Foot Newton • Ontwerp: Jaco Bouwer • Beligtingsontwerp: Mannie Manim • Verhoogbestuur: Greg Kleinschmidt • Met Cobus Rossouw (Lionel Benson), Ameera Patel (Vicky Klaas) en Wayne van Rooyen (Freddie Blom)
Die beroemde Suid-Afrikaanse skrywer Athol Fugard se jongste toneelstuk, Victory, vier sy wêreldpremière by vanjaar se Absa KKNK.
Die verhaal speel af in 'n droë, agtergeblewe Karoo-dorp. Vicky Klaas is 'n tiener wat onder haar pa se alkoholisme ly en sukkel om haar ma se dood te verwerk. Haar roekelose skollie-kêrel, Freddie Blom, oorreed haar om by Lionel Benson se huis in te breek. Benson is 'n eensame afgetrede onderwyser. Hy was ook die werkgewer en vriend van Vicky se oorlede ma, maar Freddie weet dit nie.
Met Victory ondersoek Fugard die realiteite van 'n wêreld sonder hoop; 'n wêreld wat uitgelewer is aan sinnelose geweld en dwelmmisbruik. In dié donker en insiggewende drama verken drie karakters die onvervulde behoeftes wat deur die beloftes van die ryk wittes geskep is, en die vertwyfeling en teleurstelling wat Suid-Afrika se jeug as gevolg daarvan ervaar. Ou vrese steek kop uit en ou wonde word oopgekrap. Dit lei tot rassekonflik, wrewel en onenigheid.
Die bekroonde jong dramaturg en regisseur Lara Foot Newton (Tshepang) het ook al Fugard se Hello And Goodbye by die Mark-teater opgevoer. Sy bring Fugard se roerende nuwe stuk met 'n sterbelaaide rolverdeling op Oudtshoorn op die planke.
Die veteraanakteur Cobus Rossouw was 2001 te sien in Boetman is die bliksem in. Hy het die regie gedoen vir vorige opvoerings van Fugard se Boesman and Lena en A Lesson from Aloes. Wayne van Rooyen, bekend vir sy rol in King of Laughter, het in 2005 die NALEDI-prys vir Beste Nuweling gewen. Ameera Patel was onlangs in die televisiereeks Hard Copy te sien.
Fugard se Booitjie and the Oubaas en sy vorige stuk,
Exits and Entrances, is in die media lof toegeswaai en was baie gewild by gehore. Met Exits and Entrances het hy die NALEDI-prys vir Beste Inheemse Teks verower. Die stuk het ook verskeie
ander pryse gewen, insluitend die NALEDI- en Fleur du Cap-prys vir Beste Akteur.
95 min. • R65 R75 R85 • SANW-ouditorium
5 Apr. 21:00 6 Apr. 10:00 6 Apr. 13:00 7 Apr. 18:00 7 Apr. 21:00 8 Apr. 19:00

BOESMAN EN LENA
Volwasse • Geen o.16 (GTV) • Afr. • Professioneel • Teks: Athol Fugard • Regie: Clare Stopford • Verhoogbestuur: Eben Bester • Stel- en beligtingsontwerp: Ivan D. Lucas en Clare Stopford • Produksie: Backroom-produksies
Met Ivan D. Lucas (Boesman), Vinette Ebrahim (Lena) en Earnest Ndlovu (Outa)
Boesman en Lena is die eerste keer in 1969 opgevoer. Dit word vandag gereken as 'n klassieke Suid-Afrikaanse werk. Die drama speel af in Port Elizabeth in die vroeë 70's en gaan oor meer as net onteiening. Dit vertel van die emosionele reis van twee siele op soek - in dié geval, boemelaars - en wys hoe mense vasgevang word in die bose kringloop van armoede. Dit vertel van 'n vrou se alleenheid binne 'n verhouding en hoe sy mishandeling aanvaar net om deel te wees van iets, al is die situasie partymaal ondraaglik.
150 min. • R80 • Laerskool Wesbanksaal
1 Apr. 20:00 2 Apr. 16:00 2 Apr. 20:00 3 Apr. 20:00 4 Apr. 20:00

BRIEF VAN DIE HARLEKYN
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie: Louis van Niekerk • Teks: C.J. Langenhoven se "Fragment" en "Brief van die Harlekyn" uit Stille Waters • Verwerking: Thijs Nel • Verhoogbestuur: Vicky Stemmet • Stel- en beligtingsontwerp: Louis van Niekerk en Vicky Stemmet • Met Paul Eilers
Moontlik gemaak deur die Langenhoven Gedenkfonds - Arbeidsgenot
'n Satiriese blik op die multidimensionele samestelling van ons volk wat veral die draak steek met die Afrikaner. Die lot van die skeppende kunstenaar en gusooi-resensente word ook onder die loep geneem. Dis satire op sy skerpste. Thijs Nel het Langenhoven se twee essays saamgesnoer in 'n sirkus-milieu sonder om veel aan die oorspronklike teks te verander. Dié verhoogteks is spesiaal vir Paul Eilers verwerk. Eilers is 'n veteraanakteur en het die afgelope paar jaar die land deurreis met Faan se trein (Kanna-toekenning 2005) en Faan se stasie. Louis van Niekerk is tans toesighoudende regisseur by Egoli.
80 min. • R75 • Laerskool Wesbanksaal
31 Mrt. 16:00 1 Apr. 16:00 2 Apr. 10:00 4 Apr. 13:30 7 Apr. 10:00
vetseun
DIE HART SE SMELTKROES
Gesin • Afr. • Professioneel • Teks: Peter Hayes • Vertaling: Saartjie Botha
Regie: Jaqueline Dommisse • Produksie: Hearts & Eyes Theatre Collective Verhoogbestuur: Kelly-John Gough • Stelontwerp: Patrick de Wet Beligtingsontwerp: Paul Abrams
Die hart se smeltkroes is 'n vertaling van The alchemist's heart. Hier word die kosmos, soos met 'n haiku, in 'n korreltjie sand geïllustreer. 'n Inspirerende allegoriese verhaal van een persoon se reis in die dae nadat sy hart gebreek is. Binne die pragtige pers en groen tent is 'n volledige teaterwêreld in die kleine geskep - kompleet met 'n rooi & #64258;uweelgordyn, vere en kerse. Kom ervaar elf minute van suiwer betowering in 'n unieke wonderwêreld.
11 min. • R15 • Die Tent
31 Mrt. tot 7 Apr. Daagliks 17:00 17:20 17:40 18:00 19:00 19:20 19:40 20:00

FESTEN
Volwasse • Geen o.16 (VS) • Afr. • Professioneel • Teks: David Eldridge (gebaseer op die & #64257;lm en toneelstuk deur Thomas Vinterberg, Mogens Rukov en Bo Hansen) • Verhoogbestuur: Catherine Channing en Jeanne Steenkamp • Vertaling: Hennie van Greunen • Regie: Heinrich Reisenhofer • Verhoogbestuurders: Catherine Channing en Jeanne Steenkamp • Produksie: Wordsmith's Theatre Factory • Met Neil Sandilands, Nina Swart, Pedro Kruger, Stian Bam, Johann Nel, Johan Botha, Deon Lotz, Ilse Schmidt, Liandé Valentyn, Lorraine Burger, Chris Fourie, Ruan Burger, Marty Kintu en Celeste Loots
Ondersteun deur Insig
Dié internasionale treffer, gebaseer op die Deense Dogme-film Festen (Engels: The Celebration), kom direk van die West End en Broadway in Afrikaans na die Absa KKNK. Die storie speel af tydens 'n 60ste verjaarsdagviering op 'n ou familieplaas waar verskeie onthullings 'n gesiene Afrikaanse familie tot in die fondamente skud. Die Britse Sunday Times beskryf dié produksie as "skokkend en diep treffend - 'n opwindende moderne tragedie, wat op klassieke wyse speel met donker en lig."
90 min. • R70 R80 R90 • SANW-ouditorium
4 Apr. 21:00 5 Apr. 10:00 5 Apr. 13:00 6 Apr. 21:00 7 Apr. 10:00 8 Apr. 10:00 8 Apr. 13:00

JOHNNY BOSKAK IS FEELING FUNNY
Volwasse • Geen o.16 (DT) • Eng. en Afr. • Professioneel • Teks: Greig Coetzee • Regie: Genna Lewis
Musiek-komposisie: Syd Kitchen • Met Greig Coetzee en Syd Kitchen (kitaar)
Kombineer Shakespeare, rap en weermag-sleng, en skryf 'n Suid-Afrikaanse Natural Born Killers. Die resultaat? Johnny Boskak - 'n "spoken word rock opera" wat nog sy gelyke soek. Daar is liefde, 'n soeke na geloof en 'n jaagtog van Durban tot Secunda, van Hillbrow na die Hel en terug. Dit is 'n donker tragikomedie oor 'n wit ou en sy kougom-kouende, blink-lip, gatskop-cherrie - 'n baie moeilike meisie. Syd Kitchen (kitaarman, sanger en liedjieskrywer) het 'n oorspronklike klankbaan gekomponeer en speel terwyl Coetzee optree.
Dié stuk is met groot sukses in Brittanje opgevoer en het die Scotsman Fringe First Award by die Edinburgh-fees ingepalm. "Dazzling... mesmerizing" The Guardian, Londen
75 min. • R70 • OKSK-saal
4 Apr. 10:00 4 Apr. 13:00 5 Apr. 10:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 10:00 7 Apr. 16:00

SKERP-SIN
Volwasse • Geen o.14 (N) • Afr. • Professioneel • Teks: Margaret Edson • Regie en vertaling: Gerben Kamper • Produksie: Facts • Verhoogbestuur: Marijda Kamper Stelontwerp: Gerben Kamper • Met Hillétje Möller, Nico Luwes, Wilhelm van der Walt, Crystal-Donna Roberts en Stephanie Brink
Skerp-sin is die vertaling van die Amerikaner Margaret Edson se drama Wit waarvoor sy die Pulitzer-prys in 1999 ontvang het.
Die teks handel oor prof. Vivian Bearing, 'n universiteitsdosent in 17de-eeuse poësie, wat gediagnoseer word met stadium vier metastatiese kanker van die ovarium. Bearing is 'n befaamde kenner van die hoogkomplekse metafisiese sonnette van John Donne. Haar benadering tot haar siekte is soos haar benadering tot Donne se werk: aggressief, ondersoekend en verbete rasioneel.
110 min. • R65 • Suid-Kaap Kollegesaal
5 Apr. 18:00 5 Apr. 21:00 6 Apr. 10:00 7 Apr. 16:00 8 Apr. 13:00

SLAGHUIS
Volwasse • Ouerbegeleiding (T) • Afr. • Studenteteater • Teks: Willem Anker • Regie en stelontwerp: Marthinus Basson • Beligtingsontwerp: Tyron Hensel • Verhoogbestuur: Elana-Marié Snyman • Met Stian Bam, Gertjie Besselsen, Pierre Nelson, Shalaine Schamrel, Clinton Brown, Hannes Spangenberg, Petrus du Preez, Johan Falck en Bea Theron
Wenner van Sanlam-prys vir Afrikaanse Toneel 2006
Moontlik gemaak deur die US Drama Departement en Sanlam
In 'n koorsagtige nag waarin poësie bots teen banale realiteit, moet 'n jong skrywer in 'n oeroue ritueel sy skrywersgod slag om sy eie identiteit as kunstenaar te vind.
Slaghuis is die opwindende nuwe stuk deur die belowende jong Willem Anker - 'n moet-sien vir Etienne Leroux-aanhangers.
115 min. • R50 • Lekker Naby
5 Apr. 20:00 6 Apr. 12:00 7 Apr. 18:00

STERIEL
Volwasse • Ouerbegeleiding (TG) • Afr. • Professioneel • Teks en regie: Gideon van Eeden Beligtingsontwerp: Herman Wessels • Met Johan Baird en Rafaele Sabatini
Daar's oorlog op die Kaapse Vlaktes. Wie moet die stukke optel? Ambulanspersoneel soos Donavan en Francois van Vehicle 65 in Delft. Elke dag staar hulle die geweld direk in die oë.
Hul verskillende agtergronde maak dit by tye moeilik om saam te werk, maar as die skote begin klap, sien ons 'n unieke vriendskap tussen twee dapper mans wat nie in statistieke praat of in die parlement sit om met vrugtelose multifase oplossings vorendag te kom nie; twee mans, in stryd met hul eie demone, wat alles net op hul eie manier probeer verstaan.
Steriel is 'n ontroerende Suid-Afrikaanse drama wat die dilemma van verwarde nuwe generasies blootlê, maar ook tot die ouer garde sal spreek.
70 min. • R60 • Bergsig Primêr
31 Mrt. 20:00 1 Apr. 20:00 2 Apr. 20:00 3 Apr. 20:00 4 Apr. 20:00 5 Apr. 20:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 20:00

STOOT
Gesin • Afr., Eng. en Xhosa • Professioneel • Teks en regie: Gaerin Hauptfleisch • Visuele kuns: Strijdom van der Merwe • Musiek en klankontwerp: Schalk van der Merwe • Met Stephanie Hough, Bongile Mantsai en Jan-Hendrik Opperman
Stoot is 'n onmisbare buitelug-kunservaring geskep deur die internasionaal bekroonde landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe, Schalk van der Merwe (Bed On Bricks en Delta Blue) en skrywer en regisseur Gaerin Hauptfleisch. Dié drie kunstenaars het hul onderskeie dissiplines gekombineer om een aanskoulike en innoverende stuk te skep. Verlede jaar se spanpoging, Trek, is deur die Die Burger beskryf as "een van daardie feeservarings wat 'n mens bybly lank nadat die feesterrein opgeruim is."
Waar daar verlede jaar getrek is, word daar hierdie jaar gestoot. Stoot word 'n venster op identiteit, op ons samelewing en ons aparte lewens. Die produksie is vir almal wat al gestoot het, aangestoot het, uitgestoot het, afgestoot het of aanstoot geneem het. As jy kan trek kan jy stoot, en so is die pad besaai met dubbelsinnighede en ander woordmonsters. Kom vroeg om die skouspelagtige sonsondergang te waardeer en bring 'n warmding.
75 min. • R60 • Oppiekoppie
1 Apr. 19:00 2 Apr. 19:00 3 Apr. 19:00 4 Apr. 19:00 5 Apr. 19:00 6 Apr. 19:00 7 Apr. 19:00

TEER
Volwasse • Geen o.16 (TV) • Afr. • Professioneel • Teks: Marius von Mayenburg - Parasiten • Regie en ontwerp: Jaco Bouwer • Produksie: Vleis, Rys & Aartappels • Verhoogbestuur: Wolf Britz Beligtingsontwerp: Albert Snyman • Vertaling en uitvoerende vervaardiging: Saartjie Botha • Met Neels Coetzee, Nicola Hanekom, Leon Kruger, Eben Genis en Nicci Schoeman
Ná die sukses van Altyd Jonker verlede jaar, snoer regisseur Jaco Bouwer en aktrise Nicola Hanekom weer kragte saam. Hier word onthutsend eerlik gekyk na 'n jonger generasie en die kompleksiteit binne afhanklike verhoudings - soms met 'n baie komiese aanslag. 'n Jong man is vasgekluister in 'n rolstoel en word pligshalwe versorg deur sy vrou. Sy voel ook verplig om haar swanger suster wat met selfmoord dreig, te akkommodeer, en uiteindelik ook dié se man wat haar suster & #64257;sies mishandel. Vier jong mense ontneem van drome, en & #64257;sies en psigies so afhanklik van mekaar dat dit parasitiese proporsies aanneem. Marius von Mayenburg word allerweë beskou as dié toonaangewende jong Duitse dramaturg. Sy werk is reeds in 40 lande opgevoer.
85 min. • R75 • Laerskool Van Reedesaal
5 Apr. 10:00 6 Apr. 09:30 6 Apr. 12:00 7 Apr. 10:00 7 Apr. 20:30 8 Apr. 10:00

THE BONFIRE THEATRE COMPANY
IMPROVISASIE
Gesin • Eng. • Professioneel • Regie: Paula Kingwill • Verhoogbestuur: Toni Joan Alton • Met Heather Schiff, Stuart Palmer, Unathi Speelman, Chuma Sopotela, Lesley Bester, Kerryn Bailey en Chris Wildman
Die Bonfire Theatre Company se uitvoering is 'n geïmproviseerde teatervorm wat as "playback theatre" bekend staan. Lede van die gehoor vertel vrywillig 'n ware storie. Die akteurs speel dan die storie terug en fokus op die essensie daarvan. Die musikante dramatiseer die aksie met geïmproviseerde musiek, en die akteurs maak gebruik van & #64257;siese teater, voordrag, poppespel, musiek, dans en komedie. Elke storie word in 'n ander styl vertolk. Kom ervaar spontane drama wat vermaak en roer.
75 min. • R50 • Onderwysgebou
31 Mrt. 20:00 1 Apr. 20:00 2 Apr. 20:00 3 Apr. 20:00 4 Apr. 10:00

THE BOY WHO FELL FROM THE ROOF
Volwasse • Geen o.15 • Eng. • Professioneel • Teks: Juliet Jenkin Regie: Roy Sargeant • Ontwerp: Francesco Nassimbeni • Met Alex Halligey, Adrienne Pearce, David Johnson, Francesco Nassimbeni en Frances Marek (verteller)
Moontlik gemaak deur Artscape New Writing Programme
Dié stuk ontgin met sjarme en patos daardie dinge in die lewe wat die moeite werd is om voor te val. Dit is vol vars, skerpsinnige en onkonvensionele humor.
Simon, 'n matriekleerling, se lewe verander heeltemal wanneer hy verlief raak op 'n nagraadse wiskundestudent, Leonard. Dit plaas druk op sy vriendskap met Georgina, sy beste vriendin.
"Provides discussions on sexuality, but never takes itself too seriously..." Cue, Grahamstown.
80 min. • R70 • OKSK-saal
31 Mrt. 20:00 1 Apr. 10:00 1 Apr. 13:00 2 Apr. 10:00 2 Apr. 12:00 3 Apr. 20:00

TWAALFUURWALSvetseun
Volwasse • Geen o.16 (T) • Afr. • Professioneel • Teks: Chris Barnard Regie: Katinka Heyns • Ontwerp: Pieter-Jan Kapp • Produksiehoof: Marna Gey van Pittius • Met Marius Weyers, Anna-Mart van der Merwe, Marcel van Heerden, Hanli Rolfes en Rolanda Marais
Twaalfuurwals handel oor 'n walpurgisnacht in die lewe van 'n oor-die-muur dramaturg, Paul van Heerden. Sy vrou, Nana, is 'n beroemde aktrise wat nog altyd die hoofrolle in al sy dramas gespeel het. Maar dis nie sommer net nog 'n nag nie. Nana keer vroeër as verwag terug van 'n toneeltoer en word onaangenaam verras. Dit word 'n nag van ontmaskering en ontreddering wat elkeen van ons se eensaamheid en feilbaarheid demonstreer.
Ten spyte van die ernstige gegewe en weemoedige ondertone, is Twalfuurwals 'n sprankelende komedie oor die vreemde en verlossende mag van die liefde.
Die stuk is tydens die 2006 Aardklopfees as die gewildste opvoering aangewys. Marius Weyers en Hanli Rolfes het ook die toekennings vir beste akteur en aktrise ingepalm.
90 min. • R75 R85 R95 • Burgersentrum
31 Mrt. 16:00 31 Mrt. 20:00 1 Apr. 10:00 1 Apr. 13:00 2 Apr. 20:00 3 Apr. 10:00 3 Apr. 13:00 4 Apr. 21:00

VERWAGTINGS
Volwasse • Geen o.16 (TG) • Afr. en Tswana • Professioneel • Teks: Deidre Venter • Regie: André Stolz • Produksiebestuur: Wim Beukes Produksie: ATAC Produksies • Ontwerp: Naomi van Niekerk Klankbaan: Leon Ecroignard • Met Renate Stuurman, Deidre Venter, Elton Landrew en Louise Make
Daar is die swanger boervrou Daleen, en Liesbet, haar huishulp; die plaasvoorman, Martiens, en Mirjam, die jong twasanna. Daar is ook die vloek van die moetie-vrou, die bulkende bul wat buite sy baas soek en die dragtige koeie wat dit nie maak nie. Op dié plaas is die duiwel los en die voorvaders kwaad.
"Dié stuk breek deur taal- en kleurgrense met 'n aardse eenvoud" - so beskryf Pieter Fourie, bekroonde dramaturg, hierdie teks. 'n Drama wat nie misgeloop mag word nie.
80 min. • R70 • Laerskool Van Reedesaal
31 Mrt. 13:00 31 Mrt. 16:00 1 Apr. 16:00 1 Apr. 20:00 2 Apr. 10:00 2 Apr. 13:00

WEG
Volwasse • Geen o.16 (TNG) • Afr. • Professioneel • Teks: Leon Kruger Regie: Francois Toerien • Verhoogbestuur: Catherine Channing Stel en beligtingsontwerp: Lize Poultney • Produksie: Kruger-produksies • Met Altan Ungerer en Leon Kruger
Wenner van Anglo Gold/Ashanti Smeltkroes-prys 2006
Moontlik gemaak deur Aardklop
Wanneer Stefan by sy ma se huis opdaag en sy ouer broer André onverwags daar raakloop, volg 'n dramatiese konfrontasie. Emosioneel vernietig deur sy kinderjare en sy tyd in 'n verbeteringskool, word André al hoe verder verwyder van ons realiteit, terwyl hy al dieper verdwyn in 'n plek wat slegs bekend staan as WEG.
Weg is die verhaal van twee broers wat mekaar deur die dodelike spel van Russiese roulette vind en besef al wat hulle in die lewe oor het, is mekaar.
80 min. • R65 • OKSK-saal
4 Apr. 16:00 4 Apr. 18:00 5 Apr. 13:00 5 Apr. 16:00 6 Apr. 16:00 7 Apr. 13:00

TONEEL KOMEDIE

LAWWE GELUIDE
Gesin • Afr. • Professioneel
Teks: Michael Frayn (oorspronklike titel: Noises Off) • Vertaling en vervaardiging: Charles J. Fourie • Regie: Chris Weare • Stelontwerp: Maciek Miszewski • Beligtingsontwerp: Jannie Swanepoel • Stelbou: Keith Christian • Produksiebestuurder: Greg Kavellas Produksie: Kaap Teater Ensemble • Met Tobie Cronjé, Trix Pienaar, Johan Malherbe, Nicole Holm, Petrus du Preez, Bea Theron, Francois Toerien, Roeline Daneel en Hugo Theart
Ondersteun deur Lucky Star Sardyne
Die bekroonde Britse dramaturg sir Michael Frayn se skreeusnaakse klug Noises Off - nou vir die eerste keer in Afrikaans vertaal deur Charles J. Fourie - word deur vele beskou as die beste klug wat nog ooit geskryf is. Dié pittige stuk, wat al talle kere op die West End en Broadway opgevoer is, neem ons agter die skerms van 'n toneelstuk waar 'n groep akteurs repeteer met komiese gevolge.Woorde word vergeet, deure wil nie oop of toe nie, liefdesdriehoeke kom op die lappe, rokke vlieg, broeke val, en die sardyne verdwyn, terwyl alles wat kan op die verhoog skeef loop, kort voor openingsaand. Die bekende en gesoute akteurs Tobie Cronjé en Trix Pienaar snoer in Lawwe Geluide vir die eerste keer in jare weer hul komiese kragte saam met 'n talentvolle ondersteunende geselskap van ons voorste akteurs. Met 'n hupse Afrikaanse vertaling en regisseur Chris Weare aan die stuur, beloof die produksie om gehore te laat huil van die lag.Michael Frayn het die Britse Best Comedy of the Year-toekenning al drie keer ontvang vir Noises Off, Aphabetical Order en Make and Break. Noises Off is ook as rolprent verfilm. Sy roman Headlong is benoem vir die 1999 Man Booker-prys, en Spies is in 2002 bekroon met die Whitbread-toekenning. Sy televisiefilm First and Last het in 1990 'n Emmy gewen.
120 min. • R75 R85 R95 • Burgersentrum
1 Apr. 21:00 2 Apr. 09:30 2 Apr. 13:00 3 Apr. 21:00 4 Apr. 09:30 4 Apr. 13:00 5 Apr. 09:30 5 Apr. 13:00

5 VOET 4
Gesin • Afr. • Professioneel
Regie: Hugo Theart • Teks: Leon Kruger Met Martelize Kolver
Martelize Kolver is omtrent 4 voet 9 lank, maar dit sou nie 'n lekker titel gewees het nie - toe word sy maar 'n paar duim langer om die rol van Maryna te vertolk. Maryna is mal oor lughawens. Sy kan dae lank na vliegtuie kyk, terwyl hulle opstyg en land. Sy sit ook graag ure in die Spur en ken al die lughawepersoneel op die naam. Vandag is 'n groot dag, want sy is op pad oorsee. Haar tasse is gepak, sy het 'n spesiale reisbroek aan haar bas en "Leaving on a jet plane" op haar lippe. Ons ontmoet haar vriende, kollegas en natuurlik die lughawepersoneel in dié skreeusnaakse solo-vertoning.
60 min. • R60 • Jack Hindon-lokaal
4 Apr. 17:30 5 Apr. 17:30 6 Apr. 10:00 7 Apr. 17:30 8 Apr. 10:00

AF GELAG
Volwasse • Geen o.16 (T) • Afr. • Professioneel
Konsep en vervaardiging: Eric Nobbs Teks: Chris Vorster (in samewerking met Eric Nobbs) • Regie: Chris Vorster Met Eric Nobbs
Almal wil op een of ander stadium van hul lewe 'n akteur of aktrise word. Dit lyk dan so lekker om 'n ster te wees. Hoe voel 'n akteur na 30 jaar in die teater? Suksesvol? Die nek vannie plek? Of teleurgesteld, onvervuld, 'n mislukking? Van hero na zero in dertig laaang jare? Dalk 'n bietjie van beide? Kláár gelag, terwyl sy gehoor vir hom lag in stede van met hom? En wie se skuld is dit? Sy eie, of sy onnosele, egosentriese kollegas s'n? Kom loer vir 'n slag agter die akteur se masker in. Dis 'n ander wêreld met ander reëls. Die span wat die trefferstuk Broekbrein opgedis het, verskaf die antwoorde op al dié senutergende vrae.
65 min. • R70 • Sanlam Griesselsaal
31 Mrt. 12:30 31 Mrt. 20:00 1 Apr. 12:30 1 Apr. 20:00 2 Apr. 12:302 Apr. 20:00 7 Apr. 15:00

AGTERSTEVOOR & DIS NOU TE LAAT
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie: Albert Maritz • Teks: Louis de Villiers - Dis nou te laat • Konsep: Albert Martiz - Agterstevoor • Verhoogbestuur: Ineke Schoch • Met George Ballot, Petro van den Heever, Martelize Kolver, Stefan Blignaut, Yolandé Rabé en Jeroen Kranenburg
In Dis Nou Te Laat is George Ballot van Vyfster weer Skollie; die keer 'n boereskollie in 'n volksteater-komedie. Agterstevoor is 'n gratis kykie na die chaos agter die skerms - 'n boere-idols as jy al ooit een gesien het! Albert Maritz trek 'n trop van ons top komiese spelers byeen in hierdie dubbele aanbieding vir die prys van een. Kom kyk van voor of van agter, en dan van agter of van voor, na die Agterstevoor van Dis Nou Te Laat.
100 min. • R70 • Lekker Naby
31 Mrt. 12:00 1 Apr. 12:00 1 Apr. 18:00 2 Apr. 10:00 2 Apr. 17:00 3 Apr. 12:00 3 Apr. 19:00 4 Apr. 10:00

AL DOBBEREND
Gesin • Afr. • Professioneel • Teks en regie: Tertius Kapp Met Neels van Jaarsveld
Hy is die onsigbare man agter jou in die poskantoorry. Hy is die nors parkeerplekdief wat jou middelvinger uitlok; die burokraat wat jou in rompslomp probeer versmoor. Hy is 'n skelm dromer wat sy gesig in 'n whiskeyglas versteek; 'n grapmaker om die braaivleisvuur. Jy het hom al 'n duisend keer ontmoet, maar sal hom nooit herken nie. Al dobberend dwaal Danie Myburgh deur die lewe. In hierdie eenmankomedie lewer akteur Neels van Jaarsveld 'n sensitiewe en vlymskerp vertolking van 'n man wat so alledaags is dat hy fassinerend word. Tertius Kapp se teks gee vir ons 'n blik op 'n karakter wat ons goed ken, maar ook glad nie ken nie.
50 min. • R55 • Jack Hindon-lokaal
2 Apr. 20:00 3 Apr. 10:00 3 Apr. 15:00 4 Apr. 12:30 4 Apr. 15:00 6 Apr. 12:30

BACCHUS IN DIE BOLAND
Volwasse • Ouerbegeleiding • Afr. • Professioneel
Regie: Heinrich ReisenhoferTeks: Bartho Smit • Verhoogbestuur: Andrea Ariefdien • Beligtingsontwerp: Daniel GallowayMet Chris van Niekerk, Oscar Petersen, David Johnson, Nanine Wessels, Jeremy September, André Weideman, Brendan Daniels, Johann Vermaak, Chris Majiedt, Liande Snel, Marius du Plooy, Mary Daniels en Antonio Fisher
Hierdie opdragkomedie van KRUIK was sy tyd vooruit en is die oggend van die openingsaand in 1975 verbied. Nou, meer as 30 jaar later, kom dit tot sy reg in 'n opvoering met 'n veelrassige rolverdeling. Bacchus, god van wyn, besoek Willem Adriaanse wat sy plaaswerkers, vrou en buurman met 'n ysterhand regeer. Adriaanse en Bacchus daag mekaar tot 'n absurde drinkwedstryd uit met die dominee as skeidsregter. Bacchus wen natuurlik en omdat hy ook die god van teater is, volg 'n spel binne 'n spel: Bacchus word die moeilike plaaseienaar en Adriaanse is nou een van die plaaswerkers. Koproduksie van die Absa KKNK en Die Burger Suidoosterfees
90 min. • R70 R80 R90 • kykNET Hoërskoolsaal
4 Apr. 12:30 5 Apr. 19:00 5 Apr. 21:15 6 Apr. 09:30 6 Apr. 12:30 7 Apr. 19:00 7 Apr. 21:15

BANGBROEK
Volwasse • Geen o.16 (T) • Afr. • Professioneel
Regie: Ardine Fick Teks: Ardine Fick en Coba-Maryn Wilsenach • Vervaardiging: Marie Biscuit-produksies • Met Coba-Maryn Wilsenach
Bangbroek is 'n histeriese eenvroukomedie met skop, wat die vrese en beproewings van die hedendaagse mens ondersoek. Gehore sal maklik met die kleurvolle, uniek Suid-Afrikaanse karakters kan identifiseer - van bedonnerde tieners en versteurde bergies tot irrasionele misdaadbestryders en desperate bruidsmeisies.Bangbroek is 'n stuk vir almal wat wonder oor die absurde paranoïese toestand waarin Suid-Afrikaners hulle daagliks bevind. Die talentvolle Coba-Maryn Wilsenach skitter in haar vertolking van nege verskillende karakters. Haar vinnige, fyn karakterveranderings en skerp humor sal jou laat lê van die lag.
50 min. • R55 • Jack Hindon-lokaal
2 Apr. 12:30 3 Apr. 17:30 4 Apr. 20:00 5 Apr. 10:00 7 Apr. 10:00

BOETMAN IS BEDÔNIT
Volwasse • Ouerbegeleiding (T) • Afr. • Professioneel Teks: Gideon van Eeden • Regie en stelontwerp: Gaerin Hauptfleisch • Produksie: Stercus-produksies • Met Shaun Arnolds en Jan-Hendrik Opperman
Boetman was eers die bliksem in, maar in 2007 is hy skoon bedônit! Hierdie teks wat by verlede jaar se fees as leesteater aangebied is, het nou gegroei tot 'n volwaardige komedie.Wikus Botha het pas klaar gemaak met matriek. Hy was, tot sy pa se ergernis, nie goed in rugby nie. Sy ma het nie van sy musiek gehou nie. Hy weet nie eintlik wat om met sy lewe te maak nie - tot 'n lig vir hom eendag voor die televisie opgaan. Toe begin die poppe dans. Wikus trek Kaap toe vir sy nuwe lewe - 'n lewe wat mens nie noodwendig met 'n wit boytjie uit die Noorde sou vereenselwig nie. Die wit outjie van die plaas word 'n gangster op die Cape Flats, maar dis net die begin. Dis 'n verhaal van wraak en weerwraak, van "drugs" en "guns", van rasseverskille en stereotipes, van Generation X en generation eks, om die waarheid te sê, dis 'n doodgewone Suid-Afrikaanse verhaal.
75 min. • R70 • Sanlam Griesselsaal
31 Mrt. 10:00 31 Mrt. 17:30 1 Apr. 10:00 1 Apr. 17:30 2 Apr. 10:00 2 Apr. 17:30 7 Apr. 12:30

BUITE VOOR DIE DEUR
Gesin • Ouerbegeleiding (DG) • Afr. met snitte in Duits en Zoeloe • Professioneel
Teks: Wofgang Borchert • Vertaling en regie: Gideon van Eeden • Beligtingsontwerp: Herman Wessels • Met Nicole Holm, Marko van der Colff, Jürgen van Nell, Chris Gxalaba, Geon Nel en Marco Golz
'n Man kom terug van die grens. Hy was lank weg, baie lank. Miskien te lank. Hy het 'n duisend dae in die koue staan en wag. Maar as hy deur die venster loer, sien hy 'n harige lummel langs sy vrou in die bed lê! Die man is een van baie ... een van die baie wat huis toe kom, maar nie tuiskom nie. Buite voor die deur is 'n buitengewone komedie van epiese proporsies - aangrypend, metafories, waansinnig, en jy mag jou doodlag ook.
75 min. • R70 • Laerskool Wesbanksaal
3 Apr. 17:00 5 Apr. 20:00 6 Apr. 10:00 6 Apr. 13:00 7 Apr. 20:00 8 Apr. 13:00

DIE FRANCOIS TOERIEN SHOW - DIE GROOT 5!
Volwasse • Geen o.14 (T) • Afr. • Professioneel • Teks: Francois Toerien en geselskap • Spelleiding: Juanita Swanepoel • Vervaardiging: Spektrum- produksies • Verhoogbestuur: Lize Poultney • Met Francois Toerien, Esther von Waltsleben, Lorraine Burger, Altan Ungerer en Martelize Kolver
Die Francois Toerien Show is vyf jaar gelede geloods. Dit is sketskomedie wat nie op die bek geval is nie. Vele ou karakters, soos die fopdossers en skooldogtertjies, is terug en gee aanleiding tot 'n menigte spitsvondighede.
70 min. • R70 • Suid-Kaap Kollegesaal
31 Mrt. 18:30 31 Mrt. 21:00 1 Apr. 10:00 2 Apr. 21:00 3 Apr. 10:00

DIE JOSEPH EN MARY AFFAIR
Gesin • Afr. • Professioneel Konsep: Ilse Oppelt en Abduragman Adams Teks: Malan Steyn • Regie: Marthinus Basson • Assistentregie: Kabous MeiringVervaardiging: Marogpoortstasie • Met Charlton Lee George, Euodia Samson en Brendon Daniels
Dié bekroonde stuk deur Malan Steyn, wenner van die Aardklop Anglo Gold Smeltkroes Prys 2002, deur Malan Steyn het 'n goeie dosis Kaap(s). Dit speel af in 'n fabriek in Woodstock waar Speedy vir Gerty en Munier oortuig om saam met hom die nativity, oftewel die Kersspel, op die planke te bring vir die fabriek se jaareindfunksie. Tussen al die lag deur, is daar 'n goeie skoot huil. Dis 'n blik op 'n samelewing wat midde-in swaarkry, moedig en eg menslik bly. Die aktualiteit van die stuk is treffend: verskillende godsdienste wat 'n gesamentlike doel voor oë het - medemenslikheid. Koproduksie van die Absa KKNK en Die Woordfees
75 min. • R75 • Laerskool Van Reedesaal
31 Mrt. 20:00 1 Apr. 10:00 1 Apr. 13:00 2 Apr. 16:00 3 Apr. 16:00 3 Apr. 20:00

DIE UWE POTTIE POTGIETER
Gesin • Afr. • Professioneel
Teks: Dana Snyman • Regie: Albert Maritz • Vervaardiging: Frank Opperman • Met Frank Opperman
Moontlik gemaak deur Radio Sonder Grense
Hierdie eenmanstuk is 'n komiese dog roerende verhaal oor die wel en wee van Pottie Potgieter - nou, na 20 jaar, 'n werklose boekhouer. Pottie probeer uitwerk waar dinge verkeerd geloop het, en wat geword het van al sy drome. Maar Pottie het ook ander probleme: Hy het nog nie sy vrou vertel dat hy sewe maande gelede gefire is nie. Frank Opperman, Dana Snyman en Albert Maritz skitter met dié moetsien-stuk.
60 min. • R65 R75 R85 • kykNET Hoërskoolsaal
3 Apr. 21:00 4 Apr. 21:00 5 Apr. 15:30 6 Apr. 15:30 7 Apr. 15:30 8 Apr. 15:30

DIE VALS SNOR
Volwasse • Geen o.14 (T) • Afr. en Eng. • Professioneel
Teks en regie: Chris Vorster • Verhoogbestuur: Sandra Vaughn • Met Pierre van Pletzen, Chris Vorster en Diaan Lawrenson
'n Rampokker vertel hoe hy Kerkman geknak het. Kerkman vertel hoe hy sy vryheid herwin het, al sit hy nou agter tralies. Mevrou Dominee verdwyn spoorloos met welsyngeld ná die sopkombuis-fiasko. Die gemeente is briesend oor die kerkklokfonds en gemorste gebede! Die media juig oor kasino-korrupsie, moord, 'n seks-skandaal en Bennie se sensasionele sondeval. 'n Ware verhaal met digterlike vryheid ingekleur deur fiksie, fantasie, verbeelding en flagrante leuens.
75 min. • R65 R75 R85 • kykNET Hoërskoolsaal
6 Apr. 18:30 6 Apr. 21:00 7 Apr. 09:30 7 Apr. 12:30 8 Apr. 09:30 8 Apr. 12:30

DIE VROU WAT HAAR MAN GEKOOK HET
Volwasse • Geen o.14 (ST) • Afr. • Professioneel Teks: Debbie Isitt • Vertaling: Hennie van Greunen • Regie: Lara Bye • Produksie: Wordsmith's Theatre Factory • Ontwerp: Kosie Smit • Verhoogbestuur: Marietjie Rossouw Met Pedro Kruger, Marion Holm en Ané Mostert
Met hierdie produksie voltooi Hennie van Greunen sy huweliktrilogie wat in 2004 begin het met Op die vrou af en verlede jaar voortgesit is met Die tafel. Wanneer Kenny in die spieël kyk, sien hy nie 'n 41-jarige man met 'n witbroodboep en 'n bos plastiekhare nie, o nee. Hy sien 'n viriele vleispaleis wat beter verdien as Hilary, wat ook 40 is en deur die jare, wel, bietjie uitgesit het van al die proe. En hoewel Hilary kook, kóók sy lankal nie meer in Kenny se oë nie. En dan ontmoet die moroon die mooie jonge Lara, maar die hel is 'n koue plek in vergelyking met die brandende hart van 'n verneukte vrou ...Die regie vir dié swart komedie word waargeneem deur die bekroonde Lara Bye, wie se ervaring in komedie en fisiese teater sorg vir 'n teaterbelewenis.
75 min. • R65 R75 R85 • kykNET Hoërskoolsaal
31 Mrt. 09:30 1 Apr. 09:30 1 Apr. 12:30 2 Apr. 09:30 2 Apr. 12:30 3 Apr. 09:30 3 Apr. 18:30

IS ALMAL DAN FOKKEN VOLMAAK?
Volwasse • Geen o.16 (T) • Afr. • Professioneel
Teks: Karen Jeynes • Vertaling: Saartjie Botha • Regie: Lara Bye • Produksie: Blameless Productions en Theatre Bazaar • Met David James, Erica Wessels en Lika van den Bergh
Wenner van beste nuwe komedie, regisseur, en gehoor-gunstelling by NLR/PANSA Kontem­porêre Tekslesings 2005. Die 39-jarige Spar-bestuurder Pieter is regtig lief vir sy vrou, Louise. Hulle lewe is so te sê perfek. Louise is ook regtig lief vir haar ouer suster Hanli, wat terugkeer uit Engeland om vir Pieter te ontmoet. Of het sy? Die lewe in die voorstede lyk rustig, totdat daar geraamtes uit kaste begin tuimel. As Little Miss Sunshine of Arrested Development jou laat lag het, sal jy baie hou van dié donker komedie. Die 25-jarige Karen Jeynes is 'n verfrissende nuwe stem met 'n fyn oor vir dialoog. Lara Bye het die regie van Athol Fugard se A Place with the Pigs behartig en haar produksie van Jesus Hopped the 'A' Train het die tweede meeste benoemings by verlede jaar se Fleur Du Cap-teatertoekennings ontvang.
85 min. • R70 • OKSK-saal
5 Apr. 20:00 6 Apr. 10:00 6 Apr. 13:00 7 Apr. 20:00 8 Apr. 10:00 8 Apr. 13:00

MOEGOEMAN EN DIE AFRIKANE
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel
Teks en regie: Gaerin Hauptfleisch • Produksie: Stercus-produksies • Met Floyed de Vaal, Stephanie Hough, Bongile Mantsai en Frieda van den Heever
Dié produksie ondersoek met satire, komedie en fisieke komedie die term Afrikaan deur vir Moegoeman, die regering se nuutste geheime wapen, op 'n lewensgevaarlike sending te stuur. Sy opdrag: om 'n naburige despoot en outokraat permanent te verwyder - natuurlik stilletjies, maar redelik ondiplomaties. Vele avonture volg en 'n paar gruwelike waarhede kom op die lappe. Met vernuftige rekwisiete en 'n span energieke akteurs word sake op 'n spits gedryf."Skreeusnaaks, trouens, hier en daar gaan jy lélik lag, soos maar gebeur as 'n mens onkant betrap word deur iets wat bitter snaaks is." Volksblad
65 min. • R60 • Sanlam Griesselsaal
31 Mrt. 15:00 1 Apr. 15:00 2 Apr. 15:00 3 Apr. 10:00 7 Apr. 10:00

SKELMSTREKE
Teks: Molière - Scapino • Verwerking en regie: Sandra Temmingh Met David Isaacs, Nicola Hanekom, Mbelelo Grootboom, Andile Nebulane, Nathan Fredericks, Anathe Shand, Anele Situlweni en Coba-Maryn Wilsenach
Scapino is 'n niksnuts, 'n leuenaar en 'n maaifoedie. Hy is 'n rebel met sy eie missie: om sy baas om die bos te lei. David Isaacs (Joe Barber, Stoutgatpassie) en Nicola Hanekom (Altyd Jonker) gaan met hierdie vermaaklike stuk deur Molière, die Franse koning van komedie, gehore laat kraai van die lag.Wanneer twee ryk ouers se trouplanne vir hulle kinders in die wiele gery word, is hulle woedend. Hulle probeer alles om hul spruite se geluk te vernietig, want groot geld is ter sprake. Maar Scapino sal hemel en aarde beweeg om die kinders te help. Koproduksie van die Absa KKNK en Die Burger Suidoosterfees
80 min. • R65 • Laerskool Wesbanksaal
4 Apr. 10:00 5 Apr. 13:00 5 Apr. 16:00 6 Apr. 16:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 13:00

SUSSIE: SURVIVOR (KUILSRIVIER)
Gesin • Afr. • Professioneel
Teks: Hennie van Greunen en Marion Holm • Regie: Hennie van Greunen Vervaardiging: Handyminds • Verhoogbestuur: Marietjie Rossouw • Met Marion Holm
Dis laat 1973. Sussie dog die hele gesin gaan net dorp toe, maar nee - hulle trek. En Sussie en die res van die gesin spoel uit op die donker oewer van die rivier. Kuilsrivier. Die uitdagings is legio en immuniteit kan slegs verwerf word as jy al die uitdagings oorleef - en natuurlik deur daai seer, blomvorminge inenting op jou bo-arm. Met deernis en 'n ongelooflike oog vir daardie unieke eienskappe wat 'n mens verander in 'n karakter, is Marion terug met splinternuwe stories, 'n paar ou gunsteling karakters en 'n skreeusnaakse terugreis na grootword in die 70's en 80's. Vergeet van Afrika, die Amasone of Panama. Maak jouself reg vir SUSSIE: SURVIVOR (KUILSRIVIER). Oorlams. Ooreis. Oorstuur.
70 min. • R60 R70 R80 • kykNET Hoërskoolsaal
31 Mrt. 12:30 1 Apr. 20:00 2 Apr. 21:00 3 Apr. 12:30 4 Apr. 15:30 5 Apr. 09:30 5 Apr. 12:30

SANLAM-PRYS VIR AFRIKAANSE TEATER
Sanlam ondersteun 'n rits kultuurborgskappe tot voordeel van Afrikaans. Die Sanlam-prys vir Afrikaanse teater is ingestel om aan ons jonger geslag akteurs en dramaturge 'n unieke geleentheid te bied om hul kreatiwiteit uit te leef. Die doel van die Sanlam-prys is om Afrikaanse teater van gehalte te bevorder, die skryf van vollengte dramatekste met 'n groot rolverdeling aan te moedig en om aan opkomende teaterkunstenaars die geleentheid te bied om hul talente te ontwikkel. Tot vier produksies van opvoedkundige instellings kan elke jaar saadgeld van R25 000 elk ontvang om hul produksie tydens die Absa KKNK op te voer en in aanmerking te kom vir prysgeld van R260 000. Die algehele wenproduksie sal op 7 Apr. om 20:00 en 8 Apr. om 10:00 vertoon word. Bespreek daarvoor as Sanlam-wenner by Computicket.

DIE MAKET
Volwasse • Ouerbegeleiding (T) • Afr. • Teks: Daleen Kruger • Regie: Juanita Swanepoel • Produksiehuis: Universiteit van Stellenbosch drama Met 'n studentegeselskap van die Universiteit van Stellenbosch
Dié drama speel af in 'n plattelandse sendingkerkie wat deur die NG Kerk aan privaateienaars verkoop is en in die hande van vier eksentrieke ou vroue beland het - 'n kunstenaar, 'n joernalis, 'n politieke aktivis en 'n mediese dokter. Baie faktore werk saam om die ander inwoners, ook oor hul toekoms saam in die kerkie, te laat wonder. Op 'n mikroskopiese vlak beleef mens die wel en wee van die ou vroue en die kerkie, maar hul verhale is verweef met die makrokosmos van die politiek en die kerk.
100 min. • R45 • Sanlam Griesselsaal
5 Apr. 10:00 6 Apr. 20:00

KAF
Gesin • Ouerbegeleiding (T) • Afr. • Teks: Ilné Fourie • Regie en ontwerp: De Beer Cloete • Verhoogbestuur: Jaco van der Merwe Assistentregie: Stephanie Brink • Produksiehuis: Universiteit van die Vrystaat • Met 'n studentegeselskap van die Universiteit van die Vrystaat
Wanneer Tollie met 'n klomp hooligans deurmekaar raak, moet sy ma haar bes doen om hom te beskerm teen die aanslae van die wêreld. Sy moet van haar drome vir haar seun prysgee en erken dat hy nooit, soos sy "pa", 'n prokureur met 'n aktetas en luukse motor gaan wees nie.
100 min. • R45 • Sanlam Griesselsaal
4 Apr. 12:00 5 Apr. 20:00

LEWENSREG
Volwasse • Geen o.16 (NS) • Afr. • Teks: Jan van Tonder • Regie: Nico Luwes • Produksiehuis: Universiteit van die Vrystaat • Met 'n studentegeselskap van die Universiteit van die Vrystaat
Twee byna bejaarde broers, Brand en Sewes, verkry die reg om tot hul dood in 'n huisie in die hart van 'n begraafplaas te woon. Al speel die stuk in 'n begraafplaas af, is dit nie morbied nie. Omring deur dooies, leer die broers wat dit beteken om te leef. Lewensreg vertel 'n tragikomiese verhaal vol liefdesintrige, diep geheime en wrokkigheid. Die hoofkarakters word, ten spyte van die aanvanklike gemoedelike naasbestaan, elk deur 'n eie skuldgevoel, of haat of wraak verteer. Lewensreg kyk met skalkse oë na die dood, en drink 'n heildronk op die lewe.
100 min. • R45 • Sanlam Griesselsaal
4 Apr. 17:30 6 Apr. 15:00

TERUGKERE
Volwasse • Geen o.18 (TN) • Afr. • Regie: Stephen van Dyk • Teks: Wim Vorster • Uitvoerende vervaardiger: Woutrine Theron • Produksiehuis: Tshwane Universiteit van Tegnologie • Met 'n studentegeselskap van die Tshwane Universiteit van Tegnologie
Wie is sy regtig? Hoekom word alles rondom haar so geheim gehou? Wat jy ook al van hierdie beroemde aktrise gehoor of gelees het of as die waarheid aanvaar, is verkeerd en vals... Dieselfde span wat feesgangers in 2005 met Skimmespel en in 2006 met Waterman aan die gons gehad het, bring vanjaar weer 'n SPAT-finalis op die planke wat beloof om nog meer opspraakwekkend en kontroversieel as die vorige twee te wees. 'n Onkonvensionele werk van Wim Vorster.
100 min. • R45 Sanlam Griesselsaal
5 Apr. 16:00 6 Apr. 10:00

TONEEL: SKERPSKERTS
DOWWE DOLLA - DIE GOEIE FEEKS
Volwasse • Geen o.16 • Afr. • Professioneel • Teks en regie: Hennie van Greunen • Produksiehuis: Arena • Musiekregie: Pedro Kruger Met Margit Meyer-Rödenbeck
Dowwe Dolla trek haar Goeie Fee(ks)-rokkie aan en vat ons op reis deur Almal se Gunsteling-feëverhale. Sy pluk blomme, wolwe en meer as net 'n paar towerstaffies. Op die Kaapse Vlaktes pluk sy selfs 'n paar tower-Staggies, en by die DBV 'n paar towerstaffies (honde wat nie jou huis opvreet nie). Want ons woon mos in 'n feetjieland, waar vreemde magte elke as­pek van ons lewens beheer. Ja, wat anders noem jy 'n land waar die petrol tower­agtig verdwyn, die hele volk oorskakel na gas en die gas dan toweragtig verdwyn? Waar die voorste rugbyspan in die wêreld binne 'n paar jaar sukkel in 'n wedstryd teen die gestremde skool se B-span?
75 min. • R72 • kykNET Hoërskoolsaal
31 Mar. 15:30 31 Mar. 20:00 1 Apr. 15:30 2 Apr. 15:30 2 Apr. 18:30 3 Apr. 15:30 4 Apr. 18:30

LIZZ MEIRING - BIZZIE LIZZIE
Volwasse • Geen o.16 (T) • Afr. • Professioneel • Teks: Lizz Meiring Regie: Annalise Bosch • Vervaardiging: The Sixth Sense • Stel- en beligtingsontwerp: Kosie Smit • Tegniese regie: Johan Hendriksz Klankontwerp: Coenraad Rall • Kostuums: Thomas Thomson Met Lizz Meiring
Moontlik gemaak deur Rooi Rose en Virgin Cosmetics
Die gewilde Rooi Rose-rubriek Bizzie Lizzie kry nou nuwe klank en kleur op die verhoog. Lizz Meiring baljaar baldadig met haar slimskerp sêgoed in dié splinternuwe eenvroustuk. Dis aweregs, oorspronklik, hartroerend en skreeusnaaks - Meiring op haar mespunt-skerpste.
60 min. • R75 • NG Weskerksaal
3 Apr. 10:00 3 Apr. 12:30 5 Apr. 12:30 6 Apr. 20:00 7 Apr. 10:00

LEON KRUGER - UITGEPLUG
Gesin • Afr. • Professioneel • Teks: Leon Kruger • Konsep: Albert Snyman en Leon Kruger • Produksiehuis: Kruger-produksies • Met Leon Kruger
Leon Kruger het drie suksesvolle eenmankomedies (Testos-moroon, Skeitbang en Suurgat), en die drama WEG, wat bekroon is met die Ashanti/Anglo Gold Smeltkroes-prys, onder die belt.
Met Uitgeplug, sy nuwe eenman-komedie, gaan hy gehore weer uitdaag en verras, en in die proses laat lag en dink ook.
70 min. • R60 • NG Weskerksaal
31 Mar. 12:30 1 Apr. 20:00 2 Apr. 10:00 2 Apr. 12:30 3 Apr. 20:00 4 Apr. 10:00 4 Apr. 21:00

MACBETTA - LINDIE WIKKEL WILLEM
Volwasse • Geen o.12 (T) • Afr. • Professioneel • Teks: Lindie Stander en William Shakespeare • Regie: Gaerin Hauptfleisch • Produksiehuis: Stercus-produksies • Met Lindie Stander
Lindie Stander is bekend as Kwêla-aanbieder, as Elise in Binnelanders en ook vir komedies soos Man-alleen en Vinger-alleen saam met Gaerin Hauptfleisch. In dié stuk word Shakespeare se Macbeth as ruggraat gebruik om 'n produksie te skep waarin Lindie Stander nie net haar uitsonderlike karakteriseringsvermoë gebruik nie, maar ook haar komiese talente inspan om die gehoor te vermaak deur as 't ware Willem Wikkelspies te laat wikkel. Nie net vertolk sy al die karakters in dié toneelstuk nie, maar sy lewer ook satiriese kommentaar op hulle en allerhande Suid-Afrikaanse kwessies.
65 min. • R60 Klipdrift-banketsaal
4 Apr. 20:00 5 Apr. 20:00 6 Apr. 15:00 7 Apr. 17:30 7 Apr. 20:00

TECHNI-COLOURED
Volwasse • Geen o.16 (T) • Eng. • Professioneel • Regie: Heinrich Reisenhofer • Vervaardiging en teks: Stuart Taylor • Verhoogbestuur en stelontwerp: Grant Atkinson • Met Stuart Taylor
Die komediant Stuart Taylor is ook bekend as aanbieder van die gewilde reeks Going nowhere slowly. Sy splinternuwe eenmankomedie is 'n mengsel van stand-up, skets-komedie en sy se eiesoortige spesiale "iets".
Stuart neem die gehoor op 'n toer deur sy identiteitskrisis en paranoia, terwyl hy terloops die mites van stereotipes afskiet. In dié vertoning vat hy alles van die huwelik tot sy eie vrese aan - sonder om hom aan politiese korrektheid te steur.
70 min. • R60 • Jack Hindon-lokaal
3 Apr. 20:00 5 Apr. 12:30 6 Apr. 15:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 12:30 7 Apr. 15:00

LESINGS EN GESPREKKE
MOONTLIK GEMAAK DEUR DIE BURGER
Van die mees dramatiese, vermaaklike en opwindende oomblikke van die Absa KKNK word elke jaar by Die Burger se reeks Oop Gesprekke beleef. Dis ook geen wonder nie, want die gesprek in die publieke ruimte oor dinge wat saakmaak is sinoniem met menswees. Sedert die mensdom in Afrika ontstaan en toe uitmekaar gegaan het, het dit moeiliker geword om mekaar te verstaan, maar wie weet, dalk nie onmoontlik nie. Dalk is die vreemdheid tussen ons een van woord en nie van wese nie. Die Oop Gesprek gaan oor 'n poging om die woorde te vind om die ander te bereik. Dit antisipeer die moontlikheid dat jy die taal van die ander kan leer en die kuns om te luister en te praat kan bemeester. Die Oop Gesprek is 'n sinlike ervaring, nes die teater wat van die begin af langs die markplein was.
Vanjaar se onderwerpe is uiteenlopend en aktueel. Hulle beloof kontroversie en heftige meningsverskille, maar ook instemming, die moontlikheid van bewuswording, verruiming van die gees, insig en begrip - alles op die spoor van die waarheid.
Soos verlede jaar is die ervare joernalis en aanbieder van die program Rekenskap op RSG, Elna Boesak, die gespreksleier. Sy verstaan die kuns om die gesprek tussen die genooide kenners en die deelnemende gehoor te laat vlot.

DIE OOP GESPREK-KOMITEE
Murray Hofmeyr (voorsitter), Christof Heyns, Debra Meyer, Desmond Painter en Christo van der Rheede

CHEVROLET, BRAAIVLEIS EN GANS TE VEEL SONSKYN
Met Victor Munnik (omgewingsaktivis en navorser), Erald Felix (50/50) en ander
Ná die Stern-verslag word algemeen aanvaar dat aardverwarming en klimaatsverandering ons planeet ernstig bedreig. Wat kan gewone mense daaromtrent doen?
120 min. • R5 (slegs by hekke) • Die Burger Tongelos-tent
2 Apr. 09:00

GEEN GOD OF GOD-GEEN?
Met George Claassen (Die Burger), Gerrit Brand (Die Burger en teoloog), Dirk Louw (Universiteit van Stellenbosch se sentrum vir toegepaste etiek, Universiteit van Vrystaat se departement van & #64257;losofie)
Richard Dawkins het met sy boek The God Delusion die tema van geloof en wetenskap weer aktueel gemaak. Is daar redes om te glo? Of is geloof en rede onversoenbaar?
120 min. • R5 (slegs by hekke) • Die Burger Tongelos-tent
1 Apr. 09:00

IS DIT MENSEBLOED WAT HIERDIE BOSSIE-AARDE VOED?
Met Irma Labuschagne (kriminoloog) en Andrea Hurst (Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit)
Waarom is misdaad in Suid-Afrika so gewelddadig en brutaal? Is dit 'n kultuur van geweld? Speel dwelms dalk 'n rol? Die paneel bespreek redes vir dié kommerwekkende fenomeen en maak voorstelle oor moontlike oplossings.
120 min. • R5 (slegs by hekke) • Die Burger Tongelos-tent
6 Apr. 09:00

IS ONS SIENDE BLIND, HORENDE DOOF?
Met Leslie Swartz (Universiteit van Stellenbosch, spesialis oor gestremdheid en sosiale verandering in Suid-Afrika) en 'n paneel
Word mense met gestremdhede deur ons samelewing in ag geneem? Wat is die praktiese en politieke uitdagings van mense met gestremdhede? Hoe bedink ons 'n mensliker, meer toeganklike wêreld vir mense met gestremdhede?
120 min. • R5 (slegs by hekke) • Die Burger Tongelos-tent
5 Apr. 09:00

SETLAAR, INBOORLING, VREEMDELING
Met Jodie Kolapen (Menseregte Kommissie), Ivor Chipkin, (RGN, skrywer) en Michael Cloete (Unisa)
In hierdie gesprek gaan dit oor die meganismes van insluiting en uitsluiting, oor wie verdien om Afrikaan genoem te word, en of outentieke Afrikaan-wees strook met xenofobie.
120 min. • R5 (slegs by hekke) • Die Burger Tongelos-tent
3 Apr. 09:00

VAL DIE DICE STEEDS VERKEERD?
Met Joyce Witbooi (Wes-Kaapse Wetgewer), Norman Duncan (Wits), Christo van der Rheede (Sentrum vir Bemagtiging deur Afrikaans)
Die bruin gemeenskap worstel met vele kwessies: tik, bendes, geweld, werkloosheid en swak skoolprestasie. Is die grootste probleem bruin identiteit? Of gaan dit oor marginalisering oor 'n breë front?
120 min. • R5 (slegs by hekke) • Die Burger Tongelos-tent
4 Apr. 09:00

SUID-AFRIKA EN EMPAAIER
Met Scarlet Cornelisen (Universiteit van Stellenbosch) en Pieter le Roux (Universiteit van Wes-Kaapland)
Eers was dit die VOC, toe die Britse Ryk en nou Planeet Hollywood. Maar intussen maak die industrialiserende reuse, China en Indië, linkse regerings in Suid-Amerika, asook die militante Islam aanspraak op 'n ander wêreld. Bring dit vir Suid-Afrika beter alternatiewe mee, of is dit net nog Empaaier? En wat van ons eie (imperiale) rol in Afrika?
120 min. • R5 (slegs by hekke) • Die Burger Tongelos-tent
7 Apr. 09:00

SEEPKIS
Met Debra Meyer
In die straatteater-atmosfeer van die binnehof van die C.P. Nel-museum kan enigeen kom saampraat. Ons hou onderhoude met feeskunstenaars, praat verder oor Oop Gesprek-temas en bespreek die fees se opspraakwekkende produksies. Daar is warm koffie, hete onderwerpe en koue bier op die spyskaart.
Debra Meyer, die bekende aanbieder van die weer-voorspelling op SABC2 en een van Sarie se Inspirerende Vroue van 2006, is die gespreksleier. Haar kundigheid en passie vir die Afrikaanse taal maak haar die ideale persoon om die Seepkis-gesprekke te lei.
±60 min. • Gratis • C.P. Nel Museum-binnehof
2 - 6 Apr. 17:00

KAROO - KAFEE
BOEKBEKENDSTELLING: HUPPELKIND EN RIVIERPLAAS
Die heruitreiking van Huppel en sy maats deur W.O. Kühne en Rivierplaas: 'n Alba Bouwer-omnibus.
'n Dubbeldoor boekbekendstelling vir almal. Kom geniet 'n drankie terwyl ons gesels oor dié twee bekende boeke.
60 min. • Gratis • Eetkamer
5 Apr. 18:00

BOEKBEKENDSTELLING: JANS RAUTENBACH
Jans Rautenbach: Dromer, Baanbreker & Auteur deur Martin Botha het so pas verskyn. Kom luister na 'n gesprek oor die boek en Rautenbach se legendariese & #64257;lmloopbaan. Deborah Steinmair lei die gesprek met Martin Botha en Jans Rautenbach.
60 min. • Gratis • Eetkamer
4 Apr. 15:00

MANIE VAN RENSBURG - 'n HULDEBLYK
Filmkenners Martin Botha en William Pretorius gesels met verskeie akteurs oor Manie van Rensburg se werk en sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse & #64257;lmbedryf.
60 min. • Gratis • Eetkamer
2 Apr. 15:00

PORNOGRAFIE, EROTIKA EN KUNS: OU BEDMAATS?
Flesh! het die tonge los. Kom hoor wat sê kurator Chris Diedericks en ander kunskenners oor dié gewaagde uitstalling.
60 min. • Gratis • Eetkamer
5 Apr. 15:00

TEATERGESPREK: DIE STORM
Die aktrise Jana Cilliers gesels met regisseur Marthinus Basson oor die relevansie en simboliek in die Afrikaanse weergawe van Shakespeare se The Tempest.
60 min. • Gratis • Eetkamer
1 Apr. 15:00

TEATERGESPREK: FESTEN
Die vertaler Hennie van Greunen en regisseur Heinrich Reisenhofer in gesprek oor die sosiale kwessies wat in Festen aangespreek word.
60 min. • Gratis • Eetkamer
6 Apr. 15:00

SKRYWERSITKAMER
Moontlik gemaak deur NB-uitgewers
Die huldiging van die woord en die vaklui wat die woord huldig, is die ontstaansrede vir die Skrywersitkamer. Uiteenlopende gespreksgenote en standpunte gaan vanjaar weer vurige gesprek stimuleer in 'n heerlike lugverkoelde vertrek - die koelste op die fees. Hou ook Krit dop vir boekbekendstellings en voorlesings deur skrywers.
60 min. • R40 • Eetkamer
Sondag 1 April om 11:00 - Drie generasies
Voorlesings uit die werk van Dot Serfontein deur die skrywer self, haar dogter Antjie Krog en kleindogter Susan Samuel en die bekendstelling van die nuwe Dot Serfontein-omnibus.
Maandag 2 April om 11:00 - Jackpot!
Kayang Gagiano gesels met Rayda Jacobs, skrywer van Confessions of a Gambler wat eersdaags as & #64257;lm bekendgestel word, en die gewilde Annelie Botes, skrywer van onder meer Trippel sewe.
Dindag 3 April om 11:00 - Twee manne en 'n meisie
Nina Swart gesels oor karre, braaivleis en stories met die gewilde skrywers Dana Snyman en Christiaan Bakkes.
Woensdag 3 April om 11:00 - Die veelsydige De Vos
Carina Diedericks-Hugo gesels met die digter, fotograaf, operasanger en kindervriend Philip de Vos.
Donderdag 5 April om 11:00 - Dalene Matthee: Om 'n man te koop en hoe dit gebeur het
Uitgewer Riana Barnard gesels met Dalene Matthee se dogter, Hillary, oor Matthee se tydskrifverhale wat onlangs gepubliseer is.
Vrydag 6 April om 11:00 - Van Niekerk en Winterbach, in alfabetiese volgorde
Die twee mees vooraanstaande vroue van Afrikaanse prosa, Marlene van Niekerk en Ingrid Winterbach, in gesprek.
Saterdag 7 April om 11:00 - Die skrywer as aktrise
Petra Müller gesels met Wilma Stockenström oor werk en woorde. Stockenström sal ook van haar gedigte voorlees.

5de LANGENHOVEN-GEDENKLESING: DIE SKRYWER EN DIE GEMEENSKAP
Deur Diana Ferrus, bygestaan met sang en kitaar deur Victor C. Fredericks en Trudi Rushin
Moontlik gemaak deur die trustees van die Langenhoven-museum Arbeidsgenot
Dis welbekend hoe Diana Ferrus se gedig "Vir Sara Baartman", in die Franse Senaat voorgelees, meegebring het dat Sara se geskende oorskot ná 187 jaar te ruste gelê is in die Kaap. Diana is intens betrokke by "die vreugde en frustrasies van die skryfproses vir Swart Afrikaanse vroueskrywers." Só kan versoening en heling verkondig word in die taal wat uit die buik van Afrika kom! Diana hou gereeld slypskole vir vroue op plase, van wie sommiges ongeletterd of halfgeletterd is. In hierdie lesing sal sy gesels oor die rol van die skrywer en vrae vra oor die skrywer se bydrae tot die bewusmaking van onderwerpe wat tot die groei van die gemeenskap sal lei en die rol van kuns kan versterk.
55 min. • R45 • NG Weskerksaal
31 Mrt. 20:00

WOORDKUNS
'N ANDER TONGVAL
Volwasse • Geen o.14 (T) • Afr. • Professioneel • Teks: Antjie Krog • Verwerking: Saartjie Botha • Ontwerp en regie: Jaco Bouwer • Produksie: Vleis, Rys & Aartappels en Absa KKNK • Verhoogbestuur: Wolf Britz • Musiek-komposisie: Braam du Toit • Beligtingsontwerp: Albert Snyman • Met Antoinette Kellermann, Nina Swart, Mpho Masimela en ander
Die verhoogweergawe van Antjie Krog se bekroonde A Change of Tongue, in Afrikaans vertaal as 'n Ander tongval, is 'n aangrypende soeke na gemeenskaplike grond met land-, kultuur en kontinentgenote. Vele drade van die digter se lewe word vervleg: haar jeugjare in Kroonstad, haar loopbaan as digter, haar verhouding met haar skrywer-ma Dot Serfontein, haar omgang met haar breër familie wat nie haar politieke oortuigings deel nie, en haar werk as radiojoernalis wat onder meer oor die Waarheid-en-versoeningskommissie verslag gedoen het.
Uiteindelik is dit egter meer as net Krog se verhaal: Dit word 'n grootmoedige erkenning van andersheid en vervreemding in Suid-Afrika en Afrika. Haar verhaal en besinnings wentel om die tema van verandering en transformasie. Krog se politieke kommentaar word geanker in haar persoonlike ervaring. Elkeen wat probeer sin maak en vrede maak met geskiedenis en onreg en vergifnis en vreedsame saambestaan, sal met haar ruimgeestige vertelling kan identifiseer. Met kragtige poësie, vlymskerp sosiale kommentaar, & #64257;losofiese mymeringe en wonderlike stukke humor, skets sy die verskrikking en wonder van ons komplekse samelewing.
Die tong, die beweeglikste orgaan in die mens se liggaam, orgaan van spraak en smaak, word die metafoor vir transformasie. Dit is die tong wat taal vorm - 'n magtige orgaan waarmee berispe en beheer word; die wortel van die leuen, maar ook 'n sensitiewe letsel en sagte hand.
Dié verhaal word op die verhoog vertel en vertolk deur twee vroulike & #64257;gure wat die stemme van die digter en haar ma verteenwoordig. Hul woorde vind treffend weerklank in 'n sensuele oudiovisuele aanbieding: droom- en drogbeelde van landskappe, liggame en gesigte word op verskillende vlakke geprojekteer, terwyl vier dansers deurgaans in Sotho en soepel lyftaal saam met Krog se woorde & #64258;uister, sing en dans.
In 'n Ander tongval word 'n literêre mylpaal vlees en bloed.
80 min. • R80 • Laerskool Van Reedesaal
5 Apr. 17:00 5 Apr. 20:00 6 Apr. 18:00 7 Apr. 14:00 7 Apr. 16:30 8 Apr. 16:00 8 Apr. 19:00

BEREI IN DIE WOESTYN
VERTOLKINGSPROGRAM
Gesin • Afr. • Professioneel • Teks: N.P. van Wyk Louw Konsep en regie: Marga van Rooy • Produksie: Marga van Rooy-produksies • Musiek-komposisie: Niel van der Watt • Met Ebi Halberstadt, Marga van Rooy en Coert Grobbelaar (tenoor)
N.P. van Wyk Louw se 'groen' stuk ter bewaring van die aarde word vir die eerste keer as vollengte toneelstuk aangebied. Op tipies kleurvolle Middeleeuse wyse skep rondreisende spelers, sangers en grapmakers 'n wêreld waar hemel en aarde, duiwels en engele deur musiek, kostuums, maskers, mimiek en poppe voorgestel word. Dit is 'n satire met donker ondertone. Die gerekende komponis Niel van der Watt het die musiek gekomponeer. Pitkos en pure plesier!
60 min. • R80 Jack Hindon-lokaal
31 Mrt. 15:00 1 Apr. 17:30 1 Apr. 20:00 2 Apr. 15:00 4 Apr. 10:00 5 Apr. 20:00

BESTEMMINGS
VERTOLKINGSPROGRAM
Volwasse • Geen o.16 • Afr. • Professioneel • Teks: Marita van der Vyver • Verwerking en regie: Juanita Swanepoel • Produksie: Klein Libertas Teater • Verhoogbestuur en ontwerp: Wilhelm Conradie Met: Joanie Combrink en Susanne Beyers
Dié bekende en geliefde skryfster se verhale vind nou ook 'n tuiste op die verhoog met die verwerking van haar onlangse boek Bestemmings. Die ervare aktrises Joanie Combrink en Susanne Beyers, bekend vir hul optredes in woordkunspro­gramme soos Susanna die geliefde, Dalk is ons almal so en Die Uurwerk kantel, neem die gehoor op 'n reis na Egipte, die Seychelles, Europa en Amerika. Saam met die regisseur Juanita Swanepoel (wenner van 'n Kanna-toeken­ning in 2003) verken hulle nie net dié vreemde wêrelde nie, maar gaan ook op 'n binne-reis en kom uiteindelik tuis in die harte van almal wat verlang om êrens te behoort.
60 min. • R60 • NG Weskerksaal
5 Apr. 17:30 6 Apr. 12:30 7 Apr. 15:00
7 Apr. 20:00 8 Apr. 14:00

BLOU LABIRINT
VERTELLING EN MUSIEK
Gesin • Ouerbegeleiding • Afr., Eng. en Nederlands • Professioneel Teks: Snowy Krüger • Regie: Snowy Krüger en Adri Vivier • Kompo-sisie en musiekregie: Johann Smal en Lola Geiger • Verhoogbestuur: Una Beukman • Beligting en klank: Pieter Vivier en Dieter Geiger • Met Adri Vivier, Chris Majiedt, Adri Louw, Johann Smal, Lola Geiger, Snowy Krüger en Lea Vivier
In Blou Labirint word nuwe musiek gesing en gedans en vervleg met oorspronklike woordkuns, brokstukke van ou mites en legendes, storievertelling, elemente van joernaalskrywing en transkripsies van drome.
Die beeld van die sirkel, die spiraal en veral die labirint - 'n universele, antieke, en mistieke simbool - word die padkaart vir 'n reis. In 'n gestroopte, intieme aanbieding word woordkuns en musiek die klankbaan vir elkeen in die gehoor se eie hart-reis.
Die stuk het 'n sterk spirituele inslag, ontdaan van dogma, en bied 'n werklike oomblik van stilte in die maalkolk van die fees.
80 min. • R55 • Onder-wysgebou
31 Mrt. 15:00 1 Apr. 10:00 2 Apr. 12:30 3 Apr. 15:00 4 Apr. 15:00

BROODSONDE
VOORLESING
Gesin • Afr. • Professioneel • Teks en voorlesing: Annelie Botes
Annelie Botes lees voor (en gesels gemaklik tussendeur) uit Broodsonde - haar bundel rubrieke oor die grinte en gaafhede in die lewe. Dit is 'n vertoning vir kinders en grootmense en sy beloof dat niemand sal uitstap met 'n gevoel van leegheid en wrewel nie. Die vertellings in Broodsonde is deels uit die skrywer se eie lewe en deels verbeel, maar altyd die storie van enigeen van ons. Hier word uit 'n hartshoek gepraat - nie uit 'n literêre of intellektuele perspektief nie. Ná die aanbieding is daar ook geselstyd wat altyd interessant raak, want hier gaan geen leuens aan jou verkoop word nie.
Annelie is die skrywer van onder andere Klawervier en Raaiselkind en het 'n weeklikse rubriek in Die Burger en Volksblad. Die voorlesing sal elke dag 'n ander tema hanteer. Aanhangers sal dus die produksie meer as eenmaal kan bywoon sonder om ooit na 'n herhaling te luister.
60 min. • R60 Jack Hindon-lokaal
31 Mrt. 17:30 1 Apr. 12:30 2 Apr. 17:30 3 Apr. 12:30 5 Apr. 15:00 6 Apr. 17:30

DIE BEITELTJIE
HOORBEELD
Volwasse • Ouerbegeleiding • Afr. • Professioneel
Aangebied deur RSG
Die vakmanskap van die dramaturg en die letterkundige, en die gebeitel van die hoorbeeldmaker klink vanjaar weer op in die C.P. Nel-museum. Kom klink 'n glasie wyn of port en luister na bekroonde hoorbeelde en radiodramas van die afgelope 17 jaar uit die SAUK se klankargief. Skop jou skoene uit, sit agteroor en drink die woorde in van ons letterkundige reuse of verlustig jou in die drama, komedie en tragedie van die wenners van die RSG/Sanlam-radiodramakompetisie sedert 1997.
Saterdag 31 Maart
11:00 C.J. Langenhoven (Hoorbeeld: 1993) 30 min.
14:00 Johannes Kerkorrel - Ek is blou (Hoorbeeld: 1992) 30 min.
15:30 Om te bedel is 'n kuns deur Willem Fransman (Wenner: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie: 1997) 35 min.
18:30 Staal Burger (Komediereeks) 60 min.
Sondag 1 April
11:00 Suid-Afrika en sy slawegeskiedenis - Episode 1:
"Ons kom vandaan" - Die slawe se koms na die Kaap (Hoorbeeld: 2006) 50 min.
14:00 Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert (Radiodrama: 2006) 55 min.
15:30 Die dag toe koning George kom kuier het deur Koos Roets (Eerste prys: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie: 1998)
18:30 Elsa Joubert - Die verste reis (Hoorbeeld: 1998) 30 min.
21:00 Spookverhale (Naelbytstories uit die SAUK se donkerste, diepste argiewe) 60 min.
Maandag 2 April
09:00 Ronnie Belcher - So is die lewe vir een pond sewe (Hoorbeeld: 1993) 30 min.
11:00 Suid-Afrika en sy slawegeskiedenis - Episode 2: "Die reënboog aan die voet van Die-Hoë-Plek-by-die-Groot-Waters" - Die wording van 'n nuwe nasie (Hoorbeeld: 2006) 50 min.
14:00 Staal Burger (Komediereeks) 60 min.
15:30 Die held deur Helena Hugo (Wenner: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie: 2000) 60 min.
18:30 Anna Neethling-Pohl - Dogter van Pieter Pohl (Hoorbeeld: 2006) 30 min.
Dinsdag 3 April
09:00 Sarah Baartman (Hoorbeeld: 2006) 30 min.
11:00 Suid-Afrika en sy slawegeskiedenis - Episode 3: "Uit die krake" - 'n Dekonstruksie van die slawegeskiedenis van Suid-Afrika (Hoorbeeld: 2006) 50 min.
14:00 Adam Small - Kitaar my kruis (Hoorbeeld: 1996) 30 min.
15:30 Te jonk om pa te wees deur Sheugnet Buys (Wenner: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie: 2001) 45 min.
18:30 Ingrid Jonker - Toemaar Die Donker Man (Hoorbeeld: 1993)
Woensdag 4 April
09:00 Siener in die suburbs deur P.G. du Plessis (Radiodrama: 2005) 60 min.
11:00 Suid-Afrika en sy slawegeskiedenis - Episode 4:"Vergete onreg, verlore pyn" - Die koste van slawerny (Hoorbeeld: 2006) 50 min.
14:00 Elsa Joubert - Die verste reis (Hoorbeeld: 1998) 30 min.
15:30 Die roeping deur Jac J. Brits (Wenner: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie: 2002) 45 min.
18:30 Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert (Radiodrama: 2006) 55 min.
Donderdag 5 April
09:00 N.P. van Wyk Louw - 90 (Hoorbeeld: 1996) 30 min.
11:00 Suid-Afrika en sy slawegeskiedenis - Episode 5: "'n Hangklip teen die blou, 'n Meermin in die diep" - Verset, weerstand en opstand teen slawerny (Hoorbeeld: 2006) 50 min.
14:00 Koos Kombuis (Hoorbeeld: 2007) 45 min.
15:30 Sand deur George Weideman (Wenner: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie: 2003) 55 min.
18:30 Johannes Kerkorrel - Ek is blou (Hoorbeeld: 1992) 30 min.
21:00 Spookverhale (Naelbytstories uit die SAUK se donkerste, diepste argiewe) 60 min.
Vrydag 6 April
09:00 Anna Neethling-Pohl - Dogter van Pieter Pohl (Hoorbeeld: 2006) 30 min.
11:00 Suid-Afrika en sy slawegeskiedenis - Episode 6: "Gister se realiteite, vandag se uitdagings, môre se moontlikhede" - Die nalatenskap van slawerny in die Renaissance-era (Hoorbeeld: 2006) 50 min.
14:00 Ronnie Belcher - So is die lewe vir een pond sewe (Hoorbeeld: 1993) 30 min.
15:30 Swane deur Helena Hugo (Wenner: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie ope afdeling: 2004) 60 min.
18:30 Staal Burger (Komediereeks) 60 min.
Saterdag 7 April
11:00 Koos Kombuis (Hoorbeeld: 2007) 45 min.
14:00 Moord in die ateljee deur George Weideman (Wenner: RSG/Sanlam-radiodramakompetisie: 2005) 60 min.
Toegang gratis • RSG Smit-kamer
31 Mrt. - 7 Apr. vanaf 09:00

vetseunDIE BURG VAN HERTOG BLOUBAARD
DRAMA MET MUSIEK
Volwasse • Ouerbegeleiding • Afr. • Professioneel • Teks: Henning J. Pieterse • Regie: Juanita Swanepoel • Vervaardiging: Dorette Potgieter • Musiekregie: Riku Lätti • Met Chris van Niekerk (as Bloubaard) en Riku Lätti (musiek)
In sy burg van woorde staan Bloubaard weer alleen en dink aan verlore liefdes en geliefdes. Wie en wat skuil in sy kamers van geheue? Gebaseer op Henning J. Pieterse se bekroonde digbundel (Hertzog-prys 2002), neem die bekende akteur Chris van Niekerk (7de Laan) ons op 'n vers- en musikale reis deur die kamers, kop en hart van 'n Bloubaard-figuur wat, ten spyte van vele verliese, steeds op liefde bly hoop. Liedjieskrywer en musikant Riku Lätti se toonsettings van die gedigte, tesame met Van Niekerk se vertolking beloof 'n fassinerende en ontroerende reis deur die psige van Bloubaard.
105 min. • R70 • Laerskool Noordsaal
1 Apr. 13:00 1 Apr. 16:00 2 Apr. 10:00 3 Apr. 13:00 5 Apr. 10:00 5 Apr. 13:00

DIE TSOTSI-EVANGELIE IN O MRI VANNIE PADKAMP
VERTOLKING EN SANG
Gesin • Tsotsi-Afr. • Professioneel • Teks en regie: Frans van RensburgMusiekverwerking: Belia Lourens • Met Frans van Rensburg, Jarques Holton, Heniel Fourie, Belia Lourens (stem) en musikante
'n Aanbieding gegrond op die boek Die Tsotsi-evangelie in O Mri vannie Padkamp - die eerste teks wat in tsotsi-Afrikaans verskyn het. Tsotsi is 'n lewendige praattaal en daarom is dit 'n belewenis om die evangelie van Matteus in tsotsi-taal en klank, soos dit net in Afrika kan afspeel, te ervaar.
Van Belia Lourens se vertolking van die liedere het Mariana Malan gesê: "Sy slaag perfek daarin om haar klassieke agtergrond te kombineer met die emosionele inhoud van die liedjies."
90 min. • R62 • Onderwysgebou
31 Mrt. 17:30 1 Apr. 12:30 1 Apr. 15:00 2 Apr. 17:30 3 Apr. 10:00

LADY ANNE
VERTOLKINGSPROGRAM
Gesin. • Afr. • Professioneel • Teks: Antjie Krog • Regie: Heike Gehring Produksie: Khomiso-produksies • Verhoogbestuur: Nicola Elliot Choreografie: Gary Gordon • Musiek-komposisie: Ha!Man (Francois
le Roux
) • Met Coba-Maryn Wilsenach (aktrise), Sifiso Majola (danser) en Francois le Roux (tjello en gekomponeerde klankbaan)
Antjie Krog se gewilde digbundel Lady Anne vorm die basis van hierdie produksie wat Lady Anne Barnard, voorslag-onthaler, reisiger, skilder en skrywer aan die Kaap de Goede Hoop, se veelbesproke lewe en liefdes twee eeue later vanuit 'n moderne perspektief bekyk. Krog laat ook die problematiek van haar eie bestaan as digter teen die agtergrond van die land se politiek saampraat.
Deur woordkuns, bewe-ging, dans en multimedia, word die gehoor op 'n senso-riese reis geneem waardeur twee kontinente, twee eeue van mekaar, verbind word. Heike Gehring en Gary Gordon, skeppers van die dansdrama Vrypas (2006), span saam om lewe te gee aan 'n innoverende produksie.
60 min. • R60 • Laerskool Van Reedesaal
2 Apr. 20:00 3 Apr. 10:00 3 Apr. 13:00 4 Apr. 14:00 4 Apr. 16:00

PARADYS
VERTOLKINGSPROGRAM
Gesin • Afr. • Professioneel • Gedigte: Ina Rousseau • Toonsetting en verwerking: Emile Minnie • Regie: Libby Daniels • Met Emile Minnie (stem en klavier)
Ina Rousseau se bekroonde bundel Die verlate tuin het Emile Minnie tot die toonsettings inspireer wat nou vir die eerste keer in Paradys te hoor is.
Emile is 'n be-kende gesig op kykNET se MK89 met treffers soos "Droom" en "Huisie". Laurika Rauch gaan ook twee van sy liedjies opneem vir haar nuwe album. Emile het 'n Kanna-prys op sy kerfstok en het Eervolle Vermelding in die World Song Contest ontvang.
50 min. • R60 • Onder­wysgebou
1 Apr. 17:30 2 Apr. 15:00 3 Apr. 17:30 4 Apr. 12:30 4 Apr. 17:30 4 Apr. 20:00

STOEPSTORIES
STORIEVERTELLING
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie: Ollie Viljoen • Verhoogbestuur: Ingrid Howard • Met Ollie Viljoen en SA se top-storievertellers
Wanneer laas het jy lekker gelag in Afrikaans? Skreeusnaakse eg Suid-Afrikaanse stories word vertel soos net Suid-Afrika se top-storievertellers dit kan doen - met 'n musiekverrassing tussenin!
60 min. • R50 • Klipdrift-banketsaal
5 Apr. 12:30 6 Apr. 12:30 7 Apr. 12:30 8 Apr. 12:30

DANSTEATER

BLOUDRUK VAN SUID-AFRIKAANSE DANS
DANS
Gesin • Professioneel • Regie en vervaardiging: Kelsey Middleton • Choreografie: David Matamela, Christopher Kindo en Boyzie Cekwana
Met David Matamela, Mantu Javaluka, Martin van Heerden, Laura Jean de Vries en Jeanette Zaidy
Ondersteun deur deur Avis Fleet Services
Bloudruk van Suid-Afrikaanse dans is 'n projek deur dieselfde dansgeselskap wat vir die Lyf-trilogie verantwoordelik was. Vir hierdie uitvoering word drie essensiële werke van ons voorste drie choreograwe opgevoer. Christopher Kindo se beeldskone werk Me and you, waarvoor hy bekroon is met 'n FNB Vita-toekenning, en Boyzie Cekwana se Brother, brother waarmee hy die Helsinki 3rd International Ballet and Choreography Competition gewen het, word opgevoer. David Matamela, wenner van die NALEDI-prys vir Beste Oorspronklike Werk vir sy choreografie van African footprints, se opwindende nuwe werk pantsulaTANGO word vir die eerste keer op die planke gebring. Moenie hierdie ervaring van die kreatiewe genialiteit en & #64257;sieke sensualiteit van ons talentvolste choreograwe en dansers
misloop nie!
80 min. • R80 • Suid-Kaap Kollegesaal
2 Apr. 18:00 3 Apr. 13:00 4 Apr. 16:00 6 Apr. 16:00 7 Apr. 20:00

ATTACHMENTS 1-7
BEWEGING
Gesin • Professioneel • Regie: Gerard Bester • Vervaardiging: Craig Morris, Untouchable Productions • Choreografie: Gerard Bester, Athena Mazarakis en Craig Morris Verhoogbestuur: Gerard Bester • Stelontwerp: Tamara Ghurs • Beligtingsontwerp: Declan Randall • Produksie: Roslyn Wood-Morris • Met Athena Mazarakis en Craig Morris
Oorspronklik geskep in opdrag van die FNB Dance Umbrella 2005
Attachments 1-7 is 'n reeks duette wat die saamsmelt van liggaam, begeerte, fantasie en territoriale ruimtes ondersoek. Die verskeie onderhandelings in die fases van ons verhoudinge word blootgelê in gedistilleerde stukkies & #64257;siese lirisme wat sterk wisselende emosies, van komedie tot smart, vertolk. In die alledaagse word die magiese ontdek. Die subtiliteite van die liefdespel word deur die eenvoud en akkuraatheid van die dansers se mimiek tot iets kragtigs verhef. Die eerste ses dele van die produksie is die eerste keer tydens die 2004 FNB Dance Umbrella uitgevoer en die sewende dans is eksklusief vir die Absa KKNK ontwikkel.
60 min. • R65 • Suid-Kaap Kollegesaal
3 Apr. 20:00 4 Apr. 10:00 4 Apr. 13:00 5 Apr. 15:30

FYNSKRIF
DANS
Gesin • Professioneel
Regie en vervaardiging: Petrus Steyn • Verhoogbestuur: De Wet Hugo Choreografie: Christopher Kindo en Ignatius van Heerden • Met Celeste Botha, Lee Anne Meyer, Tanya Arshamian, Theo Ndindwa en James Bradley
Moontlik gemaak deur die World Population Foundation en Stop Aids Now!
Met twee Kanna-nominasies in 2006 (Beste Choreografie en Beste Danser) en 'n Kanna-toekenning vir Beste Dansprestasie, asook suksesvolle optredes in Griekeland by die CID UNESCO, beloof Fynskrif om een van die jaar se dansteater-hoogtepunte te wees. Dié opvoering, onder leiding van die bekroonde choreograaf Christopher Kindo, gaan teatergangers se kreatiwiteit prikkel. Twee van die werke is geskep vir musiek deur Johannes Kerkorrel. Die derde werk is gebaseer op Eugène Marais se "Dans van die reën" en getoonset deur Peter Gabriel.
60 min. • R65 • Suid-Kaap Kollegesaal
1 Apr. 13:00 2 Apr. 13:00 3 Apr. 16:00 5 Apr. 13:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 10:00 8 Apr. 16:00

IMPULS
DANS
Gesin • Afr. • Professioneel
Regie: Wolfie Britz • Teks en choreografie: Adele van de Venter • Produksiehuis: Pure Basic • Met Erika Wessels, Geon Nel, Rosanne Thurtelle, Xander van Schalkwyk, Donovan Chapman en Adele van de Venter
Klara en Neels, twee alleenlopers op soek na ware liefde en geluk, se paadjies kruis eendag onverwags. Neels reageer impulsief en albei word weggevoer in 'n maalkolk van emosie met 'n baie onvoorspelbare einde. Impuls is 'n kombinasie van vars toneelspel en kragtige digkuns.
Die verwerkings word gedra deur 'n aantal verskillende dansvorme - kontemporêr, klopdans, jazz en ballet. 'n Verskeidenheid van musiek is die onderliggende emosionele ritme, die hartklop wat deur die twee hoofspelers beleef word. Kom ervaar die ritme van die lewe. Kom voel die polsende impuls van beweging - jy mag dalk jouself raaksien ...
60 min. • R70 • Suid-Kaap Kollegesaal
31 Mar. 11:00 1 Apr. 16:00 1 Apr. 20:00 2 Apr. 10:00

TUSSEN HIER EN DAAR
DANS
Gesin • Afr. • Professioneel
Vervaardiging, stel- en beligtingontwerp: Esther Nasser • Choreografie: Esther Nasser, Belinda Nusser, Mari-Louise Basson en Redha Bonteifour • Met dansers van die Jozi-dansgeselskap.
Tussen hier en daar is 'n reeks intieme lyfgesprekke met romantiese verhoudings as tema. Die vurige dansers van die Jozi-dansgeselskap betower met hul & #64257;siese virtuositeit en delikate tegniek.
Onder Esther Nasser, voorheen die artistieke direkteur van die Staatsteater-dansgeselskap, se ervare oog het hierdie geselskap ontwikkel tot een wat bekend is nie net vir die gehalte van hul optredes nie, maar ook vir 'n buitengewone dans-etiek.
Van die werke wat uitgevoer sal word, is die bekroonde Rooms... deur Esther Nasser, Assignment deur Belinda Nusser, A grey area deur Mari-Louise Basson en Extracts deur Redha Bonteifour. Kom saam vir die dans en word weggevoer deur hierdie opwindende nuwe dansers.
60 min. • R85 • Suid-Kaap Kollegesaal
4 Apr. 20:00 5 Apr. 10:00 6 Apr. 13:00 7 Apr. 13:00 8 Apr. 10:00

FILMKUNS

MANIE VAN RENSBURG-FILMFEES
Ondersteun deur Insig
Manie van Rensburg (1946-1993) was een van ons grootste filmmakers.hy sal deur die publiek onthou word vir televisiedramas soos Verspeelde Lente (1983), Die Perdesmous (1982), Heroes (1985) en The Mantis Project (1986). In die jare tagtig en vroeë negentigs het hy ook uitstaande films soos The Native Who Caused All The Trouble (1989) en sy meesterwerk The Fourth Reich (1990) gemaak. Sy laaste film voor sy ontydige afsterwe was Taxi to Soweto (1991).

Van Rensburg se werk vorm 'n manjifieke kroniekskrywing van die Afrikaner se geskiedenis in die vorige eeu. Hy het talle toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die M-NET Vita Awards vir Beste Regie vir The Fourth Reich. Hy is op vele geleenthede in die buiteland vereer en ook met boeke deur prof. Martin Botha (Universiteit van Kaapstad) en prof. Huber Dethier (Vrije Universiteit van Brussels) gehuldig. Dethier se boek, Kronieken van Zuid Afrika: De films van Manie van Rensburg, was die eerste publikasie wat aan 'n plaaslike filmregisseur gewy is. Benewens Jans Rautenbach, Ross Devenish en Katinka Heyns het Van Rensburg van die beste rolprente in ons 110 jarige filmgeskiedenis gemaak.

Die Absa KKNK bied vanjaar die eerste retrospektief van Manie van Rensburg se werk in Suid-Afrika aan. Kom ervaar die sensitiewe, liriese werk van een van ons top-filmmakers.
Anna (Starlight Kine 1) 31 Mar. 10:00 1 Apr.12:00 3 Apr. 12:00 5 Apr. 12:00 7 Apr. 10:00
Country Lovers (Starlight Kine 1) 2 Apr. 10:00 3 Apr. 18:30 8 Apr. 12:00
Die Bankrower (Starlight Kine 1) 4 Apr. 18:30 6 Apr. 18:30 7 Apr. 15:00
Die Perdesmous (Starlight Kine 1) 31 Mar. 18:30 4 Apr. 10:00 6 Apr. 12:00
Die Vuurtoring (Starlight Kine 1) 1 Apr. 10:00 8 Apr. 10:00
Freddie's In Love (Starlight Kine 1) 2 Apr. 18:30 5 Apr. 10:00
Taxi to Soweto (Starlight Kine 1) 31 Mar. 12:00 2 Apr. 12:00 4 Apr. 12:00 6 Apr. 10:00 8 Apr. 15:00
The Fourth Reich (Starlight Kine 1) 31 Mar. 15:00 3 Apr. 15:00 6 Apr. 15:00
Verspeelde Lente Deel 1 (Starlight Kine 1) 1 Apr. 15:00 4 Apr. 15:00
Verspeelde Lente Deel 2 (Starlight Kine 1) 2 Apr. 15:00 5 Apr. 15:00
Geluksdal (Starlight Kine 1) 5 Apr. 18:30 7 Apr. 18:30 8 Apr. 18:30
Die Square (Starlight Kine 1) 1 Apr. 18:30 3 Apr. 10:00 7 Apr. 12:00

NUWE SA FILMS

Die filmorganiseerder Leon van der Merwe bied fliekvlooie die eerste geleentheid om Gustav Kuhn se Ouma se slim kind te sien - 'n nuwe film oor 'n besondere vriendskap in die jare veertig. Die film het reeds die Audience Award en die Beste Draaiboek-toekenning op die afgelope Apollo-filmfees verower. Wat die pryse so merkwaardig maak is dat die film ingeskryf is as "'n werk in wording". Dit is deur resensente soos William Pretorius as roerend en veelvlakkig beskryf. Moet nie die eerste Afrikaanse speelfilm in tien jaar misloop nie!

Ander speelfilms sluit die visueel betowerende Cosmic Africa (regie: Craig en Damon Foster), die bendedrama Dollars and white pipes (regie: Donovan March), die ware Wekusverhaal van Johhny Appels: Die laaste Strandloper (regie: Michael Raimonde) en Regardt van den Bergh se ontroerende drama oor geloof en versoening, Faith like potatoes, in.

Die wenner van die Beste Speelfilm en Beste Regie by die 6de Apollo-filmfees in 2006, Darrell Roodt se sensitiewe blik op haweloosheid, Faths corner, is 'n ervaring wat ook nie misgeloop moet word nie. Dit is geskiet in die styl van die stilfilm met 'n uitstekende klankbaan deur Phillip Glass.
Cosmic Africa (Starlight Kine 2) 1 Apr. 10:00 2 Apr. 15:00 3 Apr. 20:00 4 Apr. 12:00 5 Apr. 20:00 6 Apr. 17:45 7 Apr. 20:00 8 Apr. 15:00
Dollars and White Pipes (Starlight Kine 2) 31 Mar. 15:00 2 Apr. 12:00 4 Apr. 15:00 4 Apr. 20:00 5 Apr. 17:45 7 Apr. 10:00 8 Apr. 12:00
Faith Like Potatoes (Starlight Kine 2) 31 Mar. 10:00 1 Apr. 17:45 2 Apr. 20:00 3 Apr. 15:00 5 Apr. 12:00 6 Apr. 12:00 7 Apr. 15:00
Faith's Corner (Starlight Kine 2) 31 Mar. 20:00 1 Apr. 12:00 3 Apr. 12:00 4 Apr. 10:00 6 Apr. 20:00 8 Apr. 10:00
Bushmen's Secret (Starlight Kine 2) 31 Mar. 12:00 3 Apr. 10:00 5 Apr. 10:00 7 Apr. 12:00
Ouma se Slim Kind (Starlight Kine 2) 1 Apr. 15:00 2 Apr. 17:45 4 Apr. 17:45 6 Apr. 10:00 8 Apr. 20:00
Johnny Appels: Die Laaste Strandloper (Starlight Kine 2) 31 Mar. 17:45 1 Apr. 20:00 2 Apr. 10:00 3 Apr. 17:45 5 Apr. 15:00 6 Apr. 15:00 7 Apr. 17:45 8 Apr. 17:45

KORTFILMS

Die filmfees sluit ook 'n keur van plaaslike kortfilms in - baie daarvan deur nuwe Afrikaanse filmmakers: When tomorrow calls, iBali en Spyker Pine Pool. Daar is ook die Apollo-filmfeespryswenners vir Beste Suid-Afrikaanse Kortfilm naamlik Considerately killing me en Killer October. Garth Meyer se opwindende nuwe kortfilm, Bitter water, word ook vertoon.
1. Face Value - Regie: Garreth Bird
2. Bok - Regie: Peter van Heerden
3. Love Poem - Regie: Inger Smith
4. Blom - Regie: Gordon van der Spuy
5. Spyker Pine Pool - Regie: Ruan Smith
6. Tracks - Regie: Brett Melvill-Smith
7. Milk - Regie: Jon Day
8. My Hare Krishna Family - Regie: Frank Opperman
9. iBali - Regie: Harold Holcher
10. When Tomorrow Calls - Regie: Louis du Toit
11. Considerately Killing Me - Regie: Willem Grobler
12. Killer October - Regie: Garth Meyer
13. Bitter Water - Regie: Garth Meyer
14. The Tooth Fairy - Regie: Greg Blythe

LAATNAG
Laataand sal gay-en-lesbian films vertoon word. Die titels van hierdie films sal elke dag in die KRIT aangekondig word.

MUSIEKTEATER
10 STORIES
KABARET
Gesin • Afr. en Eng. Professioneel Teks: David Kramer
Vervaardiging: Banjo Records Verhoogbestuur: Gert du Preez Ontwerp: David Krameren Gert du Preez Met David Kramer
David Kramerbeskryf homself graag as 'n storieverteller - 'n liedjieskrywer wat musiek gebruik om die stories oor te dra wat hy wil vertel. Sy liedjies beskryf die landskappe en karakters wat hom nog altyd na aan die hart gelê het. In 10 Stories tree David weer tot die verhoog toe met dieselfde unieke styl wat hom in die laat 1970's 'n Suid-Afrikaanse kultusfiguur gemaak het. Vir dié geleentheid het hy 'n paar van sy gunsteling storie-liedjies soos "Piet Mockingbird" en "Prisoners Of War" uitgesoek. Nuwe liedjies waarna die gehoor kan uitsien is "Wat Maak Oom Kalie Daar?" en "Die Verlosser".
David wil dié optredes persoonlik en interaktief hou, so wees verseker van 'n unieke ervaring met David wat, soos altyd, net homself gaan wees.
70 min. • R75 R85 R95 • SANW-ouditorium
1 Apr. 17:00 1 Apr. 20:00 2 Apr. 10:00 2 Apr. 14:00 3 Apr. 19:00

AMANDA EN COENIE - ONS LOOP DIE PAD
KABARET
Gesin • Afr. • Professioneel
Regie: Amanda Strydom en Coenie de Villiers Stel- en beligtingsontwerp: Kosie Smit • Musiekregie: Janine Neethling Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers en Janine Neethling (klavier)
Amanda Strydom en Coenie de Villiers is volksbesit en het as liedjieskrywers, sangers en vertolkingskunstenaars diep spore getrap in die musiekbedryf. Hulle loop ook al lank saam die pad met 'n vriendskap wat oor dertig jaar strek. Met Ons loop die pad vier hulle hierdie vriendskap en span kragte saam om liedjies uit hul groot gesamentlike repertoire te speel. Maak gereed vir kabaret, luisterliedjies, blues, ballades, jazz en rock - alles van ou bekende treffers tot splinternuwe skeppings. 'n Produksie wat beloof om 'n ware fees vir die oor te wees.
80 min. • R120 • SABC2 Gimsaal
31 Mar. 13:00 1 Apr. 19:00 2 Apr. 16:00 3 Apr. 13:00

CHRIS CHAMELEON - VOLKLEURMANNETJIE
KABARET
Gesin • Afr. • Professioneel
Regie: Chris Chameleon • Beligtingsontwerp: Dave Prinsloo
Die jaar 2006 het ongetwyfeld aan Chris Chameleon behoort. Sy sensitiewe komposisies van Ingrid Jonker se digkuns, sy oorspronklike musiek en toneelspel vir 7de Laan en sy besonderse verhoogpersoonlikheid het harte oor die land aan die brand gesteek.
Vanjaar bied Chris 'n outobiografiese avontuur aan: Met musiek en staaltjies vertel hy in Chris Chameleon: Volkeurmannetjie sy lewensverhaal. Die reis bied 'n unieke insig in die omstandighede wat hom gevorm het en laat jou met 'n vreemde gevoel van herkenning, want hy is helaas net mens. Hierdie uiters innoverende kunstenaar wat hom al in 17 lande laat geld het, beloof om 'n vertoonkas te wees vir Chameleon se soepel stem, puik toneelspel en vlymskerp humor.
75 min. • R72 • SABC2 Gimsaal
1 Apr. 16:00 2 Apr. 19:00 3 Apr. 21:30 4 Apr. 13:00 5 Apr. 16:00

DIE AFRIKANER 300
KABARET
Gesin • Afr. • Professioneel
Regie: Jaci de Villiers • Teks: Gys en Jaci de Villiers • Musiekregie: Wikus du Toit • Stelkonsep: Jaci de Villiers • Ontwerp en verhoogbestuur: Michael Lewis Vervaardiging: The Perfect Pitch • Met Gys de Villiers, Wikus du Toit en Ilse Klink
Moontlik gemaak deur Die Afrikanerbond
Wat maak my nou eintlik 'n Afrikaner? Is dit 'n geen in my molekulêre samestelling, is dit die kultuur waarin ek groot gemaak is, of is dit waar ek bly? Deur 'n magdom rolle te vertolk en deur musiek, lirieke, stories en drome word hierdie teater-ondervinding 'n reis en 'n soektog na dit wat ons gemaak en gevorm het. Ons maak 'n draai by volkspele, boeresports, troues, inhuldigings, nagmaal, verskeidenheidskonserte en selfs in 'n sepie of twee.
Afrikaners Is Plesierig, en dié stuk is 'n hoë-spoed, humoristiese en musikale viering daarvan! Kom reis saam deur die geskiedenis van die Afrikaner.
70 min. • R65 • Laerskool Noordsaal
5 Apr. 20:00 6 Apr. 16:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 16:00 7 Apr. 20:00 8 Apr. 10:00

GOUDGROEN
Gesin. • Afr. en Eng. • Professioneel • Regie: Deon Opperman Vervaardiging: Packed House-produksies • Met Michelle Botha (sopraan) en Cobus Venter (tenoor)
Twee sangstemme uit die boonste rakke - een tenoor en een sopraan - en 'n mandjie propvol van die grootste mooi-musiek goudgroen treffers: Mario Lanza se "Danny Boy" en "You'll Never Walk Alone", Leonore Veenemans se "Liefste Madelein", Shirley Bassey se "Never, Never, Never" en "What Now My Love?", Nelson Eddy en Jeanette MacDonald se "Indian love song", Judy Garland se "Somewhere Over the Rainbow" en vele ander. Daar is selfs hartstog uit die F.A.K.: "Heimwee" en "Boereplaas". Dié program van immergroen goues is saamgestel en geregisseer deur die Hertzog­prys-wenner vir drama, Deon Opperman.
70 min. • R70 • SABC2 Gimsaal
31 Mar. 20:00 1 Apr. 10:00 2 Apr. 21:30 3 Apr. 10:00 4 Apr. 21:30

STOK VOORT!
KOMEDIE
Gesin • Afr. • Professioneel • Konsep: Leon Ecroignard en Jahn Beukes Met Jahn Beukes, Leon Ecroignard, Wouter van de Venter en Hendrik Boerr
Stok is 'n geselskap wat vir die eerste keer in 2003 by die Absa KKNK gehore vermaak het. Hulle keer vanjaar terug na die fees in 'n derde splinternuwe gedaante. Daar is nou ook 'n vierde lidmaat, Hendrik Boerr, wat saam met die oorspronklike geselskap weerdie mees innoverende en vermaaklike teater na Oudtshoorn gaan bring.
Stok Voort! is 'n musikant se reistog van die wieg tot aan die graf. Verskeie genres van teater en musiek word gebruik om dié lewensverhaal uit te beeld. Gehore kan hulle regmaak om hard enbaie te lag.
60 min. • R75 • Laerskool Noordsaal
31 Mar. 16:00 31 Mar. 20:00 2 Apr. 20:00 3 Apr. 20:00 4 Apr. 16:00

THE COLOURS OF MY LIFE
MULTIMEDIA MUSIEKBLYSPEL
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Teks en regie: Natalia da Rocha • Produksiehuis: Rainbow Worx • Verhoogbestuur: Marcelina Jonas Choreografie: Christopher Kindo • Met Natalia da Rocha, Dominic Paulsen, Talia Egelhof, Grant Peres en Sascha Egelhof

Hierdie opwindende en kleurvolle musikale reis dokumenteer die groot oomblike van Natalia da Rocha se loopbaan. Dit strek van die dae toe sy as jong ster 'n oudisie afgelê het vir Fangs tot haar latere werk saam met legendes soos Brickhill en Burke, Jans Rautenbach, Des en Dawn Lindberg, Deon Opperman, Barbara Thompson en ander.

Die program sluit herinneringe van haar goue oomblikke by No. 58 in Hillbrow met Sam Marais en hulle unieke Coffee and Cream-revue in, sowel as populêre saamsingmusiek van Cole Porter, Duke Ellington, Tina Turner, Shirley Bassey en die onlangse Wa' was djy.
140 min. • R60 • Klipdrift-banketsaal
31 Mar. 12:30 1 Apr. 12:30 2 Apr. 10:00 3 Apr. 15:00

MUSIEK KLASSIEK
Distell: Kuns & Kultuur ondersteun die klassieke musiekprogram van die Absa KKNK

CANCIONES EN ESPAÑOLAS - ZANNE STAPELBERG EN JAMES GRACE IN KONSERT
SANG - SOLIS
Gesin • Afr. • Eng. en Spaans • Professioneel • Produksie: Long Tall Woman Productions • Produksiebestuur: Terrence Lyle Met Zanne Stapelberg (sopraan) begelei deur James Grace (kitaar)
Die opera-ster Zanne Stapelberg span saam met die kitaar-virtuoos James Grace vir die groot musikale ervaring van Canciones en Españolas (Liedere in Spaans). Bekende en eksotiese klassieke klanke word in kontemporêre Spaanse liedere saamgevleg tot 'n kleurryke spel tussen lig en donker. Intens, speels, passievol en magies - Canciones en Españolas bevat eg inheemse Spaanse melodieë van Enrique Granados en Manuel de Falla, asook van die Argentynse tango-komponis Astor Piazzolla. Daar is ook musiek van Sting, Bryan Adams en Lila Downs vanaf die rolprentklankbane Frida en Don Juan. Verdere hoogtepunte is 'n verwerking van Harold Arlen se "Somewhere Over the Rainbow" deur die jong Suid-Afrikaanse komponis Braam du Toit en 'n nuwe komposisie deur die bekroonde komponis Matthys van Dijk - 'n toonsetting van 'n gedig van Pablo Neruda.
Zanne Stapelberg het oor die afgelope paar jaar bekendheid verwerf as klassieke kunstenaar met ongekende populêre aanhang. As een van die veelsydigste verhoogkunstenaars in die land, is sy ook op Insig se lys van die tien teaterhoogtepunte van 2006.
James Grace is die hoof van klassieke kitaar aan die Universiteit van Kaapstad en is ook die wenner van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kitaarkompetisie.
60 min. • R70 • NG Moederkerk
2 Apr. 20:00 3 Apr. 16:00 4 Apr. 20:00 5 Apr. 16:00

AGT SEISOENE - VIVALDI EN PIAZZOLA
SOLIS en INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie: Elsabe Laubscher • Met Irene Tsoniff (viool), Magda de Vries (marimba), Chris Brunette (voordrag), Srdjan Cuca (viool), Carel Henn (tjello), Kerryn Hendey (klavier) saam met die Johannesburg Music Initiative orkes
Moontlik gemaak deur die National Arts Council
Die natuur in ons land is vol variasie, kleure, geure en lewe. Dis asof Vivaldi Suid-Afrika in gedagte gehad het toe hy die dartelende Four Seasons - een van die mees gewilde klassieke werke ooit - gekomponeer het.
Piazzola, sinoniem met vurige rooi passie en die moderne tango, se Four Seasons beeld die seisoensverskeidenheid op 'n radikaal ander
wyse uit.
In hierdie luisterryke produksie kom dié twee teenpole - die vlugvoetige musiek van Vivaldi en die dramatiese styl van Piazzola - op 'n verrassende manier bymekaar. Nog 'n buitengewone element is die "Four Seasons"-gedig (na bewering deur Vivaldi self), wat tussen die onderskeie seisoene voorgedra sal word.
60 min. • R70 • Drilsaal
3 Apr. 20:00 4 Apr. 16:005 Apr. 10:00

AVIGAIL BUSHAKOVITZ - VIOOLMOSAÏEK
INSTRUMENTAAL - SOLIS
Gesin • Professioneel • Met Avigail Bushakovitz (viool) en Ammiel Bushakovitz (klavier)
Vioolmosaïek is Avigail Bushakovitz se aanbieding van 'n verskeidenheid treffende gunstelinge en klassieke juwele in 'n klassieke uitvoering van viool- en klaviermusiek. Werke van Beethoven, Ysaÿe, Ravel en Brahms word uitgevoer - 'n weerspieëling van die kleurryke mosaïek wat deur die geskiedenis van dié unieke snaarinstrument geskep is. Sy is onder andere die wenner van die UNISA Musiek-beurskompetisie, 'n SAMRO Undergraduate Study Bursary 2006 en die Absa KKNK se Remgro/Venfin-studiebeurs 2005.
90 min. • R60 • Drilsaal
2 Apr. 10:00 3 Apr. 10:00 4 Apr. 10:00

BLONDINES, BACH EN BEATLES ...
INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Professioneel • Met Zorada Temmingh (klavier) en Elna van der Merwe (klavier)
Wanneer Zorada Temmingh en Elna van der Merwe laat waai op twee klaviere, is gehore op hul voete. Die program bestaan uit drie dele: 'n stigtelike Bach-to-Bach, 'n stouterige Mozart-mengsel en die kielie-lekker Kewers-op-klawers. In Bach-to-Bach word jy meegevoer deur die innoverende vervlegting van sy bekendste melodieë. In die Mozart-mengsel word 'n heilige koeitjie of twee vernuftig opgestuur in verrassende interpretasies.
70 min. • R65 • Drilsaal
6 Apr. 16:00 7 Apr. 13:00 8 Apr. 12:30

BOULEVARD CAFÉ
SANG - SOLIS en INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Professioneel • Musiekregie: Willem Vogel • Produksie: Salon Music • Met Johan Botes (klavier), Srdjan Cuca (viool), Wessel Beukes (tjello), Morné van Heerden (klarinet), Anna-Maria Müller (fluit), Armandt Marais (kontrabas), Sergio Zampolli (akkordeon) en Federico Freschi (bariton)
Hierdie program van Europese kafeemusiek is saamgestel om die elegante atmosfeer van die mees stylvolle ouwêreldse koffiekroeë en kafees uit stede soos Berlyn, Wene, Parys en Rome op te roep. Willem Vogel se verwerkings vir 'n instrumentale ensemble van ses, vind reeds geruime tyd groot byval by liefhebbers van die salonmusiek-genre. Die program sluit onder andere in "J'Attendrai", "Heimat", "C'est magnifique", "La Cumparsita", "Frasquita Serenade", "Auf Wiedersehen", "Tico Tico" en "Beer Barrel Polka". Dié vertoning is reeds op CD beskikbaar by Salon Music.
120 min. • R80 • Drilsaal
5 Apr. 20:00 6 Apr. 13:00

CANTATRICE
SANG - SOLIS EN DUET
Gesin • Afr., Eng., Frans en Italiaans • Professioneel • Regie en choreografie: Hanna van Niekerk • Konsep: Eline Troskie • Teks: Albie van Schalkwyk Produksie: Eline Troskie en Leana Lötter • Verhoogbestuur en stelontwerp: Yvette Hanekom • Met Eline Troskie (sopraan), Leana Lötter (sopraan), Lesley-Ann Mathews (klavier) en Helena Coward (aktrise)
Can'tatrici is warm, wonderlike vroue met engelstemme wat musiek sing en vertolk deur die meesters van klassieke musiek. Van die mees bekende en geliefde stukke in die operawêreld tot moderne musiek word keurig en kreatief interpreteer. Die program sluit werke van Handel, Mozart, Gershwin en Brel, asook gunstelinge uit musiekblyspele in. Die "Flower Duet" sorg vir 'n hoogtepunt in dié goedvoel-produksie.
60 min. • R50 • Drilsaal
3 Apr. 16:00 4 Apr. 13:00

CELLO-PIANO RECITALS SERIES - THE RUSSIAN GIANTS AND THE ROMANTICS
INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Professioneel • Met Polina Burdukova (tjello) en Kerryn Wisniewsky (klavier)
In hierdie uitvoering belig dié bekroonde duo twee uiteenlopende punte van die musiekspektrum.
In die eerste deel, The Russian Giants, stel hulle die Russiese musiekerfenis bekend in 'n uitvoering wat selde vir Suid-Afrikaanse gehore beskore is. Dit sluit werke van Schnittke, Shostakovich en Prokofiev in. Die tweede helfte, The Romantics, vul die eerste meer moderne deel van die uitvoering met werke uit 'n gewilde romantiese tjello/klavier-repertoire aan - stukke van Schumann, Brahms en andere word uitgevoer.
''...complete understanding of style and admirable unanimity of thought.'' - The Citizen
60 min. • R65 • Drilsaal
1 Apr. 16:00 2 Apr. 16:00

CH2 EN DIE Soweto String Quartet
INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met Corneille Hutten-Burger (kitaar), Christiaan Hattingh (kitaar), Sandile Khemetse (eerste viool), Tami Khemetse (tweede viool), Reuben Khemetse (tjello) en Makhosini Mnguni (altviool)
Die talentvolle en vindingryke duo CH2 word deesdae druk bespreek deur liefhebbers van kitaarmusiek. Hul vars, moderne aanslag verwek dié immergroen snaarinstrument tot nuwe lewe. Klassieke Westerse kitaar-musiek word gegeur met die drif van Spaanse & #64258;amenco, afgerond met 'n goeie dosis plaaslike Afrika-klanke en aangevuur deur die Soweto String Quartet.
70 min. • R40 R50 R60 • SABC2 Gimsaal
6 Apr. 10:00 6 Apr. 19:00 7 Apr. 19:00 7 Apr. 21:30 8 Apr. 13:00

DROOMUUR
SOLO
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Linette van der Merwe (mezzo) en Ferdi Geyer (klavier)
Die wêreld is vandag puur blou, dis bosduifblou en erdeblou en rand om klein katoog se blou (Uit: Klipwerk - N.P. van Wyk Louw)
Kom dagdroom vir 'n uur saam en luister hoe die gedroomde woorde van bekende Afrikaanse digters in die toonsettings van Suid-Afrikaanse kom-poniste weerklank vind. 'n Unieke droomervaring vir die fynproewer wat graag lugkastele bou.
Gereelde feesgangers sal Linette van der Merwe en Ferdi Geyer onthou vir Crucifixus en Opera-toeparra, Klippie-nat-spu, vang die haas! en hul Eugène Marais-program.
55 min. • R70 • Drilsaal
31 Mrt. 15:00 31 Mrt. 20:00 1 Apr. 13:00 2 Apr. 13:00

FEESTELIKE ORREL EN TROMPET
INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Professioneel • Met Wim Viljoen (orrel) en Anton Delen (trompet)
Wim Viljoen en Anton Delen is landwyd bekend vir hulle konsertoptredes en gewilde CD The trumpet shall sound. Vir hierdie jaar se vertoning is musiek gekies wat in 'n wye spektrum van musiekliefhebbers se smaak val - van klassieke tot ligter musiek. Die gevarieerde program sluit beminde trompetwysies soos Clarke se "Trumpet Voluntary" en Stanley se "Trumpet tune" in, maar ook tegnies veeleisende werke soos Albinoni se opwindende Trompetkonsert in F majeur en Purcell se Suite vir Trompet en Orrel. Wim speel tussenin orrelsolo's waaronder Widor se "Toccata" uit die 5de Orrelsimfonie en Bach/Vivaldi se Concerto in A mineur. 'n Fees vir die oor!
60 min. • R50 • NG Parkkerk
6 Apr. 16:00 7 Apr. 12:00

Heimwee
SANG - SOLIS
Gesin • Afr. • Professioneel • Musiekverwerking: Willem Vogel
Produksie: Salon Music • Met Antoinette Olivier (sopraan), Federico Freschi (bariton), Philip de Vos (tenoor en digter), Johan Botes (klavier), Srdjan Cuca (viool), Wessel Beukes (tjello), Morné van Heerden (klarinet), Anna-Maria Müller (fluit), Sergio Zampolli (akkordeon) en Armandt Marais (kontrabas)
Dié nuwe program van bekende Afrikaanse liedere, met werke van S. le Roux Marais, Jan Bouws, P.J. Lemmer en ander, sluit liedere soos "Al Lê Die Berge Nog So Blou", "Bosveldhuisie", en "Ek Sing Van Die Wind" in. Die digter en sanger Philip de Vos sing van sy eie komiese versies, soos getoonset deur Albie Louw. Hier is 'n gulde geleentheid vir stylvolle Afrikaanses om hul kultuur te vier.
120 min. • R80 • Drilsaal
6 Apr. 20:00 7 Apr. 10:00

KOLLIG OP CALLAS
SANG - SOLIS
Volwasse • Geen o.14 • Afr. en Eng. • Professioneel • Konsep en teks: Sabina Mossolow en Adriaan Fuchs • Program: Sabina Mossolow • Advies: Carine van der Merwe • Met Sabina Mossolow (sopraan) en Bennie van Eeden (klavier)
'n Kaleidoskoop van opera-sang met klavierbegeleiding, oudiovisuele projeksie en vertelling - 'n persoonlike huldeblyk aan Maria Callas. Adriaan Fuchs, wat sy meestersgraad oor die klankopnames van Maria Callas gedoen het, verskaf die agtergrond- en oudiovisuele materiaal. Sabina Mossolow, 'n sangstudent van Nellie du Toit, het die produksie saamgestel en sing 'n aantal arias waarvoor Callas bekend was. Sy het onder meer aan die Staatliche Hochschule für Musik in Freiburg studeer en was aan die munisipale teater in Freiburg verbonde waar die hoofrol in Verdi se La traviata haar glansrol was. As Lieder-sangeres het sy in Duitsland, Italië en Namibië opgetree.
75 min. • R75 • Drilsaal
1 Apr. 20:00 2 Apr. 20:00

LIBERTAS-KOOR
Die Stellenbosch Libertas-koor het sy bestaan te danke aan die inisiatief van Vroue vir Suid-Afrika, wat Johan de Villiers in 1989 versoek het om 'n multikulturele koor vir 'n eenmalige optrede saam te stel. Die reaksie was so oorweldigend dat die koor in dieselfde jaar permanente status gekry het.
Tuis, sowel as oorsee, bekoor en begeester dié honderdtal sangers gehore met hul entoesiasme en wye verskeidenheid musiek. Hul repertoire sluit oratoriumwerke met orkes sowel as jazz in. Boerneef-toonsettings, Afrikaanse kerkliedere in die sleepsangstyl en immergewilde tradisionele swart musiek maak ook deel van die ervaring uit.
Na 17 jaar is die koor se oogmerk steeds Freedom in harmony, soos die titel van hul jongste CD aandui. Die Stellenbosch Libertas-koor is die lewende, singende bewys dat musiek grense
oorsteek.
70 min. • R60 • NG Moederkerk
7 Apr. 16:00 7 Apr. 20:00

PREMIÈRE-TOER
INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met Marlene Verwey (fluit) en Salomé van der Walt-Wepener (klavier)
Duo South, bestaande uit Marlene Verwey en Salomé van der Walt-Wepener bied 'n uitvoering van musiek deur Bach, Franck, Donizetti en Liebermann aan. Hierdie uitvoering sluit ook twee opwindende nuwe werke in - spesiaal vir die duo gekomponeer deur die Suid-Afrikaanse komponiste Stefans Grové en Hendrik Hofmeyr.
Salomé van der Walt-Wepener en Marlene Verwey is albei soliste in eie reg, wat verskeie toekennings en beurse deur hul onderskeie loopbane ontvang het. Duo South het reeds baie suksesvolle konsertoptredes in die Verenigde Koningkryk gehad en hierdie uitvoerings vorm deel van hul Première-toer deur Suid-Afrika.
70 min. • R65 • NG Moederkerk
6 Apr. 13:00 7 Apr. 13:00

OPUS 3
INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Professioneel • Komposisie en verwerking: Opus 3 en Vladimir Ivanov • Met Marc Botha (saksofoon) of Lizet Smith (klarinet), Charl Lamprecht (kitaar) en Toni Ivanova (tjello en akkordeon)
Die Opus 3-trio sal 'n interessante program van verslawende musiek wat met die geskiedenis van sjokolade geassosieer word, speel. Hul komposies is geïnspireer deur die lande waarvandaan sjokolade kom. Die program sluit in "Nostalgia de Mexico" (Dave Brubeck), tradisionele musiek van Spanje, België, Argentinië en Afrika, 'n saksofoon-solo geïnspireer deur Switserland en "Au Printemps" en "Ne Quitte Pas" (Jacques Brel). Dit word afgesluit deur "Suite Chocolat", 'n verwerking vir tjello, kitaar en saksofoon/klarinet gebaseer op die klankbaan van die & #64257;lm Chocolat.
50 min. • R75 • Drilsaal
4 Apr. 20:00 5 Apr. 13:00

MISA CRIOLLA EN NAVIDAD NUESTRA
Gesin • Professioneel • Met Amanda Stydom en die Stellenbosch Libertas-koor onder leiding van Johan de Villiers en 'n orkes onder leiding van Janine Neethling
Koproduksie van die Absa KKNK en Oude Libertas Amfiteater, ondersteun deur Bybel-Media
'n Uitsonderlike geleentheid om Amanda Strydom se aangrypende vertolking van twee werke deur die Argentynse komponis Ariel Ramírez te beleef. Dié komposisies is 'n kombinasie van die ritmes en tradisies van die Spaans-Amerikas, die tradisionele mis (Misa Criolla) en die geboorteverhaal van Christus (Navidad Nuestra). Strydom het die werk in 2005 saam met die Potchefstroomse Universiteitkoor onder leiding van Awie van Wyk aangepak vir slegs een uitvoering in opdrag van die Aardklop-kunstefees. Sy word ondersteun deur die wêreldbekende en gerekende Stellenbosch Libertas-koor.
70 min. • R70 R80 R90 • Burgersentrum
8 Apr. 10:00 8 Apr. 18:00

THE FOUR HORSEMEN OF THE APOCALYPSE
STOMFILM MET ORREL-IMPROVISASIE
Volwasse • Geen o.12 (V) • Professioneel Met Zorada Temmingh (orrel)
Zorada Temmingh laat die orrel Spaans praat wanneer sy dié 1921-stomfilm met lewendige improvisasie begelei. Dié bekroonde orrelis het die vermoë om elke klein visuele nuanse klankheldere betekenis te gee. Haar orrelklankbaan word tegelyk 'n verteller en 'n karakter. Hierdie anti-oorlog & #64257;lm is gebaseer op die boek van die Spaanse skrywer Ibáñez. Die ryk storielyn, sensuele Spaanse musiek, die wellustige tango in die openingstoneel, oordrewe godsdienstigheid, familie-knoeiery en oorloggruwels, maak hierdie & #64257;lm 'n meesterstuk. Temmingh, 'n Kanna-wenner in 2006, se aangrypende improvisasie op The Hunchback of Notre Dame is 'n voorsmaak
van kom.
90 min. • R65 • NG Parkkerk
5 Apr. 20:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 20:00

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA SIMFONIEORKES
INSTRUMENTAAL - ENSEMBLE
Gesin • Professioneel • Met die Universiteit van Pretoria Simfonieorkes onder leiding van Eric Rycroft
Tukkies se simfonieorkes tree vir die vierde agtereenvolgende jaar op by die Absa KKNK. In Romantiese Rusland, vanjaar se program, kan van die gewildste klavierkonserte in die simfoniese repertoire gehoor word, onder meer die Klavierkonsert
no. 1 van Tchaikovsky. Een van Tukkies se top-klavierstudente en 'n pianis met internasionale ervaring, Jannie le Roux, tree op. Die betowerende Simfonie no. 1 in G mineur van Kalinnikov en die immergroen Ruslan en Ludmila Ouverture van Glinka is ook op die program.
70 min. • R65 • Drilsaal
8 Apr. 10:00 8 Apr. 14:00

VALLEY SONG
Gesin • Eng. • Professioneel • Gebaseer op Athol Fugard se toneelstuk Teks: Guy Willoughby • Regie: Steven Stead • Produksiehuis: Kaapstad Opera • Verhoogbestuur: Juanita van Wyk • Stelontwerp: Greg King in oorleg met Michael Mitchell • Beligtingontwerp: Paul Abrams Dirigent: Alexander Fokkens • Met Ronnie Theys (tenoor), Golda Schultz (sopraan), Derick Ellis (tenoor), Brad Liebl (bariton), Christina Farr (mezzo), Kimmy Skota (sopraan), die Universiteit van Pretoria Simfonieorkes en die lede van die ComArt-koor onder leiding van John Davids
Moontlik gemaak deur die Spier Arts Trust, Cape Town Opera en Arts and Culture Trust
Dit is die eerste Suid-Afrikaanse opera wat oor die probleme en aspirasies van 'n landelike bruin gemeenskap handel en gebruik maak van inheemse musiekstyle.
Die verhaal speel af net na 1994 se verkiesing in 'n klein Karoo-dorpie waar die 17-jarige Veronica vasberade is om 'n pop-sangeres te word. Oom Buks, haar oupa, is daarteen gekant. Hy vrees ook dat die familiegrond verkoop sal word en hy op straat gaan sit.
Die karakters en hul dilemmas word met humor, patos en 'n paar klugtige elemente uitgebeeld. Die beste sangtalent in die land wys hul slag met 'n veelsydige mengsel van musiek - Italiaanse opera, big band, swing en selfs Lutherse gesange.
"Die musiek is 'n vreugde - van die pragtige atmosferiese prelude tot Veronica se laaste aria, en die libretto is 'n wonderlike opsomming van die oorspronklike teks sonder dat 'n enkele van sy nuanses, humor of patos verlore gaan. En dan al daardie ongelooflike stemme! Dit maak my trots op my land en sy mense." - Athol Fugard
110 min. • R90 R100 R110 • Burgersentrum
6 Apr. 17:00 (finale kleedrepetisie) 7 Apr. 11:00 7 Apr. 16:30

MUSIEK KONTEMPORêR
AFRI-JAZZ
JAZZ
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie en vervaardiging: Mynie Grové • Verhoogbestuur: Sam Q. Hughes • Stel- en beligtingsontwerp: Gareth Kenna Met Emo Adams, Wendell Reed, Danelle de Vries, Celeste Williams, Zayn Adam en gaste
Ons mense neig om musiek in allerhande soorte engtes te boks en die dier wil uitklim, losbreek en asemhaal. Afrikaans is nie 'n tuxedo of 'n speedo of 'n borstrok of 'n opstootbra nie, maar dit kan dit alles ook wees.
As jou ore of jou brein geboks is, gaan drink liewer tee. Hier is net turbo van alles met vibe, visie en talent. Die konsep is nie noodwendig nuut nie, maar die uitvoering daarvan is. Dis Afri-afro-jollie-jellie-jazz ... en as jy nie van 'n opskop-vibe hou nie, of te upstêrs is om jouself te laat meesleur, dan is jy nie geskik om Afri-jazz by te woon nie. Indien wel, sjoe, welkom, sit, staan, luister, jive, - ag, net sooo bly jy het gekom. Onse mense het beduie dat Afrikaans nie so geborstrok kan bly nie en in jazz sy sê kan sê. Mainstream, swing, funk, fusion, ghoema - joenymit, we-ghorrit.
Hierdie is nie geskiedenis nie en nie noodwendig innoverend nie. Dis ook nie net soetkoekie, melk en biskits nie, maar van die beste en bekendste Kaapse musikante is opgewonde om deel te neem aan dié avontuur. Ons het wel voorheen Al daai jazz gehad, maar hierdie is die yrrieboksyt, binne-aarse voeding; 'n mieks-masala van musiek opgetower met 'n stywe sousie genaamd jazz.
Die kunstenaars is van die beste in die Kaap. Hulle is: Emo Adams - aanbieder, swing-spesialis en Ali Baber-veteraan - uit die meester Taliep Petersen se hand grootgemaak en nou besig om sy eie koers te bepaal. Wendell Reed, 'n liedjieskrywer met 'n & #64258;uweelstem en Danelle de Vries, stem-hoogsweef-arties en liedjieskrywer, wat albei naam gemaak het op die Afrikaanse Idols.
Celeste Williams bekend van Liriekeraai en 'n onontginde juweel - haar stem kan 'n regering tot 'n val bring. En natuurlik Zayn Adam, die hartebreker met 'n stem van goud, bekend uit die dae van The Flames en Pacific Express - een van Taliep Petersen se gunsteling-stemme.
90 min. • R30 • BSS-saal
3 Apr. 19:00

ANDRÉ SWIEGERS - FEILBARE MENSE
FOLK-ROCK
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met André Swiegers (stem en kitaar) en Emile Swiegers (kitaar)
André, onder meer bekend vir sy liedjies "Blou", "Hoe Draai Die Wind Dan Nou?", "Jammer Om Te Hoor" en "Eva", is terug by die Absa KKNK.
Sy vertoning is saamgestel uit die musiek van sy vyf CD's, asook 'n goue oue of twee van Leonard Cohen en Cat Stevens. Vanjaar word hy op kitaar ondersteun deur die belowende jong Emile Swiegers (15). 'n Uitstaande musiek-produksie wat selfs die fynproewer sal beïndruk.
70 min. • R75 • Onderwysgebou
5 Apr. 12:30 6 Apr. 20:00 7 Apr. 10:00 8 Apr. 12:30

ANSUJÉ - SOMETHING ELSE ENTIRELY
WÊRELD
Gesin • Afr. en Europese tale • Professioneel • Regie: Lulu van der Walt Produksie: Lulima-produksies • Choreografie: Lisa Lalouette
Met Anneke Visagie, Sumari Fourie en Jeane Beukes
Lus vir iets heeltemal nuut en anders? Ansujé is die breinkind van die bekende musiekregisseur Lulu van der Walt. Dié gesofisti-keerde produksie raak diep en voer die verbeelding weg na ver, mooi plekke in Engels, Afrikaans, Portugees, Italiaans, Frans ... en Andromedaans.
60 min. • R65 • NG Weskerksaal
1 Apr. 15:00 1 Apr. 17:30 2 Apr. 17:30 3 Apr. 15:00 4 Apr. 15:00 5 Apr. 20:00

ANTON GOOSEN - UNPLUGGED
AFRO-ROCK
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Anton Goosen en Theo van Rensburg (kitaar)
Met Unplugged gedenk die musieklegende Anton Goosen sy 30 jaar as Liedjieboer. "Blommetjie-gedenk-aan-my" word algemeen beskou as die eerste rock-song in Afrikaans - Anton word nie verniet die vader van Afrikaanse rock genoem nie. Hier speel hy sy grootste treffers en vier musiek op sy kennelik gemaklike manier. Kom stap saam met hom deur sy kleurryke en produktiewe loopbaan.
70 min. • R75 • Laerskool Noordsaal
4 Apr. 13:00 6 Apr. 13:00 7 Apr. 13:00 8 Apr. 13:00

BALKAN FEVER
WÊRELD
Gesin • Eng. en sigeunertaal • Professioneel • Regie: Matthew Reid Stel- en beligtingsontwerp: Kathleen Quillinan • Met Dragana Jevtovic (stem), Brendan Kierman (trompet), Matthew Reid (saksofoon, klarinet), George Foster (tuba), Kathleen Quillinan (trekklavier), Kerryn Torrance (viool), Reza Khota (kitaar), Mark Augustin (perkussie) en Ronan Skillen (tabla)
Playing with Fire, die sensasionele sigeunerorkes, maak aansteeklike musiek uit die Balkan-streek - sigeunerliedere aangedryf deur hipnotiese slagwerk. Dié ensemble is 'n instrumentale fees. Laat waai!
60 min. • R70 • Baron's Palace
2 Apr. 18:30 3 Apr. 10:00 4 Apr. 13:00

BAYEMBI SPIRIT
WÊRELD
Gesin • Afr., Eng., Frans en Kongolees • Professioneel • Regie: Lindie Lila • Met Lindie Lila (kitaar en stem), Jason Tamba (kitaar en stem) en Ronan Skillen (tabla)
Bayembi spirit is 'n akoestiese vertoning met heupserpe, mistieke lirieke, sluiers, kitare, vurige danse, tromsolo's en tamboeryn. Lindie Lila lei 'n opwindende trio van uiteenlopende musikante. Terwyl sy haar heupe swaai op die maat van sigeunermelodieë, speel Jason Tamba meesterlik akoestiese kitaar en Ronan Skillen rond die vertoning met Indiese tablas en Turkse darbuka af.
60 min. • R60 • Onderwysgebou
5 Apr. 21:00 6 Apr. 12:30 7 Apr. 12:30 7 Apr. 17:30

BEESKRAAL
ROCK
Gesin • Afr. • Professioneel • Komposisie: Charles Smidt Produksie: Jasper van Rensburg • Met Charles Smidt (stem en kitare), Mike van Zyl (tromme, perkussie en stem), Wouter Reyeneke (bas), Jasper van Rensburg (bas en konsertina), Henning Joubert (konsertina) en Jaco van Deventer (konsertina)
Hierdie Afrikaanse rockers van Pretoria maak al agt jaar lank musiek dat die beeste bewe. Hulle sal songs van al vier hulle vorige albums speel, maar veral van Innie (sper) vuur wat laasjaar uitgereik is. Benewens oorspronklike komposisies sal hulle oudergewoonte 'n paar tradisionele liedjies, soos "Die Blinkvosperd" en "Pieringoog se pa", ver-Bees. Die lirieke word aangejaag met brute kitaarwerk en sterk melodieë met baie bas.
Beeskraal het in 2003 die Kanna gewen vir Beste Afrikaanse Groep en ook die Geraas-toekenning vir Beste Rock-groep in dieselfde jaar.
60 min. • R55 • MK89 Kango Wijnhuis
31 Mrt. 18:00 1 Apr. 18:00 2 Apr. 23:00

BINNEBLANK MET JESSE JORDAN
ROCK
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met die Jesse Jordan Band,
Piet Potent, DJ Naaldekoker en gaskunstenaars
Met dié manne is 'n aand van heftige dans en moderne rock jou voorland. 'n Mengsel van oorspronklike Afrikaanse en Engelse dansmusiek word aangebied en verskeie bekendes sal as gaskunstenaars saam optree.
Dié vertoning is 'n unieke mengsel van kontrasterende style - Jesse Jordan se Engelse Rock, Piet Potent se ska en DJ Naaldekoker se draaitafel-vaardighede sorg vir 'n mengeldrankie met skop.
60 min. • R55 • MK89 Kango Wijnhuis
31 Mrt. 15:00 2 Apr. 18:00 3 Apr. 12:00

BOHEEM! - ANNA DAVEL EN ZAMAR
WÊRELD
Gesin • Afr., Eng., Spaans en Frans • Professioneel • Regie en teks: Jaci de Villiers • Konsep en vevaardiging: Anna Davel • Ontwerp: Jaco Smit • Musikale verwerkings: Zamar, Matthys Maree en Anna Davel Met Anna Davel (stem), Veronica Bell (viool), Anjulie de Vos (kontrabas), Donè McLuckie (perkussie), Hilandi du Toit (kitaar en stem), Luydmilla Rukavitsyna (akkordeon en stem) en Matthys Maree (klavier)
Moontlik gemaak deur Sarie
Davel en Zamar kombineer die polsende ritmes van Brasilië, Rusland, Spanje, Italië, Oos-Europa en Indië met oorspronklike Afrikaanse musiek. Liedjies wat gehoor kan word is "Besame Mucho", "Hoe Stil Kan Dit Word" (Boerneef), "Sabre dance", "Chornobryvtsy", "Nazdarovje!", "Ek Verlang Na Jou", "Ode to Ireland Medley" en "Die Gipsy In Jou Oë" (Koos Kombuis). Kom toer saam na Boheem! - die plek waarvan ons almal al gedroom het.
70 min. • R70 • Laerskool Noordsaal
31 Mrt. 13:00 1 Apr. 10:00 2 Apr. 13:00 3 Apr. 16:00

CUTT GLAS EN FRIENDZY
A CAPPELLA
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Cutt Glas en gaskunstenaars
Na 18 jaar in die bedryf is daar nie 'n stad of dorp of fees waar Cutt Glas nog nie toegejuig is nie. In Cutt Glas en friendzy bring dié a cappella-groep hulde aan almal wat al die groep se pad gekruis het - van die bekendes, berugtes, bedruktes tot die obskures. En dan is daar natuurlik ook die staaltjies wat jy nog in geen skinderblad gehoor het nie ...
60 min. • R80 • Klipdrift-banketsaal
3 Apr. 12:30 4 Apr. 15:00 5 Apr. 10:00 6 Apr. 10:00 7 Apr. 10:00

Ddisselblom
FOLK-ROCK
Gesin • Afr. • Profesioneel • Met Lienka Coetzee, Johrne
van Huyssteen
, Jaco Spies, Riaan Diedericks en AJ Huymann
Hierdie jaar kan Ddisselblom-aanhangers uitsien na 'n baie spesiale vertoning. Nie net ou gunstelinge word gesing nie, maar Lienka se lang verwagte solo-album het die lig gesien en Johrne spog met 'n splinternuwe konsep-komedie-album. Jy gaan hier 'n voorsmakie van albei dié projekte kry, asook van splinternuwe Ddisselblom-materiaal wat eers later in die jaar op CD vrygestel gaan word.
Maar soos almal weet, bestaan 'n Ddisselblom-vertoning nie net uit goeie en oorspronklike musiek nie. Johrne se skreeusnaakse komedie en spontane interaksie met die gehoor sorg ook altyd vir hope vermaak. Hulle is die wenners van twee Kanna-toekennings.
80 min. • R60 • MK89 Kango Wijnhuis
31 Mrt. 20:30 1 Apr. 12:00 6 Apr. 20:30 7 Apr. 20:30

DE PRIESTER EN EEN KERKORREL
ROCK-KABARET
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie en teks: Jak de Priester Produksie-advies en teks-slyping: Amanda Strydom • Met Jak de Priester (stem), Hugo Radyn (dromme), Christiaan Rabie (elek-triese kitaar), Werner Spies (baskitaar), Chris van der Westhuizen (hoofklawers) en Johann Slabbert (agtergrondstem en tweede klawers)
Jak de Priester pak die grootste projek van sy 5 jaar loopbaan aan, deur 'n musikale produksie op die planke te bring met die musiek van Johannes Kerkorrel sowel as 'n paar songs uit sy eie pen.
Hy vertel: "Hierdie storie begin in 1989. Ek was salig onbewus van die Afrikaanse musiekbeweging Voëlvry of apartheid, en toe hoor ek een aand vir Kerkorrel. Dit het my lewe verander. Afrikaans was skielik beeldskoon."
100 min. • R65 • Klipdrift-banketsaal
31 Mrt. 17:30 1 Apr. 15:00 1 Apr. 20:00 2 Apr. 15:00 4 Apr. 22:15

DIE HA!MAN-SHOW
ALTERNATIEF KLASSIEK
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Francois le Roux
Die Ha!man-show is HA!Man (Francois le Roux) se eerste buiging op 'n Absa KKNK-verhoog met sy spontane tjello en oorspronklike elektroniese begeleidings. Hy verfyn al sedert sy dae as straatmusikant, en deur honderde huiskonserte en optredes van die Kaap tot Kanada en Suid-Korea oor die afgelope 14 jaar heen aan die Ha!man-show. By dié vertoning loop tjello-spel oor in dans, gesels, klawerbordimprovisasies en speelse uitdagings aan die gehoor. Sy geesdriftige, emosiebelaaide musiek en tjello-spel kombineer 'n wye verskeidenheid style en het 'n sterk Afro-Afrikaanse invloed wat vir 'n groeiende plaaslike en internasionale gevolg sorg.
75 min. • R40 • NG Weskerksaal
1 Apr. 12:30 2 Apr. 15:00 3 Apr. 17:30 4 Apr. 18:30 5 Apr. 10:00

DIE MELKTERT KOMMISSIE - MELKWEG
FOLK-ROCK
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Lucinda Strydom, Jean-Mari Vlok, Jan-Adriaan Korf en Tim van der Westhuizen
Suid-Afrikaanse gehore het hulle leer ken as die band van Jeffreysbaai wat die eerste Rockspaaider-kompetisie in 2002 gewen het. Hul lirieke is vars en die musiek het 'n sterk volroomklank. Gewoonlik is die terte in ligte, pretensielose luim, maar daar is ook dieper oomblikke in die show, wanneer hulle ernstiger onderwerpe en gevoelens aanpak. Hul uitkyk op die lewe en liefde is uniek en altyd trots Suid-Afrikaans. Maar om hulle werklik te waardeer, moet jy hulle ongelooflike energie in aksie sien.
60 min. • R50 • Baron's Palace
31 Mrt. 21:00 1 Apr. 21:00 2 Apr. 21:00 3 Apr. 18:30

DIEValiant Swart-BAND - LIVE
ROCK
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Valiant Swart en orkes
Sielvolle digter, deur-winterde bluesman, reisiger, dromer, Rock'n'Roller. Hierdie vertoning is vintage-Valiant met ryk musikale teksture en woordkuns uit die boonste rakke. Sy album Horisontaal is as gewildste rock-album aangewys by die 2006 Huisgenoot Tempo-toekennings.
"As Leonard Cohen in die Norton Anthology of Poetry opgeneem is, hoort Valiant lankal in die Groot Verseboek." Danie Marais, Beeld
75 min. • R65 • Klipdrift-banketsaal
31 Mrt. 20:00 2 Apr. 22:15 3 Apr. 22:15 6 Apr. 22:15

EDEN
POP
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Regie: Eden • Met Jay du Plessis, Paulo Azevedo en Johan Vorster
Waar ons eie boyband gaan, daar kan jy maar weet, word witwarm musiek gemaak vir 'n skare jillende fans. En vanjaar gaan Eden eers gatskop in Afrikaans met hul eie oorspronklike liedjies.
In hierdie vertoning sal hulle ewe veel Engelse en Afrikaanse liedjies sing. Hou jou lyf reg!
70 min. • R50 R60 R70 • SABC2 Gimsaal
1 Apr. 21:30 2 Apr. 13:00 3 Apr. 16:00 4 Apr. 16:00

EK WENS EK HET GEWEET
ALTERNATIEF
Gesin • Afr. • Professioneel • Konsep en verwerking: Jacques Geldenhuys en Hanlie Burger • Regie: Hanlie Burger • Produksie: Burgel-produksies • Met Jacques Geldenhuys (stem, klavier) en Phillip Vermeulen (kitaar)
Jacques Geldenhuys se vertellings en oorspronklike liedjies bied 'n humoristiese, maar realistiese blik op die lewe as 'n toeskouersport. Dit is 'n vertoning wat die hartsnare en die lagspiere sal roer.
Jacques is 'n bekende by die Absa KKNK vir produksies soos Die groen man en Noord, en ook begeleier vir Antoinette Pienaar.
70 min. • R50 • Baron's Palace
1 Apr. 18:30 2 Apr. 10:00 3 Apr. 13:00 4 Apr. 18:30

FLUISTER - MATHYS ROETS
LUISTERLIEDJIES
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met Mathys Roets (stem) en Matthys Maree (klavier)
Fluister beloof om aanhangers te verras met splinternuwe musiek, maar tog ook tipies Mathys Roets te bly. Jy kan jou verlustig aan 'n propvol program met musiek wat onder andere geskryf is deur Pieter van Wyk de Vries, die komponis van die gewilde liedjie "For Example".
60 min. • R70 • Klipdrift-banketsaal
31 Mrt. 15:00 1 Apr. 17:30 2 Apr. 17:30 3 Apr. 20:00 4 Apr. 10:00

GERT BEKKER - IN 'n BLIK GEDRUK
LUISTERLIEDJIES
Volwasse • Geen o.12 • Afr., Frans en Duits • Professioneel • Met Gert Bekker en orkes
Moontlik gemaak deur Kango Wyne
Op Gert se nuwe CD, In 'n blik gedruk, was die klem daarop om sy live-klank vas te lê, en alhoewel dit nie 'n lewendige opname is nie, het Gert as regisseur daarin geslaag om vas te vang wat hy met 'n orkes vir sy gehore lewer. Die passievolle liedjies besing 'n verskeidenheid ervaringe - van hartseer tot blyd-skap. Kom geniet Gert en orkes!
60 min. • R65 • Onderwysgebou
5 Apr. 15:00 6 Apr. 15:00 7 Apr. 20:00 8 Apr. 15:00

GOEITJIEMAJIG - LANGENHOVEN SE TAFELPOOT
WÊRELD
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Stephanie Messina (stem), Neil van der Walt (baskitaar) en gaskunstenaars
Almal ken die storie van Langenhoven se onsuksesvolle en skreeusnaakse pogings om sy stomme tafel se pote gelyk te kry.
Hierdie en ander Langenhoven-stories is die inspirasie vir dié unieke produksie met sy Wes-Afrika-ritmes en onkonvensionele Afrikaanse lirieke.
90 min. • R50 • Baron's Palace
4 Apr. 10:00 5 Apr. 13:00 6 Apr. 16:00 7 Apr. 16:00

GROENTRUI - JAN BLOHM
BLUES-ROCK
Jeug • Ouerbegeleiding • Afr. • Professioneel • Met Jan Blohm (kitaar en stem), Johan Willemse (baskitaar) en Herman Kruger (tromme)
Sy rou ballades het die vermoë om 'n hele gehoor in die maag te skop. En dan is daar die ander kant: die wilde, woeste blues-rock wat hy uit die snare toor - blues so bittersoet dit laat jou aan engele glo. En altyd bly Afrikaans die hoofpriesteres. Vir hierdie vertoning stel hy sy derde album, Groen Trui, bekend saam met die Jan Blohm Band. Die gewilde titelsnit was ook deel van die kykNET-reeks Orion se klankbaan. Onaangeraak sal jy nie wees nie. Kom maak jou siel stil.
60 min. • R50 • MK89 Kango Wijnhuis
2 Apr. 15:00 3 Apr. 20:30 4 Apr. 15:00

HILANDI DU TOIT - SPORE LANGSAAN MY
FOLK-ROCK
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie en choreografie: Liani Maré Verhoogbestuur: Liezel Foot (Audiomission) • Met Hilandi du Toit (kitaar en stem), Mariëtte Galjaard (klavier), Floors Oosthuizen (kitaar), Vinnie Henrico (tromme) en Leon Ecroignard (kontrabas)
Hilandi du Toit, bekend vir haar sjokoladestem en kitaarspel in Zamar (die vroue-kwintet wat die Kanna Slurpie 2005 gewen het) maak haar solodebuut. Haar vars aanslag en digterlike lirieke sal gehore se harte verower.
50 min. • R35 • Baron's Palace
5 Apr. 16:00 6 Apr. 13:00 7 Apr. 10:00 7 Apr. 18:30

JAC BLANC - DIE ONBEKENDE
ROCK
Jeug • Afr. • Professioneel • Met Jac Blanc en band
'n Lewendige vertoning van Jac Blanc se debuutalbum, Die Onbekende, is vir jong rock-geesdriftiges en almal wat nog jonk van gees is. Liefhebbers van oorspronklike Afrikaanse musiek en energieke, emosiebelaaide kitaar-aangedrewe wysies sal aanklank vind by sy poëtiese songs van vryheid, verlange en hoop.
60 min. • R40 • Baron's Palace
31 Mrt. 16:00 1 Apr. 13:00 2 Apr. 13:00

JONATHAN CROSSLEY - SKOP DIE BEBOP
IMPROVISASIE
Gesin • Eng. • Professioneel • Regie: Lulu van der Walt • Met Jonathan Crossley (kitaar), Martin Wolfhaart (klavier), Paul Gibbings (kontrabas) en Jonathan Sweetman (perkussie)
Die enigmatiese Jonathan Crossley het hom as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kitaarspelers gevestig. Die keer is hy terug met hoë oktaan musiek wat sy vernuf op die elektriese kitaar opnuut sal ten toon stel. Die musiek is 'n mallemeulerit deur die klanke en kleure van bekende jazz-nommers. As jy bang is vir die woord "jazz" sal Crossley met 'n lekker dosis pret jou gou laat verstaan dat dit nie net 'n vierletter-woord is nie. Verwag 'n uur van kookwater musiek. Vergeet die Leeuloop - kom skop die bebop - en geniet improvisasie vir die nasie.
60 min. • R55 • Baron's Palace
5 Apr. 22:00 6 Apr. 21:00 7 Apr. 21:00

KLOPJAG - SKREE!
FOLK-ROCK
Gesin • Afr. • Professioneel • Met John-Henry Opperman, Sallas de Jager, Dawie de Jager, Marie-Louise Pretorius, Werner Griesel en Morné Bam
Klopjag het geen bekendstelling nodig nie. Hulle is een van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse rock-groepe en Skree! is hul vierde produksie by die Absa KKNK. Hulle speel vir hierdie vertoning 'n string treffers soos "24 Uur", "Stof", "Vervang", en "Nie Langer", sowel as 'n paar nuwe songs. Daar is vier liedjieskrywers in die groep en dus nie 'n tekort aan oorspronklike materiaal nie. Van ballades tot punk-rock, hierdie ouens (en 'n vrou) laat jou dink, lag, dans en soms lekker hartseer wees.
60 min. • R50 • MK89 Kango Wijnhuis
1 Apr. 15:00 2 Apr. 20:30 3 Apr. 15:00

KOOS KOMBUIS - ROCK BOTTOM!
ROCK
Volwasse (T) • Afr. • Professioneel • Musiekverwerking: Schalk Joubert • Met Koos Kombuis (stem), Schalk Joubert (baskitaar), Albert Frost (kitaar), Melissa van der Spuy (klawers) en Kevin Gibson (tromme)
Moontlik gemaak deur Beyerskloof en Wegbreek
Koos Kombuis is terug en daar is nie 'n vals kitaar in sig nie! Hy bring 'n volledige rock-band saam en nie sommer enige hierjy-band nie: Die beste van die bestes sal saam met Koos op die verhoog wees: Schalk Joubert, Albert Frost, Melissa van der Spuy en Kevin Gibson gaan Koos se tunes opklits tot 'n feesmaal! Kom jol saam vir 'n mengsel van gewilde ou en nuwe songs. En 'n paar verrassings. Want Koos rock nog steeds.
60 min. • R90 • Klipdrift-banketsaal
2 Apr. 20:00 3 Apr. 17:30 4 Apr. 12:30 5 Apr. 15:00 6 Apr. 20:00

LAURINDA EN ZANTA HOFMEYR - SAMELOOP
WÊRELD MET KLASSIEKE VIOOL
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie: Juanita Swanepoel met assistent Petrus du Preez • Stel- en beligtingsontwerp: Hano Smit • Uitvoerende vervaardiging: Laurinda Hofmeyr • Met Laurinda Hofmeyr (stem), Zanta Hofmeyr (viool), Schalk Joubert (baskitaar) en David Klassen (tromme)
Moontlik gemaak deur Morning Milk
Niggies, Laurinda Hofmeyr en Zanta Hofmeyr, is albei musikante in eie reg. . Laurinda is by uitstek die kontemporêre sanger wat gedigte omtower in musiek terwyl Zanta naam gemaak het as een van Suid-Afrika se top violiste. Wat gebeur as hierdie twee uiteenlopende musiekstrome begin saamvloei? Wat is die onderstrome wat hulle deel? Ver-wag verrassende wendings wanneer hulle hul soortgelyke agtergrond ontgin vir nuwe moontlikhede.
75 min. • R70 • Laerskool Noordsaal
1 Apr. 20:30 2 Apr. 16:00 3 Apr. 10:00 4 Apr. 10:00

LIED VAN DIE ENGELE - GIAN GROEN
FOLK-ROCK
Gesin • Afr. • Professioneel • Konsep en verwerking: Gian Groen
Regie: Pedro Kruger • Verhoogbestuur en choreografie: Letitia
Nel-Hanekom • Stel- en beligtingsontwerp: Andries Louw • Met Gian Groen
Almal wil altyd by 'n liedjieskrywer weet wat kom eerste, die woorde of die musiek. Lied van die engele is Gian Groen se antwoord op hierdie vraag met behulp van asemrowende beligting, lirieke van gehalte asook vertellings waarom en waar dié liedjies geskryf is. Gian en sy band is oorgehaal om met hul uitsonderlike aanslag die gehoor te betower. Die titel gee te kenne dat die skrywer deur die bonatuurlike geïnspireer word. .
90 min. • R60 • NG Weskerksaal
2 Apr. 20:00 4 Apr. 12:30 6 Apr. 15:00 7 Apr. 12:30 8 Apr. 16:30

LIENKA
KOMMERSIEEL
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Musiekvervaardiging: Juan (Floors) Oosthuizen • Met Lienka Coetzee (stem), Juan Oosthuizen (kitare), David Klassen (perkussie), Deveroux van der Hoven (klavier) en Jasper van Rensburg (baskitaar)
Lienka het reeds gewildheid verwerf as die goue stem in die suksesvolle groep Ddisselblom. Bygestaan deur 'n volledige akoestiese band, sing sy liedjies vanaf haar nuwe solo-debuutalbum. Hierdie vertoning sal al haar aanhangers se verwagtinge oortref. Maak gereed vir 'n musikale kragtoer.
60 min. • R60 • MK89 Kango Wijnhuis
2 Apr. 12:00 4 Apr. 18:00 5 Apr. 15:00

LIZE BEEKMAN - 10
FOLK
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Regie: Nina Swart
Met Lize Beekman (stem, kitaar en klavier) en Juan Oosthuizen (kitaar)
Met dié vertoning vier die geliefde en gerespekteerde kunstenaar Lize Beekman haar tiende jaar in die musiekbedryf sedert die vrystelling van haar eerste solo-album. Vir hierdie vertoning kies sy spesiaal musiek wat haar hele repertoire verteenwoordig - ou bekendes van haar vorige albums, liedjies wat nooit opgeneem is nie en ook nuwe liedjies wat die eerste keer by die Absa KKNK gehoor gaan word. Sy boei gehore met haar gestroopte eenvoud en treffende lirieke. Kom skuif nader!
70 min. • R70 • Klipdrift-banketsaal
5 Apr. 17:30 6 Apr. 17:15 7 Apr. 15:00 8 Apr. 10:00

LUNA - VIER SEISOENE
FOLK-POP
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met Luna Pieterse, Leon van der Westhuizen, Henry Steel en François Kruger
Luna is bekend vir haar unieke sangstyl en die treffende effek van haar lirieke. In Vier seisoene neem Luna die gehoor op 'n persoonlike reis deur die seisoene van die lewe. Die vertoning is gevul met heimwee, humor en menslikheid. Luna haal uit die werk van digters soos Elisabeth Eybers en skrywers soos Marita van der Vyver en Karel Schoeman aan en kombineer dit met haar eie lewensfilosofie en musiek.
90 min. • R70 • Baron's Palace
31 Mrt. 13:00 1 Apr. 10:00 3 Apr. 16:00 4 Apr. 16:00

MACHIEL ROETS - AFRIKA KIND
FOLK
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Machiel Roets en orkes
Moontlik gemaak deur Aardvark Londen, Breytenbachs en Absa
Machiel Roets bly al tien jaar in Engeland en sy verlange na Suid-Afrika was grotendeels die inspirasie vir sy debuutalbum Afrika Kind. Vir dié vertoning sal hy lied-jies van die album speel.
60 min. • R60 • MK89 Kango Wijnhuis
4 Apr. 20:30 5 Apr. 20:30 6 Apr. 18:00 7 Apr. 18:00

MARIMBA - IN TUNE
LUISTERLIEDJIES
Gesin • Afr. • Professioneel • Abraham Helberg (kitaar) en Lizanne Helberg (klavier)
Ná meer as 'n dekade se musiekmaak saam, is die twee hooflede van Marimba mooi "in tune" met mekaar. In hierdie produksie is Abraham en Lizanne Helberg gestroop van alles behalwe haar klavier, sy kitaar en hulle talent. Die gevolg is 'n roerende ervaring, want as twee van die land se voorste instrumentaliste en liedjieskrywers bymekaarkom, en by mekaar bly na jare se eggenoot- en veggenootskap, kry jy 'n besondere vibrasie. Dié gewilde musiekpaar gaan improviseer, van hul mooiste Jonker- en Marais- toonsettings voordra, hul nuutste werk met die gehoor deel en die hele spul met 'n paar Anton Goosen-juwele en 'n ongelooflike storie of twee opdis.
70 min. • R75 • Baron's Palace
5 Apr. 10:00 6 Apr. 10:00 6 Apr. 18:30 7 Apr. 13:00 8 Apr. 10:00

NAVI REDD
A Capella
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met Navi Redd
Die rebelle van A Capella is terug met 'n splinternuwe produksie. Hierdie gewilde manne maak weer musiek dat dit gons sonder 'n musiekinstrument of backtrack in sig.
Maak reg vir 'n wilde rit van klank, humor, oorspronklikheid en vermaak - vir alles van "Grease" tot "Impi". Soos hulle self sê: Dis A Capella vir gewone mense.
75 min. • R55 R65 R75 • SABC2 Gimsaal
4 Apr. 19:00 5 Apr. 10:00 6 Apr. 21:30 7 Apr. 13:00

NIANELL - LIFE'S GIFT
KOMMERSIEEL
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Met Nianell
Met drie baie suksesvolle albums op haar kerfstok, het Nianell geen bekend-stelling meer nodig nie. Die engelstem van Nianell gee jou vlerke en laat jou sweef tot lank nadat die vertoning verby is. Kom beleef al Nianell se grootste treffers in dié vertoning.
75 min. • R55 R65 R75 • SABC2 Gimsaal
5 Apr. 19:30 5 Apr. 21:30

PYPVLEG - AKKEDIS EN WILLIM WELSYN
ROCK
Volwasse • Geen o.16 (T) • Afr. • Professioneel • Met Akkedis - Arthur Dennis (stem en kitaar), Rudi Dennis (stem en tromme), AJ Graham (bas) en Die Sunrise Toffies - Willim Welsyn (stem en kitaar), Ettienne Nel (tromme) en Gerhard Grobler (bas)
'n Rock-brousel deur die vlamdraers van Afrikaanse rock, Akkedis, en die taaierige vars trawante van Willim Welsyn en die Sunrise Toffies. 'n Giftige, maar gesonde vennootskap - die speakers sweet pure plesier! Skop, skiet en rock ...
60 min. • R50 • Baron's Palace
31 Mrt. 18:30 1 Apr. 16:00 2 Apr. 16:00 3 Apr. 21:00 4 Apr. 21:00

ROCCO SE TOEKOMS
BLUES-ROCK
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Oorspronklike musiek en verwerkings: Rocco de Villiers • Met Rocco de Villiers (klavier), Werner Spies (baskitaar), Hugo Radyn (tromme) en Gideon Botes (kitaar)
Die bekende pianis en cocktail-guru Rocco de Villiers en sy band gaan beslis nie in hierdie show stilsit nie! Dié energieke, & #64258;ambojante en eiesoortige produksie bestaan uit oorspronklike musiek geïn-spireer deur besoeke aan waarsêers - van 'n tannie met 'n teekoppie tot 'n sangoma. Goed opgevoed, goed ge-olie en goed aangetrek, praat Rocco se klavier 'n ander taal: hierdie keer in rock en blues.
75 min. • R80 • Laerskool Noordsaal
4 Apr. 20:00 5 Apr. 16:00 6 Apr. 10:00 7 Apr. 10:00

ROOIBAARDT LIVE
ALTERNATIEF
Gesin • Afr., Eng. en ander • Professioneel • Met Rooibaardt

Hierdie vier hippies is 'n belewenis van sexy trekklavier, woeste viool, duiwelse djembes en allerhande snaargedoentes uit Afrika. Stel jou voor Manu Chao ontmoet Radio Kalahari Orkes iewers in Jamaica en jy't reeds 'n vae idee van die Rooibaardt-ervaring. Kom deel in musiek wat jou toonhare laat regop spring. Wees verseker van ondermaanse chaos, want hierdie kêrels gaan meesterlik lawaai.
60 min. • R55 • MK89 Kango Wijnhuis
1 Apr. 20:30 3 Apr. 18:00 4 Apr. 12:00

SCHALK JOUBERT - KAYAMANDI
WÊRELD
Gesin • Afr. • Professioneel • Regie: Schalk Joubert • Met Schalk Joubert (baskitaar en stem), Lize Beekman (stem), Shannon Mowday (saksofoon), Melissa van der Spuy (klawers en stem), Kevin Gibson (tromme), Karin Hammer (tromboon) en Hildegunn (trompet)
Schalk Joubert, die bekende bas-kitaarspeler, is in 2004 met 'n Kanna bekroon vir die beste optrede in rock, pop en jazz. Hierdie vertoning van sy debuut-CD, Kayamandi, beloof om 'n reis in die musikale Bloutrein te wees.
75 min. • R65 • Klipdrift-banketsaal
2 Apr. 12:30 4 Apr. 17:30 5 Apr. 22:15

SOUTHERN GYPSEY QUEEN
RETRO-ROCK
Gesin • Eng. • Professioneel
Bekend vir hulle voet-in-die-hoek, vierwiel-aangedrewe, old school, blues-rock-klank, is die Gypsey Queens nie 'n vertoning wat aanhangers van retro-rock met 'n Americana-invloed moet misloop nie. Met drie warm albums op die rak, is 'n vertoning van hulle beste songs 'n geleentheid om te vier. Die groep se lirieke is vars en vriendelik.
60 min. • R55 • MK89 Kango Wijnhuis
5 Apr. 18:00 6 Apr. 12:00 6 Apr. 15:00

SPOOK NOTE! - PIETER SMITH
KOMMERSIEEL
Gesin. • Afr. • Professioneel • Regie en verwerking: Pieter Smith Teks: Ben Kruger • Verhoogbestuur: Gert Spoelstra • Stel- en beligtingsontwerp: Philo van der Merwe • Met Pieter Smith en orkes
Pieter Smith se fassinasie met spoke kom al 'n lang pad. Kom ry bietjie saam met hom in die diep en donker ure van die nag en jy mag dalk kennis maak met vreemde vriende. En as jy & #64258;uister, jou oë toemaak en mooi luister, hoor jy hoe Rudd in sy rystoel wieg ...
90 min. • R70 R80 R90 • SABC2 Gimsaal
4 Apr. 10:00 5 Apr. 13:00 6 Apr. 16:00 7 Apr. 10:00

THEUNS JORDAAN
KOMMERSIEEL
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Theuns Jordaan (stem en kitaar) en Anton L'Amour (kitaar)
Die vertoning bestaan uit liedjies van al drie van Theuns se albums. Van beide Vreemde Stad en Tjailatyd is meer as 175 000 eksemplare verkoop. Seisoen het dubbele platinum-status bereik en is ook by die Huisgenoot Tempo-toekennings as Beste Kontemporêre Album van 2006 aangewys. Theuns speel ook 'n paar van sy liedjies wat hom as pub-sanger bekend gemaak het.
80 min. • R90 R100 R110 • SABC2 Gimsaal
6 Apr. 13:00 7 Apr. 16:00

TUSSEN SNARE - DNA STRINGS EN ZAMAR
WÊRELD
Gesin • Professioneel • Met DNA Strings: Adriaan de Beer (kitaar), Danie Kotze (viool), Flip du Plessis (perkussie), Iwan Kemp (tromme) en Jacques Steyn (akoestiese en baskitaar en klavier) en Zamar: Veronica Bell (viool), Anjulie de Vos (kontrabas en tjello), Hilandi du Toit (kitaar), Lyuda Rukavitsyna (akkordeon) en Doné McLuckie (perkussie)
Gaan saam met dié tien talentvolle musikante op 'n musikale reis om die wêreld waarin die groepe teen mekaar, saam met mekaar en dalk ook vir mekaar gaan speel. Eksoties, polsend en sterk aan te beveel.
80 min. • R55 R65 R75 • SABC2 Gimsaal
31 Mrt. 16:00 1 Apr. 13:00 2 Apr. 10:00 3 Apr. 19:00

VARS WATER - Helenè Bester EN MATHYS ROETS
KOMMERSIEEL
Gesin • Afr. • Professioneel • Musiekregie en -verwerking: Matthys Maree • Met Helenè Bester, Mathys Roets en Matthys Maree
Helenè Bester en Mathys Roets is weer terug met hulle wenresep - 'n warm kombinasie van stem en akkordeon. Kom luister saam na koel nuwe Afrikaanse komposisies asook ou gunstelinge soos "Unforgettable" en "Skepe In Die Nag."
60 min. • R70 • NG Weskerksaal
5 Apr. 15:00 6 Apr. 17:30 7 Apr. 17:30 8 Apr. 11:30

ABSA PLEIN
BRA ELVIS
Gesin • Afr. en Eng. • Professioneel • Musiekregie: Matthys Maree • Verwerkings: Janine Neethling en Matthys Maree
Regie: André-Jacques van der Merwe • Met Robbie Wessels, Emo Adams, Kevin Leo, Nokokhanya Dlamini en Shine 4

'n Koproduksie van Absa en die KKNK
Op 16 Augustus 1977 het die koning gesterf. Lank leef die kon­ing! Lank leef bra Elvis! Elvis is die enigste pop-ikoon wat slegs op sy eerste naam genoem kan word, en almal weet van wie jy praat. Hy het op unieke manier die klanke van swart Amerikaanse gospel vermeng met die taal van die jeug van die vyftigs - Rock'n'Roll - en gesorg vir 'n musikale rewolusie wat musiek vir altyd verander het. Maar wat het in Suid-Afrika gebeur tydens die era van Rock'n'Roll? Wat was Elvis en Amerika se invloed op plaaslike musiek? En watter musiek het die townships aan die jive gehad?
Bra Elvis wil op 'n unieke manier hulde bring aan die koning van rock en roll, maar wil ook insig gee in ons eie musiektoneel van die 50's, 60's en 70's. Vir die eerste keer is al hierdie inv­loede, klanke en genres saam op dieselfde verhoog te sien en te hoor - so maak jou reg om te ruk en te rol, te bob en te boogy, te jive en te pantsula!
Die Bra Elvis-orkes skrik vir niks; die oudiovisuele ontwerp sal jou asem wegslaan; die danspassies gaan jou warm onder die kraag maak en die sangers sal jou tone laat omkrul van die lekker. Dis sexy, dis stylvol, dis die koning, dis Bra Elvis en jy mag dit nie misloop nie!
90 min. • R80 • Absa Plein
31 Mrt. 20:00 1 Apr. 20:00 4 Apr. 20:00 5 Apr. 20:00 6 Apr. 20:00 7 Apr. 10:00

Noot vir Noot - DIE ROADSHOW
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Johan Stemmet en die Musiekfabriek
Die Noot vir Noot Roadshow is die verhoogweergawe van dié suksesvolle televisiereeks en sit die beproefde wenresep voort. Soos op televisie sal Johan Stemmet, die Musiekfabriek en 'n gaskunstenaar die gehoor vermaak. Die gehoor en deelnemers staan ook ouderge­woonte die kans om groot kontantpryse met die komplimente van Absa te wen. Die enigste verskil is dat gehoorlede as deelnemers op die verhoog verskyn om gehoorbetrokkenheid soos min te verseker.
90 min. • R80 • Absa Plein
2 Apr. 20:00 3 Apr. 20:00

STEVE HOFMEYR
Gesin • Afr. • Professioneel • Met Steve Hofmeyr
Met verkope van digby 2 miljoen agter sy naam, is Steve Hofmeyr 'n Afrikaanse superster en 'n ware Suid-Afrikaanse ikoon. Steve het Carnival City in Gauteng al agt keer in een jaar volgemaak en het 25 000 mense oor 'n naweek na Sun City gelok. Kom vier Steve Hofmeyr se grootste treffers saam met hom in Oudtshoorn en maak reg vir alles van "Agter Elke Man" en "Laaste lag" tot "Pampoen" en "Die Bloubul". Steve sal ook 'n paar van Niel Diamond se tref­fers sing soos net hy kan.
75 min. • R100 • Absa Plein
1 Apr. 12:45

HUISGENOOT MUSIEKPLAAS
Dis vanjaar reeds die derde keer wat Huisgenoot en die Absa KKNK kragte saamsnoer vir die aanbieding van 'n musiekplaas, waar uitstekende vermaak teen 'n baie bekostigbare prys vir die volle duur van die fees daagliks aangebied word. Vennote wat vanjaar waarde toevoeg tot die projek, is Drostdy-Hof-wyne,
M-NET en TVPlus.
Daar is vanjaar twee verhoë by die Huisgenoot-musiekplaas: die Huisgenoot-verhoog en die Huisgenoot-paviljoen. Die grootste sterre in die Afrikaanse musiekbedryf gaan elke dag hier optree en 'n goeie oes nuwelinge gaan ook 'n kans kry om hul ding te doen. Kunstenaars tree daagliks van 09:30 tot 19:00 op die Huisgenoot-verhoog op. Verskeidenheidskonserte word van 20:00 tot laat op die Huisgenoot-paviljoen aangebied.
Die room van die Afrikaanse musiekbedryf is in aksie by die Huisgenoot-musiekplaas en met genoeg gelisensieerde kuierplekke, is dié plaas die een waar jy die hele fees lank sal wil boer.
Onthou egter: Dié program is onderhewig aan verandering. Die dagprogram sal by die Huisgenoot-verhoog beskikbaar wees.
Daagliks van 09:00 tot laat • R80 (volwassenes) R60 (pensionarisse) R40 (o.12)

HUISGENOOT-PAVILJOEN AANDPROGRAM
AFSKOP
Select Musiek word twintig en hou groot partytjie met hul kunstenaars: Kurt Darren, Robbie Wessels, Amor Vittone, Ons Eie Tenore, Pieter Koen, Shine 4, Ray Dylan, Fredi Nest, Eclips, David Fourie, Wicus van der Merwe, Amanda Luyt, Jakkie Louw, Hi-5, Jacques de Coning, Helenè Bester, Pieter Naudé, André Schwartz en Rian Ungerer.
31 MAART 20:00

SUPER-STERRE
Patricia Lewis en haar Supersterre kom hou swierig konsert in die Klein Karoo. Die Superster-wenner Shaun Tait en die & #64257;naliste Shelley Gordon en George Meiring gaan die verhoog met Patricia en 'n paar verrassings deel ...
1 Apr. 20:00

GERRIE PRETORIUS SWING
Gerrie Pretorius se swing-album vlieg behoorlik van die rakke af. Met hierdie konsert gaan Gerrie wys waarom sy aanhangers gaande is oor die swing in sy stap. Hy bring 'n volle orkes met dansers en sommer baie verrassings na Oudtshoorn.
2 Apr. 20:00

GHAPI
Die rocker met die lang krulhare en die rasperstem.
2 Apr. 21:30

CLINT & CO
As jy nog nie hierdie rockers van Gauteng ervaar het nie, is hierdie jou kans. Clint Cunningham is 'n entertainer in murg en bloed. Hy sing van bekende rock-liedjies tot sy Engelse weergawe van Steve Hofmeyr se "Pampoen".
2 Apr. 22:00

KURT EN VRIENDE
Kurt Darren het hierdie jaar 'n indrukwekkende groep vriende bymekaargemaak vir 'n konsert wat feesgangers op hul voete gaan hê. Die gaskunstenaars is Mel Botes, Amor Vittone, Jakkie Louw, Gian Groen, Brandon October, Anton Botha, Nicholis Louw en Shine 4.
3 Apr. 20:00

DIE TRIPPEL M-SHOW
Maniese Mozart Manewales - Mozart soos jy hom nog nooit gehoor het nie. Met kunstenaars soos Chris Chameleon, Lize Beekman, Karen Meiring en Jannie Moolman, en Janine Neethling as die musiekregisseur, is hierdie 'n vertoning wat nie misgeloop moet word nie. Dis lewendig, dis speels, dis rock, dis jazz, dis hier en dis nou! Mozart en Afrikaans rock vir die eertse keer saam op die verhoog. Dis Wolfgang met woems, dis 'n anderse Amadeus, dis manjifieke Mozart.
4 Apr. 20:00

BOK VAN BLERK
Met die trefferliedjie "De la Rey" het Bok van Blerk die afgelope paar maande 'n superster geword.
4 Apr. 21:30

LAURIKA RAUCH
Met trefferliedjies soos "Stuur Groete Aan Mannetjies Roux", "Kinders Van Die Wind" en "Hot Gates", het Laurika Rauch volksbesit geword. Hierdie is jou enigste kans om hierdie merkwaardige kunstenaar en haar volle orkes op die fees te sien.
5 Apr. 20:00

DOZI, KURT EN THEUNS - DIE PUB SONGS
Dozi, Kurt Darren en Theuns Jordaan het almal hul musiektande in kroeë en kuierplekke geslyp. Vanaand gaan hulle terug na hierdie wortels en sing bekende liedjies van groepe soos The Eagles, CCR en ander bekende kunstenaars van die 70's en 80's.
5 Apr. 21:30

KLEIN KAROO POPS
Met Juanita du Plessis, Kurt Darren, Zanne Stapelberg, Jannie Moolman, Bala Brothers en ander, onder leiding van dirigent Graham Scott.
6 Apr. 20:00

ROCK- LEGENDES
Karen Zoid, Chris Chameleon, Koos Kombuis, Valiant en Ollie, Abel Kraamsaal en Gian Groen - die name sê alles. Sorg eenvoudig dat jy betyds 'n kaartjie in die hande kry.
7 Apr. 18:00

HUISGENOOT-VERHOOG DAGPROGRAM
31 MAART
09:30 Sonja Lochenberg
10:00 Catherine Jones
10:30 Jomari
11:00 Karlien Husselman
11:30 Natasha
12:00 Arno Jordaan
12:30 Wicus van der Merwe
13:00 Christo & Cobus
13:30 MD Greyling
14:00 Shine 4
14:30 Bobby van Jaarsveld
15:00 Bok van Blerk
16:00 Robbie Wessels
17:00 Clint & Co.
17:30 Ghapi
18:30 Navi Redd

1 APRIL
09:30 Willem Botha
10:00 Anton Botha
10:30 Adam Tas
11:00 Emo Adams
11:30 David Fourie
12:00 Brandon October
12:30 Amanda Luyt
13:00 Ghapi
14:00 Bobby van Jaarsveld
14:30 Amor Vittone
15:00 Navi Redd
15:30 Shine 4
16:00 Kurt Darren
17:00 Dozi
18:00 Gerrie Pretorius
19:00 Karlien Husselman

2 APRIL
09:30 Warren Elliot
10:00 Shelley Gordon
10:30 Fredi Nest
11:00 Bianca le Grange
11:30 Ray Dylan
12:00 DNA Strings
13:00 Zak van Niekerk
13:30 Jakkie Louw
14:15 Hugo
15:00 Clint & Co.
16:00 Bobby van Jaarsveld
16:30 Nicholis Louw
17:30 Natasha
18:00 Kurt Darren
19:00 Nádine

3 APRIL
09:00 Ruco
09:30 Gwendoline Kriek
10:00 Take Two
10:30 Emo Adams
11:00 Chereé
11:30 Wynand
12:00 Hi-5
12:30 Christo & Cobus
13:00 Arno Jordaan
13:30 Drie Tenore
14:00 Elizma Theron
14:30 Amor Vittone
15:00 Akkedis
16:00 Pieter Koen
16:30 Bianca le Grange
17:00 Ghapi
18:00 Waldo
18:30 Bobby van Jaarsveld

4 APRIL
09:00 Jomari
09:30 Elizma Theron
10:00 David Fourie
10:30 Gerhard Steyn
11:00 Willem Botha
11:30 Adam Tas
12:00 NKD
12:30 Shaun Tait
13:00 Eden
13:30 Jacques de Coning
14:00 Abel Kraamsaal
15:00 Bobby van Jaarsveld
15:30 Van Zyl
16:30 Nicholis Louw
17:30 Ghapi
18:30 Theuns Jordaan

5 APRIL
09:30 Shelley Gordon
10:00 Riaan van Rensburg
10:30 Anton Botha
11:00 Karen Ferreira
11:30 Ray Dylan
12:00 Chereé
12:30 George Meiring
13:00 Blackie Swart
13:30 Nicholis Louw
14:30 Gian Groen
15:30 Bobby van Jaarsveld
16:00 Lara
16:30 Kurt Darren
17:30 Abel Kraamsaal
18:30 Bok van Blerk

6 APRIL
10:00 Jaco
10:30 Fredi Nest
11:00 Shine 4
11:30 Dewald
12:00 DNA Strings
13:00 Broers
14:00 Jennifer Zamudio
14:30 Lara
15:00 Ray Dylan
15:30 Bobby van Jaarsveld
16:00 Nicholis Louw
17:00 Alta Joubert en Ryno Velvet
18:00 Bok van Blerk

7 APRIL
09:00 Jomari
09:30 Jaco
10:00 Dewald
10:30 Arno Jordaan
11:00 Wicus van der Merwe
11:30 Mathys Roets
12:00 Kurt Darren
13:00 Ghapi
13:30 Dozi
14:30 NKD
15:00 Nicholis Louw
16:00 Juanita du Plessis
17:00 Bok van Blerk

8 APRIL
09:30 Rian Ungerer
10:00 Kenny Pritchard
10:30 Natasha
11:00 Suzanne
11:30 Emo Adams
12:00 Take Two
12:30 Gerhard Steyn
13:00 Christiaan
13:30 Nelda
14:00 Karlien Husselman
14:30 Theo Boshoff
15:00 Andries Vermeulen
15:30 Shine 4
16:00 Ray Dylan
16:30 Nicholis Louw
17:30 Wicus van der Merwe

DIE M-NET TOWERTENT
Vanjaar gaan die betowering van M-NET jou laat sterre sien. Die wonderlike wêreld van televisie kom slaan tent op by die KKNK en jy kan jou lyf kom TV-ster hou. Die M-NET Towertent het al die ligte, kameras en aksie om die bekendste tonele op Suid-Afrikaanse TV uit te beeld. Hoe klink die Binneland-kliniek, Survivor-eiland, Walco Internasionaal of die Edwards-huis? Boonop neem die kameras jou TV-avontuur op en kry jy 'n betowerende aandenking van jou televisie-optrede om huis toe te neem. Kom klim in die kassie by die M-NET Towertent op die Absa KKNK-Huisgenootmusiekplaas.

KINDERTEATER
WILDE WILLEMIENTJIE, 'n WALVIS, 'n SEEROWER EN DIE MAAN!
MUSIEKTEATER
Afr. • Teks: Riana Scheepers • Regie en musiekregie: Niël Rademan • Verwerking: Adriaan Meyer • Stelontwerp en -versorging: Jacolene de Haan • Lirieke: Hele rolverdeling • Met Lindi Smit, Deon van Zyl, Burnese Cronjé en Niël Rademan
Die klein, wilde meisietjie met sproete en 'n slangetjie in haar woeste rooi hare het voorwaar nou al deur die hele Suid-Afrika gereis, maar nou vertel sy en haar vriende van 'n penarie met 'n seerower, 'n vreemde tog na die maan en nog vele meer.
Die Avonture van Wilde Willemientjie, deur Riana Scheepers, was ná die bekendstelling by verlede jaar se fees die topverkoper in die Boekeparadys en vir maande daarna ook in baie boekwinkels regoor die land. Die musikale verwerking van dié teks, soos vervaardig deur Niël Rademan en sy talentvolle span, is ook verlede jaar bekroon met 'n gesogte Kanna-toekenning.
Wilde Willemientjie is musikale kinderteater uit die boonste rakke wat spog met 'n sterbelaaide rolverdeling van jong, bekroonde akteurs. Dit is 'n energieke, vrolike en interaktiewe opvoering gemik op kinders van alle ouderdomme - kinders ouer as 60 moet net lekker uitrus, want geen verantwoordelikheid vir algehele uitputting sal aanvaar word nie!
55 min. • R40 • NG Suidkerksaal
31 Mar. 14:00 31 Mar. 18:00 1 Apr. 14:00 1 Apr. 16:00 2 Apr. 10:00 3 Apr. 10:00 3 Apr. 12:00 4 Apr. 12:00 5 Apr. 16:00

DIE SPOOK EN DIE PROFESSOR
KOMEDIE
Afr. • Teks: Judith Venter • Regie: Hykie Berg • Produksiehuis: Fnuik-produksies • Verhoogbestuur: Liezel Badenhorst • Met Izaan Venter, Miandi van Staden en Schalk van der Merwe
Kom saam op 'n heerlik benoude spokejag met 'n lekker hartklop-tempo vol humor, slim en dom planne en naelkou-oomblikke. Dié komedie vol spanning en wonderlike vermaak bevat ook 'n belangrike lewensles en sal jou op die punt van jou stoel hou.
45 min. • R35 • NG Suidkerksaal
31 Mar. 16:00 1 Apr. 10:00 2 Apr. 18:00 3 Apr. 18:00 4 Apr. 14:00

DIE WURM SONDER SPIN
TONEEL
Afr. • Teks: Ardine Fick en Coba-Maryn Wilsenach • Regie: Ardine Fick Met Ardine Fick, Nathan Fredericks, Mbulelo Grootboom, Anathe Shand en Anele Sithulweni
Al probeer Grunji, 'n jong sywurm, hoe hard kan hy nie soos sy vriende Kung en Fu sy spin nie. Wanneer die bose lintwurm Bombyx Mori uit Wurmfontein se tronk ontsnap en al die moerbeiblare steel, begin die moeilikheid eers! Die Keiser dreig om van hulle sywurmsop te maak. Sal Grunji die moed hê om Bombyx Mori uit te oorlê en Wurmfontein te red?
45 min. • R37 • NG Suidkerksaal
3 Apr. 16:00 5 Apr. 10:00 8 Apr. 10:00

PINKIE EN DE BRUIN
TONEEL
Afr. • Teks en regie: Stephanie Hough
Met Riaan Visman en Stephanie Hough
Klein Pinkie en die dapper De Bruin maak groot planne om die wêreld oor te neem. Daar's net een probleem... Terwyl De Bruin besluit hy roei sommer die hele bevolking uit, ontwikkel Pinkie 'n gewete en dis harde werk om De Bruin te oorreed dat die wêreld sonder pappas, selfs al sny hulle meesal net gras of braai so nou en dan op Sondae, tog maar 'n vervelige ou wêreld sou wees. Wie sal dan vir Mamma "so mal maak sy gaan skreeu"? Pinkie het jou hulp nodig. Kom kyk hoe dié twee TV-karakters lewe kry in 'n vertoning vir die hele gesin.
50 min. • R33 • NG Suidkerksaal
4 Apr. 10:00 4 Apr. 18:00 5 Apr. 12:00 6 Apr. 10:00 6 Apr. 12:00 7 Apr. 16:00

PLOMPIE, DIE PADDATJIE
TONEEL
Afr. • Teks en regie: Michelle Luwes
Lus vir meer avontuur as in Survivor? Kom dan saam met Plompie die parmantige paddatjie op sy avontuurreis en vergeet van alles anders! Die twee boewe Skobbe en Jak voer allerhande bose planne in die mou. Sal Plompie en Dowwe Donkie die kroon betyds by Koning Leonardo kan kry? En sal die twee lekkergoed-maatjies Tina Turner die taai toffie en Pietie Pepperment hul kan help? Lag en leer saam met dié lawwe, lekker en skreeusnaakse storie. Kom raak mal saam met agt unieke karaktertjies op wie jy jou hart sal verloor.
50 min. • R35 • NG Suidkerksaal
4 Apr. 16:00 5 Apr. 14:00 6 Apr. 14:00 7 Apr. 12:00

SAKKIE EN DIE STOUTE STERRE
TONEEL
Afr. • Teks en regie: Michelle Luwes
Wat sal gebeur as die sterre nie meer skyn nie? Is dit Sooibrand die slinkse Skerpioen, wat agter al die onheil sit? Sizo, 'n tienjarige seuntjie, is vrekbang vir die donker! Kom kyk wie jaag die banggeit weg en word weggevoer na 'n avontuur saam met Bravo die brawe Boogskutter, en Weetie die besluitelose Weegskaal. Leer alles van die sterretekens en wat in die hemelruim aangaan waar Prinses Venus heers.
45 min. • R35 • NG Suidkerksaal
2 Apr. 14:00 3 Apr. 14:00 6 Apr. 16:00
7 Apr. 10:00 7 Apr. 18:00

STORIES MET STERTE
Afr. • Regie: Hanlie Burger en Jacques Geldenhuys Spelleiding: Hanlie Burger • Musiekregie: Jacques Geldenhuys Produksiehuis: Burgel-produksies • Met akteurs van die Burgel-produksies-dramagroep
Êrens in Afrika is Gorilla besig met sy aapstreke, Hasie om Luiperd se kolle te tel en ou Meerkat om te leer hoe reën lyk. Kom deel in ons vrolike Afrika-stories vir ma, pa en die hele gesin.
Bestaande Afrika-stories word opgehelder en kry gestalte in dié produksie wat jonk en oud sal bekoor.
70 min. • R30 • NG Suidkerksaal
1 Apr. 12:00 2 Apr. 12:00 2 Apr. 16:00 5 Apr. 18:00 6 Apr. 18:00 8 Apr. 14:00

VISUELE KUNS

EENVOUDIGE SKOONHEID
"Ek werk altyd aan 'n paar projekte op 'n slag, anders raak ek verveeld. Ek het nog altyd so gewerk - ek werk in lae," sê van­jaar se feeskunstenaar wat in Kaapstad bly. Maar Judy Wood­borne werk nie net in lae nie - daar is ook vele lae van betekenis in haar kuns. Judy se koper-etswerke het haar bekend gemaak as een van die voorste drukkunstenaars in Suid-Afrika, maar min mense is vertroud met haar skilderwerk. Deur die gebruik van tydlose materiale soos bladgoud en olieverf, transformeer sy opnuut die betekenis van bekende simbole. In Woodborne se feesuitstalling neem sy die verkenning van simbole verder en verwerk sy tradisionele mitologieë. In die magiese sfeer van Die Tuin van Eden word oeroue simbole en tradisies vermeng.'n Relaas ontstaan wat die aarde en die mens verbind. Figuurstudies en botaniese fragmente verskyn naasme­kaar in hierdie betowerende paradys. "Dit word 'n metafoor van die lewe - simbole soos die tuin van Eden is gedeelde grond en is 'n nalatenskap vir soveel verskillende kulture."Al haar werke in Die Tuin van Eden-uitstalling is geskep met die bladgoud-tegniek. "Ja, dit is nie 'n goedkoop loopbaan nie, maar om bo-op goud te skilder laat die werk glim. Dit is iets wat my nog altyd gefassineer het, om met die tradisionele in 'n mo­erne konteks te werk. Dit is wonderlik om met ou onderwerpma­teriaal te werk en te sien hoe mense weer daarna kyk. Ook hoe ons dit herevalueer in die kontekste waarbinne ons ons bevind. Maar die idee is nie om tot enige gevolgtrekkings te kom nie - as 'n kunstenaar kan jy in elk geval nie tot gevolgtrekkings kom nie. Dit gaan oor die bied van opsies, die visuele beskikbaarstelling van moontlikhede."Judy se werk is al in groepuitstallings in onder andere Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, Duitsland en in Amerika vertoon. Sedert 1991 het sy meer as twaalf internasionale en plaaslike solo-uitstallings agter die rug. "Ek ag myself baie gelukkig - nadat ek uiteindelik die universiteit verlaat het, kon ek myself nog altyd met kuns onderhou."Persone wat bekend is met Judy se ouer werk, sal weer indentifiseer met die kodering van die boodskappe wat opduik in Die Tuin van Eden. "Dit is aanhoudende temas, simbole van dinge waarmee mense leef. Die eenvoud van die natuur, die skoonheid wat te vinde is in oënskynlike kontraste, die vars blik op tradisionele ikone - dit is seker 'die boodskap'." Die rustigheid waarmee Judy praat oor menslike nalaten­skap, oor ou simbole in nuwe werke en die aspirasies van die mens, is ook in haar werk sigbaar. Dis veral die eenvoud van haar kuns wat mens verlei om die onderstrominge van ons menswees te verken en te koester.
Prins Vincent-gebou

Voorwoord
Die kruisbestuiwing tussen genres is 'n deurlopende tema in vanjaar se uitstallings. Visuele kunstenaars reageer op prikkels uit die uitvoerende kunste, letterkunde, poësie, idiome, volksliedjies, mites en fabels. Hierdie spel tussen woord en beeld lewer onverwagse kuns op wat kykers uitdaag om hul verwysingsraamwerke te herevalueer.
Die feeskunstenaar, Judy Woodborne, wat bekend is as drukkunstenaar, wys skilderye onder die titel Die Tuin van Eden. Haar grensverskuiwende etse was nog altyd gemoeid met allegorie, lofprysings van stommiteite en die toestand van die mensdom. Met hierdie uitstalling ontdek ons die sensualiteit en oordaad van Woodborne as skilder.
Absa wys as naamborg van die KKNK 'n versameling nuwe werke deur Suid-Afrika se top-beleggingskunstenaars en Sanlam bring onder die kuratorskap van Amanda Botha 'n retrospektief van die pas ontslape kunstenaar Adriaan van Zyl na die fees.
Vyf jong kurators bied 'n versameling van groep- en solotentoonstellings aan. Charl Bezuidenhout kyk in Verborge vorme na Christo Coetzee se werk en wys ook seldsame fotodokumentasie van opspraakwekkende insidente in dié kunstenaar se lewe. Chris Diedericks (wenner van verlede jaar se Kanna-prys vir Visuele Kuns) kurateer 'n groepuitstalling oor erotika, geslagsidentiteit en seksualiteit onder die titel Flesh! waaraan plaaslike sowel as internasionale kunstenaars deelneem. Madeleine Barnard bied 'n retrospektief oor die kunstenaar, reisiger en Karoo-filosoof Outa Jan Lappies aan. Met Roem stel Sandra Hanekom die resultaat van vyftien kunstenaars se visuele verwerking van vyftien teaterproduksies ten toon. Al vyftien stukke is vanjaar by die fees te sien. Dié kunstenaars gebruik die vyftien produksies as inspirasie en is ook tydens repetisies betrokke. Gordon Froud se groepuitstalling, getiteld Van Boerekitch en ander dinge, bekyk die kitch-fenomeen uit die oogpunt van 'n nuwe genrasie kunstenaars en ontwerpers.
Twee verdere groepuitstallings en agt solovertonings bring die aantal uitstallings op twinting te staan. Kom kyk gerus en word deel van die gesprekke wat rondom kunswerke ontstaan.
THEO KLEYNHANS
Kurator Visuele Kuns Absa KKNK

RONDLEIDINGS
Rondleidings word daagliks deur Theo Kleynhans gedoen. Ons skop elke dag 10:00 af by die Klein Karoo Kunsgalery in die C.P. Nel-museum en stap vandaar na die Prins Vincentgebou en die CJV Saal. Trek gemaklike stapskoene aan, bring 'n hoed en kom gesels informeel saam oor die visuele kuns by vanjaar se fees.
90 min.• R50 • Klein Karoo Kunsgalery 10:00 daagliks

ABSA
Die visuele kuns beleef 'n bloei-tydperk en Absa het weer vanjaar 'n spesiale kunsuitstalling saamgestel met nuwe werke van die tophonderd kunstenaars, van wie sommige oor die jare merietepryswenners van die Absa L'Atelier Kunskompetisie was.
Hierdie kompetisie skep die room van die kunswêreld en gee jaarliks erkenning aan ontluikende kunstenaars. Dié uitstalling beloof om iets besonders te wees, veral vir die versamelaar. Hierdie werke sal te koop aangebied word.
Prins Vincent-gebou

SANLAM - ADRIAAN VAN ZYL
Adriaan van Zyl is verlede jaar op 49-jarige ouderdom aan kanker oorlede. Sy betreklike kort skilderloopbaan kan as 'n reisverslag beskryf word. Die ervaring van verganklikheid en verlies word in sy werk vergestalt. Hy verken die afgeleë grensge­biede waar die mens afwesig is. Met hierdie oorsigtentoonstelling onder die kuratorskap van Amanda Botha word sy bydrae tot die genre van die Suid- Afrikaanse fotorealisme verken. Rondleidings sal deur die kurator aangebied word op aangekondige tye.
CJV Saal

CHRISTO COETZEE - VERBORGE VORME
KURATOR: CHARL BEZUIDENHOUT
Christo Coetzee het sowel in die buiteland as in Suid-Afrika 'n besondere bydrae tot visuele kuns in die 20ste eeu gelewer. As talentvolle en gesofistikeerde skilder het hy oor hoogstaande tegniese vermoëns beskik, terwyl hy as mens 'n spontane dog diepgaande belangstelling in vernuwende denke gehad het. Hierdie twee eienskappe, sy begaafdheid as vakman en sy avant garde-denke, het van hom 'n belangrike, innoverende kunstenaar gemaak.
Met dié uitstalling kry besoekers die geleentheid om Coetzee se werk chronologies te volg, en die hoogtepunte in sy oeuvre te waardeer. 'n Unieke bonus is die seldsame foto's wat tydens opspraakwekkende insidente geneem is, soos die opsny van sy werke deur die kunstenaar self op 'n uitstalling in Kaapstad; en by 'n ander geleentheid toe hy 'n skildery in stukkies opgekerf en toeskouers aangemoedig het om dit te eet.
Die fokus val op elemente wat dwarsdeur Coetzee se loopbaan in sy kuns aanwesig was - die sogenaamde "verborge vorme" wat dan ook as titel vir hierdie uitstalling gekies is - en die wyse waarop dit ontwikkel het tot met sy dood in 2000.
Drilsaal

FLESH!
KURATOR: CHRIS DIEDERICKS
Volwasse • Geen o.18 (SNG)
Chris Diedericks, kurator van dié opdraguitstalling, sien Flesh! as 'n vlymskerp en uitdagende alternatief tot die menige vervelige erotiese uitstallings wat in die verlede in Suid-Afrika aangebied is. Erotiese kuns en die uitdrukking daarvan is so oud soos die mens en die blote verbeelding van seks en naaktheid maak nie 'n kunswerk kontemporêr nie.
Diedericks maak dit duidelik dat hy nie op soek is na liriese naakportrette of pornografie nie. Hy wil werke met 'n dieper betekenis en minder letterlike inhoud aan die publiek bied. Die fokus val op seksualiteit en seksuele identiteit en kunstenaars se uitbeelding daarvan. Dié uitstalling bring uiteenlopende werke, sommige spesifiek geskep vir Flesh!, van ons voorste kunstenaars byeen en sal ook internasionale werk, onder andere van die Duitse kunstenaar Peter Mayer insluit. 'n Groot verskeidenheid kunsvorme, van skilderkuns tot beeldhou en installasie-kuns, is verteenwoordig.
Die doel van dié uitstalling is ook om debat te ontlok en kykers betrokke genoeg te kry om aan die debatte deel te neem. In sy eie woorde: "Die algemene publiek is na my mening nog baie oningelig oor seksualiteit en veral seksuele- en geslagsidentiteit. Ek wil hê dat die kyker moet dink, debatteer, verstaan, en nie net geskok, in afsku en gedisoriënteerd by Flesh! wegstap nie".
Chris Diedericks het in 2006 die Kanna-prys vir Visuele Kunste ontvang.
Die Oog

OUTA LAPPIES,'N RETRO-SPEKTIEF
KURATOR: MADELEINE BARNARD
Outa Lappies, alias Jan Schoeman, reisiger, kunstenaar en Karoo-filosoof, is in die 1920's op 'n skaapplaas gebôre - die kind van karretjiemense Stefaans en Delia. Hy kies sy kenmerkende lappieskleed na 'n kindervriend by die kerk gespot word oor sy gelapte klere. In sy leeftyd het hy al meer as 10 000 myl gestap met 'n handgemaakte riksja en dikwels snags langs die pad geslaap.
Outa Lappies se meesterstukke is ongetwyfeld sy "chapters" oftewel "chappetries" - groot stukke lap waarop hy episodes uit sy kindertyd en reisigerslewe borduur in 'n kombinasie van beelde en rympies. Daar is na bewering om en by 750, waarvan die meeste al hul pad na kunsversamelings oorsee gevind het.
Hy is ook bekend vir sy "lighuisies" - lampies uit blik en gekleurde glas. Cherie Blair besit onder andere 'n "lig-huisie", en tussen Outa Lappies se goed is daar 'n dankiesê-kaartjie met Downingstraat 10 se amptelike stempel op.
Outa Lappies is in 2001 gekies as die Wes-Kaap se Toerismepersoonlikheid van die Jaar. Dié retrospektiewe uitstalling wys van sy "chappetries" en "lighuisies".
Prins Vincent-gebou

ROEM
KURATOR: SANDRA HANEKOM
Tussen die visuele kunste en die teater bestaan daar tradisioneel 'n sterk band. In die kontemporêre kunswêreld het dié band selfs hegter geword en is die onderskeid tussen die kunsvorme dikwels arbitrêr.
Roem kombineer die werk van vyftien visuele kunstenaars met vyftien teaterproduksies. Die visuele kunstenaars vertolk, dokumenteer of gee gestalte aan 'n persoonlike reaksie op die bronnemateriaal. Die mediums waarin die kunstenaars werk, varieer. Die uitstalling dien as 'n visuele argief - 'n tasbare memoir. Al die kunstenaars se werk word gekenmerk deur 'n sterk begrip van patos, rekordhouding en narratief.
Sandra Hanekom is 'n kunstenaar, kurator en visuele konsultant.
Prins Vincent-gebou

VAN BOEREKITSCH EN ANDER DINGE
KURATOR: GORDON FROUD
Ons was almal al die slagoffer van, of het ten minste die ervaring van kitsch in ons eie huise gehad. Of dit nou die knikkende hondjies, Tretchikoff-afdrukke, Zoeloe-poppies, drie eende aan die muur of springbokvel-skilde is. Baie van dié artikels is nou gesog en behaal goeie pryse op veilings. Hierdie smaaklose voorwerpe vertel ons baie oor ons geskiedenis in Suid-Afrika en hoe ons as 'n nasie probeer het om mekaar se kulture te assimileer en hoe ons, dankie tog (!), verander het.
Die opkoms van Boerekitsch is besonder interessant omdat 'n hele nuwe generasie kunstenaars en ontwerpers nou hulle politieke en kulturele verlede herevalueer en verwysing maak na politieke & #64257;gure en beelde van vervloë dae. Hierdie groepuitstalling met onder andere Kobus Walker, Diane Victor, Lawrence Lemaoana, Mary Sibande, Gordon Froud, Ellen Papciak Rose en Goodness Ntlengethwa gee ook 'n geleentheid vir 'n groter groep kunstenaars om deel te neem, blootstelling te kry en 'n bietjie pret te hê.
Gordon Froud is die eienaar van die Gordart-galery in Johannesburg.
Prins Vincent-gebou

BINNESTEBUITE
NIËL JONKER EN JOSHUA MILES
Niël Jonker en Joshua Miles keer na die Absa KKNK terug ná hul suksesvolle uitstalling, getiteld Twee Skilders, verlede jaar. Niël en Joshua deel 'n spesiale verhouding met die Klein Karoo-streek waar albei 'n jaarlikse skilder-sojourne deurbring en veral aangetrokke voel tot die kwaliteit van die lig.
Vir die afgelope twee jaar ondersteun die twee kunstenaars mekaar deur weekliks saam te skilder. Ondanks hierdie noue verbintenis, toon hul onderskeie skilderstyle uiteenlopende eienskappe. Nogtans bly daar ooreenkomste, soos byvoorbeeld die landelike temas waarin hulle die karakter van hul omgewing vasvang. Dié twee bure op Baardskeerdersbos spits hul aandag op die meer formele eienskappe van die skilderkuns toe met die vanselfsprekende deursyfer van eietydse ondertone.
Joshua se vars benadering tot kleurgebruik en die opmeet van die grond se karakter deur atmosferiese landskapskilderye komplimenteer Niël se intieme binneruimtes en stillewes wat tot die ondersoek van 'n emosionele stilte lei. Binnestebuite beklemtoon dié kunstenaars se ongekunstelde genot aan skilder met olieverf en hul ondersoekende blik op die waarneembare werklikheid - deurgaans deurdring deur die studie van lig.
Prins Vincent-gebou

HONDERDHONDE
AM I COLLECTIVE
Kom luister na die samesang van 'n honderd brakke wat blaf in beeldspraak. Hul staan 24 cm hoog en staar jou viervoetig in die gesig. Van hulle is salig nostalgies, ander astrant en arrogant; sommige is agterbaks; nie almal is mak troeteldiere nie. 'n Werpsel windhonde is gegips en meganies grootgemaak as agterplaas-erfgename wat helder oordag jou hare kan laat rys. Of jou 'n knop so groot soos Tafelberg in jou keel gee. Om nie eers te praat van die elf illustreerders se onderskeie hondsdol hondelewes nie.
Die Am I Collective is 'n groep grensverskuiwende illustreerders van Kaapstad wat hul brood en botter verdien met bloedsweet in die advertensiebedryf. Om darem ook elke nou en dan hul siele te voed, pak hulle interessante aweregse projekte soos dié opwindende honde-uitstalling aan. Die uitstalling sluit werk in van Ruan Vermeulen, Rudi de Wet, Christo Basson, Merwe Marchand le Roux, Kris Hewitt, Fred Peens, Elmarie Lategan, Ruschka du Toit, Miné Jonker, Marissa Pretorius en Mariët Vosloo.
Prins Vincent-gebou

KENNISSE
CLARE MENCK EN JAN DU TOIT
Clare Menck skilder die mense wat sy teëkom en haar interesseer met outobiografiese nuuskierigheid en genuanseerde juistheid. Almal van medekunstenaars en skrywers tot kennisse word met dieselfde ongenaakbare dog deernisvolle lewensgetrouheid waargeneem en weergegee waarmee sy haarself ook skilder. Haar liriese interpretasies van 'n prosaïese inhoud kyk opnuut na interpersoonlike verhoudings en sluit naakstudies in.
Jan du Toit doen & & #64257;guratiewe werke of studies waarin liggaamshouding en omgewing die karaktereienskappe van mense na vore laat kom wat 'n rol speel of gespeel het in sy lewe. Sy humoristiese blik lê klem op kleredrag, hare, liggaamsbou en koptooisels om eiesoortigheid te beklemtoon. Sy werk fokus onder meer op familie, ou liefdes en die ander mense wat sy pad kruis.
Prins Vincent-gebou

ELFRIEDE DREYER
02h05 - 02h27
Mense het nog altyd oor moontlikhede en dinge gedroom en gewens. Begeertes, utopiese visies, persepsies en drome vorm alles deel van hierdie web van menslike konstruksies wat onophoudelik geskep word. Tog het tegnologie en mediakultuur ons al ver anderkant die droom tot in 'n sfeer van virtuele realiteit geneem sodat die mens se lewe vandag gekenmerk word deur gedurige verandering en 'n vermenging van werklike en onwerklike wêrelde. Vir Elfriede Dreyer is hierdie kunsmatige en verbeelde werklikhede die gevolg van begeerte en meestal lukrake behoeftes. In hierdie uitstalling van videoproduk­sies en gemanipuleerde video-stilbeelde word kommentaar gelewer oor lewens­duur, en 'n parallel word getrek tussen lewensiklusse (van die natuur en die menslike liggaam) en die konstruksie en einde van uitgedinkte werklikhede. Werk­likhede word ondersoek deur beelde van metaforiese geboortes en sterftes, herhal­ing, verandering en transformasie. Dié Pretoriase kunstenaar is ook bekend as kunsakademikus, kurator en galery-eienaar. Sy onderrig beeldende kuns en visuele kommunikasie aan die Universiteit van Pretoria en het 'n spesiale belangstelling in nuwe media en nagraadse onderrig. In haar interdissi­plinêre benadering tot teorie en die skep­pingsproses, volg sy met belangstelling die post-menslike en utopie/distopie-
diskoerse.
Prins Vincent-gebou

ANN MARAIS
BEING ME, BEING YOU, BEING HUMAN
Dié versameling & #64257;guratiewe porseleinbeelde funksioneer soos portrette van die psigologiese toestande van die mens. Dit vang op amuserende, maar meestal ironiese wyse onthullende oomblikke vas - van die nederige en vreedsame momente tot die donkerder plekke van die menslike toestand. Verskeie van die werke is portrette van introspeksie.
Al die krake, barste, klonte, knoppe en werkmerke is in die beelde behou as visuele bewys van werkprosesse en as 'n herinnering dat klei die unieke vermoë het om koherente vorm en uitdrukking te behou, ten spyte daarvan dat dit baie vrylik hanteer is.
Ann Marais is al 29 jaar lank 'n keramiek-kunstenaar en reeds 15 jaar ook 'n beeldhouer. Sy het al meer as 100 uitstallings in Suid-Afrika en internasionaal aangebied, is die wenner van verskeie pryse en beurse, en het ook opgetree as kritikus en resensent vir keramiek-joernale soos National Ceramics Quarterly (SA) en Ceramics Art & Perception (Australia).
Prins Vincent-gebou

DIANNE HEESOM-GREEN
FOLLOW ME, I'm RIGHT BEHIND YOU
Met dié uitstalling probeer Diane Heesom-Green verstaan hoekom oorlog deel van die samelewing bly. Hoekom kies die mensdom om oorlog te maak as die alternatiewe soveel meer lonend is? Is daar 'n wisselwerking tussen die kreatiewe en destruktiewe magte in die mens? Heesom-Green se beelde wortel nie net in die Suid-Afrikaanse ervaring en die gevolge daarvan nie, maar is universeel herkenbaar.
Van haar werk word permanent uitgestal by die Pretoria Kunsmuseum as deel van die Corobrick Collection. Sy leef en werk in Paternoster en baie van haar werk word deur die see geïnspireer.
Prins Vincent-gebou

EVETTE WEYERS
Die tema van Evette Weyers se beeldhouwerk-uitstalling is die kruisbestuiwing tussen die kunste, asook die spel tussen woord- en visuele beelde. Idiome word visueel ontgin, soos in "wat die hart van vol is loop die mond van oor". Met voete en woorde oor voete word steeds gespeel as voortsetting van verlede jaar se uitstalling Vergete boorde van die verbeelding.
Haar betrokkenheid by natuurbewaring kom ook sterk na vore in beelde soos Ekologiese voetspore wat verwys na die impak van menslike voetspore op die ekologie van die aarde. Haar inspirasie kom uit gedigte, die wortels van woorde, mitologie, die teater en die oneindige speelsheid en kreatiwiteit van die mensdom.
Evette stal landswyd en internasionaal uit. Haar beeld Woman dreaming peace is deel van 'n vredesmonument in The Garden Of Us in Hirosjima. Sy is ook die wenner van verskeie pryse hier en in die VSA.
Bottega-kunsgalery

HANS PIENAAR
UITHOEKE
Uithoeke is 'n tweede aflewering van Hans Pienaar se reeks unieke fotogedigte. As joernalis het hy foto's van oral oor die wêreld geneem, en later in wisselwerking met die foto 'n gedig geskryf wat so 'n verdere laag betekenis onthul. Die lesing van die beeld wat vasgevang is, en die lesing van die gedig word gekombineer in 'n sonderlinge ervaring waartydens talle magiese momente beleef word. Foto's uit sy reise na die uithoeke van Irak, Noorweë, die Ooste en Afrika word vertoon.
Pienaar se eerste versameling fotogedigte, Moeg gedroom, het in 2002 op Oudtshoorn gedebuteer en is baie goed ontvang. Hy is ook bekend as digter. Sy debuutbundel, Die taal van voëls, is genomineer vir die Ingrid Jonker-prys. Dié selfgepubliseerde bundel word binnekort opgevolg met Notas uit die Empire XVI. Pienaar is ook die bekroonde skrywer van dramas soos Ching chong che, Kom terug Saartjie en Drie dosyn rose, wat almal voorheen by die Absa KKNK opgevoer is.
Prins Vincent-gebou

JOHANN LOUW
ONGETITELD
Dié uitstalling se sentrale stuk is 'n muurgrote werk (2m x 6m) - olie op doek. Hierdie werk vorm deel van die kunstenaar se reisende tentoonstelling, wat deur Sanlam geborg word en later vanjaar begin. Die Absa KKNK funksioneer as bekendstellings-geleentheid vir dié werk. Dit is Ongetiteld omdat dié "titel" juis die essensie van die inhoud opsom - 'n uitdrukking van die eksistensiële oomblik waarbinne die identiteit van die subjek gestroop word.
Johann Louw is gebôre in 1965. Hy het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en verwerf daar in 1992 sy meestersgraad in skone kunste cum laude. Sedert sy eerste deelname aan die Volkskas Atelier-uitstalling in 1988 het hy deurlopend aan die meeste groot nasionale kompetisies en uitstallings deelgeneem. Hy het reeds sewe solo-uitstallings op die mure gebring en sy werk is al in verskeie internasionale groepuitstallings ingesluit - onder andere in Australië, Europa en die VSA. Sy werk is nie net in korporatiewe versamelings opgeneem nie, maar ook in die publieke nasionale versamelings van die SANG, JAG, en die Durban Tatham-galery. Van sy werk is ook te sien in die permanente versameling van die Bochum Kunsthalle, Duitsland.
Prins Vincent-gebou

MARLENE DE BEER
DIE PAD IS LANK EN SWAAR
Marlene de Beer se uitstalling bestaan hoofsaaklik uit juweliersware gemaak van silwer, goud, glaskrale en emalje, maar sluit ook keramiek- en bronsbeelde in.
Dié werk is geskep in 'n tyd van intensiewe selfondersoek en is 'n weerspieëling van haar ervaring van die Afrikanervrou se identiteit. Die klem van haar werk val op die Afrikaanse taal in die vorm van gesegdes, volksliedere en verse. Sy gebruik die Afrikaanse taal en geskiedenis om haar identiteit deur middel van ontwerp te verstaan. Hierdie intiem persoonlike kunswerke gee gestalte aan die mens se universele behoefte om sy eie en kulturele identiteit te ondersoek en te definieer. Die werk weerspieël ook die kunstenaar se soeke na ritueel en integriteit teen die agtergrond van 'n patriargale Calvinistiese verlede.
Die uitstalling vorm deel van die meestersgraad wat sy verwerf het aan die Durbanse Universiteit van Tegnologie, waar sy ook werksaam is as dosent aan die departement van juweliersontwerp.
Prins Vincent-gebou

PHILIP DE VOS
MILIEU
Milieu is 'n versameling van portretfoto's geneem tussen 1973 en 2006. Met hierdie versameling konsentreer De Vos op skeppende en vertolkende kunstenaars as "modelle" en sit só die werk van Paul Alberts voort.
De Vos neem mense in natuurlike lig in hulle eie tuisomgewings af, of in omgewings wat aansluit by hulle lewens en werk. Sy benadering word soos volg deur Hennie Aucamp in die inleiding tot die fotoboek Milieu tipeer: "Hy sien sy 'modelle' as vergroeid met hul omgewing wat dikwels bestaan uit die boeke, die kunswerke, die klede, die artefakte wat hulle oor 'n leeftyd versamel het, sodat 'n mens soms wonder of die model die neerslag van sy milieu is, of andersom." Milieu bied 'n unieke fotografiese dokumentering van 'n bepaalde tydvak in die Suid-Afrikaanse kulturele lewe.
Philip de Vos is bekend as operasanger, skrywer/digter asook fotograaf. Hy het reeds 25 boeke gepubliseer onder andere 'n fotoboek, Milieu, asook 'n CD, Brommer in die Sop, waarop hy self Albie Louw se toonsettings van sy versies sing. Hy het 'n hele aantal toekennings vir sy skryfwerk ontvang, onder andere die Eugène Marais-, Alba Bouwer-, MER-, en die Mondi-prys, asook twee keer 'n IBBY internasionale toekenning vir vertaling.
Rembrandt-saal, op die verhoog

WENDY MALAN
UIT GEDIGTE
Met dié uitstalling put die kunstenaar inspirasie uit die Afrikaanse digkuns. Haar skilderye is nie 'n letterlike vertolking of illustrasie van die gedigte nie, maar speel met die beelde en gevoelens wat die gedig opgetower het. Die gedig, reël of woord is die sleutel tot 'n mistieke landskap van ervarings en vergete gevoelens. Heimwee en verlange, elemente wat gereeld in Wendy Malan se werk gesien word, kom ook hier sterk na vore.
Wendy Malan was die Absa KKNK-feeskunstenaar van 2000. Haar werk is ingesluit in verskeie groot versamelings en sy stal ook internasionaal uit.
Klein Karoo Kunsgalery

LEEFSTYL
LIG UIT LIG
Musiekteater: 'n Paasprogram • Regie: Juanita Swanepoel Met Annalise Wiid en Matthys Maree
Annalise Wiid klim in 'n seun se skoene in. Die seun klim op sy beurt weer in sy ma se skoene in. Saam sien hulle, vanuit die skemer van hulle mensverstaan, verwonderd, Lig uit Lig.
45 min. • R50 • Onderwysgebou
5 Apr. 17:30 6 Apr. 10:00 7 Apr. 15:00 8 Apr. 10:00

EREDIENS
Al die kerke op Oudtshoorn span jaarliks saam om 'n gesamentlike erediens te hou. Die diens begin en eindig met samesang en 'n kollekte word aan die einde opgeneem wat vir uitreikwerk tydens die fees gebruik word.
60 min. • Gratis • Huisgenoot-paviljoen
1 Apr. 08:45

HISTORIESE WANDELTOER
Aangebied deur die Vriende van die C.P. Nel-museum
Sien 'n keur van Oudtshoorn se historiese geboue op 'n ontspanne wandeltog en kry 'n interessante oorsig van die dorp se argitektoniese erfenis. Maklike staproete. Kopbedekking noodsaaklik!
120 min. • R30 • Vanaf St. Jude's Kerk
2 Apr. 09:00 3 Apr. 09:00 4 Apr. 09:00 5 Apr. 09:00

FRIENDS OF THE MALTS
Volwasse • Geen o. 18 • Afr. en Eng.
Die wonderlike geskiedenis van enkelmoutwhisky word deur 'n kenner op 'n informele wyse aangebied. Die proses van hoe enkelmoutwhisky gemaak word, word op 'n lewendige wyse met behulp van multimedia vertel.
Die lekker deel van dié program is natuurlik die proeëry! Ses enkelmoutwhiskies word geproe - die jongste is vir tien jaar verouder en die oudste is agtien jaar oud. Die unieke karaktertrekke van elke whisky word oor die tong gerol en bespreek.
90 min. • R35 • Kango Wijnhuis Proelokaal
31 Mrt. - 7 Apr. 11:30 en 15:30

STARWALKERS
KABARET
Gesin • Afr. en Eng. • Regie: Elton Landrew • Teksontwikkeling: Salome Combrink en Elton Landrew • Produksie: Cango Ostrich Farm en Karos en Kambro • Met Frans Lucas, Andy Fortuin, Christopher Fouché, Mirinda Witbooi, Helga Dondas, William Phillipus, Chantell de Villiers, Elrich Hendricks en Ryan Hendricks
Starwalkers is 'n opwindende nuwe kabaret wat reeds in resensies as 'n "trefferproduksie" beskryf is. Dit word as opvolg aangebied van die baie gewilde Kanna-wenner Struisvogelstories. Die talentvolle akteurs voer gehore mee deur hul energie, emosie en opregte talent. Die regisseur Elton Landrew is bekend vir TV- en verhoogoptredes - soos die jong Kat in Kat and the Kings.
Die venue is 14 km buite Oudtshoorn op die Kango- grotte-pad.
50 min. • R50 • Kango Volstruisplaas
31 Mrt. - 5 Apr. 19:00

4X4 IN DIE KLEIN KAROO
Rondom Oudtshoorn is van ons land se mooiste 4x4-roetes. Kom saam met karoo4x4safari se geakkrediteerde, ervare toergids vir 'n opwindende eko-ervaring tussen berge, klowe, fynbos en oneindige uitsigte. Maak self voorsiening vir bring-en-braai op roete. Beperkte aantal voertuie per rit.
5 tot 8 ure • R360 per voertuig (geen passasiers agter op oop voertuie)
Ontmoet daagliks 08:00 langs ingang na Klein Karoo Groep uit Parkweg-Noord. Bel Coen Basson 084 233 3600 vooraf oor wat om saam te bring, noodsaaklike vereistes vir voertuie, roetegradering en reëlings.

ABSA PROE DIE BESTE KOS- EN WYNKONSERT
Moontlik gemaak deur Absa AgriBesigheid, Blueberry Hill Cheese, Eden School of Cullinary Art, Pick 'n Pay Oudtshoorn, Sembel-It Kombuise (George) en Van Rensburg's Foods
Ná 'n suksesvolle aanbieding van die eerste Absa Proe die Beste Kos- en Wynkonsert verlede jaar in Kaapstad, is daar besluit om die unieke konsert na die Absa KKNK te bring.
Die Kos- en Wynkonsert sal aangebied word deur Francois Ferreira, bekende sjef en gastronomiese ambassadeur met sy kontemporêre en eienaardige benadering tot ons land se ryk en diverse koskultuur. Francois het die kosprogram Pure Passion op televisie aangebied en is mede-aanbieder van die gewilde Huiskok/Glanskok-program op RSG met Errieda du Toit. Hy verskyn ook gereeld op kykNET se Roer! In 2006 het hy sy sepie-debuut in kykNET se Villa Rosa gemaak.
Beyers Truter wat wêreldwyd as die Pinotage-koning bekend staan, sal die mede-aanbieder wees. Beyers is mede-eienaar en meesterwynmaker van Beyerskloof. Hy het dwarsdeur sy loopbaan talle plaaslike en internasionale toekennings gewen en was ook die aanbieder van die televisieprogram Wine and Dine. Johan Badenhorst, bekende televisiepersoonlikheid, vervaardiger en aanbieder van kykNET se Voetspore, sal as gas sommige van die konserte bywoon en die gehoor meer vertel van sy nuwe Afrika-avonture wat eersdaags begin.
Die Kos- en Wynkonsert sal uit 'n vyfgang-kosdemonstrasie en wynproe bestaan wat Francois voor die gehoor sal voorberei, en waarvan almal kan proe. Beyers sal die gehoor voorstel aan die voortreflike wyne van die kelders wat in die Absa-wyntent uitstal.
Kom geniet 'n onvergeetlike kos- en wyn-ervaring.
90 min. • R50 • Absa Wyntent
31 Mrt. - 1 Apr. 12:00 en 16:30
2 Apr. - 5 Apr. 13:00
6 Apr. - 7 Apr. 12:00 en 16:30

BERGFIETS-UITDAAGWEDREN
Op 7 Apr. word die jaarlikse Kaktus-sen die Koppe Bergfiets-uitdaagwedren vir die hele gesin deur die Oudtshoorn-fietsryklub gehou.
Dit begin by die Kango-bergoord sowat 25 km buite Oudtshoorn op die Kangogrotte-pad, waar & #64257;etsryers vanaf 07:30 moet aanmeld. Suid-Afrika se nommer een-bergfietsryer, Kevin Evans, het in 2006 die 85km in 2 uur 59 minute platgetrap.
Fietsryers kan inskryf vir 85 km, 30 km of 10 km (alles berggrondpad). Inskrywings kan op die dag van die wedren by die bymekaarkompunt gedoen word of vooraf aanlyn by www.gardenroute.co.za
Navrae: Henco Rademeyer 044 279 2423, tonssport@mweb.co.za of Carel Herholdt by 082 379 117, carel@opsa.co.za

VOLSTRUIS-WEDLOOP
Die Oudtshoorn-amateuratletiekklub reël twee wedlope op 31 Mrt.: 21,1 km (halfmarathon) en 10 km. Albei begin om 07:00 by Laerskool Wesbank in Parkweg-Suid (oorkant die lughawe) en eindig ook hier.

Inskrywings kan vooraf by www.enteronline.co.za gedoen word of op die dag van die wedloop van 05:45 by die wegspringpunt. Dit kos R45 vir die 21,1 km-wedloop en R25 vir die 10 km-wedloop. Tydelike lisensies kos R15. Die roete is taamlik vinnig en baie atlete het verlede jaar hul beste tye ooit oor hierdie afstande gehardloop.
Navrae: Herman Myburgh 082 345 0196, 044 272 7898 (faks) of herman.myburgh@rancho.co.za


skakels :

















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )