Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Johnita le Roux (Le Roux, Johnita)

"Johnita le Roux het langs spoorlyne in die Wes-Kaap grootgeword as 'n nooi Louw van die eerste generasie wat ná 160 jaar weg van die grond in die Hantam woon. Die diepe heimwee van die pas ontheemde geslag na hulle plek van afkoms het aanleiding gegee tot haar debuutroman, Die Dagstêrwals, wat met die A.T.K.V.-prys bekroon is. Dit volg die vreemdelingskap van Miriam Windvogel onder nuwe bewindhebbers se ideologieë van behoud en selfbehoud. In haar tweede roman, Kus van die Winterskerpioen, word die stryde om 'n heemland verder ontgin.
Die skrywer woon in Durbanville, is getroud en het drie kinders. Sy is 'n oud-joernalis en ook 'n olieverf-skilder. " - LAPA

vetseunvetseun
Een vir die wolfskof ....... 2004 LAPA UITGEWERS

''n Moord in die familie. 'n Antieke stukkie buit. 'n Vloek.
Dit is 1995. 'n Soldaat van die vorige staatsbestel sukkel om oor die weg te kom. Die bloedspoor loop van tye toe veeboere in droogte met hulle troppe skaap op trek gegaan het agter die immer ontwykende glans van water aan. Snags moes boer en veewagter by die kudde in die oop veld teen roofdiere waak. Op plekke het 'n plaaseienaar hulle belet om oor sy grond te trek.
Die Boesmanland is 'n plek van baie opgeefsels en min toegifte. Vir Ella dreun die hoewe oor 'n ander landskap. Die hoë gil van 'n banshee is vir haar met doodskrete uit 'n pioniershuis in die Hantam vervang.
Ontheemding, vergelding, genade. Ongerekende vorme van geweld skep 'n eiesoortige slagveld uit die naasbestaan van mense. Net so lê genade in die enkel dade van goedheid wat een mens aan 'n ander doen; wanneer 'n grondbesitter vir die een op die trekpad sê: "Laat suip maar. Los darem net vir my ook 'n ou ietsietjie oor."' - LAPA


skakels : lapa.co.za/...













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )