Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kerneels Breytenbach (Breytenbach, Kerneels)
vetseun
Piekniek By Hangklip / (eBook) . 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798156035
ISBN: 9780798158886

Joshua Gumbo, 'n lid van die Lucky Thirteen-sindikaat in Johannesburg, skiet Sonja Griessel se ouers per abuis wanneer hy Sonja se 4x4 probeer kaap. In die proses struikel sy uit die voertuig en plant 'n soen op haar kaper se mond. Die dood van haar ouers traumatiseer Sonja dermate dat sy al haar besittings oppak en padgee na die Kaap, waar sy haar voete weer wil vind. Joshua, wat glo dat die soen hom van sy mojo beroof het, vat haar spoor. Hy probeer sy tanende mojo aanvul deur die moord op meer as 34 mense wat hy van geen kant af ken nie. Bedags die toonbeeld van eerbaarheid, saans die bringer van die dood. Sonja vestig haar in Pringlebaai, waar sy met die hulp van 'n baie beroemde decon-argitek vir haar 'n nuwe huis in Bettysbaai beplan. Tussendeur maak sy kennis met onbetroubare prokureurs, eiendomsagente, boukontrakteurs, vertrouenswendelaars, charismatiese kerkleiers, swartbemagtigingsaktiviste en 'n Afrikaanse literêre biograaf.Deur die reinste van toevalle spoor Joshua eindelik vir Sonja op, en hul paaie is bestem om vir oulaas te kruis - by die geselligheid waaraan die boek sy titel te danke het.Kerneels Breytenbach se eerste roman in agtien jaar, iets wat hy beskryf as "'n speurverhaal sonder 'n speurder", is 'n stilistiese kragtoer wat lesers lank sal bybly.

vetseun
7de Laan Kook .................. 2010 HUMAN & ROUSSEAU
Redakteur: Linda Scheepers
Saamgestel, Daleen van der Merwe
ISBN: 9780798151634

Met meer as 1,92 miljoen kykers is 7de Laan een van die gewildste programme op SABC2. Nou deel sewe van die mees geliefde sepie-karakters hul gunstelinggeregte, soos dit op die TV-program verskyn.
Die 75 resepte, spesiaal geskryf om by die draaiboek en karakters in te skakel, en deeglik getoets, dek die hele spektrum van lekker eet.

vetseun
Cook With 7de Laan ......... 2010 HUMAN & ROUSSEAU
Redakteur: Linda Scheepers
Saamgestel, Daleen van der Merwe Imprint:
ISBN: 9780798151672

The wildly popular 7de Laan, SABC2's long running soapie, is ten years old this year and has 1,9 million viewers. Now seven of the beloved characters share the specialities they have become known for. The 75 recipes - all thoroughly tested - cover the entire spectrum. Now anyone can cook with Die Laan!

vetseun
Die Ding Tussen Man En Vrou / (eBook) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
Illustrasie: Fred Mouton
ISBN: 9780798150729
ISBN: 9780798158879

'n Versameling grappe wat Kerneels Breytenbach uit alle oorde versamel het om die oorlog tussen die geslagte behoorlik te dokumenteer. Die grappe wissel van die doodonskuldige tot die wat jou ouma dalk sal laat bloos.
Elke grap is egter sorgvuldig uitgekies om lesers en hul vriende lekker te laat lag. Met illustrasies deur Fred Mouton is hierdie 'n lekker geskenk net betyds vir Kersfees.

vetseun
Die Bike-Boek (Outobiografie) . 2009 TAFELBERG
Deon Meyer; Kerneels Breytenbach; Dana Snyman, saamgestel, Tobie Wiese
ISBN: 9780624047377

Jy hoef nie 'n motorfiets te besit om deur Die Bike-Boek meegesleur te word nie. Die meer as 30 verhale is gerig op enigeen met 'n sin vir avontuur en 'n greintjie van die adrenalienslaaf in hom (of haar!). Dit vertel onder andere van bikers se fisieke en spirituele ervarings op die oop pad, die kameraderie, wat presies by rallies gebeur en die ewigdurende stryd tussen motoriste en motorfietsryers. Die titel bevat persoonlike vertellings en sketse deur gewilde Afrikaanse skrywers, maar ook gewone, passievolle bikers met 'n flair vir woorde. Wees gewaarsku: as jy nog nie 'n motorfiets besit nie, gaan jy een begeer ná Die Bike-Boek.

vetseun
Hartland (eBook) .................... NASIONALE BOEKHANDEL
Bydraer: Deon Opperman
ISBN: 9780624056928

Hartland vertel die verhaal van drie Afrikaanse families, van die bloedlyn wat hulle bind, en die manier waarop botsende drome en ambisies hulle voortdryf na'n onvermydelike ontmoeting met die noodlot. Die moderne lewe met sy maalkolk van sosiale, politieke en ekonomiese werklikhede vorm die agtergrond van 'n verhaal wat toon hoe menslik almal se swakhede is en hoe medemenslikheid hulle dit te bowe laat kom.
Deon Opperman het televisiekykers geboei met sy epiese familiesage Hartland. Hierdie omvangryke Boere-Dallas word nou 'n groots opgesette roman waarin Opperman se meesterskap as storieverteller sorg vir 'n pakkende leeservaring. Hartland vertel die verhaal van drie Afrikaanse families, van die bloedlyn wat hulle bind, en die manier waarop botsende drome en ambisies hulle voortdryf na 'n onvermydelike ontmoeting met die noodlot. Die moderne lewe met sy maalkolk van sosiale, politieke en ekonomiese werklikhede vorm die agtergrond van 'n verhaal wat toon hoe menslik almal se swakhede is en hoe medemenslikheid hulle dit te bowe laat kom. Die leesplesier lê in die detail waarmee Opperman kleiner kwinte en kwale teken, en die ontknoping van die drie familieverhale word 'n magtige emosionele oomblik waarin die harde werklikheid van ons land vir almal 'n pad vorentoe uitstippel. Die TV-teks is verwerk deur Kerneels Breytenbach. Vir die eerste keer word die volle verhaal van Hartland hier vertel.

vetseun
Blou Maandag (eBook) ......... NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624053903

'n Wetenskaplike van Cardiff-Universiteit het 'n formule gevind om te bereken wanneer 'n blou Maandag mens gaan tref. Hy sê dit is die weer minus jou skuld, vermenigvuldig met die dae wat verby is sedert Kersfees, wat dan gedeel moet word die som van jou lae motiveringsvlakke en jou behoefte om aksie te neem. Daarvolgens was 25 Januarie vanjaar die amptelike, wetenskaplik bewese Blou Maandag. Die dag waarop mense regtig lelik depressief geraak het. Tafelberg-Uitgewers het 'n klompie interessante persoonlikhede gevra om lekker onderhoudend te vertel van hul ondervindings. Kom verkneukel jou in die ergste Blou Maandag wat al beleef is deur mense soos Elma Postma, Peter Veldsman, Toast Coetzer, Anton Goosen, Lien Botha, Ollie Viljoen, Kerneels Breytenbach en Schalk Joubert.

vetseun
Glimlag ............................... 1993 HUMAN & ROUSSEAU


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)