Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kenneth Newman (Newman, Kenneth)
vetseun
Watter Voël Is Dit? (Diere) . 2008 STRUIK
- 'n Beginner se gids tot die voëls van Suider-Afrika
ISBN: 9781770077317

Watter Voël Is Dit? bied aan die aspirant voëlkyker 'n maklike benadering tot die uitken van voëls, wat dikwels maar verwarrend kan wees. Die benadering is eenvoudig en direk. 'n Groot aantal van Suider-Afrika se verstommende verskeidenheid van meer as 900 voëlsoorte word gegroepeer aan die hand van familie-ooreenkoms, habitatvoorkeur of, soms, soorte wat met mekaar verwar kan word. Die leser word aangemoedig om eers met die kenmerke van die groep vertroud te raak voordat die uitken van soorte aangepak word. Alleen of saam met 'n veldgids is Watter Voël Is Dit? 'n boeiende inleiding tot die voëls van die streek en 'n soliede grondslag waarop 'n belangstelling in voëls uitgebou kan word.

vetseun
Voëls Van Enerse Vere (Diere) . 1993 SOUTHERN BOEKUITGEWERS
ISBN: 9781868124503

Ken Newman lei onderhoudend en pynloos die beginner-voëlkyker op in die ingewikkeldhede van voëlkyk. Ontdek wie voëls kyk en waarom, wanneer, waar en hoe hulle dit doen. Met uitgebreide kruisverwysings na Newmans birds of southern Africa work spesifieke identifikasieprobleme verduidelk. Die teks word onderbreek deur vrolike spotprente en voëlkyktrivia. Ook in Engels beskikbaar as Birds of a feather.

vetseun
Newman Se Voëls Van Suider-Afrika (Diere) (Gedenkuitgawe) . STRUIK
Kenneth Newman; Vanessa Newman
ISBN: 9781770078772
ISBN: 9781770078796

Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voëlboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voëlkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voëlkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die titel bevat al die voëls wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voëls van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibië, Botswana, Swaziland, Lesotho en osambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voëlgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou. Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voël soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit. 'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls te gebruik.

vetseun
Newman Se Voëls Van Suider-Afrika (Diere) . 2002 STRUIK
ISBN: 9781868727346

Alreeds 'n voorloper onder die veldgidse vir voels van die omgewing, is Sasol Voëls van Suider Afrika, nou hersien deur sy outeurs om al die nuutste ontwikkelinge en ontdekkings in die voelwêreld te bevat.

vetseun
Voëls van Suider-Afrika (Diere) . 1981 MACMILLAN


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)