


















Johann Rossouw (Rossouw, Johann)

'n Rooi Z4 en 'n renaissance-kasteel . 2007 ZEBRA PRESS

Elke oggend van die wêreld (vertaal Pascal Quignard) . 2000 PROTEA BOEKHUIS
Die verhaal van De Sainte Colombe, meester van die viola da gamba en een van die mees gerekende komponiste van sy tyd. Ná sy vrou se dood draai hy sy rug op die roem van Parys en leef in eenvoud op sy plasie met sy twee dogters en die spook van sy vrou. Dit is ook die verhaal van Marin Marais wat op 'n dag op die plaas aankom en pleit om as 'n leerling van Sainte Colombe aanvaar te word. Sý ambisie was om die glinsterende hofkunstenaar van Versailles te word. - graffitibooks.co.za

Oorlogsdagboek van veggeneraal De Villebois-Mareuil (vertaal G.H.A.V. de Villebois-Mareuil) . 2000 PROTEA BOEKHUIS
Kolonel (later veggeneraal) Georges Henri Anne-Marie Victor de Villebois-Mareuil (22 Maart 1847 - 5 April 1900) was sonder twyfel een van die kleurrykste figure in die Anglo-Boereoorlog. Sy familie is ná die Slag van Bouvines teen Engeland in 1214 tot die Franse adelstand verhef. Die dagboek wat hy vanaf Oktober 1899 tot met die dag voor sy dood gehou het, is 'n insiggewende tydsdokument oor die eerste paar maande van die Anglo-Boereoorlog. - graffitibooks.co.za
skakels : wiki