Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kalossie



vetseun
Kalossie - Almal Se Maatjie DVD . MOVIES FOR LIFE

Kalossie is Regardt van den Bergh se eerste kleuter-produksie en is gerig op kinders 4-7 jaar. Dit is 'n poppekas reeks van ses stories wat elk 'n spesifieke Bybelse waarheid aanspreek in die helder en kleurvolle wêreld van Kalossie en haar maatjies.
Die karakters deel in die wedervaringe van Kalossie en haar vriende en word terselfdertyd bewus gemaak van Jesus se hart vir Sy kinders.

STORIES:
Mondvol Gif
Fielies is 'n aap wat sy vriende gereeld poetse bak, maar die dag to Wolf sy pad kruis, beland hy self in groot moeilikheid.

Die Groen Dogtertjie
Esperanza was altyd 'n gelukkige dogtertjie, totdat iemand eendag vir haar vertel sy lyk anders as ander. Sy moes uitvind waarom en hoor dat Kalossie haar dalk sal kan help.

'n Groot Gemors
Dawid en Riekie besluit om op 'n wandelpaadjie wat vir die publiek gesluit is te gaan stap en dinge loop lelik skeef.

Die Briefie
Dawid maak 'n blaps deur met sy fiets oor 'n stop straat te ry en word deur 'n verkeersman voorgekeer. Hy's kwaad en beraam planne om die man terug te kry.

Die Sjokelade-eier
Hendriena hen kry een oggend 'n groot skok toe sy, in plaas van plaaseiers, 'n reuse sjokelade-eier le! En wie help haar om die dilemma op te los? Niemand anders as Kalossie nie.

Fielies Doen Kwaad
Fielies sien 'n vrugtestalletjie met die heerlikste vrugte. Hy raak skielik baie honger en wonder hoe hy 'n vrug in die hande kan kry. Hy sluip versigtig nader...


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)