


















John Miles (Miles, John)

Voetstoots ................... 2009 TAFELBERG/HUMAN & ROUSSEAU
(M-Net Literêre Toekennings, 2010 Nominasie)
'n Aangrypende roman oor die lotgevalle van die gewone mens in 'n samelewing waar geweld net onder die oppervlakte le. Soos in John Miles se vorige roman, Die Buiteveld, word die kompleksiteit van 'n mens se verlede deurgetrek na die sosio-politieke situasie van die dag met verwysings na die skuld oor die koloniale verlede en veral oor apartheid.

Die Buiteveld ................ 2003 TAFELBERG
Dis die verhaal van Smerski, 'n Portugese taalkenner. Maar hy is emer as taalkenner: hy is minnaar met 'n Suid-Afrikaanse verlede. Sy geliefde, Isabel, is 'n skoonheid wat hom herinner aan die Isabel in Goya se bekende skildery. Wanneer Isabel toevallig ontdek dat Smerski 'n uitskietmes met hom saamdra, begin sy wonder oor sy verlede en terwyl hulle reis deur 'n bergagtige deel van Portugal dwing sy hom met haar vrae om stelselmatig alles te onthul wat hy tot nog toe probeer verdoesel het: eers die verhaal van 'n Smerski gebore in Mosambiek en wat gaan soek het na sy pa in die olievelde van Cabinda in Angola, om dan later in Portugal te beland. Dan die tweede verhaal wat nog dieper weggesteek is. 'n Smerski wat in Suid-Afrika gebore is, 'n Afrikaner wat in die SA Weermag was tydens hulle invalle in Angola.

Kroniek uit die doofpot: polisieroman (Klassieke Reeks) . 1991/2002 TAURUS/HUMAN & ROUSSEAU
1983 - Blaaskans
1980 - Stanley Bekker en die Boikot (verban)
1978 - Donderdag of Woensdag (verban)
1970 - Liefs Nie op Straat Nie
sien TAURUS UITGEWERS
skakels :